Nongqai Vol 12 No 11 (Mr AP Stemmet - NSMS / NVBS)

Page 18

VOORBLAD: MNR ADAMUS P STEMMET Agtergrondverslag Gebore te Vredendal 26 Februarie 1937. Matrikuleer aan die Hoërskool Montagu 1954 en sluit dadelik by die Departement van Justisie aan as klerk in die landdroskantoor Montagu. Studeer in die regte aan die Universiteit van Suid Afrika. Doen diens in die landdrosafdeling in al vier die provinsies Kaap, Transvaal, Oranje Vrystaat en Natal as klerk, staatsaanklaer en landdros. Word gedurende 1964 na justisie-hoofkantoor verplaas as wetsopsteller. Dien ook as sekretaris van die regshersieningskomitee onder voorsitterskap van die hoofregter van SuidAfrika. Ook sekretaris van die komitee vir die beskikbaarstelling van gemeenregtelike kenbronne. D.w.s vertalings van ou regsbronne uit Latyn na Afrikaans en Engels. Pleitstukke vir die wêreldhof in Den Haag Word tydelik gesekondeer aan die departement van buitelandse sake om die span advokate van die RSA behulpsaam te wees met die opstel van die pleitstukke vir die wêreldhof in Den Haag in die saak van Liberië en Ethiopië teen die RSA in verband met die voogdyskap van die RSA oor Suidwes-Afrika, nou Namibië. RSA wen saak. Keer in 1965 terug na die departement van justisie as parlementêre beampte en raak terselfdertyd betrokke by verskeie kommissies van ondersoek o.a. die kommissie van ondersoek na sekere organisasies (die Schlebusch-kommissie) in 1973. Lei getuienis en skryf die verslag i.v.m. die Instituut vir Rasseverhoudinge. Word daarvoor vereer. Word gedurende 1975 bevorder tot ondersekretaris van justisie. Tak veiligheidsbeplanning van die departement van die eerste minister Gedurende 1980 bevorder na die departement van die eerste minister as tweede-in-bevel van die tak veiligheidsbeplanning van die departement (later die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad genoem) en is verantwoordelik vir: Herorganiseer die sekretariaat deur die skep van: • Tak Administrasie; • Tak Strategie; • Tak Nasionale Vertolking; • Tak Strategiese Kommunikasie; 18 Nongqai Vol 12 No 11 – SSVR No 4 - (AP Stemmet)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.