OVK Nuus Maart / OVK News March 2023

Page 1

INHOUD | CONTENTS

MAART/MARCH 2023

OVK 30 jaar herdenking | OVK 30 year anniversary

2 Uit die Woord

3 Oor die Grensdraad

4 Boodskap van die Voorsitter

Uitgewer/Publisher

Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96

Ladybrand 9745

Besturende Redakteur

Managing Editor

Stéfan Oberholzer

Redakteur/Editor

Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za

Redaksionele artikels/Editorial Articles

Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, except where otherwise indicated.

Medewerkers/Contributors

Igna Kotze

Christel Basson

Proeflees/Proofreading

Marna Alberts

Advertensies/Advertising

Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za

Uitleg/Layout

Francois Seymore

Liezl Magson

Drukkers/Printers

Oranje Print & Packaging

Senekal

OVK Hoofkantoor/ Head Office

09 Dan Pienaar Str, Ladybrand 051 923 4500 klantediens@ovk.co.za

Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie.

VOORBLAD - bladsy 51

Appels van FLASS in die Witteberge naby Fouriesburg word hoofsaaklik vir die uitvoermark geoes. Hierdie Royal variëteit van die Early Red kultivar word in nuwe hoëdigtheid boorde aangeplant.

COVER - page 51

Apples from FLASS in the Witteberge near Fouriesburg are mainly harvested for export. This Royal variety of the Early Red cultivar is planted in new high density orchards.

The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements.

Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word.

Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor.

Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld. Besoek www.ovk.co.za om ‘n elektroniese weergawe van die tydskrif te lees..

The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply. Visit www.ovk.co.za to read an electronic version of the magazine.

March 2023 | OVK NEWS 1
08
16
van
direkteure 30 Topverskaffers oor die jare 32 Oud-raadslid kyk terug oor die jare 34 Toppresteerders - Wesstreek 34 Direksie, hoofbestuur en Bestuurskomitee in beeld 39 Toppresteerders 2020 en 2021 44 Toppresteerders - Suidstreek 46 OVK se verbintenis met skole op die platteland 48 MC Fourie onthou 50 Toppresteerders - Sentraalstreek OVK Nuus Maart/OVK News March 52 Boere sorg vir alternatiewe weens beurtkrag 56 Appels is belangrike uitvoerproduk 62 ‘n Goeie selfbeeld vir my kind 68 The holistic approach 72 Op die vrou af 76 Die OVK 30 jaar tydlyn 44 60
6 Boodskap van die Besturende Direkteur 8 OVK beleef 30 jaar van ongelooflike groei 14 Toppresteerders - Noordstreek
Uit die pen
die

God is sorgend teenwoordig tydens onseker tye

Psalm 46 is die psalm wat ons help tydens tye van groot onsekerheid. Dertig jaar gelede, tydens die gesprekke rondom amalgamasie van die onderskeie koöperasies, was daar baie verontrustende onsekerheid in die dorp en onder die baie werknemers van die destydse Ladybrand Koöperasie. Almal het geweet dat as die hoofkantoor sou skuif, die dorp geweldig benadeel sou word en daarmee saam die kerk, skole en besighede. Mense kon hulle werk verloor. Almal was bedreig. Psalm 46 het my gehelp en ek het dit gebruik om ander weer te probeer kalmeer.

“God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see ….”

God is vir ons ’n toevlug

l Selfs al gebeur daardie dinge wat ons vrees en wat ons hoop nie gaan gebeur nie. Selfs al word daardie slegste scenario bewaarheid, is God steeds daar om ons te help.

Die vraag kan ontstaan of ek goed genoeg is om deur God gehelp te word as dinge so onseker om my raak, want ek is beslis nie die beste of voorbeeldigste Christen nie. Ek het al baie foute gemaak.

Goeie nuus - twee maal, in vers 8 en 12, word die volgende woorde herhaal: “Die Here, die Almagtige is by ons, die God van Jakob is vir ons ’n beskutting.” In die Bybel kry ons tradisies wat deur die hele Bybel loop. Ons lees van die God van Abraham, wat dan verwys na die geloofsheld.

Ons lees van die God van Abraham, Isak en Jakob, wat verwys na God wat getrou bly deur geslagte heen. Wanneer ons lees van die God van Jakob, verwys dit na die God wat gebroke en selfs sondige mense nie weggooi nie. Ons ken almal die geskiedenis van Jakob. God bly dus getrou, selfs deur ons foute heen. Wanneer dinge onseker om my raak, hoef ek nie in die eerste plek te probeer ontleed of ek kwalifiseer vir God se hulp nie. God is so wonderlik dat Hy selfs die Jakobs van die lewe help.

As ons vandag terugkyk, is daar nie meer onsekerheid nie, maar eerder groot dankbaarheid. Die hele proses het beslis gelei tot groter sekerheid en voordeel vir die meeste rolspelers. God was inderdaad getrou en teenwoordig. Ons kan saamsing met die psalmdigter oor die God wat mense in hulle nood help: “Oor die strome van die rivier is daar blydskap in die Godstad in die heilige woning van die Allerhoogste. Nasies kan raas en koninkryke wankel, maar as God Sy stem laat hoor, smelt die aarde weg.”

Is jy dalk nou ook onseker en bekommerd?

l “Bedaar en erken dat ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.”

l Ons kan terugkyk en saam jubel,“Kom kyk wat die Here gedoen het, watter ontsettende dinge Hy op die aarde tot stand bring.” Hy het ook in die “koöperasie” groot dinge tot stand gebring.

Die situasie in ons land en dalk ook in jou eie lewe lei tot groot onsekerheid. Dit is wonderlik om te weet dat God altyd deel van die groot Sekerheid is, selfs al gebeur dinge waarvoor ons vreeslik bang is. Vrede vir julle.

2 OVK NUUS | Maart 2023
Dr Danie Kleynhans, NG Moedergemeente, Ladybrand

Oor die Grensdraad

’n Mens wonder hoeveel kan verander in 30 jaar? In die wêreld het dinge nogal drasties verander met Suid-Afrika wat van apartheid na demokrasie beweeg het en in 1994 sy eerste demokratiese verkiesing gehou het. Daar was die 9/11 aanval in 2001 op Amerika en die gevolglike Iraken Afghanistanoorloë. Daar was Bush, Obama, Trump en Biden.

Europa word oorval deur vlugtelinge van Noord-Afrika en meer onlangs is daar die Rusland-Oekraïne konflik wat ’n direkte invloed op ons daaglikse lewe het. Benewens die humanitêre tragedie en verlies aan lewens, word die wêreld ook beïnvloed deur beperkings op koring- en mielieuitvoere en ’n tekort aan stikstof, wat insetkoste vir die boere verhoog.

Die uitvoere van ons steenkool na Europa, wat energietekorte moet aanvul nadat Rusland se gastoevoer afgesluit is, veroorsaak dat ons land self ’n tekort aan kwaliteit steenkool het, wat ’n groot bydrae lewer tot ons tekort aan kragopwekking en beurtkrag.

Gedurende die afgelope 30 jaar het Suid-Afrika se infrastruktuur so agteruitgegaan weens die feit dat geen onderhoud gedoen is nie, dat dit feitlik in alle munisipaliteite in duie stort. Die platteland word die ergste getref en daarom is die betrokkenheid van maatskappye soos OVK van kritieke belang vir die behoud van die platteland.

Die pilare waarop OVK sy ontstaan gekry het, is meer as ’n 100 jaar oud en het ’n grondslag van stabiliteit en groei geskep. Vanjaar vier ons 30 jaar as onderneming sedert die amalgamasies plaasgevind het en Oos-Vrystaat Kaap Koöperasie die lig gesien het. Soveel stories kan vertel word en soveel dinge het in die afgelope drie dekades gebeur dat ons hierdie uitgawe van OVK Nuus gedeeltelik wy aan mense wat hul ondervindings sedert 1993 met ons deel.

Die direkteure het elk ’n bydrae gelewer oor hul ervarings binne en buite die raadsaal en ons kyk na die ongelooflike groei wat OVK oor die drie dekades behaal het deur ’n strategie van diversifikasie te volg.

Vir hierdie uitgawe van OVK Nuus het ons met een van ons grootste besproeiingsboere gaan gesels oor beurtkrag en wat hulle doen om hul oeste te red. Fase 6 beurtkrag veroorsaak dat die gewasse nie eens die helfte van die watertoediening ontvang wat hulle benodig nie. Daar is nie tyd om te veel te wonder oor wat om te doen nie, die tyd loop vinnig uit, wat ’n misoes – en die einde –kan beteken!

’n Vertakking wat begin is om tydelike kontantvloeiprobleme vir skaapboere tussen Januarie en April op te los, het ontwikkel in een van die Vrystaat se belangrikste appelplase wat 70% van hul oes na die buiteland uitvoer. FLASS Appels, wat in die skilderagtige valleie van die Witteberge geleë is, groei jaarliks en hulle het onlangs hul pakhuis, wat meer as 13 ton appels per uur kan sorteer en verpak, vergroot.

Grazing management is one of the most significant management factors within the livestock farmer’s control. JoAnne Bester, an OVK Regional Manager – Fibre, writes that while we are generally well aware of the effects that grazing management plays in animal production as well as plant health, we tend to overlook the effect that it has on soil health.

Igna Kotze kyk na die selfbeeld van kinders en die belangrikheid daarvan en Christel Basson het in Op die Vrou Af met ’n pionier van die beeskruising tussen die Afrikaner en Angus bees, die Afrigus, gaan gesels. Ons vertrou hierdie ietwat ongewone uitgawe sal genoeg genotvolle leesmateriaal verskaf met bydraes oor die verlede en die hede, terwyl die toerusting op die plaas gereed gekry word vir oestyd.

Dertig jaar het in ’n oogwink verbygevlieg en baie van ons boere was destyds pas gebore of nog nie eens gebore nie. Hul ouers is naby aftrede - familiebesighede werk tans aan ’n opvolgstrategie en dit is tyd vir die nuwe geslag. Die volgende 30 jaar gaan beslis sy uitdagings bied, maar gaan vir seker ook sy geleenthede en hoogtepunte hê. Sterkte met strooptyd en bly op jou knieë, wees veilig en wees lief vir die om jou. Tot volgende keer.

March 2023 | OVK NEWS 3

Boodskap van die Voorsitter

Baie geluk aan elke OVK-aandeelhouer, personeellid en verskaffer wat ’n bydrae tot OVK gelewer het. 30 jaar in landbou waartydens net van krag tot krag gegaan is, spreek van inkoop, eienaarskap neem en toegewyde werk.

OVK het deur die 30 jaar ’n voorkeurvennoot van landbouers geword. Daar waar ons kliënte in die platteland is, word diens gelewer wat meebring dat kliënte aanhou om die maatskappy te ondersteun. Die behoud van ons platteland is ’n integrale komponent van OVK se aktiwiteite. Daar waar ’n handelstak, ’n kantoor of selfs net ’n personeellid OVK verteenwoordig, word ’n ekonomie geskep wat voordele vir kliënt en maatskappy teweegbring.

Ons handelstakke is in vele dorpe die kern waar handel gedryf word. Die ervaring wat beleef word as met OVK besigheid gedoen word, is van groot belang. Aandeelhouers ervaar ’n konstante styging in hul aandeelwaarde - aandele wat likied is en goeie sekuriteit vir finansiering bied. Finansiering word verskaf en bestuur deur personeel wat ’n persoonlike verhouding met kliënte het. ’n Gesegde by OVK se finansieringsafdeling afdeling is juis: “Ons kyk na die jockey wat ons finansier.” Vorentoe gaan die noue verhouding wat daar is ’n groot rol speel, aangesien finansieringsbehoeftes dramaties toeneem.

’n Landbouer sonder kwaliteit trekkers en meganisasieondersteuning sal ’n opdraande stryd voer. OVK het op die gebied tans verskaffers waarmee ’n pad gestap kan word. Ons personeel se kennis van die produkte verbeter voortdurend, omdat daar kontinuïteit is met voorraad.

Ons is in die produksiebedryf en graan is ’n kernafdeling van OVK. Strooptyd is ’n druk tyd en die ervaring van die gehalte diens tydens lewering van graan beïnvloed grootliks waar die oes gelewer sal word. Silo’s in OVK se stal word tans teen hoë kapitale kostes opgegradeer om aan te pas by hedendaagse behoeftes.

Die nuutste ontwikkelings en tempo waarteen graan gelewer word, verskil dramaties van 30 jaar gelede. Die 8-ton wa is nou ’n 30-tonner en die ouer silo’s is onder geweldige druk gedurende oestyd. Silo’s speel ’n kardinale

rol in ons bedryf. Strategies gaan silo’s ’n nog groter rol in die toekoms speel, as gevolg van die verval van infrastruktuur in ons land. Die oes kan nie in oestyd na aankopers gestuur word nie, en opberging is dus ’n gegewe.

