
3 minute read
WES-BOLANDJAG-TAK

Kobus Van Niekerk - Voorsitter
Advertisement
Met die Augustus uitgawe van Bontebok in gedagte, kan ons terugvoering gee dat die algemene jaarvergadering gehou is op Moorreesburg op 16 Maart en 28 lede tesame met die bestuur het die vergadering bygewoon. Matt Relihan en Andre Duvenhage het die lede ingelig oor Kaapjag aangeleenthede asook ander sake wat van belang is vir Kaapjag lede. Ons wil dan ook van hierdie geleentheid gebruik maak om die bestuur en hul gesinne aan ons lesers bekend te stel. Soos ons almal weet, het Covid - 19 ‘n duidelike negatiewe invloed gehad op ons verenigings se bedrywighede en so ook veroorsaak dat 15 Mei se groeperings en 17 Julie se .22 skiete afgstel /uitgestel moes word. Die handwapen skiet van 19 Junie het ook deurgeloop en was slegs deur 4 skuts verteenwoordig. Ons vertrou dat die volgende aktiwiteite wel aangebied en goed verteenwoordig sal word: 21 Augustus – 3 skoot groepering 18 September – Standaard Chasa baanskiet 16 Oktober – Chasa.22 standaard posskiet 20 November – Chasa big bore en .303 skiet 11 Desember – Chasa vlakteskiet op Remhoogte Die gereelde inbrake by die klubhuis langs die N7 en die versekering se versoek vir opgradering ten opsigte van veiligheid het die bestuur genoodsaak om diefwering aan te bring wat binne die begroting opgerig is. Ons vertrou dat die inhoud van die gebou hierdeur ten volle beskerm sal wees teen inbrake en diefstal. Op ‘ n veel ligter noot het ons sowat ‘n maand gelede ‘n nuwe intrekker by die klubhuis gekry. ‘n Pragtige mak, liefdevolle katjie is vermoedelik deur haar vorige eienaar daar naby afgelaai. Na so ‘n week se kos en omgee het een van ons lede wat kom skiet het die katjie saamgeneem en sy word nou bederf deur ‘n sesjarige dogterjie in Stellenbosch. Dink ons het darem hier bygedra tot die bewaringsdeel van die vereniging. Ons sien uit daarna om almal op die baan te verwelkom en hopelik alle aktiwiteite tot einde 2021 te kan aanbied met goeie bywoning. Vriendelike groete Kobus van Niekerk en Bestuur

Dames, mans en junior wenners van die ghong skiet saam met die Voorsitter.

Pieter van den Berg van 4 Dead Hold hunting sticks het die Chasa ghong skiet op 17 April geborg en hier oorhandig hy die prys aan een van die wenners van die dag.
Wes Bolandjag-tak

Wes Boland bestuur en hul gesinne

Francois en Tania Hugo Charles, Alicia en Elizmari Malherbe Servaas en Alda Rabie





Kobus, Erika, Elne en Corika van Niekerk Braam en Vanessa met Nelmarie links en Zanel regs, WJ en boetie Braam Marais Anton, Hannelie en Tiaan de Klerk


Albert, Jacolize, Marige, Almy, Anlea en Jacobus Carstens
Lede geniet ‘n heerlike ete na afloop van die algemene jaarvergadering. Albert Carstens het ‘n slagskaap geskenk vir die geleentheid en die plaaslike Lions klub het die braaiwerk en bykosse gedoen