Nongqai Vol 12 No 11 (Mr AP Stemmet - NSMS / NVBS)

Page 52

Gewone FM-radio-ontvangs was buite die kwessie. As jy baie, en ek bedoel baie, gelukkig was, kon jy soms Radio Suid-Afrika se kortgolfsender laat in die aand opvang. Ek onthou dié aand toe Gerrie Coetzee teen (ek dink) Leon Spinks geboks het, en ek opgewonde lank gesukkel het om op die Afrikaanse uitsending in te skakel. Toe ek uiteindelik kontak kon bewerkstellig, was die geveg verby. Daar was nie gewone landlyntelefone nie. As jy gelukkig was kon jy so nou en dan per radiotelefoon (as die weer dit sou toelaat), met jou familie in die RSA (wat ons die “states” genoem het), kontak maak. As jy betyds met ABSA-bank se verteenwoordiger (wat Katima Mulilo een keer per week vir 2 dae vir banksake besoek het), kon reël, kon hy vir jou die vorige Sondag se Rapport of ‘n tydskrif saambring. Dit was die goeie ou dae met sy eiesoortige uitdagings vir die ou in die bos, met goeie herinneringe wat jy kan vertroetel. Dit is iets wat die jeug van vandag, met hul selfone nie verstaan nie en vir jou sê: “sjoe, die lewe was primitief”. Vir ons was dit geensins primitief nie, heerlik en uitdagend en nie gejaagd soos vandag se lewe nie. Dit was inderdaad ‘n tyd wat ‘n ou met verlange in jou gedagtes oproep. O ja, daar was nie televisie in die Caprivi nie, maar niemand het dit gemis nie.

1986: DIE VERTOONGROEP BY DIE SAP HONDESKOOL Sersant Anel Geyser

52 Nongqai Vol 12 No 11 – SSVR No 4 - (AP Stemmet)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.