Vee is ’n belangrike komponent om risiko te versprei en OVK se lewendehawe-afdeling is besig om ’n impak te maak op die bedryf. ’n OVK lewendehaweveiling is ’n professionele aanbieding wat seepglad verloop. Voorveilingondersteuning, keuring en bemarking lê die grondslag vir ’n suksesvolle veiling. Bekwame personeel bied hier ’n ervaring aan kliënte wat verseker dat hul volgende veiling weer deur OVK aangebied sal word.

Kennis, diens en goeie verhoudings met kliënte gee ook die deurslag dat veselkliënte OVK se diens verkies as dit kom by hul wol en bokhaar. Dit is ’n afdeling wat vele uitdagings oorkom het en steeds ondersteuning bied aan skaap- en bokhaarboere.

Vir die toekoms is die ervaring wat ons kinders nou met OVK het, baie belangrik. Om die jeug te betrek by boeredae, demonstrasiedae en by handelstakke, is die grondslag van die bou aan ’n nuwe generasie aandeelhouers/kliënte, met wie besigheid gedoen gaan word. Daar is ’n toekoms vir ons kinders in die land en veral in Landbou!

’n Stabiele omgewing wat ondersteuning bied aan die landbouer, is die fokus van verskeie boeredae wat OVK aanbied. Dames wat self boer en diegene wat hul eggenote ondersteun, ontvang op die vroueboeredae inligting en opleiding sodat hulle hul rol, wat onmisbaar is, kan vervul.

Die toekoms sal sy uitdagings hê. Sterk vennootskappe/verhoudings tussen OVK en sy aandeelhouers, kliënte, personeel en verskaffers gaan die deurslag gee, wat suksesvolle resultate gaan lewer.

‘’n Mooi toekoms lê voor vir OVK, gegewe dit wat ek tans ervaar. Ons geloof en vertroue is in die Skepper van die natuur waarin ons werk. Wat sal ons dan terughou?

Ps 37:3 – ‘Woon en werk rustig voort’ Baie geluk OVK!

4 OVK NUUS | Maart 2023

Boodskap van

die Besturende Direkteur

Stéfan Oberholzer

OVK het sy ontstaan meer as 100 jaar gelede gehad, te danke aan produsente wat ‘n visie van “Ons eie besigheid” gehad het en dit is presies wat OVK vandag vir sy produsente is – ‘n Boerebesigheid met ‘n Boeredireksie vir die boer op die platteland.

Vanjaar herdenk ons die OVK-naam wat 30 jaar gelede sy ontstaan gehad het en dit is ook vir my ‘n voorreg om iets oor die bykans 28 jaar wat ek deel van die reis was, te kan skryf.

Ek was bevoorreg om vir meer as 20 jaar as hoofbestuurslid die direksievergaderings te kon bywoon. Deur al die jare onder voorsitterskap van oorlede Oom Heinz Wagener, Oom Manie Botha, Gilly Scheepers en ook Chris Bender nou, was die doel nog altyd om ‘n gesonde landbou-onderneming geskoei op gesonde sakebeginsels daar te stel sodat ons die boeregemeenskap kan dien, want sonder produsente is daar ook nie ‘n OVK nie. Dit maak nie saak hoe klein ‘n tak is nie; dit is ‘n noodsaaklike diens wat ons op die platteland moet lewer. Ek was nog altyd verstom oor hoe goed die direkteure mekaar aanvul. OVK was bevoorreg om sulke puik direksies te gehad het en daar was altyd iemand wat ‘n passie op ‘n bepaalde terrein het. Direkteure wat die boeregemeenskap dien, baie keer ten koste van hulself, maak OVK baie uniek.

Ek was ook bevoorreg om betrokke te gewees het by die amalgamasies met KOLK (Karoo Oranje Landbou Koöperasie) en ook CMW (Cape Mohair and Wool). Dan was daar die oorkoop van ‘n aantal handelstakke by Senwes en verskeie nuwes wat geopen is. Sulke transaksies bied eers uitdagings en later word die mense “familie”, want dit is hoe ’n mens later sommige kollegas en kliënte ervaar.

Dit was ook vir my ‘n voorreg om beide oorlede mnre Willem van Zyl en Hardie van Niekerk, wat hoofbestuurders van OVK was, as mentors te gehad het. Dan is daar baie medekollegas tot op die laagste vlak wat nie net ‘n groot rol in ’n mens se lewe gespeel het nie, maar ook in die

OVK van vandag. Sommige is ongelukkig reeds oorlede en ’n mens wens gereeld hulle kon vandag gesien het wat hulle nagelaat het, aangesien hulle die fondament daarvoor gelê het.

Daar was baie uitdagings en dan is daar ook verkeerde besluite geneem, natuurlik nooit doelbewus nie. Die belangrikste is: Hoe maak ’n mens dit reg en beweeg dan vorentoe? Dan was daar ook baie goeie besluite wat geneem is, soos om Zeder se ± 9% belang in OVK uit te koop, aangesien die ingesteldheid van ‘n institusionele belegger en dié van ‘n produsentgedrewe instelling wesenlik verskil. ‘n Ander goeie besluit was die implementering van die lojaliteitskema waardeur verseker word dat die kliënt wat met OVK sake doen, daarvoor beloon word en sodoende ‘n groter seggenskap in die onderneming kry.

Oor die jare het ’n mens ook besef hoe bevoorreg ons is om so baie lojale kliënte te hê - mense wat ware OVKaners is. Mense wat ’n mens daarop wys as iets nie reg is nie, maar ook help planne beraam en voorstelle op die tafel sit om OVK ‘n beter plek vir sy mense (kliënte en personeel) te maak. Dankie aan u daarvoor.

Ongelukkig het ’n mens oor jare ook gesien hoe verkeerde besluite landboubesighede se einde kan beteken en dit is teleurstellend dat baie produsente-aandeelhouers nie die waarde van hul belegging in hul landbou-onderneming besef nie. In die geval van OVK is die Eie Kapitaal teen markwaarde ongeveer R2 miljard en dit behoort aan produsente-aandeelhouers!

As ’n mens vorentoe kyk, kan jy nie anders as om opgewonde te raak oor landbou as ‘n geheel nie. Ja, die uitdagings raak baie, maar ons boere het nog altyd planne gemaak en sterker anderkant uitgekom. OVK sal bly fokus op dit wat hy ken en goed kan doen, maar moet in die proses ook aanpas by tegnologiese ontwikkeling, want dit is wat die toekoms van ons gaan vereis.

Nogmaals dankie vir elke persoon se bydrae tot OVK. Weet vir seker dat Bestuur u belegging koester en daarna streef dat OVK vir ons nageslag bewaar moet word, want “Saam bereik ons meer”.

6 OVK NUUS | Maart 2023

Daar word gesê dat ‘n goeie besigheid mettertyd sy waarde sal bewys.

Dertig jaar van deurlopende sukses en verskang van uiters waardevolle versekeringsadvies en -leiding, is geen geringe prestasie nie.

Ons heg groot waarde aan sakeverhoudings en ons verbintenis met OVK en huldig julle vir jul verbondenheid tot uitmuntendheid. Ons vennootskap is op respek gebou en jul lojale ondersteuning help ons om ons leiersposisie in die versekeringsbedryf te handhaaf en het ons by ons eie mylpaal van 104 jaar gebring.

Veels geluk met jul 30ste verjaarsdag van almal by Santam.

Santam. Regte, egte versekering.

Santam is ‘n gemagtigde verskaffer van 昀nansiële dienste (VFD 3416), ‘n gelisensieerde nie-lewensversekeraar en beheermaatskappy van sy groepmaatskappye.

OVK beleef dertig jaar van ongelooflike groei

Dertig jaar is net ’n syfer. Is dit lank of is dit kort? Dit hang seker af van die konteks waarin dit gebruik word..... die 30-jarige bestaansjaar van OVK is ’n unieke mylpaal in ’n tydperk waarin soveel gebeur het en soveel mense se lewens geraak is, dat dit onmoontlik is om alles in een artikel saam te vat.

Die vroeë negentigs het baie onsekerheid vir die werknemers van Ficksburg, Clocolan en Ladybrand Koöperasies meegebring. In 1991 het die Landbank en bestuur van dié drie koöperasies vergader en die moontlikheid van amalgamasie het momentum begin kry. Teen einde 1992 het die direksies en hoofbestuur van die drie koöperasies verder onderhandel oor die samesmelting. Ficksburg en Ladybrand Koöperasies het reeds in November 1992 ingestem maar Clocolan se lede, onder druk van die Landbank, eers op 16 Februarie 1993.

Op daardie stadium was dit nog onbekend waar die hoofkantoor gesetel sou wees en die personeel was baie onseker oor die toekoms. Sou die hoofkantoor nie in Ladybrand gevestig wees nie, sou dit feitlik die einde van die dorpie beteken het. Ds Danie Kleynhans skryf in “Uit die Woord” dat selfs die kerke en talle sakeondernemings bekommerd was oor hul voortbestaan.

Die Oos-Vrystaat Koöperasie se eerste direksievergadering vind plaas op 29 Januarie 1993, twee dae nadat Clocolan se lede teen amalgamasie gestem het. Die vergadering bestaan uit verteenwoordigers van Ladybrand en Ficksburg koöperasies en Heinz Wagener word as voorsitter en Chappie Ferreira as vise-voorsitter verkies. Willem van Zyl word as hoofbestuurder van die nuwe saamgesmelte koöperasie aangestel. Die besluit waaroor baie asems opgehou is, word gemaak en die nuutopgerigte

8 OVK NUUS | Maart 2023
OVK se hoofkantoor is in Ladybrand geleë en word word in Julie 1987 deur die destydse Ladybrand Kooperasie betrek en op 26 November 1987 deur dr Kraai van Niekerk, die destydse Minister van Landbou, ingewy. Die totale koste het daardie tyd verdubbel en beloop toe net minder as R3 miljoen.

gebou in Ladybrand sou as die hoofkantoor dien. Die intreedatum sou 1 Maart 1993 wees.

Clocolan Koöperasie sluit aan nadat sy lede tot samesmelting ingestem het en op 1 Maart begin die nuwe Oos-Vrystaat Koöperasie besigheid doen. Na slegs ’n paar dae lig Willem van Zyl die nuwe direksie in dat hy deur Albert Koöperasie (geleë te Burgersdorp) genader is om te gesels oor die moontlikheid van ’n amalgamasie.

’n Paar maande later, op 25 Junie 1993, tydens ’n gesamentlike vergadering van die twee koöperasies, vind die samesmelting amptelik plaas. Die nuwe koöperasie sou bekend staan as “Oos Vrystaat Kaap Beperk”. In 1999 is die koöperasie omgeskakel in ’n bedryfsmaatskappy bekend as Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk met Oos Vrystaat Kaap Beherend Eiendoms Beperk as beherende maatskappy.

Die amalgamasie van die drie koöperasies was ’n spanningsvolle tyd vir die personeel. Tussen die drie koöperasies was daar 1 200 personeellede en moes

die getal na omtrent 700 gesny word. Pakkette is aangebied en ander is weer afgelê of hul ou of nuwe poste aangebied – ’n onsekere situasie wat maar altyd met samesmeltings gepaard gaan.

In 2002 het OVK ’n 34% aandeel in Cape Mohair and Wool (CMW) verkry en sy verbintenis met die wolen bokhaarboere het begin. Dit het OVK se gebied landswyd uitgebrei met die groot hanteringsfasiliteit in PE van meer as 8 hektaar onderdak wat reeds in 1993 daar gebou is. In November 2013 het OVK volle aandeelhouding in CMW bekom.

Oos Vrystaat Kaap Bedryf Beperk het op 1 Julie 2004 sy bedieningsgebied verder vergroot deur die samesmelting met die Karoo Oranje Landboukoöperasie Beperk wat op Hopetown gevestig was. Net voor die samesmelting het OVK se personeelkorps op 667 gestaan. Die streekkantoorkonsep het reeds in 1993 bestaan met streekskantore in Ficksburg en Burgersdorp en toe in 2004 in Hopetown.

OVK se groei oor die 30 jaar kan op verskeie vlakke geïllustreer word, maar een interessante syfer is die toename in permanente personeelgetalle. Van die 667 in 2004 het die korps gegroei na 1 635 in 2013 en na 1 660 in 2023. Opleiding speel ’n belangrike rol en OVK het vanaf 2010 tot 2022 sowat R44,13 miljoen gespandeer om 22 183 personeellede in verskeie rigtings, insluitend nasionale diplomas, op te lei.

Handelstakke speel ’n groot rol in dorpies op die platteland en is soms die enigste voorsiener van brandstof, landbou- en huishoudelikeprodukte. Na die amalgamasies in 1993 (voor die amalgamasie met Albert) het OVK nege handelstakke bedryf met ’n omset van R36,7 miljoen vir die 1993/94 jaar.Ek het ’n staaltjie gehoor dat in die eerste jaar die takke op maandeindes met hul geld bank toe moes hardloop voor toemaaktyd, anders was daar nie genoeg fondse om salarisse te betaal nie.

