1 minute read

VLU nuus

Next Article
DWBV nuus

DWBV nuus

Elma Human - Skakelbeampte

Nuwe lede ingehuldig

Advertisement

Ons verwelkom graag vir Sanet Hills, wat jare finansies in die besigheidswêreld gedoen het. Sy het afgetree, maar weer toegetree tot ‘n opwindende VLU program. Ook ‘n spesiale woord van welkom aan Marnette Sutherland, wat uitnemende werk as DA verteenwoordiger in ons area gedoen het. Sy is ook by die Pretoria-Noord Krisiskliniek betrokke, waar ons tak die afgelope jaar betrokke was. Op die foto is Mary du Preez (voorsitster), Marnette Sutherland en Sanet Hills.

Op die spyskaart vir 2022

Hier is die ‘lekkernye’ op die De Wildt VLU se 2022 spyskaart waarna lede kan uitsien. Kreatiewe werkswinkels: Fotorame verf en versier en alkohol-inkwerk Besoek Pratley Putty fabriek Uitstappie na Green Olive kwekery Mexikaanse ete

De Widt-tak reis deur Indië, sonder ‘n paspoort!

Tydens die afsluiting in 2021, besoek ons die kleurryke Indië en kyk na foto’s van bekende plekke soos Agra, Goa en Amritsar. Ons leer oor hul geloof, kultuur, eetgewoontes en modes. Die tafels was vir ‘n Indiese fees gedek! Ons eet “warm”samoesas vir voorgereg. Geurige hoenderbrijani met slaai, word as hoofgereg bedien. Kulfi roomys was die nagereg en saffraankoekies en dadelballetjies was saam met masala tee aan die einde bedien. Al die dames het Indiese uitrustings gedra en het hartlik meegedoen toe ons tipiese Indiese dansbewegings saam met die Indiese volkslied, die Jana Gana Mana uitgevoer het. Ons groet die ou jaar met “Namaste”! Hier is Sanet Hills, Marie en Toy Coetzer, Carlien Retief, Patricia v Niekerk, Rita Fourie, Mariëtte de Wet, Trysie Coetzee, Elma Human en Marnette Sutherland in hul kleurvolle Indiese drag.

This article is from: