Skip to main content

DWN Maart 2022

Page 1

Maart/March 2022 Jaargang 31 No 1

Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za

Freeway is now an Overland franchise Supermarket

Lots of specials every month!

Contact Alberto 0763157688


2

De Wildt Nuus

Maart 2022


Maart 2022

3

De Wildt Nuus

INHOUDSOPGAWE Lief en leed 3

Dis sommer somer

11

Redaksiebrief 4

De Wildt Cheetahs in Zambia

12

DWHM-nuus 5

Nagmaal in die ou dae

13

Plaasaanval - Hoe berei jy jouself voor?

6

Huldeblyk 15

Christiaan laat rekords spat

7

VLU nuus

16

Oom Manie Lemmer weer getroud

8

Sssslang!

17

DWBV nuus 9

Laerskool Vissershoek-nuus

18

DWBV nuus 10

Daar gaan ‘n ‘groot’ man verby

19

LIEF EN LEED

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Hospitaal en siek • Don Barrie • Adéle du Toit

Lief • Manie Lemmer en Marie Barkhuizen trou • Ockie en Elmien Botha word grootouers

Nuwe lewe vir ‘n nuwe jaar Phil Louw

Heilige Vader, in wie se hande ons tye en lotgevalle is, ons weet nie wat die nuwe jaar vir ons inhou nie. Help ons daarom, genadige Heer, om so te leef asof dit ons laaste jaar is. Help ons om te doen wát U wil, wáár U wil en wanneer U wil, en U wil te ken en te gehoorsaam. Ons het reeds die nuwe jaar betree. Dit mag die laaste nuwe jaar van ons lewe wees. Wat ek en jy vandag besluit, mag verreikende gevolge vir die res van ons lewe hê. “Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie. Ken Hom in al jou weë, en Hy sal jou paaie gelyk maak.” (Spr. 3:5-6) As jy ‘n vaste en positiewe geloof in jou Meester besit, sal jy ontdek dat sy Gees deur jou lewe werk totdat jy so in harmonie met Hom leef dat jy slegs sy wil sal wil nastreef. Om sy Gees deur jou lewe te openbaar, is die toppunt van ‘n Christelike ervaring. Terwyl jy die nuwe jaar binnestap, wees doelgerig en beslis om jou keuses tov van jou verhouding met Christus te versterk en te verryk, sodat jou geestelike lewe hierdie jaar kan bloei en jy die vrugte sal dra wat Christus in jou lewe soek. Die diepte en gehalte van ons geestelike lewe hang af van ons verhouding met God. So sal dit ook weer gedurende hierdie genadejaar wees. As jou geloof op die oomblik op die laagwatermerk is en twyfel in jou hart invreet, sal dit verstandig wees om tyd met God deur te bring en by Hom te pleit om geestelike vernuwing. Dit is ‘n geestelike onmoontlikheid om gedurig besig te wees, met watter belangrike sake ook al, sonder om te put uit die kragbron van jou geloof en inspirasie, die drie-enige God. Jy kan nie aanhou om jouself te gee en nooit vernuwing deur die Heilige Gees te ondergaan nie. Die nuwe jaar bring nuwe uitdagings mee. Die pad is nooit net afdraande nie. Daar gaan tye kom wanneer jy gaan worstel met moeilike besluite of ‘n taak wat jou denke, kragte en talente tot die uiterste beproef. Moet nooit toelaat dat jou gedagtes op die moeilikheidsgraad daarvan gefokus bly nie. Vra die Heilige Gees om jou wysheid en insig te gee om die probleem op die regte wyse te hanteer. In die krag van Jesus Christus en deur die inspirasie van die Heilige Gees, sal jy die uitdagings te bowe kom en jou take deur sy genade en tot sy bevrediging kan verrig. So sal jy elke werksdag van hierdie nuwe jaar in Sy krag kan tegemoet gaan. Mag 2022 vir jou en jou hartsmense, jou vriende, en jou medereisgenote ‘n geseënde jaar wees.

Oorlede • Kobus van Staden • Hennie Simpson (Johan van Zyl se moeder) • Lettie Brits • Freddie Oosthuysen • Annaleen Schutte • Ina Redelinghuys • Kobie Opperman se moeder • Pierre Fourie (Pierewiet) • Chané/Mark Erasmus se ouma • Renier Breytenbach

HIGH QUALITY COMPOST AVAILABLE PER m³ OR IN 30dm³ BAGS WE DELIVER IDEAL FOR GARDEN, LAWN AND AGRICULTURE VISIT OUR WEBSITE AT www.floraRsa.co.za OR PHONE US AT

079 896 0032


4

Maart 2022

De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Hanna Scribante - Waarnemende voorsitter 083 417 4699 Suzette Pëtersen - Waarnemende sekretaresse 081 780 0426 De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adéle du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 079 424 7411 Elmien Botha -082 899 7417 Suzette Pëterson - 081 780 0426 De Wildt Boerevereniging Phil Louw – 082 335 5910 De Wildt VLU Elma Human - 082 500 4066 Addisionele lede Jan Lemmer 083 256 8266 Rina Bester – 071 110 6907 Laerskool Vissershoek Lee-Ann Rossouw – 073 817 0323 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam . Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426 Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

REDAKSIEBRIEF Liewe lesers Ons is al weer ‘n hele paar weke in 2022 en ons vertrou dat dit vir u almal ‘n baie mooi jaar sal wees. Ons is baie dankbaar as ons so om ons kyk en sien hoe mooi groen die wêreld is na die lieflike reën. Die eerste Nuusbrief Sonder Naam het in September 1992 verskyn en net daarna het De Wildt Nuus sy verskyning gemaak. Sederdien het baie water in die see geloop. Baie uiteenlopende artikels het deur die jare verskyn en baie lief en leed is gedeel. Baie dankie aan almal wat die afgelope 29 jaar ‘n bydrae gelewer het om De Wildt Nuus suksesvol te maak. Dankie aan almal wat artikels geskryf het, inligting deurgegee het, op die redaksie gedien het, en baie belangrik, dankie aan al die averteerders. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het om De Wildt Nuus uit te gee nie. De Wildt Nuus word die afgelope paar maande digitaal ook versprei. Dit bereik dus baie meer lesers en adverteerders se besighede kry baie goeie blootstelling buite die De Wildt omgewing ook. Johan J van Rensburg het so ‘n ruk gelede aan my genoem dat De Wildt Nuus eintlik ‘n argief is. Baie besluite en inligting is deur die jare daarin vervat wat ons nêrens anders sal kry en wat nêrens anders opgeteken is nie. Oom Manie Lemmer het in 1996 by De Wildt Nuus-redaksie aangesluit en en in