Die handelstakke het geweldig toegeneem en in 2003 was daar 32 takke. In die jaar 2002/3 het hul omset met meer as 911% gestyg na R364,6 miljoen teenoor 10 jaar te-

March 2023 | OVK NEWS 9
Heinz Wagner was Voorsitter van OVK se direksie vanaf 1993 tot 2004 Willem van Zyl was Besturende Direkteur van OVK vanaf 1993 tot 2002

vore. Die takke vermeerder tot 48 in 2013 en die omset styg verby die R1 miljard merk tot R1,57 miljard vir die 2012/13 jaar. Addisionele takke word nog steeds jaarliks op die platteland geopen, ter ondersteuning van die boeregemeenskap en dorpsinwoners. In 2023 sal daar altesaam 56 handelstakke in die Vrystaat, Oos- en Noord-Kaap en Noordwes wees. Die handelstakke se omset vir die 2021/22 finansiële jaar het tot ’n ongelooflike R4,05 miljard gestyg en dra bykans 70% tot daardie jaar se totale omset van die OVK-groep by.

Die produsente se behoefte aan finansiering dui op die groei in produksie en bates. Kliëntegetalle het ook toegeneem oor die laaste 30 jaar. Kliëntefinansiering het in Februarie 1994 lenings van R88,6 miljoen aan produsente toegestaan. Hierdie syfer het toegeneem na R172,9 miljoen in 2003 en met ’n reusesprong na R864,6 miljoen in 2013. Die laaste tien jaar het ondermeer geweldige tegnologiese ontwikkeling meegebring en produsente se lenings het tot ’n rekord R3 miljard in 2023 toegeneem, om saam met tegnologie te groei!

Die omset kan die beste verduidelik hoe ‘n saamgesmelte landboukoöperasie na ‘n groot gediversifiseerde koöperatiewe maatskappy gegroei het. Die totale omset vir die eerste jaar was einde Februarie 1994, R331, 4 miljoen wat in die volgende tien jaar na R835, 7 miljoen gegroei het vir die 2003 finansiële jaar. Voor OVK 100% belang in CMW bekom het, het die omset in 2013 vir die jaar gegroei na R2,3 miljard. Die diversifikasie van OVK het veral in die laaste jare momentum gekry en dit word weerspieël in die verhoging van 386% in die omvang van besigheid gedoen tot R11,19 miljard vir die 2022 finansiële jaar!

Graan vorm een van die hoekstene van OVK as landboumaatskappy en met die 8 silos wat die koöperasie in 1993 begin het volgens die inligting in die argiewe wat gevind kon word, is 66,2 duisend ton se graan in 1995/96 hanteer. In die volgende paar jaar het die hoeveelheid graan gegroei na 166,2 duisend ton vir 2002/03. Die volgende 10 jaar het die silo vloot vergroot na 11 wat die hantering van graan na 391,9 duisend ton verhoog het. Tans bedien 18 silos die produsente wat ‘n totaal van 581,7 duisend ton vir 2022/23 hanteer het. Die vergroting van die bedieningsgebied, silo’s en kliënte oor die dertig jaar het OVK se graanhantering (wat alle graan insluit) met ‘n ongelooflike 778% laat groei!

Die direksie van die nuwe Oos Vrystaat Kaap Koöperasie Beperk nooi belangstellendes in 1993 uit om ‘n logo te ontwerp wat die samestelling en karakter van die nuwe koöperasie uitbeeld teen ‘n vergoeding van R1 000. Die ontwerp van Johan Lotz van Marquard, met die vier are wat die aanvanklike vier koöperasies simboliseer, is gekies en word vandag met sekere aanpassings gebruik. Die aangepaste logo het vandag ses are om ook CMW en KOLK in die eenheid te reflekteer.

Daar was ’n paar mylpale wat oor die 30 jaar bereik is. In 2014 is ’n ultramoderne koringmeule in Clocolan in produksie gestel maar dit is weens ‘n afname in produksie in September 2020 gesluit. OVK het die agentskap van die bekende handelsmerk, Massey Ferguson, ook in daardie jaar verkry en die meganisasietak in Bethlehem is geopen. ’n Jaar tevore is die Claas-agentskap verkry en is die Meganisasie-afdeling se hand versterk om bekende internasionale handelsmerke te bemark. Trekkers word ingevoer en interessantheidshalwe kan gemeld word dat die ZAR/Dollar wisselkoers op 1 Maart 1993 R3,15 was maar intussen met 452% verswak het na R17,41 op 31 Januarie 2023. Dit het natuurlik ’n geweldige invloed op hedendaagse pryse van ingevoerde toerusting. Gariep Abattoir, met die kapasiteit

10 OVK NUUS | Maart 2023
Manie Botha was Voorsitter van OVK se direksie vanaf 2005 tot 2015 Hardie van Niekerk was Besturende Direkteur van OVK vanaf 2002 tot 2013

om 1100 skape en 100 beeste per dag te verwerk, is in 2004 in Strydenburg vanaf KOLK bekom. Weens beperkte getalle en kragtoevoertekorte en die gevolglike gebruik van kragopwekkers kon die abattoir nie meer winsgewend bedryf word nie en is dit in September 2022 finaal gesluit.

Die oorname van CMW in 2014 het ook sy uitdagings meegebring, soos die uitbreek van slenkdalkoors en bek-en-klouseer wat die staking van uitvoere veroorsaak het. China bly nog steeds die grootste verbruikers van ons wol en 70% word daarheen uitgevoer. Onlangs is verskillende sertifiseringstandaarde vir wol- en bokhaarproduksie internasionaal in werking gestel en kry produsente vandag ’n premie vir sertifisering.

Die val in die wolprys het in 2020 met meer as 50% gedaal en het ‘n kontantvloei nagmerrie vir vesel produsente veroorsaak. Die laagste prys vir skoonwol van R118.58 is in September 2020 betaal nadat die hoogste prys van R253.83 per kilogram skoonwol in die 2021/22 seisoen behaal is. Die val in wolprys het veral kapitale besteding beïnvloed en boere, waar die wolinkomste soveel as 40% van hul inkomste uitmaak, moes ondersteuning kry. Daarby gepaard het die droogte in sekere dele van die land, soos in die Noord- en Oos-Kaap voortgeduur en kuddegetalle is drasties gesny om oorlewing te bewerkstellig. Intussen het die prys vir RWS wol na R196, 45 gestyg en wil voorkom of dit in ‘n stygende fase is. Die hoogste prys vir ‘n kilogram bokhaar was R970 wat in September 2021 behaal is

Die hoogste wol- en bokhaarlewering was in die 2016/17 seisoen en 14,7 miljoen ton wol en 2 miljoen ton bokhaar is hanteer. Die 2018/19 seisoen met die siektes en droogtes was ook die jaar wat die laagste produksie opgelewer het. Wol het met meer as 11% en bokhaar met 22% gedaal. Wol het weer na normale vlakke teruggekeer maar bokhaar wys ’n konstante jaarlikse daling van bykans 18% jaar op jaar oor die afgelope vyf jaar!

OVK het die hanteringsfasiliteite in Port Elizabeth vanaf 2014 opgradeer en meeste prosesse is geoutomatiseer. ‘n Oorhoofse vurkhyser wat 6 bale op ‘n slag kan hanteer laai trokke af en ‘n hoëdigtheid persmasjien is vanaf Australië ingevoer om bale te pers en sodoende spasiegebruik te beperk en te help om die uitvoerproses te optimaliseer. Die waardering van wol en bokhaar word vandag elektronies gedoen en is die proses papierloos en vinniger. Sedert 2014 boekjaar tot huidig is 137 449 212 kg wol deur OVK hanteer, asook 15 258 081 kg bokhaar.

Twee negatiewe faktore wat oor die afgelope aantal jare die grootste negatiewe invloed op OVK se besigheid gehad het, is die agteruitgang van infras-

truktuur (paai, Eskom ens.) en wetteloosheid. Beurtkrag, alhoewel baie minder as nou het alreeds in 2007 begin. Die Covid-19 pandemie het ook ‘n groot effek op Suid-Afrika en sy mense gehad. Vlak 5 het die land in ’n totale grendeltydperk van 26 Maart tot 30 April 2020 geplaas en die beperkings van die verskillende vlakke is geleidelik opgehef tot 23 Junie 2022, toe alle regulasies soos die dra van maskers beëindig is.

Landbou was vrygestel van baie van die beperkinge en regulasies en die handelstakke kon dus voortgaan om diens aan die produsente te lewer. Beweging was beperk en personeel moes met permitte van een dorp na ’n ander ry. Daar was ook verwag dat die meeste kantoorpersoneel van hul huise af moes werk. Dit was ’n baie moeilike tyd vir bestuur om enersyds die belang en veiligheid van die personeel te be-

March 2023 | OVK NEWS 11
Gilly Scheepers is Voorsitter van OVK se direksie vanaf 2015 tot 2019. Stéfan Oberholzer is die Besturende Direkteur van OVK vanaf 2013. Chris Bender is Voorsitter van OVK se direksie vanaf 2019.

skerm, maar andersyds te sorg dat diens steeds aan die kliënte verskaf word. Die tydperk het met baie onsekerheid en onveiligheid gepaard gegaan en die inperking het geweldige emosionele stremming op mense geplaas.

Beurtkrag kos ondernemings miljarde rande en die landbousektor is nie uitgesluit nie. Hernubare kragopwekking en kragopwekkers word teen hoë koste op plase geïnstalleer net om hulself van krag te verseker en hul produkte te beskerm. In 1993 was daar nie eers ’n gedagte aan beurtkrag nie. Slegs 14 jaar later, in 2007, word Suid-Afrika vir die eerste keer aan beurtkrag blootgestel. Vanaf 2014 word beurtkrag deel van ons lewe en op 9 Desember 2019 word fase 6 vir die eerste keer ingestel.

Vanaf 2018 verswak die vermoë van Eskom om krag te voorsien en in daardie jaar is 124 uur se beurtkrag toegepas. Vier jaar later, in 2022, word besighede en huishoudings van ’n ongelooflike 1 949 uur of 81,2 dae se elektrisiteit ontneem. Die toekoms is maar uiters onseker en skedules vir fase 9 word tans saamgestel.

Die vraag na hernubare energie op plase het geweldig toegeneem en om deel van die oplossing vir sy kliënte te wees, het OVK verlede jaar ’n 60% aandeelhouding in Olivia Energy Solutions bekom. Die maatskappy spesialiseer in sonkrag en kan veral veeboere help om totaal onafhanklik van Eskom te word.

Positiewe nuus is dat OVK verlede jaar ’n groot belegging in drie van sy silo’s gemaak het om beter berging en hantering aan die produsent te bied. Daar was ’n groot behoefte onder die produsente van die omgewing vir groter graanhanteringskapasiteit by die Marseilles silo en derhalwe is drie buise opgerig wat die silokapasiteit met 19 500 ton na ’n totaal van 37 000 ton verhoog het. ’n Tweede skaal is ook geïnstalleer om die vloei van verkeer te vergemaklik en die graan vinniger te ontvang.

Nog twee van OVK se silo’s, Modderpoort en Rietrivier, is ook opgegradeer om voorsiening te maak vir verhoogde graanproduksie deur produsente. Die vinnige hantering van ontvangste is ’n prioriteit en ’n diens wat OVK konstant poog om te verbeter.

Wat sal die 30ste bestaansjaar wees sonder die gewone politieke retoriek?

Grondhervorming bly ’n politieke speelbal en van die ekstreme linkse partye het al daartoe oorgegaan om hul ondersteuners op te sweep om onwettige grondbesettings te organiseer. Grondeienaars sukkel dan vir maande of selfs jare om die onwettige besetters van hul grond te verwyder, daar waar die gereg nie dadelik opgetree het nie.

Die voorgestelde wetsontwerp van Onteiening sonder Vergoeding is nog baie lewendig en ten spyte van plaaslike en internasionale kritiek en besware, wil die regering dit nog steeds implementeer. Kapitaalbesteding en investering word direk geraak en dit maak die toekoms van landbou, veral vir die nuwe geslag boere, baie onseker.

Misdaad, veediefstal en plaasmoorde is te gereeld voorbladnuus en die onvermoë van die regering en polisie om landelike gemeenskappe te beskerm, is ’n groot bron van kommer. Belangegroepe poog om baie druk op die regering te plaas om die veiligheid van landbouers en hul werkers te erken en ’n prioriteit te maak.

