1 minute read

Christiaan laat rekords spat

Next Article
DWHM-nuus

DWHM-nuus

Christiaan laat die rekords spat

Christiaan van Eeden van De Wildt, en lid van die Harties Reflections Swemklub, het drie nuwe Suid-Afrikaanse rekords laat spat tydens die onlangse DHL Afrika Lewensredding SA kampi- oenskappe. Hy het die rekords gebreek in die onder 13 - 100 ‘Super Nipper Pool’, ‘Maniken with fins Nipper pool’, en ‘Rescue Medley Nipper Pool’ kategorieë by die kampioenskappe. Christiaan het ook Saterdag, 12 Februarie 2022, in Pretoria weer ‘n lewensreddingrekord verbeter. Christiaan neem van 20 - 24 Maart 2022 in Port Elizabeth aan die nasionale kompetisie vir lewensredding deel. Hy sal ook 5 - 11 April 2022 aan die SA Junior Nasionale kampioenskappe in Port Elizabeth deelneem. Christiaan, baie geluk met jou prestasies, dit het vir seker baie harde werk en deursettingsvermoë gekos om sover te kom.

Advertisement

This article is from: