19 minute read

NAWOORD: DR WP STEENKAMP

geriewe vir ons beskikbaar gemaak, so ietwat tot die argwaan van die ander Franse by hulle ambassade daar, wat ons natuurlik as kompetisie gesien het vir hulle handelsmonopolie. Dit self het tot ‘n amusante insident gelei. Ek was kwalik veertig, dus energiek en vol van tipiese Suid-Afrikaanse spanwerk-gees. Ons kon nie die ambassade in Libreville prakties onbeman laat nie, gevolglik het ek maar net ‘n handvol kollegas saam gehad om alles opgestel te kry. Dus het ek saam gewoel en gewerk om die verhoogdekor op te sit. Terwyl ek daar bo op ‘n leer staan, met das en baadjie afgegooi en hamer in die hand, kom die Fransman van die kultuursentrum daar verby en sien my. Onmiddellik verkneukel hy hom toe behoorlik, en pleit dat ek net so moet vasstaan – hy’s nóú terug. Hy’t sy woord gestand gedoen, want in ‘n oogwink was hy weer daar, met sy kamera in die hand om my af te neem –want, seg hy: nog nooit het hy ‘n ambassadeur gesien wat op ‘n leer staan en self timmer om dinge reg te kry nie, en dit wou hy darem vir die spul daar by die ambassade gaan wys (wat my laat begryp het dat hy ook maar nie veel ooghare vir sy dilettant diplomaat-kollegas gehad het nie!). Hy’t toe ook woord gehou en vir my ‘n afdruk van sy foto laat kry (hier langsaan). Maar terug na die Zoeloe-opvoering. Dat dit ‘n reuse sukses was, is om dit sag te stel. Die skare is meegevoer deur die mars-ritme en die aanskoulikheid

van die krygsdanse. Keer op keer moes die manne “encore”. En toe dit sluit-tyd word vir die kultuursentrum, is ons daar uit, so aan’t slang-maak die stofstrate in. Met ons impi vooraan, versterk deur ons klompie van die ambassade, en ‘n yslike sleepsel plaaslikes wat die ritme aangevoel het en ewe hoog knie lig en voete stamp. Omtrent soos die verhaal van die fluitspeler van Hamelin, word die sleepsel wat agterna dans net al groter. Sodat ons Zoeloe-impi met sy geesdriftige gevolg, sekerlik daardie nag die S.A.R. sou kon oorgeneem het (as hulle wou). Die ander ding waarvoor Suid-Afrika natuurlik goed bekend was, was ons mynbou-vaardigheid. Dus was die Sentraal-Afrikane baie gretig om moontlike samewerking te ondersoek, en het ons diengevolg gereël dat Dr. Uys, die hoof van die Geologiese Opname (broer van die rolprentmaker Jamie Uys), kom besoek aflê in ons streek. Hy was ‘n aangename metgesel op die ekskursie na die S.A.R. Die skaarsgeit aan gereelde vlugte soontoe, het gemaak dat ons twee die naweek daar sou moes oorstaan. Die nuwe president, Ange-Felix Patassé, het ‘n Frans-Viëtnamese adviseer gehad vir mynbou-sake. Hy het toe aangebied om die Sondag uit te ry met ons Noordwaarts, die grasvlaktes in, na goud- en ystererts-neerslae wat glo van hoogstaande gehalte was. Soos dit nou maar te dikwels in ons geweste gaan, het ons ietwat later as beplan eers in die pad kon val (egter nie die twee Suid-Afrikaners se skuld nie!). Die Fransmannetjie het egter gemeen ons sou dit gerieflik soontoe en terug kon maak, voor donker. Met hom agter die stuur van die Toyota Hilux dubbelkajuit-bakkie, begin ek algou agterkom dat hy nie regtig baie bekend is met die 220

