
4 minute read
DWHM-nuus
from DWN Maart 2022
Besigheidsforum vir De Wildt
DWHM
Advertisement
DWHM is in die proses om ‘n besigheidsforum te stig. Alle besighede, klein en groot, sal welkom wees om aan te sluit by die forum. Juis om almal te akkommodeer sal daar verskillende klasse van lidmaatskap wees wat verskillende voordele sal hê. Een van die voordele van lidmaatskap van die forum sal advertensiespasie insluit. Hierdie advertensiespasie kan oa insluit om op die DWHM webblad en Facebook-blad geplaas te word wat resultate van aanlynsoektogte na u besigheid of produk verbeter. Die moontlikheid van ‘n hoeveelheid advertensiespasie in die DW Nuus reeds ingesluit in die ledegeld, word ook ondersoek. Verdere voordele wat lede van die Besigheidsforum sal geniet is gratis / afslag vir werkswinkels vir eienaars en werknemers, gereelde blootstelling aan moontlike venote en/ of kliënte om besigheid te groei en ‘n netwerk van mentors en raadgewers. Enkele van die fyner besonderhede rakende lidmaatskap behoort in die volgende maand gefinaliseer te word en die beplanning is om die De Wildt Besigheidsforum op 1 April 2022 amptelik te loods. Besighede wat sou belangstel kan hulle besonderhede deurgee na die DWHM kantoor by mk1@dewildt.cc om deel van die stigterslede te wees.
Risikobestuur Mynbou
Hiermee ‘n paar algemene wenke en gedagtes rakende risikos in ons alledaagse lewe:
1. Vergiftiging van honde: Dit gebeur dat ons honde gif inkry, doelbewus of per ongeluk. Dit is raadsaam om ‘n teengifpakkie byderhand te hou want dit kan jou hond se lewe red. In so pakkie behoort daar geaktiveerde steenkool (charcoal) en “Melk van Magnesium” te wees. Meng 1 teelepel steenkool en 1-2 eetlepels “Melk van Magnesium” met ‘n rou eier en bietjie melk en gee dadelik vir die hond.
2. Op pad:
Daar is deesdae gereeld waarskuwings oor slenters om motoriste te kaap of te beroof terwyl hulle op ons nasionale roetes beweeg. Soortgelyke voorvalle het ook al op die paaie in ons omgewing plaasgevind. Die eerste en maklikste manier om te verhoed dat jy in so lokval beland is om te alle tye te poog om by jou bestemming te wees voor of kort na sononder. As dit egter nie moontlik is nie, probeer om saam met ander voertuie (soos in ‘n konvooi) te beweeg. Sodoende verminder jy die kans om geteiken te word en is daar ander wat jou kan help indien jy wel teëspoed kry.
3. Hommeltuie:
Om ‘n hommeltuig oor ‘n eiendom te vlieg moet die eienaar toestemming daarvoor gee. Daar is aanduidings dat kriminele ook nou van hommeltuie gebruik begin maak in verkenning om roof, inbraak en aanvalle te beplan. Wees dus bedag daarop en moenie net aanvaar dat ‘n hommeltuig wat oor jou eiendom vlieg in vriendelike hande is nie.
4. Noodhulp:
Wanneer ‘n by of perdeby iemand steek is daar ‘n paar natuurlike middels wat met sukses gebruik kan word om die pyn te verminder. ‘n Gesnyde ui kan op die steekplek van beide perdeby of by geplaas word. Vir bysteek kan of ‘n pasta van koeksoda en water opgesit word en vir perdeby kan appelasyn (nie gewone asyn nie) ook oorgegooi word. Volgende keer gesels ons bietjie meer oor noodhulp. Tydens onlangse korrespondensie rakende mynbou aktiwiteite in ons omgewing het dit aan die lig gekom dat die Biosfeer se bufferzone alleen nie genoeg rede is om mynbou- en prospekteringsaansoeke te stuit nie. Dit beteken dat enige eiendom buite die Magaliesberg-biosfeer se kerngebied geteiken kan word vir prospektering en mynbouaktiwiteite.
Wat beteken dit vir elke grondeienaar?
Eerstens is jou toestemming nie nodig om aansoek te doen om daar te prospekteer of te myn nie. Indien jy en jou bure nie voldoende rede kan gee om die aansoek te stuit nie, kan daar goedkeuring gegee word dat op jou eiendom geprospekteer en self later gemyn kan word. Onthou ook dat dit wat op jou buurman se grond gebeur ‘n beduidende invloed het op jou eiendom (hetsy jou water, geraasvlakke of verkoopsprys). Nog ‘n rede wat op sy eie nie voldoende rede is om myn- bouaktiwiteite te stop nie, is dat dit landbougrond is. Prospektering en aansoeke vir mynbou kan op landbougrond gedoen word. Eers wanneer die mynregte toegeken is moet die eiendom hersoneer word. Daar is wel ook ander redes wat samelopend gebruik kan word om hierdie aktiwiteite te stuit. Dit is egter belangrik dat elkeen self sal registreer wanneer hierdie aktiwiteite in die omgewing plaasvind aangesien DWHM slegs as een stem tel, soos enige ander persoon. Petisies beteken niks wanneer dit eers na goedkeuring van die mynbou-aktiwiteite ingedien word nie. Slegs as ons saamstaan en saam optree om toekomstige mynbou-aktiwiteite te voorkom, kan ons moontlik keer dat ons gebied binne die volgende dekade in mynhope en woonplek vir die myne se arbeidsmag verander. Die wat nog vasbyt of in die Biosfeer se kerngebied is, gaan min tot geen grondwater hê en eiendomme gaan nie veel werd wees nie. Een stem alleen gaan geen verskil maak nie, maar wanneer daardie stem saam 100 of meer ander is, kan dit nie so maklik geïgnoreer word nie.