Nongqai Vol 12 No 11 (Mr AP Stemmet - NSMS / NVBS)

Page 137

vlieëniers en navigators ooit gehad. Eenhonderd drie-en-veertig leerling vlieëniers het begin waarvan slegs een-en-tagtig uiteindelik vleuels ontvang het terwyl negentien leerling navigators begin het waarvan nege hul halwe vlerkie ontvang het. Voorwaar was dit ‘n taamlik hewige tempo van attrisie. Ja, aanvanklik het ek wel geglo dat ek ongelukkig was om nie as vlieënier te kon begin nie, maar ons, gewone sterflinge, waardeer selde wat met ons gebeur of sien werklik die groter prentjie in. Ek was wel uiters teleurgesteld maar nou na baie jare se “hind-sight” besef ek dat dit die perfekte manier was vir my om my toekomstige loopbaan as vlieënier te kon begin het. As ek nie eers ,n navigator geword het nie, sou ek waarskynlik nooit die geleentheid gehad het om die Buccaneer te kon gevlieg het nie. Selfs die tyd wat ek spandeer het as klerk op die Spoorweg, het ook sy eie aangename herinneringe opgelewer. Weereens moet ek bieg, ek was geseënd en bevoorreg. My wederhelf hou nog altyd vol dat ek Liewe Jesus se witbroodjie is, en ek glo sy is dalk reg ook. Jors Troelie.

1900: ‘n KLOMPIE GEDUGTE BOERE-OFFISIERE

137 Nongqai Vol 12 No 11 – SSVR No 4 - (AP Stemmet)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.