Die klimaat is een van die faktore waaroor daar geen beheer is nie en dit het ook ’n groot invloed op die landbou gehad gedurende die afgelope 30 jaar. Die meeste boere kon hierdie seisoene oorleef, terwyl ander weer hul grond verloor het. Ongekende droogtes soos in 1992, 2016 en 2018 het landbou feitlik op sy knieë gehad. Oormatige reën soos in 2022 beleef is, het net soveel skade aan gewasse aangerig en gevolglik is ondergemiddelde oeste behaal.

Die land het oormatige reën in die laaste paar maande ontvang, maar weerkundiges voorspel dat El Niño verantwoordelik gaan wees vir ’n droogte teen die einde van die jaar. Die laaste keer wat El Niño ’n droogte veroorsaak het, was in 2015 en toe het mielieproduksie met 3 miljoen ton gedaal. Landbouers moes die afgelope paar jaar droogtes, oorstromings en ongunstige weersomstandighede soos hael en sneeu trotseer.

Die 30 jaar het sonder twyfel sy soet en suur met ons gedeel. Die hoogtepunte sal altyd onthou word en as inspirasie dien vir die volgende 30 jaar. Landbou is ’n lewensnoodsaaklike sakesektor waarvan die belangrikste rol is om verantwoordelikheid vir voedselsekerheid te aanvaar. Ten spyte van stygende insetkoste, onsekere kragvoorsiening en onvoorspelbare klimaat, bly dit ’n voorreg om in landbou te wees en dit te bewaar vir die nageslag vir die volgende 30 jaar!

12 OVK NUUS | Maart 2023

Toppresteerders: OVK Noordstreek

2016 - 2022

Die Toppresteerdersfunksie vir die Noordstreek word gewoonlik jaarliks in Ladybrand aangebied. Tydens dié spoggeleentheid word toekennings aan kliente gemaak wat gedurende daardie jaar uitsonderlik presteer het. In 2019 is die funksie tydens die 100 jaar feesvieringe in Bloemfontein aangebied. In 2020 en 2021 het dit weens Covid-19 nie plaasgevind nie en is in 2022 hervat.

Bloukruin Landgoed is nog elke jaar sedert 2016 (behalwe 2020 en 2021) as die wenner van die Noordstreek aangewys. Hierdie foto is in 2018 in

Die eeufeesvieringe van OVK het ‘n

14 OVK NUUS | Maart 2023
Ladybrand geneem en ontvang Gilly Scheepers, die toekenning van Stéfan Oberholzer, met sy kinders JZ, Frieda en Harrison. 2018 2017 hoogtepunt bereik met die Toppresteerders glansfunksie wat in 2019 by die Monte Bello Estate in Bloemfontein gehou is. Chris Bender, direksievoorsitter van die OVK Groep vanaf 2019 spreek die gehoor toe tydens die 2022 oorhandigings in Ladybrand. Die funksie in Ladybrand is in 2022 ook deur Stephan en Elizma Nel, Vanessa en Wynand Fourie en Carli en Nant Yzel bygewoon . 2022 2019 2022

Uit die pen van die direkteure....

Almal ken seker die ou Afrikaanse sêding: “’n Dorp kan nie voortbestaan sonder ’n kerk of ’n goeie skool nie.” In die lig van ons huidige politieke klimaat, wil ek egter ’n derde belangrike komponent byvoeg en dit is ’n Koöperasie. ‘n Koöperasie is noodsaaklik om die toekomstige voortbestaan van dorpe en boere te verseker, aangesien die huidige regering nie meer in klein dorpies investeer nie.

OVK word deur boere besit en bedryf en beskik oor ’n boeredireksie. Ek glo die direksie is van kardinale belang vir gesonde ontwikkeling en beskerming van die maatskappy.

Die bestuur se primêre doel is om die maatskappy so winsgewend moontlik te maak, maar dit kan daartoe lei dat ’n boere-maatskappy ontaard in ’n openbare maatskappy, waar die boere-aandeelhouers nie meer ’n belang het nie en waar hul belange nie beskerm word nie.

Die direkteur se verantwoordelikheid en plig is juis om die belange van die boere te beskerm. Die direksie se primêre doel is om te verseker dat boerebelange bevoordeel word en daarop te let dat uitbreidingsgeleenthede geskoei word op ondernemings wat boere direk en indirek bevoordeel.

Ek glo dat koöperateur-wees in landbou die enigste pad vorentoe is, want dit skep die geleentheid om kollektief te beding.

Ek is trots om te sien hoe OVK die afgelope paar jaar gegroei het tot die suksesvolste nog in sy bestaan. Elke werknemer, elke bestuurslid en ons as boere, kon iets van onsself gee om hierdie sukses teweeg te bring.

Die afgelope paar jaar was ongetwyfeld van die mees uitdagende in ons land, maar ook in die wêreld: polities en ekonomies. Ander negatiewe faktore was Covid-19, oorloë, natuurrampe soos die geweldige droogte en natuurlik ESKOM. Tog het OVK en sy boere al meer winsgewend geword in hierdie tye en ek skryf dit direk toe aan

die maatskappy en sy boere se positiewe houding en mentaliteit van nooit tou opgooi nie.

My oupa was ’n direkteur van VKB, asook my pa, wat ook gedien het as voorsitter van VKB. Ons glo daaraan om die gemeenskap te dien en daarom het ek ook betrokke geraak by OVK, as produsent in die Prieska- en Villiersomgewing en later as direkteur. My pa was van mening dat hy baie ontvang het en graag wil teruggee en ek deel in hierdie sentiment van hom.

Ek glo dat om deel te wees van die direksie van OVK en strategiese leiding te neem met ’n span gefokusde, innoverende boere wat ’n direkte belang by OVK het, van onskatbare waarde is vir elkeen van ons gemeenskappe en die omgewings waar ons boer.

OVK is uiters divers, met produsente en kliënte wat strek oor ‘n groot geografiese gebied van Suid-Afrika. OVK bied werklik ’n omvattende oplossing aan die landbouer en ons plattelandse gemeenskappe. Die direksie en bestuur van OVK sal poog om met ’n positiewe uitkyk en volgehoue soeke na verandering en verbetering uit te brei, te innoveer en potensiële groei na te streef.

Talle plattelandse instansies en geleenthede word deur OVK-borgskappe, bystand en werkskepping bygestaan. OVK het talle kenners op veelvuldige gebiede binne die landbouraamwerk wat met hul kennis en ondervinding ondersteuning bied aan boereverenigings en skole, en aanbiedings doen by universiteite en instellings soos bv. Onderstepoort.

Die nalatenskap van OVK oor die volgende dertig jaar moet spreek van die doelgerigte, positiewe bydraes wat ons vandag maak vir voortgesette, suksesvolle boerdery in Suid-Afrka. Ek glo in OVK en glo ons kan met reg trots wees op dit wat OVK aan ons produsente en kliente in die platteland bied.

Ek bly baie positief oor landbou en glo dat met volgehoue harde werk en ’n goeie sin vir humor, die geleenthede vir boere legio is in hierdie pragtige, sonnige, uitdagende land van ons!

16 OVK NUUS | Maart 2023
Franz Terblanche (Vise-Voorstitter) - Wyk 11 Britstown, Hopetown-Suid, Prieska & Strydenburg

As ek aan my kinderjare dink, is OVK deel daarvan. Ek het saam met die trekkers en lorries gegaan om graan te lewer by die silo’s en saam met my pa koöperasie toe gegaan om plaasbenodigdhede en dalk ’n koeldrank ook te koop. Ek was in my tienerjare toe my pa op die OVK direksie gedien het en het self nie geweet wat ’n mens daar doen nie, maar vandag kan ek sien aan watter groot onderneming hulle gebou het.

In ons eie boerdery het OVK tot nou ’n groot rol gespeel, wat ek glo in die toekoms nog gaan toeneem. Hul be-

drywighede strek oor afdelings soos handel, finansiering, graan, motors, kunsmis, versekering, ens. Ek kan eintlik nie voorsien hoe ons sonder OVK sal funksioneer nie. Ons boerdery het saam met ’n paar mede-boere en OVK die kunsmisaanleg op Bethlehem begin.

Vanaf die dag wat die aanleg met produksie begin het, kon ons almal pasmaakmengsels op ons voorstoep kry en die marges van mededingers het skielik begin verlaag. Vir die boer wat nie eers by die aanleg koop nie, was daar dus ook ’n groot voordeel. Dit wys net weer watter impak OVK op die platteland het en ons boedery is trotse OVKaners.

Ek is nou vier jaar lank op die direksie en dit was van dag een af vir my ’n groot voorreg en uitdaging om my taak te kan vervul. Toe ek my eerste direksiebundel kry, het ek eers begin besef watter groot en suksesvolle boerebesigheid OVK is. Om die OVK Nuus te lees of om die Jaarverslag deur te gaan, het my ’n oorsig gegee oor wat in OVK gebeur, maar om te sien watter werk en toewyding nodig is om die massiewe besigheid volhoubaar te laat voortbestaan, is indrukwekkend. Elke direkteur en hoofbestuurslid bring sy eie unieke denkwyse na die tafel toe en dit is voorwaar ’n voorreg om deel daarvan te kan wees. Met besluite wat deur die direksie geneem word, word die boere (kliënte), aandeelhouers en personeel in ag geneem. Ek glo en hoop dit sal vir altyd so bly.

Vele handelsbanke, koöperasies en ander besighede het hul takke op klein dorpies toegemaak, maar nie OVK nie. OVK het nog altyd die volhoubaarheid en voortbestaan van die platteland en sy inwoners vooropgestel - die hoofkantoor in Ladybrand en al die plattelandse handelstakke bewys dit. My droom vir OVK is dat ons sal groei in ons kernbesigheid, met ander woorde boerebesigheid, en sal aanhou om boere te help om volhoubaar op die platteland te kan boer. Ek hoop dat elke persoon wat hierdie woorde lees, ook die waardering wat ek binne my het, vir OVK, ervaar.

18 OVK NUUS | Maart 2023
Uit die pen van die direkteure.....
Johan Scheepers - Wyk 1 Arlington, Bethlehem, Fouriesburg, Paul Roux & Steynsrus

Uit die pen van die direkteure.....

As ek reg onthou, was dit in Oktober 2014 toe ek vir die eerste keer in OVK se raadsaal in Ladybrand op ’n stoel gaan sit het. Oom Manie Botha was destyds die voorsitter van die direksie.

My eerste ervaring in die vergadering was: “Ek is ’n baie klein vissie in ’n baie groot see.” Die orde en presiesheid waarmee die vergadering gehou was, asook die insae in aangeleenthede en debatte wat gevoer was tydens die vergaderings, het die kleinvissiegevoel net verder beklemtoon.

Wat my ongelooflik beïndruk het, was hoe die hoofbestuur en boeredirekteure saam kon redeneer oor elke saak van OVK, hoe rigtinggewende sake in diepte bespreek kon word en hoe besluite elke keer eenparig geneem is. Nooit is oor ’n besluit rakende OVK gestem in die direksie nie - as daar nie eenheid was nie, is die voorstel afgekeur en klaar. Vurige debatte en redenasies is gevoer, maar altyd oor die saak en nie die persoon nie.

OVK is ’n groot landbouonderneming en bedien ’n groot deel van Suid Afrika se boere - dit het ek gou besef en dan moet ek natuurlik erken dat ek steeds nog baie van OVK se diverse besigheid leer.

My indruk van OVK is dat dit ten eerste ’n diep Christelike waarde in sy totale besigheid weerspieël en dit vervul my met vrede en vreugde.

OVK is ’n onderneming wat deur boere besit word en al 11 direkteure is boere wat deur medeboere van hulle onderskeie distrikte verkies is.

OVK is ’n maatskappy wat dit reggekry het om suksesvol besigheid te kan bedryf in die klein plattelandse dorpies en is in baie dorpies die enigste winkel met ’n vulstasie. OVK word bedryf deur meer as 1800 personeellede, van wie 95% wonings in ons klein dorpies het en op die wyse ook ’n reuse impak op die platteland het.

OVK is ook ’n landbouonderneming wat ongelooflik baie doen, onder meer ten opsigte van borgskappe en dienste aan skole, boereverenigings, sportklubs, ouetehuise en skoue, asook verskeie motiverings- en landbouinligtingsdae.

Die werksetiek in OVK is indrukwekkend en dit het sy oorsprong by Stéfan Oberholzer en sy hele hoofbestuur en bestuurskomitee. Ek kan u verseker dat elke detail in die groot onderneming noukeurig bestuur word. Die bestuurders is ’n span waarop ons trots kan wees. Ten spyte van harde werk, bly hulle almal se deure oop vir elkeen van ons as boere en vriende.

Ek het definitief nie al die personeel van OVK in die afgelope 9 jaar ontmoet nie, maar diegene met wie ek wel kennis gemaak het, is “ons dam se ganse “. OVK het ongelooflike personeel wat die ruggraat van die onderneming is.