1997 het hy voorsitter van die redaksiekomitee geword. Hy het dit al die jare passievol en met groot kundigheid hanteer tot na die Desember 2021 uitgawe waarna hy die die tuig neergelê het. Ons is op soek na iemand wat die taak van voorsitter net so passievol kan oorneem. As daar iemand is wat voel dat hy of sy dit graag wil doen, kontak my asseblief. De Wildt Nuus sal in die vervolg onder beskerming van DWHM resorteer. Dankie by voorbaat aan Suzette Pëtersen by die kantoor vir haar toekomstige bydrae. Soos u in die artikel oor oom Manie se troue in hierdie uitgawe kan lees, het ‘n hele nuwe lewensseisoen vir hom aangebreek saam met tannie Marie. Baie geluk oom Manie en tannie Marie, ons vertrou dat julle baie geluk saam sal beleef. Dit is nou byna 2 jaar sedert Covid-19 en isolasie skielik sy verskyning gemaak het. Vir byna al die lesers was dit ‘n moeilike 2 jaar met baie uitdagings en hindernisse wat oorkom moes word. Ons as redaksie wil u almal herinner aan Matteus 28: 20. “Ek is by julle tot die voleindiging van die wêreld.” Ken die Here, Onthou wie is in beheer, Onthou Sy goedheid van vandag Onthou Sy krag vir die toekoms. - Hanna Scribante nms Redaksie

Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners Voorblad in kleur

R1265.00

Agterblad in kleur

R1125.00

Volblad binne in kleur

R 950.00

Volblad binne in swart en wit

R 665.00

Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit

a

uus.co.z

arch 2022

Maart/M

g 31 No

Jaargan

1

.dewildtn e: www

Webtuist

ket permar

Su nchise

y is now Freewa

land fra an Over

Lots of

ls every

specia

Maart/March

o t Albert

Contac

month!

7688 076315 No 1 Webtuiste: www.d

2022 Jaarga ng 31

ewildtnuus.co

R 290.00

Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Nuwe De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam

Freeway is now

an Overland

franchise Sup

ermarket

Lots of spec ials ever

y month!

Contact Alb erto 076315 7688

.za


Maart 2022

5

De Wildt Nuus

Besigheidsforum vir De Wildt DWHM DWHM is in die proses om ‘n besigheidsforum te stig. Alle besighede, klein en groot, sal welkom wees om aan te sluit by die forum. Juis om almal te akkommodeer sal daar verskillende klasse van lidmaatskap wees wat verskillende voordele sal hê. Een van die voordele van lidmaatskap van die forum sal advertensiespasie insluit. Hierdie advertensiespasie kan oa insluit om op die DWHM webblad en Facebook-blad geplaas te word wat resultate van aanlynsoektogte na u besigheid of produk verbeter. Die moontlikheid van ‘n hoeveelheid advertensiespasie in die DW Nuus reeds ingesluit in die ledegeld, word ook onder-

Risikobestuur Hiermee ‘n paar algemene wenke en gedagtes rakende risikos in ons alledaagse lewe: 1. Vergiftiging van honde: Dit gebeur dat ons honde gif inkry, doelbewus of per ongeluk. Dit is raadsaam om ‘n teengifpakkie byderhand te hou want dit kan jou hond se lewe red. In so pakkie behoort daar geaktiveerde steenkool (charcoal) en “Melk van Magnesium” te wees. Meng 1 teelepel steenkool en 1-2 eetlepels “Melk van Magnesium” met ‘n rou eier en bietjie melk en gee dadelik vir die hond. 2. Op pad: Daar is deesdae gereeld waarskuwings oor slenters om motoriste te kaap of te beroof terwyl hulle op ons nasionale roetes beweeg. Soortgelyke voorvalle het ook al op die paaie in ons omgewing plaasgevind. Die eerste en maklikste manier om te verhoed dat jy in so lokval beland is om te alle tye te poog om by jou bestemming te wees voor of kort na sononder. As dit egter nie moontlik is nie, probeer om saam met ander voertuie (soos in ‘n konvooi) te beweeg. Sodoende verminder jy die kans om geteiken te word en is daar ander wat jou kan help indien jy wel teëspoed kry. 3. Hommeltuie: Om ‘n hommeltuig oor ‘n eiendom te vlieg moet die eienaar toestemming daarvoor gee. Daar is aanduidings dat kriminele ook nou van hommeltuie gebruik begin maak in verkenning om roof, inbraak en aanvalle te beplan. Wees dus bedag daarop en moenie net aanvaar dat ‘n hommeltuig wat oor jou eiendom vlieg in vriendelike hande is nie. 4. Noodhulp: Wanneer ‘n by of perdeby iemand steek is daar ‘n paar natuurlike middels wat met sukses gebruik kan word om die pyn te verminder. ‘n Gesnyde ui kan op die steekplek van beide perdeby of by geplaas word. Vir bysteek kan of ‘n pasta van koeksoda en water opgesit word en vir perdeby kan appelasyn (nie gewone asyn nie) ook oorgegooi word. Volgende keer gesels ons bietjie meer oor noodhulp.

soek. Verdere voordele wat lede van die Besigheidsforum sal geniet is gratis / afslag vir werkswinkels vir eienaars en werknemers, gereelde blootstelling aan moontlike venote en/ of kliënte om besigheid te groei en ‘n netwerk van mentors en raadgewers. Enkele van die fyner besonderhede rakende lidmaatskap behoort in die volgende maand gefinaliseer te word en die beplanning is om die De Wildt Besigheidsforum op 1 April 2022 amptelik te loods. Besighede wat sou belangstel kan hulle besonderhede deurgee na die DWHM kantoor by mk1@dewildt.cc om deel van die stigterslede te wees.

Mynbou Tydens onlangse korrespondensie rakende mynbou aktiwiteite in ons omgewing het dit aan die lig gekom dat die Biosfeer se bufferzone alleen nie genoeg rede is om mynbou- en prospekteringsaansoeke te stuit nie. Dit beteken dat enige eiendom buite die Magaliesberg-biosfeer se kerngebied geteiken kan word vir prospektering en mynbouaktiwiteite. Wat beteken dit vir elke grondeienaar? Eerstens is jou toestemming nie nodig om aansoek te doen om daar te prospekteer of te myn nie. Indien jy en jou bure nie voldoende rede kan gee om die aansoek te stuit nie, kan daar goedkeuring gegee word dat op jou eiendom geprospekteer en self later gemyn kan word. Onthou ook dat dit wat op jou buurman se grond gebeur ‘n beduidende invloed het op jou eiendom (hetsy jou water, geraasvlakke of verkoopsprys). Nog ‘n rede wat op sy eie nie voldoende rede is om mynbouaktiwiteite te stop nie, is dat dit landbougrond is. Prospektering en aansoeke vir mynbou kan op landbougrond gedoen word. Eers wanneer die mynregte toegeken is moet die eiendom hersoneer word. Daar is wel ook ander redes wat samelopend gebruik kan word om hierdie aktiwiteite te stuit. Dit is egter belangrik dat elkeen self sal registreer wanneer hierdie aktiwiteite in die omgewing plaasvind aangesien DWHM slegs as een stem tel, soos enige ander persoon. Petisies beteken niks wanneer dit eers na goedkeuring van die mynbou-aktiwiteite ingedien word nie. Slegs as ons saamstaan en saam optree om toekomstige mynbou-aktiwiteite te voorkom, kan ons moontlik keer dat ons gebied binne die volgende dekade in mynhope en woonplek vir die myne se arbeidsmag verander. Die wat nog vasbyt of in die Biosfeer se kerngebied is, gaan min tot geen grondwater hê en eiendomme gaan nie veel werd wees nie. Een stem alleen gaan geen verskil maak nie, maar wanneer daardie stem saam 100 of meer ander is, kan dit nie so maklik geïgnoreer word nie.


