
1 minute read
Huldeblyk
from DWN Maart 2022
Huldeblyk aan tannie Lettie Brits
Tannie Lettie Brits, ‘n alombekende en geliefde persoonlikheid in De Wildt, is in November 2021 oorlede. Tannie Lettie was ‘n nooi Smit en is op 21 September 1938 op die plaas Sandspruit te Silkaatsnek De Wildt gebore en het daar grootgeword. Na sy en oom Gert getroud is, het hulle daar gewoon tot sy na die Sandstone Sorgsentrum verhuis het weens gesondheidsprobleme. Tannie Lettie was ‘n groot deel van haar lewe ‘n beroepsvrou. Sy was ‘n bekwame vrou met ‘n sterk persoonlikheid. Na oom Gert in die vroeë negentigerjare die hoof van die eerste radionetwerk op De Wildt geword het, was sy die eerste voorsitter van die DDO (Dames Diensorganisasie). Hulle het onder meer begin omsien na die mense in die wyke, asook die senior burgers en verskeie funksies gereël. By die maandelikse verkopings het sy altyd haar volle gewig ingegooi. Sy het altyd haar eie vetkoekdeeg geknie en het die heerlikste vetkoeke gebak. By hulle kerk het sy ook haar kant gebring. Sy is op 1 Desember 2021 (na ‘n diens gelei deur Psalm 16:6 “’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi”) op die plaas, waarvoor sy so lief was, aan die voet van die berg, langs oom Gert begrawe. Ons gun haar die ewige rus. Ons innige medelye en vertroosting toegebid aan hulle 3 dogters, Mariet, Ina, Alet en hulle gesinne.
Advertisement
Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434 CARE CENTRE SORGSENTRUM
