
1 minute read
WESKUSJAG-TAK

Adri Basson - Voorsitter
Advertisement
NUUSBRIEF WESKUSJAG

Ons meeste skietdae het weereens hierdie jaar in die slag gebly weens weersomstandighede of die inperkingsmaatreëls. Van ons lede was gelukkig om gedurende die jagseisoen wel die kans te kon benut om wild vir die pot te kon gaan skiet wat ongelukkig nie verlede jaar moontlik was met die Covid pandemie nie, dus was die ongelukkigheid nie te erg omdat geen kompetisies kon plaasvind nie. Handwapen skietbaan reg vir lede wat wil oefen

Ons vertrou dat die res van die jaar beter sal wees en dat ons weer bymekaar kan kom vir ‘n paar skote. Ons handwapen baan is ook beskikbaar vir skuts met handwapens wat hul vaardighede wil opskerp en vertroud wil raak met hul wapens.
Huldeblyk: Oom Flip Liebenberg Ons moes die hartseer nuus verneem dat ‘n geliefde lid van ons klub onlangs oorlede is. Oom Flip was ‘n gewilde skut by oud en jonk. Hy sal beslis gemis word deur ons. Rus in vrede Oom Flip.
Weskus groete Marlene Basson (Vir Weskusjag) PD Liebenberg (Oom Flip) voor, lê aan na die teiken tydens ‘n skietdag