Advertisement

omgewing nie – hy lei ons nou maar op hoor-sê, en tel die kilometers af na waar ‘n prospekteerpad links uit die grondpad waarop ons was, sou afdraai na die “Ysterberg”, met die goud glo in die stroompie wat neffens dit verbyvloei (‘n Franse maatskappy het ‘n paar jaar tevore prospekteerwerk daar gedoen, en vir die doel ‘n pad geskraap). Toe ons na sowat drie ure se nier-skud op die sinkplaatpad, uiteindelik (in die middel van nêrens, met geen siel in sig) by die punt kom waar die prospekteerpad moes wees, was daar nie veel meer daarvan te sien nie – daarvoor het die snelgroeiende olifantsgras gesorg. Ons wou egter nie onverrigte sake omdraai nie, en ons kon sien dat mens wel die pad se loop sou kon volg deur op die baan te bly wat destyds deur die bome heen oopgestoot is (die bome het nog nie weer terug gegroei gehad nie).

Ek moes dus as navigator oog hou op die boom-lyn horison aan weerskante en deurlopend koersaanpassings laat hoor, sodat die Fransman die bakkie in die middel van die eensmalige padbaan kon oplyn, terwyl hy oog hou direk voor hom op die olifantsgras, waardeur ons ‘n weg moes oopstoot met die bakkie. Die hele proses het natuurlik ietwat stadiger verloop as verwag, sodat ons eers laatmiddag by ons bestemming aangekom het en Dr. Uys bietjie kon prospekteer. Alles het baie belowend gelyk, behalwe vir die realiteit dat die Ysterberg met sy wonderlike hoë inhoud, ongelukkig duisende myle van die kus af was, letterlik in die middel van die kontinent, sonder treinspore of eens paaie waarlangs die erts uitgevoer sou kon word. Op hierdie stadium het die Frans-Viëtnamees se bravado saam met die son begin sak, en het hy al hoe angstiger begin aanjaag aan ons, met rillerverhale van hoe gevaarlik dit is om daar in die platteland blootgestel te wees as die duisternis neerdaal. Struikrowery was glo die in ding... Dit was al sterk skemer toe ons terug begin koers kry, al langs ons eie spoor van platgetrapte gras, op die sowat ‘n uur se ry terug na die grootpad. Daar op die ewenaar is die skemer van korte duur, en kort voor lank was dit toe ook goed donker, met net die bakkie se ligte wat ons help om koers te hou. Met die grootpad nog ‘n goeie ent weg... En daar sien ons dit toe! ‘n Stel ligte wat van voor af aankom, van die grootpad se kant af, reg na ons toe... In dieselfde spoor wat ons vroeër getrap het (en wat aangedui het dat ons die eerste voertuig was wat in jare daarlangs gekom het). So – wat soek ‘n ander voertuig daar? Struikrowers! Dis die eerste en enigste gedagte wat ons vriendjie agter die stuur dadelik te binne skiet, en allermintiglik sy Sondag vir hom bederf (en bes moontlik sy netjies-geparsde safaripakkie ook). Dit babbel in Frans en Viëtnamees en die beheer oor die stuur raak al skrapser, soos die voet al swaarder begin weeg op die lepel. Stop wil hy nie stop nie, sodat hy skraps teen die ander bakkie verbyskuur, terwyl dié se passasiers naarstigtelik beduie. Al wat hy sien is dat hulle masjiengewere het, wat hom natuurlik finaal in sy vermoedens versterk. Ek probeer nog beduie dat ek meen dat hulle uniforms dra, maar niks dring in nie. Veral nie toe hy in die spieël sien dat die ander bakkie ‘n ommekeer gemaak het en ons gedetermineerd aan’t agternajaag is. Met sy oë nou meer op die spieëls as op die spoor voor hom, en ons bakkie wat oopketel getrap word, sien ek dat ons besig is om letterlik die spoor byster te raak. Protesteer of vermaan help egter nie. Totdat die grys vorm van ‘n omgevalle boomstomp skielik in die ligte voor ons opdoem, te na om betyds te kan stop. En ons neuk vierkant daarin vas...