6

De Wildt Nuus

Maart 2022

Plaasaanval - Hoe berei jy jouself voor? Marilette Bester Ek is ‘n paramedikus van beroep en ek is ook opgelei as persoonlike lyfwag vir kliënte wat 24 uur beskerming nodig het. In my daaglikse lewe stel ek dus gereeld my kliënte se veiligheid en welsyn bo my eie. Ek werk met mense op die slegste tyd in hul lewe en wat ‘n gewone werksdag vir my is, is soms iemand anders se donkerste dag. Op 14 Desember 2020 het my lewe egter binne ‘n oogwink verander en het my donkerste dag opgedaag. Hierdie is my verhaal. Dit het begin as ‘n gewone Maandag waarop ek regmaak vir werk, omsien na my diere ens. voor ek in my kar klim en werk toe ry. Nadat ek ongeveer 06:20 by die hek uitgery het en besig was om die hek toe te maak, is ek van agter af aangeval deur ‘n man met ‘n slagtersmes en ‘n draadtang. Ek het myself probeer verdedig en alles in my vermoë gedoen om nié my vuurwapen te gebruik nie, maar uit noodweer moes ek my vuurwapen afvuur toe die aanvaller weer op my afstorm. Hy is in die proses gewond en geïmmobiliseer. Na verskeie oproepe deur verskeie mense na die SAPD, het die beamptes eers 36 uur later op die toneel opgedaag. My ervaring was dat hulle toe glad nie begeesterd was om my, ‘n slagoffer van ‘n plaasaanval, by te staan nie. Aangesien ek so lank vir die SAPD op die perseel gewag het, kon ek dus eers twee dae na die aanval mediese hulp ontvang vir my eie beserings. Danksy die reën deur die dag en nag, het die meeste forensiese bewyse boonop verlore gegaan. Daar teenoor is die aanvaller kort na die voorval na die naaste hospitaal geneem vir behandeling van sy wonde. Twee dae na die aanval het die SAPD my vuurwapen gekonfiskeer: sonder lasbrief en sonder om die korrekte prosedure te volg. Ek moes daarop aandring dat die vuurwapen volgens die korrekte prosedure as ‘n bewysstuk aangeteken en in die nodige bewysstuk sak geplaas word. Die beamptes was egter nie voorbereid hierop nie en moes terug ry na hul stasie om die nodige items te gaan haal sodat my vuurwapen wel volgens die regte prosedure aangeteken kon word. Nege dae na die aanval, rondom 07:00 die oggend, het ses manlike en twee vroulike SAPD beamptes opgedaag om my te arresteer, sonder lasbrief vir my inhegtenisname. Tydens die arrestasie is ek geïntimideer, geviktimiseer en verkleineer. Hulle het my geneem na Soshanguve SAPD kantoor waar ek in die polisieselle opgesluit is. Daar, ten spyte van my versoek om regshulp, is my prokureur aanvanklik daarvan weerhou om met my te konsulteer. Ek was vir twee dae in aanhouding en moes tevrede wees daarmee om op die koue sementvloer van die sel te slaap met net ‘n nat kombers as beddegoed. Ek het ook vir die twee dae nie kos of water gekry nie wat net nog ‘n verdere vernedering was. Tydens aanhouding is

‘n DNS monster van my geneem en daar is aan my verduidelik dat dit opgeteken word om my aan toekomstige misdade te verbind. Ek, die SLAGOFFER van ‘n plaasaanval word soos ‘n misdadiger behandel! Die volgende uitdaging was om twee dae voor Kersfees genoeg geld bymekaar te maak vir ‘n prokureur en borgtog. Gegewe dat meeste mense reeds met verlof en vakansie is daardie tyd van die jaar, was dit op sigself ’n baie stresvolle ervaring om betyds regshulp te kry. Gelukkig kon ek die nodige hulp kry, borgtog is toegestaan en ek is uit aanhouding vrygelaat. Dan is daar natuurlik die daaropvolgende hofsaak. Soos die hofproses werk, word die saak telkens tydens elke hofverskyning uitgestel. Elke keer wanneer die saak voorkom, gaan ek met vrees en angs die hof binne. Elke keer wonder ek wat wag en wat gaan volgende teen my gebruik word. Elke keer herleef ek weer die aanval en so gaan dit aan vir ‘n volle jaar met hofverskynings elke vier tot ses weke. Baie van ons is trotse Afrikaners en ons staan bymekaar in moeilike en goeie tye. Ons voeg daad by die woord wanneer iemand in nood is. Vir my beteken saamstaan dat ek omgee vir my medemens en dat ons mekaar wedersyds vertrou; dat ek iets doen tot iemand anders se voordeel sonder dat ek enige voordeel put daaruit. Ek is daarom baie dankbaar vir almal wat my tydens hierdie aaklige ondervinding bygestaan het. Ek het egter met hierdie insident weer ervaar dat daar ook mense in ons gemeenskap is vir wie “saamstaan” net mooi woorde is sonder dade. Daar is mense wat mekaar eerder in die rug sal steek as om saam te staan. Na die insident het verkeerde inligting soos ‘n veldbrand versprei. Verdraaide stories is met WhatsApp op gemeenskapgroepe uitgestuur terwyl niemand moeite gedoen het om seker te maak van die feite nie. Dit steek my dwars in die krop om te weet dat party mense ander mense nie meer die sonskyn gun nie, maar eerder wil afbreek en afkraak; dat boodskappe op sosiale media en WhatsApp gebruik word om mekaar onnodig sleg te sê; dat fopnuus doelbewus versprei word om verdere onmin onder mekaar te saai. My boodskap is: NIKS berei jou voor vir ‘n plaasaanval nie. Om met ‘n vuurwapen op jou heup rond te stap op jou plaas, om so nou en dan ‘n paar skote met jou haelgeweer af te vuur, dalk ‘n bietjie teiken te skiet: dit berei jou nie voor vir ‘n plaasaanval nie. Tydens ‘n direkte, persoonlike aanval op jou lewe is daar nie tyd vir ‘n waarskuwing skoot nie. Eers wanneer jy jou vuurwapen uit sy holster moet pluk om jou en jou geliefdes se lewens te beskerm, eers dan besef jy hoe vinnig jy moeilike keuses moet maak. Hoe berei jy jouself voor op ‘n plaasaanval? My ervaring is: jy kan nie. Geen scenario berei jou voor op die onverwagse nie.


Maart 2022

De Wildt Nuus

Christiaan laat die rekords spat Christiaan van Eeden van De Wildt, en lid van die Harties Reflections Swemklub, het drie nuwe Suid-Afrikaanse rekords laat spat tydens die onlangse DHL Afrika Lewensredding SA kampioenskappe. Hy het die rekords gebreek in die onder 13 - 100 ‘Super Nipper Pool’, ‘Maniken with fins Nipper pool’, en ‘Rescue Medley Nipper Pool’ kategorieë by die kampioenskappe. Christiaan het ook Saterdag, 12 Februarie 2022, in Pretoria weer ‘n lewensreddingrekord verbeter. Christiaan neem van 20 - 24 Maart 2022 in Port Elizabeth aan die nasionale kompetisie vir lewensredding deel. Hy sal ook 5 - 11 April 2022 aan die SA Junior Nasionale kampioenskappe in Port Elizabeth deelneem. Christiaan, baie geluk met jou prestasies, dit het vir seker baie harde werk en deursettingsvermoë gekos om sover te kom.

