Maart 2022
9
De Wildt Nuus
Nasionale minimum loon Ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse ekonomie onderpresteer en groot uitdagings aan werkgewers bied, het die minister van indiensneming en arbeid op 7 Februarie 2022 in die Staatskoerant die gewysigde nasionale minimumloon afgekondig. Die gewysigde nasionale loon tree op 1 Maart 2022 in werking. Landbousektor: Die Landbousektor se minimumloon vir plaaswerkers sal vanaf 1 Maart 2022 gelykstaande wees aan die nasionale minimum-
De Wildt Boerevereniging bestuur vir 2022 Tydens die vergadering van 23 November 2021 is daar gereorganiseer en De Wildt Boerevereniging se bestuur is: Voorsitter: Phil Louw Ondervoorsitter: Gertjie Davel Sekretaresse/tesourier: Hanna Scribante Addisionele lede: Lood Schoeman, Janus J van Rensburg, Jacques Fourie en Wannie Scribante. Die voorsitters van die funksionele werkterreine is: Eiendomsreg en arbeid: Wannie Scribante Veiligheid: Janus J van Rensburg Ekonomiese sake: Gertjie Davel Omgewingsbestuur: Lood Schoeman Finansies: Hanna Scribante Jongboer: Jacques Fourie
loon wat R 23. 19 per uur beloop. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang. Huiswerkersektor: Die huiswerkersektor se minimumloon verhoog en sal vanaf 1 Maart 2022 gelykstaande wees aan die nasionale minimumloon van 2022 wat R 23.19 per uur beloop.
De Wildt Boerevereniging Boeredag Wanneer: 8 April 2022 Plek: De Kock en Seuns-veilingskrale, op die R 511 suid van Brits Tyd: 8:30 vir 09:00 tot ongeveer 12:30 Toegang: Gratis. Tema: Kleinvee boerdery, spesifiek skaapboerdery. Praktiese wenke en demonstrasies: * Vashou van diere * Versorging van pote * Stert knip * Inspuitings * Brandmerk * Dragtigheidtoetsing Ook algemene gesondheid van diere en voeding. TLU SA se hoofbestuurder meneer Bennie van Zyl, hoofbestuurder TLU SA, gaan ook ‘n kort boodskap bring. Hou asseblief hierdie datum solank oop. Die finale program sal later deurgegee word. Na die tyd gaan daar ‘n kort veiling plaasvind van al die skenkings. Enige navrae of as u iets wil skenk vir die veiling kontak: Jacques by 076 012 1075 Hanna by 083 417 4699
Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00