Bakkie in olifantsgras (foto op Bioko-eiland, Golf van Guineë)

‘n Puntige, stewige stuk tak wat van die stomp af uitsteek het deur die voorste rooster geboor, die enjinruim in. Voor ons veel kon doen om die skade te probeer bepaal of herstel, was die ander bakkie op ons. En ons bestuurder spoorloos, die duisternis in, verdwene tussen die lang gras... “Monsieur l’ambassadeur! Monsieur l’ambassadeur!”. Dit was toe ‘n eenheid van die S.A.R. se presidentswag, wat deur ‘n verontruste pres. Patassé gestuur is om ons te begelei, na hy gehoor het dat sy voortvarende adviseur ons alleen na die Ysterberg genooi het sonder om werklik die plek te ken of te weet hoe lank dit gaan vat. Genadiglik het die tak net mooi tussen die verkoeler en die lig ingesteek, sonder om enige saakmakende skade aan te rig. Ons kon toe die terugreis voortsit, na ons bestuurder ewe skaapagtig uit die duisternis te voorskyn gekom het. Nou kyk, so ‘n avontuur in die duisternis gee nuwe betekenis aan “donker” Afrika (‘n begrip wat, danksy ESKOM, ook al ‘n paar nuwe betekenisse gekry het). Europa kan sekerlik ook moeilik wees. ‘n Mens se eerste in-dons van agter die stuur van jou nuwe verkeerde-hand motorkar, in die roulette-rondomtalie in om die sirkel wat die Parysenaars die Etoile noem (die Arc de Triomphe) is byvoorbeeld nogal ontsenuend. Maar dis ‘n vulletjie in vergelyking met wat in midde-Afrika alte maklik kan gebeur. Dus – al is jy ‘n diplomaat – bly dit waar: Afrika is nie vir sissies nie!

HUMOR IN UNIFORM …. VALS R20 NOTE

Brig Theo Kleynhans

Die drie swendelaars wou met eenslag sommer baie geld maak en besluit om hulle eie geld te druk. Vals geld natuurlik!

Hulle het egter al gesien dat orals waar hulle ‘n een honderd of twee honderd Rand noot aanbied, word die ding voor ‘n blou lig gehou en kyk die ontvanger van die noot of daar ‘n watermerk op is en of die noot nie dalk vals is nie.

So besluit hulle dat ten einde die gekykery uit te skakel, gaan hulle twintig Rand note druk. Almal aanvaar ‘n R20 noot voor die voet.

Hulle stel alles reg op en gaan huis toe. Die masjien gaan mos nou die hele nag deur twintig Rand note druk en as die son opkom is hulle skatryk.

Soos die noodlot dit wou hê was een van hulle die resultaat van regstellende aksie en toe hy die bedrag op die drukpers moes intik, toe tik hy R18 in stede van R20.

By hulle werkswinkel aangekom die volgende môre, skrik hulle, hulle uit hulle bloedgroepe uit. Die hele wêreld lê besaai met die R18 note.

“Wat nou gemaak?” Al die geld wat hulle gehad het, het hulle in die skema belê.

“Nee” dog hulle, “daar is nie eers sprake dat hulle gaan verloor nie.”

Hulle besluit om die pad te vat Oos-Kaap toe. Daar is ‘n klomp Spaza winkeltjies en hulle sal daar probeer om van die note om te ruil.

By die eerste een aangekom, klim die een uit die kar en vra ewe kordaat vir die winkelier: “Het jy kleingeld vir ‘n R18 noot?”

“Ja” kom die antwoord. “ Twee neges of drie sesse?”