7


8

De Wildt Nuus

Maart 2022

OOM MANIE LEMMER WEER GETROUD Oom Manie het ons almal verras en na twee kuiers na mekaar in die Vrystaat (Bloemfontein) keer hy met sy nuwe bruid, Marie Barkhuizen, terug na Bougainvilla-aftreeoord (Montana). Ek het hom versoek om ons kontreiblad se lesers na behore hieroor in te lig en hier volg sy verhaal: “Ek en Sannie het toe sy nog by my was, soms oor die moontlike gebeure na een van ons se oorlye gedagtes gewissel. Sannie het bevestig dat sy weet dat ek nie ’n alleenmens is nie en dat ek, indien sy eerste van ons twee te sterwe kom, beslis weer behoort te trou en sy het selfs ’n paar moontlike opvolgers genoem, wat sy geglo het by my sou kon inpas. Na sestig jaar met Sannie getroud is sy oorlede en het ek ’n alleenpaadjie geloop, eers by Sandstone Versorgingsoord naby Brits waar Sannie ook oorlede is en daarna by Bougainvilla-aftreeoord te Montana Tuine, Pretoria. Hoewel die ander inwoners van die aftreeoord baie vriendelik is, het die Covid 19 ’n alleenmens nog meer alleen gelaat en saans as jy jou voordeur sluit, is dit net jy alleen met jou verlange na ’n maat tesame met jou Skepper wat gelukkig altyd by jou is. Ek het my twee seuns oor my planne in hierdie verband ingelig en hulle het begrip getoon vir my verlange en planne. Aan die begin van Oktober 2021 het ek Marie Barkhuizen, sedert Februarie 2021 woonagtig in die Serenitas-aftreeoord in Bloemfontein, telefonies geskakel. Toe ek na haar welstand verneem, het sy gesê dat sy lekker bly in die aftreeoord na sestig jaar se verblyf op hul plaas Bakbank, naby Jagersfontein waar sy na haar eggenoot se afsterwe in 2006 steeds daagliks doenig was met plaastake gekoppel aan veral die veeversorging en hantering van skape en bokke. Haar seuns het haar wel bygestaan, maar sy was daagliks baie besig en soos sy dit aan my gestel het, was sy nou ook “alleen”, aangesien die plaastake skielik nie meer hare was nie. Ek het haar verseker dat ek dit verstaan omdat ek dieselfde ervaring van alleenwees beleef het. Ek het haar ook verseker dat ek ’n plan vir twee mense wat alleen is, oordink het en dat ek die volgende aand my plan aan haar sou meedeel. Die volgende aand het ek aan haar my plan verduidelik: As twee mense albei deur die alleenheid gepla word, kan hulle twee mos saam die alleenheid verdryf, dat ek persoonlik na Bloemfontein sou reis om my plan te bevestig, as sy wel belang stel om die plan te laat werk. Dit het met haar instemming gebeur dat ek die volgende week na baie jare weer my eerste kuier by haar in Bloemfontein sou beleef, waar ek haar gevra het om met my te trou. Sy het ingestem en soos dit deur al die jare my gewoonte was, het ek ’n ellelange lys gemaak van al die tersaaklike take wat ons in verband met ons troue en saamwees sou moes uitvoer en afhandel. Ons kon met Marie se byvoegings by die lys alles goed bespreek en gesamentlik ons planne behoorlik oordink en formuleer. Daarna het ek na Pretoria teruggekeer en weer my seuns ingelig. Ek wil graag meld dat Sannie se siening van destyds van ’n opvolger vir haar, presies so gebeur het en so vind my tweede besoek van meer as ’n maand in Desember/Januarie by Marie plaas. My ouers en haar ouers was huisvriende en ek het Marie dus langer as sewentig jaar geken; ons het van tyd tot tyd die afgelope jare sedert ons jongmensdae by Marie en Koos op die plaas aangedoen en oorgebly, veral wanneer ons feitlik jaarliks

tot 2016 in Namakwaland gaan blomme kyk het. So het ons altyd ons vriendskapsbande met hulle en later met haar en haar familie behou. Sy het afgesien van al haar take as plaasvrou ook nog tot by aftreeouderdom die vakke Engels, Afrikaans en ook Latyn met Noord-Sotho gedeeltelik in die hoërskole van Wepener, Jagersfontein en Fauresmith tot Matriek vir talle plaaslike leerlinge onderrig. Ek mag seker my eie aandeel aan haar keuse van Latyn as hoofvak vir haar BA-graad en ook van ’n onderwysloopbaan vermeld en ek dink terug aan die aand toe ek as jong onderwyser Marie as leerling (nie in dieselfde skool as ek nie) na die vertoning van die rolprent Julius Caesar in Springs geneem het. Ek en Marie was dus nooit vreemdelinge vir mekaar nie en ek is dankbaar dat sy ingestem het om my eggenote te word en na talle reëlings kon ons te Jagersfontein se gholfklubterrein en klubhuis deur ds Willie Janse van Rensburg, ’n oudleerling van my en wie se ouers ook destyds huisvriende van my en Marie se ouers in Brakpan was, in die huwelik bevestig word. Omdat Marie se een seun wat in Luckhoff op ’n plaas woon, na ’n ernstige siekte nog moes herstel en nie ver kon reis nie, en omdat baie van Marie se vriende en familie in die Vrystaat woonagtig is, het ons besluit om te Jagersfontein in haar eie bekende kring die plegtigheid te laat plaasvind. Ons plan is dat ons binnekort ook hier in Pretoria ’n byeenkoms van ons familie en vriende gaan hou, sodat hulle almal haar hier kan ontmoet. Ons het ook ooreengekom om om die beurt te Pretoria en Bloemfontein te woon, sodat ons ons bande met ons familie en vriende in albei stede en ook haar familie op die plase te Jagersfontein en Luckhoff kan behou, terwyl ek wel hier my woonplek het en Marie ook hare in Bloemfontein. Ek heg ter insae ’n foto van ons plegtigheid aan en beskou dit as ’n eer om weer eens in ons geliefde kontreiblad met ons lesers te praat.”