Ten slotte wil ek OVK gelukwens met 30 jaar as OVK, maar met ’n geskiedenis van meer as ’n 100 jaar se diens aan ons landbou en landbouers in sy vroeëre vorme. Mag ons kinders se kinders ook so trots wees op OVK soos wat ek vandag is.

20 OVK NUUS | Maart 2023
Jacques Moll - Wyk 2 Ficksburg, Rosendal, Senekal, Ventersburg & Wesselsbron

From the pen of the directors.......

I came back to our family farm 23 years ago after many years away at school, university and working as a management consultant in Johannesburg and Australia. I aways viewed farming as a great business opportunity but also felt a huge responsibility to work hard and honour the legacies of my father, grandfather and great-grandfather who came before me. My father believed strongly in the value of his OVK shares as part of his investment portfolio and saw OVK as an important service provider and partner in his farming operation. He was also very passionate about the fact that OVK is 100% owned by farmers and that the Board of Directors are all farmers.

My experience has been very similar. The service OVK provides to its clients (mostly farmers) and its employees, the vast majority of whom live in the “platteland” cannot be measured. I have supported OVK because I believe in supporting local businesses and because OVK services my needs very well. I am a proud owner of Massey Ferguson and Fendt tractors, which compare extremely well with their competitors. OVK has been the auctioneers for the Vastrap Boran auction for the past 8 years and this event is always the highlight of our calendar. I am an active stock market investor, but my OVK shares have comfortably outperformed other assets in my portfolio over the past 20 years if you combine dividends and share price growth.

I believe that small towns and businesses can only thrive and grow through active community involvement. Over the years I have been actively involved with our local farmers’ association, sports club and Round Table. I am currently the president of the Ladybrand Sports Club; I was the chairman of Ladybrand hospice for 12 years; a director at Vrystaat Landbou for four years; and served as a councillor for 5 years. However, I am most proud of the role that I have played over the past six years as a director of OVK. One of my most rewarding projects as a director was working with the local farmers’ association to facilitate the upgrade of the Marseilles silo complex, a huge investment by OVK to meet the needs of current and future farmers in the area.

Being on the board of OVK has helped me appreciate the huge difference OVK makes to life on the “platteland”, spanning a huge area that many people don’t often appreciate. Many smaller towns exist only because of the presence of OVK, whether it’s a trading shop, silos, service centre or petrol station. Driving through the small towns in OVK districts, one is struck by the number of schools and sporting facilities sponsored by OVK. OVK is also incredibly generous with charitable donations to a wide range of causes in the areas in which it operates. The ethos of OVK is to be involved and to make a positive difference to the towns servicing farmers, which helps to draw more people back to the “platteland”.

I believe that OVK has a great future. Being 100% owned by farmers with a board of directors who are all farmers it is a company that really knows what farmers need, with an ability to deliver quality services across a vast section of South Africa. I have been blown away by the caliber of OVK directors who have served with me, both as people with integrity, but also their impressive track records as farmers. Being on the board has inspired me to think bigger and take more risks so that I can build on the De Bruyn legacy at Vastrap. I feel proud to be able to do this with OVK as a partner.

22 OVK NUUS | Maart 2023
Quentin de Bruyn - Ward 5 Bloemfontein, Brandfort, Hobhouse, Ladybrand, Marseilles, Modderpoort, Thaba Nchu, Tweespruit & Westminister

As ’n OVKaner is dit ’n groot voorreg om deel van OVK te wees, en soveel te meer om sake met OVK te doen.

Wat OVK laat uitstaan bo ander landbouondernemings, is die feit dat hul bereid is om handelstakke op die platteland te bedryf en plattelandse skole en organisasies te ondersteun. Dit is uiters belangrik vir die voortbestaan van die platteland. Die feit dat OVK 100% aan boere behoort, met ’n boeredireksie, maak ’n groot verskil omdat hulle in voeling is met dit wat op die grond aangaan. Verder ook bring die oopdeurbeleid wat van Hoofbestuur af regdeur toegepas word, mee dat elke lid te enige tyd enige persoon in ’n bestuursposisie direk kan kontak.

Die verdere voordeel om met OVK besigheid te doen, is die lojaliteitskema waarvan die fondse omgeskakel word in OVK aandele. Hierdeur kan ’n boer sy aandele vermeerder of enige tyd verkoop. Hierdie voordeel is vir my as boer vir seker ’n uitstaande rede om met OVK sake te doen.

OVK se handelstakke, wat ’n uitstekende diens bied en insette teen markverwante pryse verskaf, is vir my as boer die eerste keuse vir die aankoop van insette.

Die finansieringsafdeling speel ’n groot rol in elke boerdery en OVK het die kundiges om elke boer by te staan.

Wat OVK verder uitsonderlik maak, is hul graanafdeling met sy eie logistieke afdeling. Tans ontvang ek as boer ’n uitstekende diens en die feit dat ons graan op die plaas gelaai word, bring mee dat OVK ons eerste keuse as graanmakelaar is.

My betrokkendheid by OVK as direkteur die afgelope vyf jaar was vir my ’n leerskool van ’n onderneming wat streng binne die beleid bestuur word, maar wat ook bereid is om die geleenthede wat op hul pad kom, te gebruik. Alle lede van OVK kan met sekerheid weet dat daar baie mooi na hul besigheid omgesien word.

Die grootste bate binne OVK is hul personeel. Tans het OVK ’n fantastiese personeelkorps en is dit die hoofrede hoekom dit goed gaan met OVK.

My droom vir OVK is om volhoubaar te groei. Landbou bied groot uitdagings en ek glo dat OVK hierdie uitdagings sal oorkom en sal kan aanpas by ’n jonger generasie boere wat anders koop en anders dink. My verwagting is ook dat OVK se personeel die heel beste diens sal lewer, want dit is die enigste manier om die kompetisie te klop.

March 2023 | OVK NEWS 23
SAAM BEREIK ONS MEER. Hansie Swanepoel - Wyk 6 Bethulie, Boesmanskop, Dewetsdorp, Edenburg, Fauresmith, Reddersburg, Rouxville, Smithfield, Trompsburg, Van Stadensrus, Wepener & Zastron

From the pen of the directors.......

At OVK all the directors are farmers who come from different farming backgrounds as well as different areas across South Africa. On the board we have both big and small farmers. There are board members with loans as well as board members with money invested in the company. This composition of the directors is important as it brings balance to the decision-making process.

Only farmers may own OVK shares and trade with these shares. The great danger of “outside” shareholders is they demand a return on their investment. This can only be achieved by extracting greater profits from your members (farmers) and before long you have no farmers as customers left. Running OVK remains a balancing act - the company must make a profit while keeping the farmer on the land.

Then my favourite with outside investors: “Kom ons ontsluit die waarde van hierdie maatskappy.” What that implies is “let’s sell what we can sell, close what we cannot find a buyer for, take our money and run.” This can take 10 - 20 years, but in the end, you have an empty shell.

The fact that the shares are held by farmers has its limitations. It means there is not an endless supply of “investors’ money” to operate with. We are working with hard earned farmers’ money and must act accordingly when making decisions.

OVK focuses on providing a service to the rural community. To continue to provide this service the company needs to grow, remain relevant and be profitable. This focus on providing a service leads to an increase in the share value. This value is as a result of the focus, not the cause. When companies focus on the share value, they lose focus on the core function of the company.

At OVK we play the ball, not the man. Growing a business is like climbing stairs - one step at a time. Sometimes you take two steps forward and one step backwards. Then the guys playing the man come to the fore, focusing on the one step backwards.

If you are playing the ball, you learn from the one step backwards and move on.

Sanlam, Old Mutual and similar companies do not invest in agriculture, because of the high risk involved. This message needs to be spread to farmers. Keep your agri-business under your control to ensure you keep farming.

Only OVK has the ability to undertake major projects (grain silos, new stores) for farmers. In the past these were built with levies obtained from farmers. Many of these original silos are now owned by outside investors. OVK did not inherit a big silo network and has had to build its own network. The secret is to know where and when to build without sinking the company.

The same applies to exporting. Only big companies, with financial strength, can take on the big wide world. We as directors must be able and enabled to take informed decisions in this regard. The only certainty here is that where there is uncertainty there is money to be made. By putting systems in place, OVK can bring a measure of order for farmers.

OVK is conservatively run, financially sound and can provide financing to its members. Zero exposure to the Land Bank is a huge advantage.

This conservative approach means that many opportunities have been and will be missed. However, it also means that many opportunities for going bankrupt have also been missed.

Operating in this challenging, chaotic environment has its challenges, which I personally enjoy. However, to survive we need to outthink the powers that be.

24 OVK NUUS | Maart 2023
Claude Cloete - Ward 7 Aliwal North, Barkly-East, Burgersdorp, Dordrecht, Elliot, Indwe, Jamestown, Lady Grey, Maclear, Molteno, Queenstown, Rhodes & Ugie

Vandat ek ’n klein seuntjie was, was dit altyd baie lekker om saam met my pa na die Koöperasie op die dorp te gaan. In die 1970’s - 80’s was dit Albert Koöperasie op Cradock. Wat ek onthou, is dat jy byna enigiets daar kon koop en teen die beste prys.

Vroeg in die 1990’s het Albert Koöperasie se naam na die amalgamasie verander na OVK. Dit is hoe ek as student dit beleef en ervaar het. In 1994 toe ek kom boer het, was ek in die Cookhousedistrik en daar was nie ’n OVK-tak nie. In 2000 het ek weer in die Cradockdistrik kom boer en van dag een af was OVK deel van die besigheid. Soos wat die tyd verbygegaan het, het OVK - wat intussen ’n maatskappy geword het – ’n al groter vennoot in ons besigheid geword.

Hoewel daar oor die jare baie veranderinge by OVK was, het die meeste van die ervarings wat ek as klein seuntjie beleef het, nog steeds dieselfde gebly. Jy kon steeds byna enigiets by OVK koop of bestel en jy kon die beste prys beding. So baie dinge het verander, maar die doel van die besigheid het min verander. In 2017 toe ek tot die direksie verkies is, het ek senuagtig die eerste keer die Algemene Jaarvergadering (AJV) van OVK in 2017 bygewoon.

Die direksiebundel was oorweldigend dik en vol nuwe inligting. En was my eerste direksievergadering die dag na die AJV ’n ontnugtering! OVK was nie net die winkel op die hoek soos jy Cradock binnekom nie, maar veel groter. By die direksie moet jy baie vinnig self leer hoe die onderneming werk. Hoe meer jy leer, hoe groter die verbasing oor wat alles in OVK aangaan en gebeur.

Na 5 jaar leer ek nog op elke vergadering iets nuut, maar ek besef elke dag meer en meer wat die rol is wat OVK in die landboubedryf speel, veral op die plattelandse dorpe van ons land. Dit word weerspieël in die volgende:

l OVK is baie groter as wat ons dink;

l OVK is gediversifiseerd;

l OVK se lojaliteitskema is uniek (min aandeelhouers besef die waarde daarvan);

l OVK het sowat 1 800 personeellede in diens;

l Mense is vir OVK die hoeksteen van besigheid;

l OVK is ’n kerngesonde onderneming;

l OVK gooi nie sommer ’n aandeelhouer vir die wolwe nie;

l OVK word op Christelike beginsels bedryf;

Ek kan die lys nog baie langer maak, maar ek gaan hier stop.

Vandag is OVK ’n integrale deel van boerdery. Ek sien myself as ’n lojale OVKaner en doen slegs in noodgevalle sake met die opposisie. OVK het meer as

11 000 aandeelhouers. Stel jou voor 80% van hulle besluit om OVK hul eerstekeusevennoot te maak – dan het ons binne vyf jaar dubbeld die besigheid wat ons vandag het sonder enige uitbreidings.

Baie aandeelhouers besef nie die waarde van OVK in hul boerdery nie. Vir ons in Cradock maak dit sin om met OVK besigheid te doen.

Ja, OVK se uitdagings is legio. Met lojale aandeelhouers kan alles oorkom word en kan hierdie uitdagings in geleenthede omskep word.

LANK LEWE OVK! Dit maak finansiële sin om met OVK sake te doen. Dankie vir die geleentheid om op die direksie te dien. Lekker boer.

March 2023 | OVK NEWS 25
Freddie van Zyl -Wyk 8 Colesberg, Cradock, Graaff-Reinet, Hofmeyer, Middelburg, Mortimer, Noupoort, Somerset-Oos, Steynsburg, Tarkastad, Venterstad & Willowmore

Uit die pen van die direkteure.....

OVK is uniek vergeleke met enige ander landboumaatskappy. Onlangs was ek saam met OVK se bestuur op toer in die Suid-Kaap, en het gesien wat dit vir die produsente en kliënte beteken.

Volgens my is daar ’n verhouding met vyf kernaspekte wat OVK suskesvol maak en laat uitstaan bo enige ander landboumaatskappy. OVK het ‘n verhouding met sy produsente, maar ook met sy kliënte wat nie noodwendig produsente is nie.