HUMOUR IN USA COURT

Via Capt Barry Taylor

Lawyers should never ask a Georgia grandma a question if they aren't prepared for the answer. In a trial, a Southern small-town prosecuting attorney called his first witness, a grandmotherly, elderly woman to the stand. He approached her and asked, 'Mrs. Jones, do you know me?' She responded, 'Why, yes, I do know you, Mr. Williams. I've known you since you were a boy, and frankly, you've been a big disappointment to me. You lie, you cheat on your wife, and you manipulate people and talk about them behind their backs. You think you're a big shot when you haven't the brains to realize you'll never amount to anything more than a two-bit paper pusher. “Yes, I know you”. The lawyer was stunned. Not knowing what else to do, he pointed across the room and asked, 'Mrs. Jones, do you know the defence attorney?' She again replied, 'Why yes, I do. I've known Mr. Bradley since he was a youngster, too. He's lazy, bigoted, and he has a drinking problem. He can't build a normal relationship with anyone, and his law practice is one of the worst in the entire state. Not to mention he cheated on his wife with three different women. One of them was your wife. Yes, I know him.' The defence attorney nearly died. The judge asked both counsellors to approach the bench and, in a very quiet voice, said, 'If either of you idiots asks her if she knows me, I'll send you both to the electric chair”.

WARRANT OFFICER ODIN MOORCROFT TURNS 89 YEARS OLD

Logan Govender

Odin Moorcroft was born in Uitenhage on 10th October 1932 on his father, Billy’s farm, called “Willow River ”. He attended the Kirkwood High School where is attained a matric certificate (Std10) in 1946.

On 21st March 1951 he joined the SA Police in Uitenhage where Head Constable Rimer was the Station Commander. During 1952 he underwent his police basic training at the SA Police, College, Pretoria.

He was posted to Durban Central, later to Greenwood Park, Radio Control, Ridge Road, Overport, Clairwood (Clairwood was closed and later reopened as Montclair) and thereafter at Wentworth as the Station Commander. After which he was transferred down the hill to the SA Police, Training Depot, Wentworth, where he started as a law tutor until he was appointed Station Commander. In the 1960’s he was transferred to the Louis Botha Airport and Clairwood as the Station Commander. He was one of the first South African Policeman to run the Comrades Marathon in 1960; 1961; 1962. On every occasion he won a Silver Medal for successful completion of the marathon.

Moorcroft was awarded a number of medals and decorations for faithful, loyal and meritorious service, including one for 18 years’ service, a South African Police Good Service Medal and one for 30 years, South African Police Star for Merit for Exemplary Conduct and Meritorious service.

A remarkable achievement, Sir. Happy Birthday. We are proud of your achievements and salute you. Thank you for having served the South African community and the Police.

Image

Certificate from Comrades Marathon confirming his award of 3 Silver Medals.

SOUTH AFRICA: SPECIAL FORCES - The Men Speak

J Pittaway & D Steyn

Baie dankie. Is daar iemand met meer inligting en foto’s oor die onderwerp – HBH

Patricia Driscoll

My husband is Kenny Driscoll a retired detective out of Baltimore City Police department. I am writing to seek permission to add your FROM RATTLE WATCH TO BATONS story to Ken's Baltimore Police history site, we always provide credit and links to the original writer.

Ken was paralyzed in the line of duty in 2001 forced to retired in 2003 and started as their volunteer historian almost directly afterward. I can give a link to a page I had made for Ken so you'll get to know him while seeing the site we would add this to. Ken was a 7-time officer of the year, he survived two shoot outs, and after more than 15 years volunteer work, they looked at his career during the job and after the job and retired his badge number, making him one of only 5 living officers to have had their badge number retired. https://baltimorepolicemuseum.com/en/k2/det-kenny-driscoll.html

Thanks for your time Patricia Driscoll Baltimore Police Historical Society

Dear Mrs Driscoll

We would be honoured if you used our article and added it to your Baltimore Police History site.

We also publish a monthly Police & National Security History magazine - we invite you to write an article about your husband which we will publish - he is a POLICE HERO in any language - and we would be honoured to publish an article about him in our magazine!

Apart from the SA Mirror we also publish our magazine on ISSUU.

Kind regards and compliments to Kenny!