Maart 2022

9

De Wildt Nuus

Nasionale minimum loon Ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse ekonomie onderpresteer en groot uitdagings aan werkgewers bied, het die minister van indiensneming en arbeid op 7 Februarie 2022 in die Staatskoerant die gewysigde nasionale minimumloon afgekondig. Die gewysigde nasionale loon tree op 1 Maart 2022 in werking. Landbousektor: Die Landbousektor se minimumloon vir plaaswerkers sal vanaf 1 Maart 2022 gelykstaande wees aan die nasionale minimum-

De Wildt Boerevereniging bestuur vir 2022 Tydens die vergadering van 23 November 2021 is daar gereorganiseer en De Wildt Boerevereniging se bestuur is: Voorsitter: Phil Louw Ondervoorsitter: Gertjie Davel Sekretaresse/tesourier: Hanna Scribante Addisionele lede: Lood Schoeman, Janus J van Rensburg, Jacques Fourie en Wannie Scribante. Die voorsitters van die funksionele werkterreine is: Eiendomsreg en arbeid: Wannie Scribante Veiligheid: Janus J van Rensburg Ekonomiese sake: Gertjie Davel Omgewingsbestuur: Lood Schoeman Finansies: Hanna Scribante Jongboer: Jacques Fourie

loon wat R 23. 19 per uur beloop. Werkgewers in die landbousektor moet verder kennis neem dat huiswerkers op ‘n plaas geag word as plaaswerkers en dus die korrekte loon moet ontvang. Huiswerkersektor: Die huiswerkersektor se minimumloon verhoog en sal vanaf 1 Maart 2022 gelykstaande wees aan die nasionale minimumloon van 2022 wat R 23.19 per uur beloop.

De Wildt Boerevereniging Boeredag Wanneer: 8 April 2022 Plek: De Kock en Seuns-veilingskrale, op die R 511 suid van Brits Tyd: 8:30 vir 09:00 tot ongeveer 12:30 Toegang: Gratis. Tema: Kleinvee boerdery, spesifiek skaapboerdery. Praktiese wenke en demonstrasies: * Vashou van diere * Versorging van pote * Stert knip * Inspuitings * Brandmerk * Dragtigheidtoetsing Ook algemene gesondheid van diere en voeding. TLU SA se hoofbestuurder meneer Bennie van Zyl, hoofbestuurder TLU SA, gaan ook ‘n kort boodskap bring. Hou asseblief hierdie datum solank oop. Die finale program sal later deurgegee word. Na die tyd gaan daar ‘n kort veiling plaasvind van al die skenkings. Enige navrae of as u iets wil skenk vir die veiling kontak: Jacques by 076 012 1075 Hanna by 083 417 4699

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


10

Maart 2022

De Wildt Nuus

DWBV Jaarprogram vir 2022 19 Januarie Bestuursvergadering 10 Mei DWBV Algemene vergadering Wannie en Hanna huis 8:30 De Wildt 4x4 19:00 22 Februarie DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 19:00

17 – 20 Mei

NAMPO Bothaville

Duifjag

7 September

TLU SA kongres

11 – 13 Augustus

Kragdag

19 Maart

Goliat van Gat TLU SA Boeremark gronde

25 Maart

Jongboerkonferensie

16 Augustus DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 19:00 8 April DWBV Boeredag Andre en Kock vendusiekrale 15 November DWBV Algemene vergadering De Wildt 4x4 19:00

De Wildt... Op die spoorlyn tussen Pretoria en Rustenburg is daar ‘n spoorweghalte wat reeds in die vergetelheid verdwyn het met die interessante naam De Wildt. Met die opmeet van die spoorlyn in 1905, het die ingenieur, ene E. De Wildt (‘n Nederlander), dit goedgedink om sy naam aan die halte toe te ken. Hy was ‘n ingenieur van die destydse Nederlandse Spoorwegmaatskappy (NZASM). Sewe jaar later, op 7 Desember 1912, lewer genl. J.B.M. Hertzog sy beroemde “Suid - Afrika Eerste”toespraak op dieselfde plek onder ‘n ou Kareeboom voor ‘n klompie ongelukkige, wegbreek- Afrikaners. Sy verskil met die regering oor hul sogenaamde “Tweestroom- beleid”, het hom, saam met baie inwoners van die Magaliesberg-omgewing in stryd gebring met die Botha- en Smuts-benadering van rekonsiliasie met die Britte. Die Magaliesberg se mense was meestal konserwatief en anti-Britsgesind. Om hul plase te verloor, was in ‘n mate nog aanvaarbaar, maar om hul Vryheid te verloor, was onaanvaarbaar. Die smag na die herstel van hul Boererepublieke was al wat hul voor oë gehad het. Botha en Smuts het stadig beheer herwin met hul rekonsiliasiebenadering en het dus duidelik verskil met Hertzog se siening van sake. Kort na die De Wildt-toespraak is Hertzog dan ook uit die kabinet geskop en vorm hy die Nasionale Party, waarvan hy die leier was. De Wildt het dus ‘n belangrike plekkie in ons land se geskiedenis vir homself verseker. Bibliografie: 1. Carruthers, A, 1990, The Magaliesberg, Johannesburg, Southern Book Publishers. 2. Erasmus, BPJ, 2004 , Op Pad in Suid-Afrika, Johannesburg, Jonathan Ball Uitgewers.

De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 17 Mei 2022 te De Wildt 4x4 om 18:30 vir 19:00


Maart 2022

De Wildt Nuus

11

Dis sommer somer Phil Louw Oudergewoonte staan ek vroegdag kaal bolyf voor die oop bodeur, ‘n beker swart koffie in die hand waaraan ek gedagteloos suie, soos die wagter op die muur en wag dat die eerste ligstrale hul verskyning maak. Dis kosbare oomblikke! Ongehinderd en sorgloos, ten minste vir die oomblik. Die verfrissende varsheid wat met elke asemhaal my longe binnedring vul my met dankbaarheid. Dat dit gedurende die nag gereën het maak die ervaring soveel mooier. Die skoner lug kom plak en slaan tent binne-in my op. Wat ‘n ontsaglike voorreg is dit nie om ‘n tuiste vir sulke reinheid te wees nie. Dis onbesoedel en suiwer in teenstelling met die adres waarin dit gehuisves word. Op die voorgrond buig stingels getooi in wonderlike skakerings van kleur grasieus voor die oggendbriessie. Dis ‘n blommeprag wat so maklik ongemerk verby gaan omdat dit as vanselfsprekend daar moet wees. Aan die draad hang ‘n paar druppels wat wag om die sonstrale te deflekteer. ‘n Spinnerak wat haastig deur die nag gespan is blink soos kristalkralewerk onweerstaanbaar mooi en so verleidelik. Verraderlike lokaas soos ‘n glimlag! Klammigheid kleef aan die grond en hang aan grassprietjies. Boomblare bewe in die windjie soos ‘n fluit se riet en ‘n sagte mistigheid sif neer. In hierdie wasigheid dwaal ek rond, soekend na wie weet wat. Antwoorde op onbeantwoorde vrae? ‘n Metgesel vir ‘n eensame gevoel en ‘n onverklaarbare seer waarvoor daar geen medikasie is nie? Eensaamheid en tog nie eensaam nie want ek staan omring deur prag en praal. Dis net ‘n lastigheid, niks anders nie. ‘n Entjie verder hou die Dikkoppies hul lywe mamma en pappa. Daar word rondgeskarrel om genoegsame voeding te kry vir die kuiken wat op sy stokkies bene heen en weer jaag en skielik verdwyn en met die omgewing wegsmelt. Die Kiewiete daarenteen skreeu ten hemele, strek hul vlerkies wyd oop en maak sulke

