3 minute read

VOORBLAD: MNR ADAMUS P STEMMET

Agtergrondverslag

Gebore te Vredendal 26 Februarie 1937.

Advertisement

Matrikuleer aan die Hoërskool Montagu 1954 en sluit dadelik by die Departement van Justisie aan as klerk in die landdroskantoor Montagu.

Studeer in die regte aan die Universiteit van Suid Afrika.

Doen diens in die landdrosafdeling in al vier die provinsies Kaap, Transvaal, Oranje Vrystaat en Natal as klerk, staatsaanklaer en landdros.

Word gedurende 1964 na justisie-hoofkantoor verplaas as wetsopsteller. Dien ook as sekretaris van die regshersieningskomitee onder voorsitterskap van die hoofregter van Suid-Afrika. Ook sekretaris van die komitee vir die beskikbaarstelling van gemeenregtelike kenbronne. D.w.s vertalings van ou regsbronne uit Latyn na Afrikaans en Engels.

Pleitstukke vir die wêreldhof in Den Haag

Word tydelik gesekondeer aan die departement van buitelandse sake om die span advokate van die RSA behulpsaam te wees met die opstel van die pleitstukke vir die wêreldhof in Den Haag in die saak van Liberië en Ethiopië teen die RSA in verband met die voogdyskap van die RSA oor Suidwes-Afrika, nou Namibië. RSA wen saak.

Keer in 1965 terug na die departement van justisie as parlementêre beampte en raak terselfdertyd betrokke by verskeie kommissies van ondersoek o.a. die kommissie van ondersoek na sekere organisasies (die Schlebusch-kommissie) in 1973. Lei getuienis en skryf die verslag i.v.m. die Instituut vir Rasseverhoudinge. Word daarvoor vereer.

Word gedurende 1975 bevorder tot ondersekretaris van justisie.

Tak veiligheidsbeplanning van die departement van die eerste minister

Gedurende 1980 bevorder na die departement van die eerste minister as tweede-in-bevel van die tak veiligheidsbeplanning van die departement (later die sekretariaat van die staatsveiligheidsraad genoem) en is verantwoordelik vir:

Herorganiseer die sekretariaat deur die skep van:  Tak Administrasie;  Tak Strategie;  Tak Nasionale Vertolking;  Tak Strategiese Kommunikasie;

Algemeen

Bevorder die ontwikkeling van die nasionale veiligheidsbestuurstelsel en stel dit binnelands en in die buiteland bekend.

Neem leiding met die hulp van en deur middel van die instituut vir toekomstudies van die universiteit van Stellenbosch om die vakgebied in die staatsdiens te skep, ontwikkel en te bevorder (Kyk die Boek BREAKING THE MOULD deur prof Nick Segal waarin AP Stemmet as "interviewee" en bron aangehaal word )

Neem vroeë aftrede November 1990 en word in Maart 1991 as bestuurder van die Raad van Balju's, ‘n nuwe beheerliggaam vir balju's, aangestel. Skep 'n vermoë wat administrasie, opleiding van balju's, skep en bestuur van 'n getrouheidswaarborgfonds, en dissiplinêre optrede teen balju's insluit. Help die departement en minister van justisie om wetgewing rakende balju's op te stel en te implementeer.

Word deur die minister van justisie aangestel om 'n span te lei om met behulp van buitelandse befondsing ‘n ondersoek en aanbevelings te maak om swart balju's veral uit die vorige TBVC-state en selfregerende gebiede op te lei om as balju’s in die nuwe RSA te funksioneer.

Tree einde Februarie 2002 af en vestig te Durbanville.

Word na aftrede weer deur die minister van justisie as voorsitter van ‘n komitee van ondersoek aangestel om sekere aspekte rakende die baljuberoep te ondersoek en aanbevelings te maak.

Raak gedurende 2011 bewus van ongerymdhede rakende beleggings namens die staatsdiens werknemers pensioenfonds en begin ondersoek instel. Rig saam met kollegas verskeie vertoë i.v.m. beweerde ongerymdhede en roep die hulp van die openbare beskermer in nadat sekere personeelorganisasies nie bereid is om op te tree nie. Tree in September 2016 op as voorsitter van ‘n byeenkoms van groep staatsdienspensionarisse om ‘n organisasie te stig wat hom beywer vir die instandhouding van die staatsdienswerknemerspensioenfonds (AMAGP). Tree steeds as segsman en mede-parlementêre verteenwoordiger van AMAGP op.

Stokperdjie: Militêr: Regiment Oranjerivier

Doen diensplig in 1956 en in burgermag (later deeltydse mag genoem). Is opgelei as instrukteur in lugafweer en daarna op ‘n deeltydse basis vir meer as vyftig jaar diens in die Pantserkorps in die Regiment Oranjerivier. Doen aktiewe diens in Angola en op die Namibiese grens met Angola. Gekwalifiseer tot die rang van majoor en GSK. Ontvang twee dekorasies en vier medaljes. Word drie keer eervol vermeld. Tree in 2010 finaal af as ere-kolonel van die Regiment Oranjerivier.

Persoonlik

Getroud met Petro Stemmet, het vier kinders en sewe kleinkinders.

Hennie, Hier is n paar notas. Kyk maar wat jy kan gebruik. AP

e-pos gedateer 28 Maart 2021