Greetings

Hennie Heymans

Thank you, I will work on that. He loved the job and this would be a nice way to honour him and his work ethic Thanks again Patricia

NAWOORD: DR WP STEENKAMP

NAWOORD: ‘n SPESIALE UITGAWE IS OPPAD, WAT HOLISTIES EN VERGELYKEND DIE SAP-VT IN PERSPEKTIEF STEL

Die SAP-Veilgheidstak (SAP-VT) word hedendaags weer verguis – asof die hele instelling beman was deur rassistiese geweldenaars. Dit, gebaseer op enkele insidente waartydens daar wel, onontkenbaar, tragiese wandade gepleeg is. Maar is dit geregverdig om die hele instelling en almal wat daarin gedien het, so af te takel? Hoe vergelyk die rekord van die SAP-VT met dié van ander soortgelyke instellings, as bloot objektief na die koue statistiek gekyk word? NONGQAI sal binne die volgende paar weke ‘n Spesiale Uitgawe publiseer wat in detail, met harde data en op vergelykende basis, ‘n oorkoepelende beeld sal skets van die SAP-VT as instelling. Dit sal sy operasionele doktrines behandel, die historiese konteks waarin dit moes funksioneer, en ook data verskaf waarmee die SAP-VT op ‘n internasionale “telbord” geweeg kan word teenoor vergelykbares. Byvoorbeeld, tussen 1961 en 1990 het net 67 mense aan alle oorsake in SAP-VT aanhouding gesterf, teenoor bv. 474 Australiese inboorlinge wat in ‘n soortgelyke 30-jaar periode dáár in polisie-aanhouding gesterf het. Wat van die 214 mense wat in slegs maar gedurende die jaar 2019 in aanhouding van die nuwe S.A. Polisie-diens gesterf het? Of die “ongeveer 900” MK-lede wat volgens die WVK in die buiteland, onder sorg van die ANC, brutaal om die lewe gebring is?

Dan praat mens nie eens van die 11,000 sterftes in aanhouding in die staat van Texas gedurende die afgelope 15 jaar nie (met net helfte SA se bevolking-syfer). Of van die 350 mense gedood deur Britse veiligheidsmagte gedurende die “Troubles” in Noord-Ierland nie (uit ‘n totale inwonertal van net 1.5miljoen, dus maar 1/30e van dié van die RSA). Of die 50,000 sterftes, plus 30,000 “verdwynings” en 400,000 aanhoudings deur Suid-Amerikaanse veiligheidsmagte (met opleiding en tegniese bystand van die VSA) gedurende die sg. “vuil oorlog” wat daar gevoer is teen linkses politieke opponente, gedurende die Koue Oorlog – die berugte “Plan Condor”.

Elke enkele verdagte se sterfte in aanhouding, waar of wanneer ook al, is natuurlik te betreur. Maar dan: net so is doelbewuste, propagandistiese wanvoorstelling tog ook nie aanvaarbaar nie. Of versoenend / helend nie... Moreel-gesproke is die doel ook nie hier om vinger te wys op ‘n “ja-maar” wyse na wie van die pot of die ketel nou eintlik die swartste was nie. Alle blaam word egter nou enkel op die SAP-VT gefokus. Sonder om te kyk hoe die operasionele doktrines van bv. die ANC-MK met dié van die SAP-VT vergelyk het. By ontleding, val dit op dat daar aan VT-kant duidelike instruksies was om gewelddadige hantering van aangehoudenes te vermy (omrede dit oneffektief, polities teenproduktief, onwettig en moreel verwerplik was) met ‘n vaste beleid dat nie die polisieman nie, maar die howe sal beslis.

Ook was dit só dat die VT wette en beleid moes uitvoer, en nie dit gemaak het nie.

Daarteenoor was die doktrine van “power grows from the barrel of the gun” en die voer van ‘n rewolusionêre oorlog met gewelddadige terreur as hefboom, die skering en inslag van die 233

Marxisties-geïnspireerde aanslag. Dít is wat die SAP-VT verplig was om teen te staan: ter behoud van openbare orde, die veiligheid van die publiek en die vreedsame, wetmatige voer van die politiek.

Nou egter lyk die SAP-VT na die Bybelse sondebok, om uitgewerp te word in die woesteny met alger se sondes op húlle skouers gepak, ter reiniging van die leierskap aan weerskante van die destydse konflik - ‘n konflik wat bowenal gekenmerk was deur intense propaganda, met blywende sielkundige impak vêr verhewe bo die werklike feite en dus steeds dienstig vandag vir party-politieke uitbuiting...