kranksinnige lugaanvalle om die aandag weg te kry van hul jongeling wat in donsies toegewikkel is en plat geval het. Tarentale jaag soos resiesperde heen en weer, die een agter die ander aan. Dis verstommend hoe vinnig hulle met hul spikkel lywe koers kan kies en met mekaar en die natuur versoen raak. Soos wat die sonstrale al hoër oor die horison stoot so neem die voëlgesang toe. Dit word ‘n crescendo in woord en lied, elkeen met sy eie deuntjie en roepgeluid. Drie maal kraai ‘n hoenderhaan en dit staan vas, ‘n nuwe dag is gebore en ‘n wêreld ontwaak. Die nagwaak is verby, die dag het aangebreek en so ook die nuwe geleenthede. Onweerstaanbaar wink die akkertjies onbewerkte grond my nader. Met elke draai klim die vars reuk van geploegde grond in my neusgate op en my hart jubel. Soos ‘n wildsbok wat smag na water so smag ek om met die grond een te word. Dis die deurgang, die hek op die pad na iewers, ‘n plek van versadiging. Hier is ek ‘n bywoner, ‘n tydelike inwoner, niks meer nie. Met my oë kyk ek raak, sien ek die seer en blydskap, die mooi en die lelik om my. Met my hande vat ek aan dinge, doen ek goed en sleg. Met my mond sing ek lofliedere, maak ek ook seer, ontsaglik seer. My ore hoor maar luister swaar. In my hart is kosbaarhede opgesluit wat wag om oopgesluit te word maar ‘n reeks hindernisse lê in die pad. Daarmee het ek hulp nodig want vooroordeel, hardkoppigheid, trots, en EK staan in die pad. Dag ‘n Nuwe dag bring nuwe hoop. Môre skyn die son weer. Niks is verlore of verniet nie. Elke belewenis spesiaal. Dood is ‘n werklikheid en lewe ‘n realiteit!

EASY BUILD DE WILDT SHOPPING CENTRE

TEL: 012 504 2009/10 SEL: 082 376 0608/072 639 7398 E-pos: easybuild.dewildt@gmail.com

Vir alle boumateriaal en hardeware Vir vriendelike diens en persoonlike aandag besoek ons by

De Wildt Winkelsentrum


12

De Wildt Nuus

Maart 2022

Ann van Dyk Cheetah Centre cheetahs to Zambia Nikki Stag

Photo: Ashia’s Centre

The Ann van Dyk Cheetah Centre is proud to announce that after successfully undergoing Ashia’s phased wilding process, two female cheetahs were recently released onto Bangweulu Wetlands in Zambia, as part of Ashia’s Release & Reintroduction Program in collaboration with African Parks and the EWT. (Endangered Wild life Trust) The cats, originally from The Ann van Dyk Cheetah Centre - De Wildt, came to Ashia’s Center in July 2020 to begin their journey. Once ready to leave, they spent time on a pre-release section of our partner Purple Rain in Limpopo to practice their hunting skills, with which they had no problems. Towards the end of last year they took their final journey by plane to Zambia and acclimatized in a boma. A mere 40 minutes after final release onto Bangweulu, they swiftly took down a lechwe! A very promising start. Thanks to Wildlife Vet Dr Willem Burger (AWCF) for ensuring the smooth veterinary work during capture and transport to Zambia, and thank you to Pambele Aviation for a safe flight.

CONTOURS LASER DESIGNS Laser Cutting & Engraving

wood, leather, paper, perspex, USB, stencils,INK stamps, pen & pencil set, weddings, corporate gifts, schools, functions, zippos, engraving glass & metal, etc...

Sublimation Printing

mugs, diaries, glasses, toilet rolls puzzles, mouse pads, shirts, hats hoodies, plates, water bottles, bags, coasters, correx boards, vinyl, magnets, kids tattoos, printing on candles, USB & more.

ALL Arts & Craft supplies @ DISCOUNTED price

Contact us for our catalogue

Laser Cutting

072 750 5718 072 495 8725 Photography

072 495 8725

Paints, paint accessories, paint by number, kids paint sets, mod podge, glue, resin, spray paint & more Cutting boards, cheese boards, cheese/ butter knives, small roller pins, earring sets, bottle openers, hanging hooks, key rings, all your leather ideas, mini biltong cutter, honey sticks, gentlemen / ladies wooden watches & SO MUCH MORE


Maart 2022

De Wildt Nuus

13

Nagmaal in die ou dae Geskryf deur wyle oom Gielie Barnard (vader van Hanna Scribante), gebore 1916 en in 1998 geskryf. Dit is Aprilmaamd. Dit is Vrydagoggend en Sondag is dit Nagmaal. Die tentwa staan reggetrek voor die plaashuis – skoon gewas en met lynolie gesmeer. Die gesin is besig om die wa te laai. Die tente is al op en die beddens, tafels, en stoele asook die kosvoorraad word aangedra. Die die osse word aangekeer en ingespan. Na ontbyt vertrek die tentwa na die kerkplein, by die groot klipkerk op die plaas De Kroon. Dit is die kerkgebou van die NG gemeente Krokodilrivier waar ds W R Joyce ds van der Spuy as predikant opgevolg het. Vroeg namiddag ry die wa die kerkplein binne. Die tente word opgeslaan en die wa word afgelaai. Almal sit hand by om die kampplek gereed te kry. Al van vroegmiddag af ry waens die kerkplein van al vier rigtings en al vier plaaswyke binne. Almal woel en werfskaf om hulle tente op te slaan. Teen sononder is die kerkplein rondom die klipkerk omskep in ‘n wit tentedorp. Daar word oral rond gekuier en gesels tot laat. Saterdag word van vroeg af gewoel want daar word basaar gehou. Dit duur die hele voormiddag. Sterdagmiddag word dit meer stemming, want drie uur begin die voorbereidingsdiens. Die katkisante word tydens die diens voorgestel. Die aand om sewe uur volg ‘n gemeentevergadering om verslag aan die gemeentelede te doen. Op Sondag word die hoogtepunt bereik wanneer Nagmaal gevier word. Die diens begin om tien uur en duur tot 12 uur. Die kinders het die kinderdiens, wat om 2 uur begin het, baie

geniet. Die diens is deur meneer Visser, hoof van De Kroon skool, gelei. Om 3 uur het die nabetragtingsdiens begin. Die naweek se verrigtinge het dan die aand om sewe uur met ‘n afsluitingsdiens geëndig. Maandagoggend word die tente afgebreek, opgeslaan, die wa word gelaai en die terugtog huis toe het begin. Hierdie weergawe is soos ons dit self in ons kinderjare voor 1930 ondervind het.

