Nongqai Vol 12 No 11 (Mr AP Stemmet - NSMS / NVBS)

Page 72

GENL. JOHAN KOEN ONTHOU In die goeie ou dae, toe die Veiligheidstak ministers en hul adjunkte wat per motor deur die land gereis het, moes “eskort” (dit het nou niks met gesellinklubs uit te waai nie!), reis Roelf Meyer deur die Vrystaat na Pretoria. Die verskillende afdelings en takke het dan onderling gereël om die begeleiding te doen. So moes Sasolburg se manne by Kroonstad “oorneem” en hom vergesel tot by die Vaalrivier waar Vereeniging weer verder sou oorneem. In een van die Sasolburg voertuie, was daar ‘n adjudant-offisier kom ons noem hom Hannes, ‘n oulike kêrel wat na ons oorgekom het met die samesmelting van die SAP en die Spoorweg Polisie. Op die deurpad in die omgewing van Koppies, het ‘n boer met sy bakkie die groep verbygesteek en toe weer stadig begin ry voor Roelf se kar. Dan gaan die groep hom maar weer verby. Nie lank nie gaan die bakkie weer verby - en verminder weer spoed. So het dit drie of vier keer aangehou! Roelf, wat self bestuur het, beduie toe vir die Veiligheidsmanne om die boer af te trek. Wat hulle toe ook doen. Volgens die ander lede wat ook nader gestap het, wou Hannes by die boer weet waarom hy dit doen. Nog besig daarmee, kom Roelf self daar aangestap. Hannes vra die boer of hy weet wie dié man is? Die boer sê nee, hy weet nie wie die man is nie - en Hannes lig hom in…… “dis ‘n flippen @%$# minister man!!!” Ek het later verneem dat Roelf die storie by een of ander geleentheid waar hy moes optree, oorvertel het. Duidelik het hy dit self geniet. ..... Na die eerste sterfgeval van die 1984 onluste in Parys, moes ons gaan beplan hoe ons die begrafnis kan beheer en beveilig om te verhoed dat verdere onluste nie opvlam nie. Op ‘n Maandagoggend staan ek en die bevelvoerder van die onluste eenheid voor die hek van die begraafplaas in die Tumahole woonbuurt van Parys. Die hek was nog gesluit toe die opsigter na ons aangestap kom. Ons moes toe so ‘n 4 of 5 tree terugstaan, want die man se asem kon jou dalk alkoholvergiftiging gee… behoorlik gekuier oor die naweek! Soos my spreektaal maar daardie tyd was, wou ek by hom weet in watter graf hulle die “perd” gaan begrawe? Sy baie besliste (en korrekte antwoord) na so ‘n minuut se dink, was … ons begrawe nie hom die perde hier nie, net die mense. Ek wou mos ‘n dom vraag vra! ..... Na die afkondiging van die noodtoestand ‘n maand of wat later, moes ons weer ‘n begrafnis daar reël. (Hierdie keer het ons darem geweet waar die mense begrawe gaan word!) Om verdere onrusverwante voorvalle en nog meer slagoffers te voorkom – is hierdie begrafnis streng beheer. Die familie moes eers sê hoeveel “familie” die begrafnis gaan bywoon. Daarop bereken, sou 150 mense dit bywoon. Ons het toe 150 kaartjies laat druk, en met my handtekening en stempel daarop, aan die familie oorhandig. Slegs mense met so ‘n “unieke” kaartjie, kon die kerk binne gaan. Ek was ook teenwoordig op die trappe van die kerk. 72 Nongqai Vol 12 No 11 – SSVR No 4 - (AP Stemmet)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.