In die komende Spesiale Uitgawe sal u sien dat logika (net soos die feite) as teenwig dien téén hierdie propagandistiese uitbeelding van die gehele SAP-VT as rassistiese boewe wat na wellus sou moor en martel het. Lede het tog geweet dat elke saak bereg sou word in openbare verhoor deur die hoërhowe van die land, met die beste regslui om die “politieke” aangeklaagdes by te staan en die media wat ‘n valkoog op verrigtinge sou hou – watter polisieman sou nie vir homself kon uitwerk het nie dat marteling op die lappe sou kom? Dat vrae in die parlement sou volg? Voorts: as die SAP-VT so inherent rassisties was, per watse logika het hulle die oorgangsproses na ‘n nie-rassige demokrasie so gedissiplineerd, wetsgehoorsaam en pligsgetrou beskerm en die aller-noodsaaklike stabiliteit daarvoor gehandhaaf, teen aanslae van beide links en regs? (waar dit tog klinkklaar duidelik was dat ‘n swart meerderheidsregering gekies sou word!). Synde vermeende rasse-haters, sou hulle tog sekerlik gehoor kon gegee het aan wyle genl. Constand Viljoen se oproepe tot gewapende verset, ter behoud van blanke beheer – as rassisme dan werklik hulle alleroorheersende motivering was? (Dit was tog in werklikheid die destydse SAP kommissaris, self ‘n voormalige VT-hoof, wat vir Viljoen laat insien het dat wet en orde wél gehandhaaf sal word, ook teen hom en sy aanhangers). Ken ‘n boom aan sy vrugte – daar kan met reg gesê word dat, sonder die stabiliteit wat die veiligheidsmagte geskep het, die oorgang na ‘n nie-rassige demokrasie nie onderhandel en deurgevoer sou kon gewees het nie.

Hoe moet die hernude propaganda-aanslag (en dreigemente van vervolgings) teen oud-lede van die SAP-VT dus verstaan word? Mens moet kyk na die koue statistiek, die doktrines van die partye, die historiese en globale konteks van die konflik, en wat gesonde logika dikteer – maar ook na die politieke wins wat behaal wil word deur diegene wat nou weer die vure aanblaas. Hierdie Spesiale Uitgawe neem al hierdie aspekte vir die eerste keer holisties onder die loep. Want waarheidsgetroue, gebalanseerde geskiedskrywing vereis dit. En die oorweldigende meerderheid polisielede wat eerbaar en met trots in die SAP-VT gedien het (en hulle nageslag – lg. wat tot vrae genoop mag wees deur die hernude aanslag) verdien dit.

Die doel met hierdie intens-nagevorste en deeglik geboekstaafde Spesiale Uitgawe (as deel van NONGQAI se “Projek Veritas”), is dat dit perspektief en ook ammunisie sal bied aan oudlede van die SAP-VT, die polisiemag as sulks en die destydse veiligheidsmagte in die algemeen, waarmee die propaganda-aanslag met harde data, historiese feite en gesonde logika teengegaan kan word.

Dus ‘n kleinood-uitgawe wat mens aan kinders, kleinkinders, familie en vriende kan stuur (baie maklik – dis mos maar net ‘n skakel e-pos of teks) vir lees deur die somer-vakansie –sodat hulle kan verstaan waar kom die aantygings vandaan, en wat werklik gebeur het. Watter onmisbare bydrae pa en ma, of dan oupa / ouma wat deel was van daardie elite-span, die SAP-VT, in werklikheid gemaak het om te verhoed dat Suid-Afrika destyds met rewolusionêre geweld oorgeneem en omskep is in ‘n diktatoriale een-party Marxistiese “volksrepubliek” met gefaalde ekonomie.

Soos Christus in Johannes 8: 32 sê: “en die waarheid sal jou vrymaak”. Hou dus asseblief ‘n ogie op ons aankondigings in die komende weke, sodat u, u eksemplaar van hierdie uiters belangrike Spesiale Uitgawe sal kan aflaai.