‘n Soortgelyke nagmaaltoneel in Bronkhorstspruit


14

De Wildt Nuus

Maart 2022


Maart 2022

15

De Wildt Nuus

Huldeblyk aan tannie Lettie Brits Tannie Lettie Brits, ‘n alombekende en geliefde persoonlikheid in De Wildt, is in November 2021 oorlede. Tannie Lettie was ‘n nooi Smit en is op 21 September 1938 op die plaas Sandspruit te Silkaatsnek De Wildt gebore en het daar grootgeword. Na sy en oom Gert getroud is, het hulle daar gewoon tot sy na die Sandstone Sorgsentrum verhuis het weens gesondheidsprobleme. Tannie Lettie was ‘n groot deel van haar lewe ‘n beroepsvrou. Sy was ‘n bekwame vrou met ‘n sterk persoonlikheid. Na oom Gert in die vroeë negentigerjare die hoof van die eerste radionetwerk op De Wildt geword het, was sy die eerste voorsitter van die DDO (Dames Diensorganisasie). Hulle het onder meer begin omsien na die mense in die wyke, asook die senior burgers en verskeie funksies gereël. By die maandelikse verkopings het sy altyd haar volle gewig ingegooi. Sy het altyd haar eie vetkoekdeeg geknie en het die heerlikste vetkoeke gebak. By hulle kerk het sy ook haar kant gebring. Sy is op 1 Desember 2021 (na ‘n diens gelei deur Psalm 16:6 “’n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi”) op die plaas, waarvoor sy so lief was, aan die voet van die berg, langs oom Gert begrawe. Ons gun haar die ewige rus. Ons innige medelye en vertroosting toegebid aan hulle 3 dogters, Mariet, Ina, Alet en hulle gesinne.

CARE CENTRE SORGSENTRUM

SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511

Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434

* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook

Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500


16

Maart 2022

De Wildt Nuus

Elma Human - Skakelbeampte

Nuwe lede ingehuldig

Op die spyskaart vir 2022

Ons verwelkom graag vir Sanet Hills, wat jare finansies in die besigheidswêreld gedoen het. Sy het afgetree, maar weer toegetree tot ‘n opwindende VLU program. Ook ‘n spesiale woord van welkom aan Marnette Sutherland, wat uitnemende werk as DA verteenwoordiger in ons area gedoen het. Sy is ook by die Pretoria-Noord Krisiskliniek betrokke, waar ons tak die afgelope jaar betrokke was. Op die foto is Mary du Preez (voorsitster), Marnette Sutherland en Sanet Hills.

Hier is die ‘lekkernye’ op die De Wildt VLU se 2022 spyskaart waarna lede kan uitsien. Kreatiewe werkswinkels: Fotorame verf en versier en alkohol-inkwerk Besoek Pratley Putty fabriek Uitstappie na Green Olive kwekery Mexikaanse ete

De Widt-tak reis deur Indië, sonder ‘n paspoort! Tydens die afsluiting in 2021, besoek ons die kleurryke Indië en kyk na foto’s van bekende plekke soos Agra, Goa en Amritsar. Ons leer oor hul geloof, kultuur, eetgewoontes en modes. Die tafels was vir ‘n Indiese fees gedek! Ons eet “warm”samoesas vir voorgereg. Geurige hoenderbrijani met slaai, word as hoofgereg bedien. Kulfi roomys was die nagereg en saffraankoekies en dadelballetjies was saam met masala tee aan die einde bedien. Al die dames het Indiese uitrustings gedra en het hartlik meegedoen toe ons tipiese Indiese dansbewegings saam met die Indiese volkslied, die Jana Gana Mana uitgevoer het. Ons groet die ou jaar met “Namaste”! Hier is Sanet Hills, Marie en Toy Coetzer, Carlien Retief, Patricia v Niekerk, Rita Fourie, Mariëtte de Wet, Trysie Coetzee, Elma Human en Marnette Sutherland in hul kleurvolle Indiese drag.


Maart 2022

17

De Wildt Nuus

Sssslang ! Deur Theo Schoonraad

Inwoners van De Wildt het waarskynlik almal al oor tyd slange raakgeloop op hul eiendomme. Veral in die somermaande. Niks buitengewoon daaraan nie, want hier is maar slange. Van die giftigste tipes kom ook hier voor soos boomslange, wipneuskobras, Mosambiekse spoegkobras en pofadders. Vir hulle moet mens ligloop. Die uiters giftige en gevaarlike swart mamba het ekself nog nooit hier gesien of van gehoor in ons omgewing nie. My eie ware verhaal het egter ‘n skrikwekkende kinkel. So ‘n paar jaar gelede vra my seun, hy was toe nog op skool, my om vroegaand saam met hom op die grasperk te gaan lê om bietjie na die sterre te kyk. Dit fassineer hom vandat hy ‘n klein knapie was. Ek wou net eers deur die stort spring en versoek hom toe om solank vir ons ‘n kombers te kry vir die sterrekykery. ‘n Bietjie agtergrond….gedurende dieselfde week hoor my vrou een aand ‘n geritsel onder ons bed. Ek hoor niks, maar dit is seker moontlik dat ‘n verdwaalde streepmuis by die huis ingeglip het. So het ek gedog en steur my nie veel verder daaraan nie. Die outjie sou self weer padvat. Volgende aand, hierdie keer effens ergerlik, sê Moeder Hen vir my dat sy weer die geluide hoor. Uit haar stemtoon besef ek dadelik dat ek nou eerder moet werk maak daarvan en kyk wat ek kan agterkom onder die bed. Plat op my maag en met ‘n flitslig lewer my inspeksie egter niks op nie. Terug by die sterrekykery. Toe ek uit die stort kom reken my seun dat hy ‘n slangetjie onder die kombers op ons kamervloer

sien uitkom het. Die slang is oor die gang na die sitkamer toe en in onder die leerbank teen die muur. Aldus my telg. My eerste reaksie was een van skeptisisme soos in “ag wat, dis seker ‘n akkedissie of so iets”. Die vuurvonke wat blits uit my vrou se oë was tekenend van haar moederlike beskermingsdrang. Ewenwel, toe ek tog maar agter die bank gaan kyk en dit versigtig gaan wegtrek van die muur af, is ek begroet deur ‘n yslike, agressiewe en sissende wipneuskobra. Penorent en bakkop. ‘n Goeie 1.8 m lank, skat ek. Oor my eie onmiddellike reaksie is ek nou nog skaam om oor te praat, maar dit het neergekom op ongebreidelde, obsene taalgebruik. Dit was van die skrik sien. My vrou en dogter het my grootoog aangestaar en hulle toe blitsig tuisgemaak pens-en-pootjies bo-op die eetkamertafel. Lang storie kort, ons het die slang dopgehou totdat ‘n slangvanger opgedaag het, die reptiel gevang en verwyder het. Die man het ook bevestig dat dit ‘n wipneuskobra ( Naja annulifera ) was en een van die grootstes wat hy nog gesien of gevang het. Blykbaar is dit nie ongewoon vir kobras om, veral in die aand, in huise te soek vir hitte nie….en nou die ontstellendste gedeelte, hierdie groot swerkater het homself waarskynlik vir ‘n wyle tuis gemaak onder ons bed. Dit was die geritsel wat my vrou gehoor het, aldus die slangman. Dis om van die horries te kry ! So, hou julle oë oop en as vroulief meen daar is vreemde geluide onder die bed, neem kennis en glo haar maar. It’s tough in Africa !

