Nongqai Vol 12 No 11 (Mr AP Stemmet - NSMS / NVBS)

Page 220

NAWOORD: DR WP STEENKAMP NAWOORD: ‘n SPESIALE UITGAWE IS OPPAD, WAT HOLISTIES EN VERGELYKEND DIE SAP-VT IN PERSPEKTIEF STEL Die SAP-Veilgheidstak (SAP-VT) word hedendaags weer verguis – asof die hele instelling beman was deur rassistiese geweldenaars. Dit, gebaseer op enkele insidente waartydens daar wel, onontkenbaar, tragiese wandade gepleeg is. Maar is dit geregverdig om die hele instelling en almal wat daarin gedien het, so af te takel? Hoe vergelyk die rekord van die SAP-VT met dié van ander soortgelyke instellings, as bloot objektief na die koue statistiek gekyk word? NONGQAI sal binne die volgende paar weke ‘n Spesiale Uitgawe publiseer wat in detail, met harde data en op vergelykende basis, ‘n oorkoepelende beeld sal skets van die SAP-VT as instelling. Dit sal sy operasionele doktrines behandel, die historiese konteks waarin dit moes funksioneer, en ook data verskaf waarmee die SAP-VT op ‘n internasionale “telbord” geweeg kan word teenoor vergelykbares. Byvoorbeeld, tussen 1961 en 1990 het net 67 mense aan alle oorsake in SAP-VT aanhouding gesterf, teenoor bv. 474 Australiese inboorlinge wat in ‘n soortgelyke 30-jaar periode dáár in polisie-aanhouding gesterf het. Wat van die 214 mense wat in slegs maar gedurende die jaar 2019 in aanhouding van die nuwe S.A. Polisie-diens gesterf het? Of die “ongeveer 900” MK-lede wat volgens die WVK in die buiteland, onder sorg van die ANC, brutaal om die lewe gebring is? Dan praat mens nie eens van die 11,000 sterftes in aanhouding in die staat van Texas gedurende die afgelope 15 jaar nie (met net helfte SA se bevolking-syfer). Of van die 350 mense gedood deur Britse veiligheidsmagte gedurende die “Troubles” in Noord-Ierland nie (uit ‘n totale inwonertal van net 1.5miljoen, dus maar 1/30e van dié van die RSA). Of die 50,000 sterftes, plus 30,000 “verdwynings” en 400,000 aanhoudings deur Suid-Amerikaanse veiligheidsmagte (met opleiding en tegniese bystand van die VSA) gedurende die sg. “vuil oorlog” wat daar gevoer is teen linkses politieke opponente, gedurende die Koue Oorlog – die berugte “Plan Condor”. Elke enkele verdagte se sterfte in aanhouding, waar of wanneer ook al, is natuurlik te betreur. Maar dan: net so is doelbewuste, propagandistiese wanvoorstelling tog ook nie aanvaarbaar nie. Of versoenend / helend nie... Moreel-gesproke is die doel ook nie hier om vinger te wys op ‘n “ja-maar” wyse na wie van die pot of die ketel nou eintlik die swartste was nie. Alle blaam word egter nou enkel op die SAP-VT gefokus. Sonder om te kyk hoe die operasionele doktrines van bv. die ANC-MK met dié van die SAP-VT vergelyk het. By ontleding, val dit op dat daar aan VT-kant duidelike instruksies was om gewelddadige hantering van aangehoudenes te vermy (omrede dit oneffektief, polities teenproduktief, onwettig en moreel verwerplik was) met ‘n vaste beleid dat nie die polisieman nie, maar die howe sal beslis. Ook was dit só dat die VT wette en beleid moes uitvoer, en nie dit gemaak het nie. Daarteenoor was die doktrine van “power grows from the barrel of the gun” en die voer van ‘n rewolusionêre oorlog met gewelddadige terreur as hefboom, die skering en inslag van die 220 Nongqai Vol 12 No 11 – SSVR No 4 - (AP Stemmet)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.