Die Bontebok Augustus 2021

Page 4

4

DIE BONTEBOK

DIE REDAKTEUR

W

elkom by die Augustus 2021 uitgawe van Die Bontebok. Die Algemene Jaarvergadering van Kaapjag is vanjaar deur OverbergTak op 24 April by Bredasdorp aangebied. Daar was ook ‘n lekker skiet en dinee gewees. Fotos van die gebeure is op bladsy 12. Dit was geborg deur Guns & Bows en ons wil hulle bedank vir hul bydrae. Chasa se CEO, Stephen Palos, het vir ons ‘n artikel geskryf op bladsy 7. Hy skryf onder andere oor die nuwe Vuurwapen-wet veranderinge wat ter tafel gelê is. Ek dink dat dit ‘n saak is wat naby aan ons almal se harte lê. Dit is juis deur Kaapjag se verbintenis met Chasa dat ons die stryd beter kan stry teen die gene wat ons wapens en lewensstyl wil wegneem. Na aanlyding van die onluste en die plunder van eiendom, in KZN en Gauteng die jaar, besef mens weereens hoe belangrik vuurwapen besit is en dat jy nie altyd kan vertrou op die polisie en weermag om jou

as landsburger te beskerm nie. Partymaal rus hierdie taak op jou eie skouers, iets wat baie duidelik sigbaar was in die week van chaos. Indien jy dus ‘n vuurwapen besit vir selfvedediging gaan haal hom gerus uit die kluis en neem hom skietbaan toe. Maak seker dat jy vertroud is met jou vuurwapen en dat hy reg funksioneer. Daar is weer heelwat jagstories en artikels in die uitgawe. Ismail Kajee wat onlangs begin jag het, het vir ons sy Nyala jagstorie geskryf en wanneer jy dit lees is jy sommer saam met hom in die veld en net so opgewonde. Ludy Starke en sy vrou het saam gaan jag en sy het haar eerste bok gekiet na 40 jaar se getroude lewe. Die Kaapjag se jaarlikse jag op Baakensrug het in Julie plaasgevind (bladsy 22) en na aanleiding van die terugvoer en fotos is hierdie naweek beslis geniet deur almal. Indien u belangstel om so ‘n naweek by te woon, kontak gerus die Kaapjag kantoor en bespreek ‘n

Francois Rossouw plekkie vir volgende jaar. Kaapjag gaan ook deelneem aan die jaarlikse Chasa skietkompetiesies wat gehou gaan word te Bloemfontein op 24 September wat ‘n vlakteskiet sal wees en op 25 September ‘wat n multigun sal wees. Die CHASA Interprovinsiale kampioenskap te Rustenburg sal op 22 & 23 Oktober wees en Kaapjag sal daar ook deelneem. Ons wens Ludy Starck en sy span alle voorspoed toe. Baie geluk aan GREG ZUCCARIN met sy wenfoto vir ons fotogallery. Hy kry ‘n R2 500 geskenkbewys by Ivan Volskenck van Ells & Co. Groete en lekker lees.

DIE B O NT E B OK : EDI T ORI A L TEAM EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertram • A Cilliers DESIGNERS: • Johan Du Toit • Jade Design • Alfred Smidt Design ADVERTISING & SALES: • Yolande van der Merwe frontpagemedia@gmail.com CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Ludy Starck PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard

DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication. COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner. INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death. PHOTOGRAPHS & ARTICLES Submissions of photographs and articles are welcome, however it will be deemed that submission shall be a warranty that they are original and do not infringe on the copyright of others.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok Augustus 2021 by Die Bontebok - Issuu