Nongqai Vol 12 No 11 (Mr AP Stemmet - NSMS / NVBS)

Page 119

die weermagbasis te Ruacana vervoer het. Op 12 Oktober 1982 was lede van die S.A. Spoorwegpolisie onderweg in 'n Buffel voertuig toe dit met 'n Casspir voertuig van die S.A. Polisie gebots het. Vier lede van die Spoorwegpolisie is in die botsing gedood. Hulle was • Nr. 12574 Sers. A.M. Meiring, • Konst. K.C. Kapp, • Konst. D. Myburgh en • Konst. A. Kleinhans. Sers. Meiring is te Somerset-Oos begrawe. Waar die ander lede begrawe is, is aan my onbekend. Ek kon egter daarin slaag om sers. Meiring se familie op Somerset-Oos op te spoor, sy moeder en suster is nog daar woonagtig. Bronne in die Kaap waar Konst. Kapp se ouers woonagtig was, het my vanoggend verwittig dat beide sy ouers al 'n geruime tyd oorlede is. Die ouers van Konst. Kleinhans en Myburgh was in Port Elizabeth woonagtig. Kollegas in die SAPD het die adresse waar hulle woonagtig was besoek, maar sonder enige sukses. Die S.A. Spoorwegpolisie en die S.A. Polisie het in Oktober 1986 geamalgameer en een Mag geword. Navraag Graag verneem ek of die vier lede se besonderhede op die Muur van Herinnering aangebring is? Tot dusver kon ek nog nie daarin slaag om die magsnommers van die drie konstabels op te spoor nie. Hulle besonderhede sal ook nie by die SAPD wees nie aangesien hulle nooit deel van die amalgamering was nie. Indien hulle name nie op die Muur van Herinnering verskyn nie, verneem ek graag wat my te doen staan om dit te laat aanbring. Meegaande is 'n artikel wat in die SASSAR tydskrif van die S.A. Spoorweë verskyn het. Wyle sers. Meiring se suster het dit vir my per epos aangestuur. Sers. Meiring se van is verkeerdelik in die artikel aangegee as Myburgh. Byvoorbaat dank JR Beyl Brig. (afg.) S.A. Polisiediens. • Onderwerp: Muur van Herinnering Geagte Brigadier Beyl. Baie dankie vir u e-pos en die inligting aangaande die vier lede van die Spoorwegpolisie wat in 1982 gesterf het. In hierdie stadium het ons slegs die name van lede van die SAW wat tussen 1961 en 1994 omgekom het, op die Muur van Herinnering aangebring. Ek sal die inligting wat u aan my gestuur het op rekord hou, indien die Direksie moontlik in die toekoms sou besluit dat polisielede ook op hierdie wyse vereer moet word. Op die oomblik is dit egter nie die beleid nie, maar soos generaal Opperman altyd sê: Niks is in beton gegiet nie! Ons hou op 15 Augustus 2010 weer 'n gedenkdiens by die Muur en u is baie welkom om dit by te woon. Spesiale panele is op die Muur oopgelaat vir name wat later onder ons aandag gebring is en die name sal intussen gegraveer word. Ons sal te gelegener tyd die uitnodigings na die plegtigheid uitstuur. 'n DVD is van die inwydingsplegtigheid van Oktober 2009 gemaak, waarop die roerende gebeure vasgevang is, asook die naam van elkeen wat gesterf het. (Indien u belangstel daarin, kan u dit by my bestel.) Met vriendelike groete Estelle Pretorius Beste Estelle, Ek het gister besoekers na die Muur van Herinnering geneem en was by u kantoor aan, maar u was in 'n vergadering. Ek was egter verheug om te sien dat die Muur voorsiening maak vir lede van ander magte wat ter ondersteuning van die SAW opgetree het. Mag ek meld dat die S.A. Spoorwegpolisie deur die SAW versoek was om die begeleidingsdienste vanaf Oshivello by die SAW oor te neem en dat lede van die SASP die dienste in weermag uniforms 119 Nongqai Vol 12 No 11 – SSVR No 4 - (AP Stemmet)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.