3 minute read

GENL. JOHAN KOEN ONTHOU

Nou dink aan ons tyd toe die sg. “spook elke September geloop" het. Dit was nadat HK die puzzle voltooi het en (arbitrêr) ’n offisier in ’n opening geplaas het. Jou persoonlike omstandighede het min getel.

Dié openinge het ontstaan a.g.v. sterftes, bevordering, bedankings e.d.m. Ek het destyds die gevoel gekry dat HK baie hardvogtig was hieroor. En dat ’n offisier erg verkwalik was indien hy vertoë teen ’n verplasing sou indien. Dit kon jou toekoms benadeel het.

Advertisement

So het ekself etlike verplasings a.g.v. dié stelsel beleef.

Tot vandag wonder ek hoekom HK nie meer empatie aan die dag gelê het nie? Is ons mense maar so gewees?

HB Heymans

Ek het 'n kaptein op die brandtrappe sien huil - snot en trane van bedonnerdgeid - wat verplaas was - sy saak was goed en hulle het net vir hom geseg: "Gaan" - sy kinders was in hoërskool en sy gade het goeie betrekking gehad. Hulle het hom 'Otjiwitambogotogoro' toe gestuur. (Jy het 'n RV nodig om daar uit te kom.) ‘n Ander ou weer was ongetroud en het skiboot gehad - ten spyte van vertoë is hy verplaas. Baie sulke ouens het ontslag geneem of bedank - baie is na NI. Ek kon nooit verstaan waarom sekere hoofkantoor-Johnnies NOOIT verplaas is nie. Op 'n afskeidsgeselligheid gesels ek met 'n offisier: Hy het uit die kollege gekom en NOOIT 'n arrestasie uitgevoer nie .... niks gedoen en met "voorbeeldige" sertifikaat die Mag verlaat. Natuurlik is daar baie persone wat aan verskillende organisasies of klubs behoort - daardie ouens geniet voorkeur om te bly waar hulle is. Kol Chaos rig rugby af vir die "A"-span. Koos skiet skyf vir die Springbokke - ons ouens wat aan niks behoort -behalwe die offisiersklub en die NG Kerk - ons het getravel. Ou genl Genis en ek drink koffie in Wachthuis en ons kyk af in Pretoorsstraat - en 'n groot verpakkingsvragmotor (treklorrie) kom verby - daai ouens wat jou trek! Hy seg vir my: "Heimins ek proe sommer gravel tussen my tande as ek die lorrie so kyk" So praat ek met George Fivaz in die klub - hy was by die inspektoraat - ek vra hom waarom sirkuleer hulle nie vakatures nie? Daar is toe later aandag daaraan gegee. Party ouens is die enigste ouens wat die 'job' kan doen - hy word nooit verplaas nie. Natuurlik is baie ouens sommer agv skinderstories verplaas - "genl. weet daai Turkstra is al so lank in Durban hy dink die plek behoort aan hom, miskien moet hy 'n slag JVP oorvat?" Party mense het van 'afpersing' gebruik gemaak om geplaas te word waar hy wil wees. Maar daar op HK toe ons nog met teleks gewerk het, het ek een ding gesien: Mense verlaat die WP baie moeilik! Hulle probeer alles om in die WP te bly! Roep tot LV se hulp in. Niemand wil na Jhb of Soweto! So met die Nongqai gesels ek telefonies met baie mense - 'n oud-majoor vertel my sy storie. Ek moes met hom saamstem dat sy omstandighede haglik was toe hulle hom verplaas het. Hy - klink na 'n lojale kêrel - het bedank en die DK se reaksie was: "Hy kan maar loop ons het baie ouens wat majoor wil word." Natuurlik was daar ook maar nepotisme in die Mag - dis nie 'n nuwe ding nie! Hoekom was ons mense partykeer so hardvogtig, wonder ek?

Frikkie van Eeden

Laat my dink aan einde 1980 terwyl ek op JV-plein was het ‘n Brig. van afdeling en die S\B ‘n nagklub besoek wat gelys was. Opdrag van hoofkantoor was dat die Brig. op 2\1\1981 vir diens moes rapporteer te Durban en die Kolonel by PE. Die kolonel wou uit sy vel spring van blydskap oor die verplasing en se hy probeer sy lewe lank ‘n verplasing na sy "Home town" kry en min was hy bewus hy moes net ‘n verbode nagklub besoek.