OVK doen geweldig baie in die plattelandse gemeenskap deur die opening van handelstakke, waar ander landboumaatskappye nie kans sien om handelstakke oop te maak nie. OVK borg ’n groot aantal instansies en geleenthede in die platteland. Personeel is geweldig belangrik vir OVK. Laastens is die aandeelhouers iets wat OVK baie uniek maak. Jy moet ’n bona fide boer, met ander woorde ’n produsent, wees om aandeelhouer te wees. OVK behoort dus aan die boere.

Wat OVK onderskei van ander landboumaatskappye is dat OVK ‘n landboubesigheidsmodel geïmplementeer het, sonder om die korporatiewe ingesteldheid prys te gee. Dit is dus operasioneel ‘n koöperasie, maar ook ’n maatskappy.

OVK is kapitaalkragtig. Wanneer ’n geleentheid of behoefte hom voordoen, soos byvoorbeeld die uitbreiding van Marseilles silo’s of die koop van die meerderheidsaandeel in Olivia Energy Solutions, kan OVK sonder om te weifel die kapitaaluitleg maak om die voorgenoemde te doen. Dit is belangrik vir produsente om deel te wees van so ’n kapitaalkragtige maatskappy.

Die mees unieke aspek van OVK is sekerlik die lojaliteitskema, waar OVK net in die afgelope drie jaar R232 miljoen in dividende en lojaliteitskorting aan sy aandeelhouers, wat dan ook die produsente is, kon teruggee, en nie aan iemand buite landbou nie. Dit kom dus direk

Wynand du Toit - Wyk 9

Beaufort-Wes, Bredasdorp, Caledon, Calvinia, Hopefield, Laingsburg, Malmesbury, Moreesburg, Mosselbaai, Oudtshoorn, Piketberg, Porterville, Riversdal, Riviersonderend, Springbok, Sutherland, Swellendam & Worcester

terug na die die produsent, wat die volle voordeel hiervan geniet.

Die aandele het ook goeie groei getoon - 17.2% vir Beherend en 22,1% vir Bedryf die afgelope jaar. Die aandeelprys het reeds ook die afgelope paar jaar uitstekend vertoon. Die lojaliteitsvoordele wat die produsent ontvang, word na aandele omgeskakel, wat onmiddellik in kontant omgesit kan word of as sekuriteit vir finansiering kan dien.

OVK is geweldig ingestel op diens. OVK is waarskynlik die mees gediversifiseerde landboumaatskappy waarmee ekself nog te doen gehad het. Dit bied enigiets van wol tot mielies, brandstof tot kunsmis, finansiering tot versekering. Dit maak van OVK ’n besonderse maatskappy.

Die hoofbestuur en bestuurskomitee is ’n baie gefokusde span en van uitstaande gehalte. As direksie kan ons, onder leiding van ’n baie doelgerigte voorsitter, die strategiese rigting aandui. ’n Skip het ’n goeie kaptein en matrose nodig. Storms is onafwendbaar, maar ons moet by die bestemming kan uitkom. Elke bestemming moet beter wees. OVK het verlede jaar bewys dat die maatskappy nog lank nie ’n plafon bereik het nie. Ek voorspel dat hierdie jaar selfs beter resultate sal lewer as verlede jaar.

OVK se sukses is direk gekoppel aan diversiteit, en omdat dit ’n 360 grade oplossing aan die produsent bied.

Dit is ’n voorreg om deel te wees van ‘n strategie wat vrugte afwerp, wat groei stimuleer en waar ons nog opgewonde kan wees oor landbou in Suid-Afrika. OVK se span is ’n voorbeeld vir ander maatskappye omdat dit ten spyte van moeilike omstandighede steeds uitstyg, steeds groei, mekaar ondersteun, inspireer en floreer.

Geen wonder dat ons met trots oor 30 jaar kan terugkyk, en ook met opgewondenheid kan uitsien na die volgende dertig jaar wat voor ons uitstrek.

26 OVK NUUS | Maart 2023

Amper vier jaar gelede het ek in ’n raadsaal in Ladybrand ingestap, waar ek as klein vissie in ’n groot dam gegooi is en maar net moes swem. Al die direkteure was netjies uitgevat en die direksievergadering het begin - stiptelik op tyd en sonder doekies omdraai. Dit was die begin en ek was nog nie een dag spyt dat ek deel kan wees van die span nie. Van vroeg tot laat word daar aanmekaar gedebatteer en verskeie emosies ry wipplank, maar besluite word uiteindelik geneem. Ons boere is almal verskillend, met uiteenlopende agtergronde, wat die direksie uniek maak en ook balans verleen. Klein en groot besluite word geneem wat miskien nie vir almal aanvaarbaar is nie, maar in die beste belang van OVK, ons boeremaatskappy.

OVK word besit deur boereaandeelhouers met ’n boeredireksie uit verskeie wyke. Dit is die boere se besigheid! Hoe meer sake jy met OVK doen, hoe meer lojaliteitsvoordele kry jy, wat omgeskakel word na aandele wat onmiddellik verhandel kan word of as sekuriteit kan dien.

Daar is vandag groot uitdagings, maar dit gaan goed met OVK. Met ’n personeelkorps van meer as 1 800 lede wat oor die platteland versprei is, sorg OVK vir die platteland. Borgskappe aan skole, ouetehuise en landbou-organisasies word vrylik toegeken om die platteland aan die gang te hou.

OVK is betrokke by so baie in die platteland en ons as boere kan net dankbaar wees dat die platteland aan die gang bly onder die huidige omstandighede. Ek vra maar altyd wat sou gebeur indien OVK sy deure sou sluit in die platteland.

Ons as boere moet die onderneming ondersteun, al verskil OVK se pryse soms met ’n rand of twee. Die uiteinde van die saak is: Jy weet met wie jy werk en jy weet jy gaan

jou geld kry. Daar is te veel jakkalse wat ons as boere goeie pryse belowe en nie betaal nie en dan is jy mos nie beter daaraan toe nie…

OVK bestaan uit talle afdelings en hulle voorsien ook finansiering aan ’n groot aantal boere. Graan word aangekoop en aangery na die naaste silo’s of plaaslaai word gedoen. OVK se handelstakke strek oor bykans die hele land, hoofsaaklik op die platteland waar hulle naby ons boere is.

Die Massey Ferguson- en Fendt-agentskappe het uit hul nate gebars met verkope en OVK streef nog steeds daarna om beter en vinniger naverkopediens te kan lewer. Daar bestaan nie so iets soos ’n maatskappy sonder foute en probleme nie, maar OVK streef daarna om so min as moontlik te fouteer en vinniger oplossings te gee. Met ’n hoofbestuur en bestuurskomitee soos OVK s’n kan dit net goed gaan en die syfers bewys dit.

Ek wil ook elke persoon wat werksaam is by OVK bedank vir hul harde werk. Sonder julle is OVK niks. Julle harde werk bring mee dat ons as boere die nodige hulp, ondersteuning en diens kry. Julle is tops en ek is trots op ieder en elk van OVK se personeel.“Saam bereik ons meer” ken julle teen die tyd al…

Ek is ’n trotse OVKaner en ondersteun OVK voluit. Ons kan die onderneming nog verder opbou en uitbrei en so ook Landbou aan die gang hou. Vir elke boer wens ek net alles wat mooi en voorspoedig is toe. Mag OVK u nog vir baie jare tot diens wees sodat u boerderye van krag tot krag kan gaan.

Vir OVK wil ek gelukwens met 30 jaar van diens en mag daar nog baie jare vorentoe volhoubare groei wees. Mag jul suksesvol wees in alles wat aangepak word en met die hulp van personeel voortbou met goeie diens en samewerking onder mekaar.

March 2023 | OVK NEWS 27
Fanie Botha - Wyk 12 Koffiefontein, Luckhoff, Orania, Petrusville, De Aar & Vanderkloof

Uit die pen van die direkteure.....

Die voetspoor wat OVK in die Vrystaat, Noord-Kaap en Oos-Kaap se platteland het, is werklik merkwaardig. Dit is nie altyd maklik om die impak wat so ’n maatskappy maak te bereken nie, maar as ’n mens begin kyk na die werksgeleenthede en dienste wat OVK na die soms afgeleë en klein dorpies bring, besef jy dit het ’n wesenlike impak in hierdie plattelandse gebiede. Dit is wat OVK vir my spesiaal maak en rede gee om trots te wees om deel daaraan te hê.

Vanaf 2021 het ek die voorreg gehad om meer aktief betrokke te raak by OVK en het ek die binnewerke en omvang van hierdie maatskappy beter leer ken. Die OVK personeel is werklik ’n passievolle en energieke groep wat met harde werk die maatskappy op die voorgrond hou. Die bedieningsgebied van hierdie maatskappy strek wyd - om al die toue bymekaar te hou is net moontlik as jy ’n suksesvolle en gemotiveerde span het en dit is wat ek in OVK ervaar.

OVK bied ’n waardevolle diens, aangesien jy graan, handel, meganisasie, motor-agentskappe, landboukundige dienste, kliëntefinansiering, logistiek, versekering, kunsmis, wol, bokhaar, lewendehawe, tegniese velddienste, skeerdienste, ens. by een maatskappy kan kry.

Wat OVK egter vir my uniek maak, is die lojaliteitskema waar ’n gedeelte van jou aankope/besigheid met OVK omskep word na aandele in die maatskappy. Hierdie aandele het die afgelope paar jaar goeie groei getoon en dus baie waarde vir die aandeelhouers toegevoeg.

Ek glo die konserwatiewe aanslag, maar wat tog tred hou met die vinnig veranderende omgewing, sal OVK kompeterend hou en die nodige groei verseker. OVK se hart is in die platteland en by sy boere.

My droom is dat OVK getrou sal bly aan sy leuse “Saam bereik ons meer” en dat dit ’n maatskappy sal bly wat beheer word deur boere.

28 OVK NUUS | Maart 2023
Okkie Vermeulen - Wyk 13 Douglas, Hopetown-Noord, Jacobsdal & Rietrivier

Topverskaffers oor die jare vereer

Jaarliks word OVK se topverskaffers na Ladybrand genooi om tydens ‘n geselligheid, toekennings te ontvang in ‘n verskeidenheid van kategorieë. Bykans 850 verskaffers aan OVK word volgens sekere kriteria geëvalueer en dan word twee verskaffers per kategorie genomineer en na die verskaffers- funksie genooi. Die finaliste word onder andere beoordeel op grond van die diens wat hulle aan OVK sowel as sy kliënte verskaf.‘n Top Verskaffer van die Jaar word as die hoogtepunt van die aand aangewys.

Alda Fourie en Janette Greeff (OFM) staan voor by Theresa van der Walt (RT Signs) en Santa Ferreira (OVK) Agter staan Stéfan Oberholzer en Jannie Rossouw (OVK) en Riaan Jonker (Maluti Drukkers). OFM, RT Signs en Maluti Drukkers het toekennings ontvang.

Agrinet is vir 2017, 2018 en 2019 as die algehele wenner van die Verskaffer van die Jaar-toekenning aangewys. Hier staan Stéfan Oberholzer (OVK Besturende Direkteur) by Marius Loubser (Agrinet Nasionale Verkoopsbestuurder), Hercules Oosthuizen (OVK Aan koper), Yollandé Brits (Agrinet HUB), Rocky le Roux (OVK Hoofbestuurder: Handel en Brandstof) en Balti Steenkamp (Agrinet Verkoopsbestuurder)

AGCO is aangewys as 2022 se Verskaffer van die Jaar. Links staan Robby Lee (AGCO Areabestuurder – Sentraalstreek), Dr Dominik Reus (AGCO Besturende Direkteur - Afrika), Felix Seitz (AGCO VerkoopsbestuurderAfrika) en Willie Dietrechsen (OVK Bestuurder: Meganisasie)

30 OVK NUUS | Maart 2023
Kenny Crampton en Leon de Klerk van Voermol ontvang hul Verskaffer van die Jaar-toekenning vir 2021 van Rocky le Roux en Stéfan Oberholzer van OVK. 2019 2022 2021 2019

Oud-raadslid kyk terug oor die jare

Joël le Roux het altesaam 22 jaar op die direksies van KOLK en OVK gedien en ‘n groot deel van die drie dekades as besluitnemer meegemaak. Ons het met hom gaan gesels oor die hoogte- en laagtepunte sowel as wat oor die jare in die raadsaal gebeur het.

“Landbou het in die laaste jare baie verander, in die sin dat daar ‘n bykomende verwagting is dat die boer nou verantwoordelikheid op hom moet neem om die infrastruktuur te laat werk en dit is nie volhoubaar nie. Ons werk hard daaraan om die jong manne wat by ons moet oorneem, se uitkyk op landbou positief te hou, asook ter wille van die voortbestaan van onderskeie familiebesighede.

