3 minute read

 Onderwerp: Muur van Herinnering

adjudant offisier Eben Smit, speurder-sersante Pankop Smit, Blondie Prinsloo, Apie van Lill en Joek Botes van die Veiligheidstak aldaar, aan te sluit. Op daardie stadium was daar nog geen leidrade nie. Die Vrydag nadat majoor Jacobs in Windhoek arriveer het, het hy vertroulike inligting van die weermag ontvang dat die leier van die Swapo se sabotasie span in ʼn Chevrolet El Camino bakkie met registrasienommer SN 38 opgemerk was. Die laaste twee nommers van die registrasienommer was waarskynlik 26. Besonderhede van die voertuig se registrasienommer was nagegaan en daar was vasgestel dat ʼn ene Biwa die bakkie by ʼn boer op Keetmanshoop gekoop het.

Luitenant Cherry Botha, speurder-sersante Pankop Smit en Apie van Lill het op 4 Julie 1987 na Mariental vertrek. Met hul aankoms te Mariental het hulle die vaal El Camino bakkie met die wit kappie by die Caltex diensstasie aan die suidekant van die dorp opgemerk. ʼn Swart man het in die bakkie geklim en in die rigting van die spoorlyn gery waar hy op ʼn oop stuk veld stilgehou het. Die bestuurder van die bakkie het doodluiters ʼn koerant uitgehaal en dit begin lees nadat die voertuig tot stilstand gekom het. Die ondersoekspan het hom gevolg en langs hom stilgehou waarna luitenant Botha en die ander twee lede hulleself aan die bestuurder as lede van die Spoorwegpolisie bekend gestel het. Die bestuurder het hom as ene Willem Biwa voorgestel. Hy het gesê dat hy die eienaar van die voertuig was en Biwa is toe aangesê om die ondersoekspan na Mariental stasie te vergesel.

Advertisement

Van Lill het in die passasierskant van die bakkie geklim en hulle het na die stasie gery waar die bakkie agtergelaat was. Op dieselfde dag, om ongeveer 17:00, het Biwa die ondersoekspan na sy plaas Hanaus, naby Gibeon, geneem. Met aankoms daar het Van Lill en Biwa agter in die polisievoertuig gesit. ʼn Onbekende man, wat soos ʼn Ovambo gelyk het, het by die agterkant van die huis in die rigting van die windpomp geloop. Hy het redelik vinnig gestap en toe Van Lill by Biwa wou weet wie die persoon was, het Biwa geantwoord dat hy hom nie geken het nie en dat die persoon by sy huis moes aangekom het terwyl hy in die dorp was.

Luitenant Botha en Pankop Smit het met die persoon, asook ʼn ander Ovamboman, na die motor teruggekeer. Op ʼn vraag wie die tweede persoon was het Biwa weer geantwoord dat hy hulle nie geken het nie en dat hulle op die plaas moes aangekom het terwyl hy in die dorp was. Die drie verdagtes was in Biwa se huis ingeneem. Daar was onder andere ook ‘n bed in die vertrek wat as die sitkamer gedien het. Luitenant Botha het onder die bed gekyk en twee identiese aktetasse gevind. Johannes en Petrus het erken dat dit hulle tasse was. In Petrus se aktetas was ʼn portefeulje gevind wat die volgende bevat het: 2 x R2 note, 1 x R1 noot, asook R2.65 se silwer en brons geld. In die vertrek was ook twee swart baadjies gevind en in die sak van Johannes se baadjie was ʼn dokument gevind waarop ʼn aantal vrae verskyn het. Op ʼn vraag waar hy daaraan gekom het, het Johannes geantwoord dat hy dit by ʼn onbekende soldaat gekry het. Daar was ook antwoorde op die dokument.

Hierop het Biwa geantwoord: “Nou besef ek dat die twee terroriste is.” Sersant Joek Botes het ʼn baie groot rol in die ondervraging en herondervraging van die terroriste gespeel. Hy kon Ovambo vlot praat en verstaan, hy het hulle kultuur goed geken en dan was hy ʼn ook ʼn buikspreker met sy blik mannetjie met die naam van Charlie, wat hy soms tydens die ondervraging ingespan het. Die terroriste het hom as ʼn vaderlike figuur gesien en hom gerespekteer wat die kommunikasie met hulle baie vergemaklik het. Die ondersoekspan het 43 000 km met amptelike voertuie afgelê. Voorts was daar ook van weermag vliegtuie en motors asook motors van die S.A. Polisie gebruik gemaak. ʼn Totaal van 980 man-ure was aan die ondersoek van die saak afgestaan. Die twee Ovambo’s, Johannes en Petrus, het volgens getuienis gedurende Augustus 1974 tot Oktober 1975 opleiding in Suidwes-Afrika, Angola, Zambië en Tanzanië in die hantering van plofstof en sabotasie tegnieke ontvang.