Same Day Deliveries

RY VE ENT G UR

Email: invoice@colopsa.com 119 Shubert street Melodie, Hartbeespoort Tel: 012 253 1172 / 3 / 4

FASTER THAN EVER


18

De Wildt Nuus

Laerskool Vissershoek-nuus

Maart 2022


Maart 2022

De Wildt Nuus

19

Daar gaan ‘n ‘groot” man verby Phil Louw ‘n Groot boom, met ‘n reuse geskiedenis, en ‘n onuitwisbare nalatenskap, se spoor lê diep getrap in De Wildt, in die res van Suid-Afrika, in mense se harte en in hulle gedagtes, nes die ossewaspore van ouds. Ja, soms met so bietjie vrees en bewing by die aanhoor van die naam Manie Lemmer, oftewel Hermanus Richard Lemmer. Oom Manie is wel nie groot van statuur nie, maar hy is ‘n man vir wie vriend en vyand groot respek het omdat hy ‘n blywende verskil met elke ontmoeting maak, en dit ‘n voorreg is om ‘n wyle in sy skadu te vertoef. As ‘n mens vir iemand, wat oom Manie ken, sou vra om hom in een woord te beskryf, dan sal jy onder meer hoor hy is ‘n korrelkop, onverskrokke, reguit, op die man af, eerlik, opreg, standvastig, wys, ervare, en ‘n man van God. Hy is ‘n vegter vir reg en geregtigheid, en stuit nie om sy sê te sê nie. ‘n Regte vuurvreter wat maklik die bul by die horings pak en eis dat iets onmiddellik en daadwerklik gedoen moet word. ‘n Formidabele man, ‘n regte “gentleman” met sy hoedjie op sy kop, altyd waardig getooi met das en al. ‘n Toonbeeld uit vervloë dae waar “collar en tie” aansien verleen het. En kyk, oom Manie is ‘n slim man… Sy CV lees soos die muurbord by sale wat die belangrikes en presteerders se name vertoon. Hy cum in Latyn, praat Engels en Afrikaans, en beslis nie soos mense dit deesdae doen nie. Nee, hy is ‘n perfeksionis wat iemand graag daarop wys wat goeie taalgebruik is. Noord-Sotho was ook een van sy hoofvakke vir BA. Gebore te Brakpan op 28 Desember 1933, matrikuleer hy in 1949, waarna hy by UP sy BA-graad behaal, en sy THOD te Normaalkollege Pretoria in 1953. Hierna betree hy die onderwyswêreld en ryg ‘n magdom titels en posbeskrywings by die Transvaalse Onderwysdepartement en Departement Bantoe-Onderwys en Onderwys en Opleiding in. Hy was onderwyser, prinsipaal (skoolhoof), inspekteur, assistentdirekteur, hoofinspekteur, adjunkdirekteur en later hoofdirekteur streekkoördinering. In hierdie ryke loopbaan wat van 1954 tot 1990 gestrek het, het die heer hom ook onder andere as eksaminator, skrywer, toergids, adviseur vir Braille-dienste en as gemeenskapsman laat geld.

Dit is hoe ons oom Manie leer ken het, die gemeenskapsman wat omgee en betrokke is. Hy het sy gawes en talente oral ingespan, hetsy by Die Oord PV3 vir gestremde volwassenes, die plaaslike owerheid as raadslid, deur sy gemeenskapsdiens in De Wildt en De Wildt Helpmekaar, sy taak as redakteur van De Wildt Nuus, Klub Lekkerrus, die Groeptak vir Staatsdienspensioentrekkers, om maar net ‘n paar uit te lig. As familieman hou hy die leisels van die ‘Die Lemmer-familiebond van SA’ stewig vas, en is hy die hoofredigeerder van die hersiene Lemmer-boek wat in 2011 verskyn het. Gee jy hom ‘n halwe kans dan sal hy jou vertel wat “Ons vir jou Suid-Afrika” vir ‘n Lemmer beteken en hoe familielede hul onderskei ten tye van sekere gebeurtenisse in die historiese verlede. So onderskei oom Manie hom ook op ander terreine. As ‘n gelowige, dien hy op die kerkraad en die dagbestuur en is hy ‘n raadslid van die Afrikaanse Protestantse Akademie. Oom Manie is ‘n man van baie seisoene. Buiten sy omvattende betrokkenheid by ‘n groot verskeidenheid organisasies, waarvan hy heelwat gestig het, is hy ook ‘n toegewyde gesinsman. Uit sy huwelik met tannie Sannie is twee seuns gebore, waarop vier kleinkinders en twee agterkleinkinders gevolg het. En so verwerf hy nog meer titels; pa, oupa en oupagrootjie, waaroor hy breëbors loop en spog. Maar dis nie al nie. Na tannie Sannie se afsterwe, op die ryp ouderdom van 88 troef hy ons almal en trou weer met tannie Marie Barkhuizen op 4 Januarie 2022, en nog twee seuns, hul gades en vyf kleinkinders word in die Lemmer-laer ingetrek. Oom Manie Lemmer is ‘n belewenis. ‘n Karakter wat nie maklik vergeet sal word nie, en onthou sal word vir sy voorbeeld, sy omgee en onbaatsugtige diens aan sy medemens. Sy onuitwisbare spoor is in baie mense se harte, in gemeenskappe, kultuur- en ander organisasies, en ook in De Wildt ‘n nalatenskap waarop ‘n mens trots kan wees. In sy lewe is dit mylpale en bakens van herinneringe. Daarom dank ons hom vir sy geskenk aan ons en wens ons hom net die mooiste en beste toe vir die volgende hoofstuk van sy lewe. Mooi loop oom Manie!

Brandbewustheid / Fire Awareness Johann Badenhorst

Graag wil ek ‘n saak van groot dringendheid onder julle aandag bring. Inteendeel, dit is inderdaad so belangrik dat ek ter wille van die nuwe intrekkers, die res van hierdie skrywe in Engels gaan voltooi. We were so blessed this year with fantastic rainfall but this blessing brought with it a great risk. I have grass on my property where there was nothing since we moved in and the vegetation seemed to have doubled in size and volume. Most of you have probably figured out where I am heading with this. The fact is that we are on for one of the most challenging fire seasons in a very long time. So let us prepare ourselves the best we can to avoid, or at least limit, damage to property and, God forbid, loss of life. Be absolutely sure that the grass around your buildings are kept as short as possible for as wide as possible. This may not stop a runaway fire, but will indeed slow it down significantly for the guys responding to get to it in time and stop it with smaller equipment. It is predicted that the rains will carry on for a few months which will in turn allow us a very small window to burn it later

on. Please do not wait and rely only on entities like Working on Fire, who assists us greatly every year, but they will run out of time and will not be able to get around to everybody. I therefore request any and all neighbours that may have the capacity to assist, to do so. Even if it is only next door to you and even if it is only with a handheld slasher, it will surely make a big difference. It would be greatly appreciated if the neighbours with the larger equipment could assist where possible. Should you not have any equipment you might be in the position to sponsor Two-stroke, labour, lines, petrol or diesel for the other volunteers. Let us keep our families and structures safe this year by taking care of our own property first and foremost and then extend it to our neighbours on all sides. Please make sure that you inform most of your neighbours of the dangers that we face with regards to the fires. Kindly contact me if you would like to get involved in any capacity. The Working on Fire team is already on board, but we will have to cover the kilometres for the truck.


20

Maart 2022

De Wildt Nuus

FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT

Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria

082 466 8174 082 451 2217

E-mail: frik@surveyinstruments.net


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DWN Maart 2022 by De Wildt Nuus - Issuu