“OVK vervul vandag ’n lewensnoodsaaklike funksie op die platteland. Hulle voorsien al die basiese elemente wat ons vir ons bedryf benodig, op een plek in die dorp - die handelstak, meganisasie, graan, versekering, kliënte-finansiering, brandstof, ens. Ons hier in die Wesstreek is baie bevoorreg om ’n maatskappy soos OVK te hê wat hierdie dienste gerieflik op een plek lewer op verskeie dorpe.”

Joël was in 2004 op die direksie van KOLK en was betrokke by onderhandelinge met GWK om ’n samesmelting te bewerkstellig. Die onderhandelinge het vele haakplekke opgelewer en toe OVK tot die samesprekings toegetree het en met voorstelle op die tafel gekom het, het 80% van die lede tot ’n amalgamasie met OVK gestem en die samesmelting het op 1 Julie 2004 plaasgevind.

“Jy moet onthou dat OVK op daardie stadium net ouer as 10 jaar was, en die oorname van KOLK was ’n groot transaksie. OVK het ’n handelstak en silo’s by Rietrivier opgerig, handelstakke by Koffiefontein, Fauresmith en Prieska oopgemaak en die Morgenzon silo’s gekoop en vergroot.”

Joël vertel dat ’n raadsaal ’n plek is waar menings kan verskil en mense soms warm onder die kraag kan raak.

“As direkteur van OVK het ek nooit gesien dat daar tot stemming oorgegaan word alvorens ’n geskil nie opgelos is nie. Die verskil is dat al die direkteure self boere is en verstaan waaroor landbou en boerdery gaan omdat hulle ’n persoonlike belang in die besigheid het.”

’n Mens kan nie verwag dat gedurende 30 jaar alles perfek moet verloop nie en volgens Joël was daar foute gemaak met sekere aspekte rakende die Langford voerkraal en die Gariep Abattoir, asook die koringmeule in Clocolan. Joël meld dat gebrekkige kragvoorsiening ’n groot rol in die sluiting van bogenoemde afdelings gespeel het. Hernubare energie was op daardie stadium nog in die aanvangstadium en onbekostigbaar om in die kragbehoeftes te voorsien.

Daar was ook intussen samesprekings tussen OVK en twee vooraanstaande landboumaatskappye oor moontlike samesmeltings maar beide het uiteindelik skipbreuk gely. “Ek het in daardie tye baie geleer van mense en etiese optredes maar ons almal het met meer ondervinding daaruit gestap. Teleurgesteld, maar wyser.

“OVK het baie gegroei in die tydperk wat ek daar betrokke was en is goed gediversifiseerd. Die ommeswaai van die Wesstreek en die syfers wat binne ’n jaar verander het, was seker een van my hoogtepunte. Dit het my weer laat besef dat alles oor mense gaan. Stel die regte mense op die regte plekke aan en die resultate volg vanself.

“Ek voorsien dat daar in die volgende 30 jaar baie meer druk op landboumaatskappye gaan wees om boere by te staan. Ons is op onsself aangewese en kry geen hulp van die regering nie. As ons as landbouers nie na onsself gaan omsien nie, gaan niemand dit doen nie. Ons moet reg gerat wees daarvoor en daar speel ’n maatskappy soos OVK ‘n ongelooflike belangrike rol. Ons sien op na die maatskappy en behalwe vir uitmuntende diens, verskaf dit ook werk aan verskeie bekwame mense wat ‘n bate en noodsaaklikheid is vir die voortbestaan van plattelandse dorpe.” sluit Joël af.

32 OVK NUUS | Maart 2023

Toppresteerders: Wesstreek

2016 - 2022

Die Wesstreek het in 2004 tot stand gekom met die amalgamasie met KOLK en sluit NoordKaap dorpe soos Britstown Petrusville, Koffiefontein en Rietrivier in. Die landbou wissel tussen besproeiing, groot- en kleinvee en neutverbouing. Die Noord-Kaap was ook in ‘n jarelange droogte vasgevang en menige veeboer was so uitgemergel en op hulle knieë, dat hulle naby was om hulle hekke te sluit. Welkome reën het intussen geval maar dit gaan nog jare neem vir die natuurlike veld en weiding om te herstel. Die jaarlikse toppresteerdersfunksie word in Hopetown aangebied.

34 OVK NUUS | Maart 2023
Die Toppresteerders van die Wesstreek vir 2016, 2017 en 2018 is Granary Normandien (Pty)Ltd. Hier word hulle verteenwoordig deur PW Botha en Henry du Plooy met Stefan Oberholzer en Gilly Scheepers van die OVK Direksie. Schoeman Boerdery is as toppresteerder vir 2021/22 in die Wesstreek aangewys. Kallie Schoeman staan saam met bestuurder Henry du Plooy en personeel Emmari Wiid en Adriaan Rossouw. Die algehele wenner vir die Wesstreek in 2019/20 was JD le Roux. Pieter en Joël le Roux het die toekenning van Stéfan Oberholzer ontvang.
2022 2017
Gewilde Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, Dewald Wasserfall was die kunstenaar in 2017.
2019 2017

Direkteure van die toeka en nou in beeld.....

DIREKSIE EN HOOFBESTUUR : 1999

Voor (vlnr): MJ Greyling (Direkteur), WJ van Zyl (Besturende Direkteur), IS Ferreira (Ondervoorsitter), HU Wagener (Voorsitter), MvB du Toit (Dagbestuurslid), HW Botha (Dagbestuurslid.

2de ry (vlnr): DF du Plessis (Direkteur), HE Scholtz (Direkteur), JCC Moll (Direkteur), E Nel (Asst Hoofbestuur).

3de ry (vlnr): HP Jordaan (Direkteur), PW Gordon-Grant (Direkteur), DCG Holmes (Direkteur), JC van den Berg (Direkteur), BP Erasmus (Direkteur), JR Moffett (Direkteur).

Agter (vlnr) : HL du Plessis (Direkteur), J Scheepers (Direkteur), PJ Scott, CS Heunes (Senior Bestuurder), A Ries (Asst Hoofbestuur), G van Niekerk (Asst Hoofbestuur), PB Dippenaar (Asst Hoofbestuur).

Inlas Foto’s: CJ Nel (Direkteur), (Links) en CC Groenewald (Direkteur), (Regs).

1999 2008

Direksie: 2008

Agter vlnr: G. van Niekerk (Besturend), BP Erasmus, DCG Holmes, HW Botha (Voorsitter), MJ Greyling (Visevoorsitter)

Middel vlnr: JJB van Niekerk, FP Nel, HGN Scheepers, JD le Roux, JB Scholtz, L Steytler

Voor vlnr: WA Zwiegers, JC van den Berg

36 OVK NUUS | Maart 2023

Direksie: 2012

Agter (vlnr) : WA Zwiegers, FP Nel, G van Niekerk (Besturende Direkteur), L Eksteen, JD le Roux, S Oberholzer (Direkteur Finansies), PB Dippenaar (Direkteur : Korporatief), PJ du Plessis. Voor : JJB van Nikerk, JC van den Berg, HW Botha (Voorsitter), HGN Scheepers (Vise-Voorsitter), BP Erasmus.

Direksie 2019

Staande vlnr: PJ du Plessis, QA de Bruyn, FJ Terblanche, HW Botha, MW Dobrowsky, FP Nel, JCC Moll

Sittende vlnr: BP Erasmus, S Oberholzer (Besturend), HGN Scheepers (Voorsitter), JD le Roux (Ondervoorsitter), CT Bender.

Direksie 2021

Sittende vlnr: S Oberholzer (Besturend/Managing), FJ Terblanche (Ondervoorsitter/Vice-Chairman), CT Bender (Voorsitter/Chairman), QA de Bruyn, JCC Moll.

Staande vlnr: SO Vermeulen, FJ van Zyl, SJ Botha, JJ Swanepoel, JZ Scheepers, WJ du Toit, CD Cloete.

March 2023 | OVK NEWS 37
2012
2021
2019

Hoofbestuur & BK van toeka en nou in beeld.....

Voor (vlnr): Pieter Scholtz (Asst. Bestuurder: Inligtingstelsels), Etienne Nel (Hoofbestuurder: Finansies & Inligtingstelsels), Stéfan Oberholzer (Hoofbestuur: Graan & Nywerhede), Hardie van Niekerk (Besturende Direkteur), Dippie Dippenaar (Hoofbestuurder: Ledesake, Versekering & Menslike Hulpbronne, Attie van Zyl (Hoofbestuurder: Handel & Meganisasie), Johan Joubert (Kliéntefinansiering & Administrasie).

Middel (vlnr): Danie Pronk (Sentrums & Motors), Fanie Wessels (Versekering), Koos Havenga (Finansies) Floors van Wyngaard (Menslike Hulpbronne), Izak Marais (Handel Suid), Adri Terblanche (Interne Regsdienste).

Agter (vlnr): Lawrence Price (Aankope & Krediteure), MC Fourie (Skakeling & Landbouvoorligting), Bertie van Zyl (Handel Wes), Dries Roos (Meganisasie), Hannes Michau (Handel Noord), André Swanepoel (Inligtingstelsels), Dennis van Vreden (Asst. Bestuurder: Menslike Hulpbronne).

Voor (vlnr): Dries vd Linde (Graan: Operasioneel), Ernst Viljoen (Handel Suid), John Melville (Veselverkryging: Noord), Louis Fourie (Graan), Kobus Theron (Handel Wes)

Middel (vlnr): Christel Basson (Bemarking & Kommunikasie), Johan Scholtz (Lewendehawe), Conrad Cronje (Hoofbestuurder: Finansies, Kliéntefinansiering & Versekering), Rocky le Roux (Hoofbestuurder: Handel, Meganisasie & Motors), Stéfan Oberholzer (Besturende Direkteur), Rudolph van Wyk (Hoofbestuurder: Graan), Jacques le Roux (Hoofbestuurder: Vesel: Wol & Bokhaar), Izak Marais (Handel Oos), Mariette Claasen (Asst. Bestuurder Menslike Hulpbronne).

Agter (vlnr): Dennis van Vreden (Menslike Hulpbronne), Frans Hugo (Veselverkryging Suid- en Wes-Kaap), Rudolph Laubscher (Inligtingstelsels), Martin Ehlers (Kliéntefinansiering), Wimpie Fourie (Versekering), Heinrich Roos (Nywerhede), Willie Dietrechsen (Meganisasie), Hannes Michau (Handel Noord) Pieter de Wet (Aankope & Krediteure), Tink Strydom (Vesel Operasioneel & Verkryging Oos- Kaap), Chris Serfontein (Finansies).

38 OVK NUUS | Maart 2023
2005 2021

2020 & 2021 wenners in Bloemfontein vereer

Die Covid-19-regulasies het veroorsaak dat alle funksies en gesellighede vir ‘n onbepaalde tydperk uitgestel moes word. Niemand het verwag dat die verbod byna twee jaar sou duur nie, maar uiteindelik kon OVK sy Top 25-landbouprodusente van 2020 en 2021 vroeg in 2023 vir ‘n glansgeleentheid na Bloemfontein nooi om die wenners vir die onderskeie streke aan te kondig.

Die streekwenners vir die 2019/2020 jaar is Zuikerkop Boerdery (Pty) Ltd (Noordstreek), JD le Roux (Wesstreek) en Winterberg Boerdery Trust (Suidstreek) en Sky Estate Farming (Sentraal) .

Die streekwenners vir die 2020/2021 jaar is as JJB Bester van Niekerk Boer dery (Pty) Ltd (Noordstreek), Schoeman Boerdery (Wesstreek), Number Two Piggeries (Pty) Ltd (Sentraal-

March 2023 | OVK NEWS 39
streek) en Winterberg Boerdery Trust (Suidstreek) aangekondig. Dr Carl en Elmien Scholtz van Zuikerkop Boerdery (Pty) Ltd is as die wenners vir die Noordstreek vir 2019/2020 aangekondig. Winterberg Boerdery Trust is as die Suidstreek se wenners aangekondig. Martie en Henk Linde ontvang die toekening van Chris en Stéfan. Jenet van Niekerk en Carlien Oberholzer het ook die geleentheid bygewoon.

KYNOPLUS‘n TreffendBlou vriend!

Promosie artikel

Verskillende stikstofbronne bestaan om te kan gebruik tydens plant, voor-plant, kant-, of bobemesting. Baie is al geredeneer oor die beste alleen-stikstofbron, hetsy kalksteenammoniumnitraat, Ureum, of ammoniumsulfaat. Elkeen met unieke/vaste eienskappe, maar onthou, “alle paaie lei na Rome”.

In die natuur word stikstof vanuit organiese-oorblyfsels, en die atmosfeer aan grond toegevoeg waar die organiese stikstof deur mikro-organismes mineraliseer word na ammonium. Ammonium word deur nitrifiseerende bakterieë omgeskakel na nitraat, waarna laasgenoemde twee deur plantwortels opgeneem word.

Sommige grond-nitraat gaan verlore d.m.v. loging, of word omgeskakel deur denitrifiseerende bakterieë om te vervlugtig, ander weer omgeskakel na ammoniak wat vervlugtig. Bg. prosesse in die grond dus toevoegings, veranderinge en verliese.

Plante neem beide ammonium en nitraat op. Meeste ammonium in die grond, nie deur plante opgeneem nie, word uiteindelik na nitraat omgeskakel (“Rome”). Volgens ‘n onafhanklike ondersoek in die VSA, neem omskakeling van Ureum vanaf toediening tot totaal genitrifiseer, naastenby vier weke.

Die hoogste mate van vervlugtiging is waar stikstof uitgestrooi, of in bande op die grondoppervlakte gelaat word. Meer as 45% van onbehandelde Ureum, uitgestrooi op kaal grond, of grond 50% bedek met strooi, het oor ‘n periode van 16 dae, vervlugtig (100 kg N/ha toediening).

Tydens berging het Ureum ‘n laer geneigdheid om klonte te maak, bied lae veiligheidsrisiko, is minder korrosief t.o.v. toerusting en bied dus betekenisvolle besparings, tesame met die hoë stikstofinhoud van 46%.

Wêreldwyd is baie navorsing gedoen op “stikstofstabiliseerders” (chemiese middel wat Ureumkorrels bedek). In

meeste gevalle word ‘n kleurstof gebruik om aan die behandelde-Ureum ‘n kenmerkende kleur te verleen. “Stabiliseerders” kan urease- of nitrifikasie-inhibeerders (of kombinasie), wees. Kynoch volg tans die urease-inhibeerder roete wat aan die oorspronklike wit korrels ‘n TREFFEND-BLOU kleur verleen.

In ‘n VSA-proef (onafhanklik) is KynoPlus-aktief getoets teenoor onbehandelde Ureum, asook ses ander behandel met bekende alternatiewe. Nadat 100 kg/ha uitgestrooi is, het slegs Kynoplus-aktief-Ureum ammoniakvervlugtiging betekenisvol onderdruk. Die aktief beheer die urease ensiem (nie-lewend en deur plante en mikro-organismes geproduseer) wat omskakeling na ammonium moontlik maak; beïnvloed nie grondbakteriese populasies nadelig nie; herhaaldelike gebruik dus nie nadelig t.o.v. mikrobes nie.

KynoPlus-aktief is die mees nagevorste urease-inhibeerder wêreldwyd, is goedgekeur deur die Amerikaanse Assosiasie van Plantvoedingsbeheer en geregistreer en goedgekeur vir gebruik in 27 lande in die Europese Unie. Voordele vir die produsent is dus verpak as ‘n TREFFENDBLOU produk, en is net meer koste-effektief! Figuur 1 toon die netjiese verpakking aan van KynoPlus, gereed vir die mark.

Bederf jouself, belê in TREFFEND-BLOU!

Verwysings:

l Adams & Martin, 1984. Liming effects on nitrogen use and efficiency. Nitrogen in crop production.

l EniChem, 1988. Effect of NBPT on Soil Ecology, EPA Submission.

l Goos, 2011. Nitrogen fertilizer additives, which ones’ work? North Central Extension-Industry Soil Fertility Conference.

l Havlin et al., 1999. Soil fertility and fertilizers.

l Schmidt, 1993. Kwantifisering van die stikstofbalans op die GlenShorrocks gewasekotoop. UVS.

l Xi et al,. 2017. pH rather than nitrification and urease inhibitors determines the community of ammonia oxidizers in a vegetable soil. AMB Express.

Bederf jouself, belê in TREFFEND-BLOU!

42 OVK NUUS | Maart 2023
KynoPlus word in ‘n netjiese verpakking aan die mark gelewer.

Toppresteerders: Suidstreek

2016 - 2022

Cradock is gasheer vir die jaarlikse toekennings vir die Suidstreek wat hoofsaaklik uit kleinveeboere en besproeiingsboere bestaan. Die streek is besig om te herstel na ‘n jarelange droogte wat die skaap- en Angoraboere gedwing het om hulle kuddegetalle te verminder om te sorg vir genoeg voeding vir die oorblywende kudde.

44 OVK NUUS | Maart 2023
Die wenner van die Suidstreek vir 2017 en 2018 was CJ Neethling Boerdery Trust. Hier ontvang Taylor en Keith Woodburn hul toekenning van Stéfan Oberholzer (OVK Besturende Direkteur) en Gilly Scheepers (OVK direksievoorsitter). Justin en Nicky Phillips, Danie Potas (OVK) met Adele en Glen Mcewan was daar om saam te kuier. 2018 2022 2022 2022 Streekbestuurder Ernst Viljoen en sy vrou Berna voor die toekennings in 2022 gemaak is. Jo-Anne Bester (OVK Vesel) en Christel Basson (OVK Bemarkingbestuurder) was ook daar om glinster aan die aand te verleen. 2018

OVK se verbintenis met skole op die platteland

HOËRSKOOL HOPETOWN

Hoërskool Hopetown is ‘n streekskool van uitnemendheid wat op die oewer van die Oranjerivier geleë is. Hierdie funksionele skool is reeds 169 jaar oud en OVK speel ‘n belangrike rol om dié skool finansieel te ondersteun deur hul hoofborgskap vir die eerste Hoërskool netbalspan asook verskeie ander projekte waarby hul betrokke is.

Baie geluk met jul 30ste bestaansjaar. Hoërskool Hopetown is trots op ons verbintenis met ‘n toonaangewende landbouonderneming in ons omgewing. Ons sien uit na ‘n voortgesette vennootskap tussen hierdie twee instansies tot voordeel van Hoërskool Hopetown se leerders asook die breë gemeenskap.

LANDBOUSKOOL HENDRIK POTGIETER REDDERSBURG

Landbouskool Hendrik Potgieter vier vanjaar 159 genadejare! Ons is sedert 1998 ‘n Landbouskool. Ons bied drie landbouvakke aan, naamlik Landbouwetenskap, Landboubestuurspraktyk en Landboutegnologie. Vanjaar is ook die eerste jaar wat ons Landboustudies aanbied vir graad 8 leerders. Ons poog om leerders met die nodige landboukennis en broodnodige vaardighede die wêreld in te stuur. Ons noue band met OVK maak hierdie droom van ons ‘n werklikheid. Ons sportspanne se treffende uitrustings word deur OVK geborg en ons landbou-afdeling se toerusting en voer vir ons onderskeie vertakkings word by OVK aangekoop. Mnr Luan Lingenfelder staan ons menigmaal met raad en daad by, sou ons dit nodig hê.

LAERSKOOL CLOCOLAN

Laerskool Clocolan stap al jare lank ‘n pad met OVK. Wat ‘n voorreg om geassosieer te mag wees met hierdie besonderse Landboumaatskappy!

Nie net ontvang ons plattelandse laerskool jaarliks groot finansiële steun vanaf OVK nie, maar ervaar ons ‘n menslikheid, wat yl gesaai is. Spontaan, word ‘n bestuurslid langs die sportveld opgemerk, om ‘n span te kom ondersteun of ‘n klop op die skouer uit te deel. Soos op hul harte gedruk, sorg hulle vir pakkies springmielies en kaartjies uit hul persoonlike sakke, om leerders te bemoedig.

Met ywer word die Fendtdag(2021) en Boertjiedag (2022) aangebied, waarby OVK ons skool sonder skroom laat baat.

Ons pragtige rugbytruie, die mooi advertensiebord by ons skool se hoofingang, ons dames-personeel se lieflike baadjies, asook ons skoolvoertuig- en bussie waarop OVK se logo trots pryk, is ‘n sigbare vertoonvenster van hul ondersteuning en hartlikheid teenoor Laerskool Clocolan.

Deur OVK se betrokkenheid lei u in u voorbeeld, want soos u leuse dit beaam, leer ons kinders die belangrikheid daarvan om mekaar op te pas. Juanlu Groenewald, ons hoofseun vir 2023 sê in een van sy toesprake; “In ‘n klein laerskool, weerklink dankbaarheid in elke asem wat deur die skoolklok se beier verwelkom word, want hier gaan dit oor meer as net “jouself”. Ons het mekaar nodig, want Clocolan sonder ‘n laerskool, beteken tawwe tye. Die voortbestaan van ‘n plattelandse gemeenskap kom in gedrang”

OVK, baie dankie vir die altyd-bereidwilligheid om ons hande sterk te maak ter vooruitgang van ons skool en leerders. Ons waardeer dit opreg!

TROMPSBURG PRIMÊR

Trompsburg Primêr is ’n trotse vennoot van OVK. Ons verhouding strek nie net oor baie jare nie, maar ook oor verskeie dorpe aangesien ons leerders vanaf Bethulie, Colesberg, Philippolis, Jagersfontein, Fauresmith en Edenburg bedien. Tans is vier OVK-bestuurders se kinders leerders by Trompies of een van ons satellietskole in Colesberg en Fauresmith.

Dit bly vir Trompies ’n voorreg om te weet dat ons altyd op OVK se knoppie kan druk wanneer ons hulp met geleenthede nodig het. Een van die mees onlangse voorbeelde was toe ons verlede jaar ’n tent vir ons Sirkuskonsert benodig het en OVK dadelik ingespring het om te help.

Baie geluk met 30 jaar! Mag ons nog vir baie jare die pad saam stap!

46 OVK NUUS | Maart 2023

HOËR LANDBOUSKOOL MARLOW

‘n Bietjie meer as 103 jaar gelede het ‘n paar boere bymekaargekom in die Suid-Vrystaat en ‘n volwaardige koöperasie gestig wat later, in 1993, bekend sou staan as Oos Vrystaat Koöperasie Beperk (OVK). Tien jaar later het ‘n paar boere in die Oos-Kaap bymekaar gekom en die regering versoek om ‘n Landbouskool naby die dorp Cradock op die been te bring. Die visie van ‘n paar passievolle boere in twee gemeenskappe in die Suid-Vrystaat en die Oos-Kaap, het twee entiteite op die been gebring wat vandag, elkeen op sy eie gebied, diep spore trap in ons landboubedryf. Beide instansies, OVK en Marlow, het elkeen op sy eie manier deur die jare hulself gevestig as instansies van uitnemendheid.

Van dag een af toe OVK besluit het om ‘n streekskantoor en handelstak op Cradock te open, het die Hoër Landbouskool Marlow en OVK hande gevat, om in ‘n wenwen vennootskap mekaar te ondersteun en aan te vul. Vandag is daar talle voormalige Marlow leerders in die Suid-Afrikaanse landboubedryf wat help om te verseker dat Suid-Afrika dié volhoubare kommersiële landbouen kosvoorsieningsland in Afrika sal bly in dekades wat kom.

Sonder die ondersteuning en bydrae wat oor baie jare deur OVK gemaak en belê is in Marlow, vir die ontwikkeling van ons seuns in volwaardige jong gebalanseerde landsburgers, sou Marlow se bydrae aan landbou en die landbougemeenskap in Suid-Afrika vir seker baie geringer gewees het. Die vennootskap en wedersydse ondersteuning tussen OVK en Marlow is

soos die nate van ‘n rugbybal. Elkeen het sy eie nis en werksaamhede in die breër landboubedryf, maar tog is ons vasgewerk aan mekaar met dieselfde draad: ons wedersydse toewyding om landbou in Suid-Afrika te dien.

OVK se suksesse die afgelope 103 jaar is ook Marlow se suksesse, en vandag is daar talle jongmanne, wat hulle eerste tree in die landboubedryf op Marlow gegee het, en daarna met die hulp en ondersteuning van instansies soos OVK, ‘n groot impak maak in ons bedryf. Vier van die tien finaliste in die Oos-Kaap vir Jongboer van die Jaar is afkomstig van Marlow. Talle oud-Wolramme speel ‘n insiggewende en leidende rol in verskeie vertakkings in die landboubedryf. Talle van Marlow se oudskoliere is selfs besig om vir hulle ‘n toekoms in die OVK-familie uit te beitel en te verseker.

Die bydrae wat OVK deur baie jare tot Marlow gemaak het, het ‘n groot rol gespeel in die vestiging van Marlow as die toonaangewende landbouskool in die Oos-Kaap. Die finansiële, fisiese en intellektuele ondersteuning wat Marlow vanaf OVK ontvang is vir die skool van onskatbare waarde en sal vir baie jare wat kom, nie net op Marlow nie, maar ook in die landboubedryf in sy geheel baie vrugte afwerp.

Wenners assossieer met wenners, en mag hierdie vennootskap tussen Marlow en OVK nog vir baie jare, tot voordeel van ons landboubedryf en die ontwikkeling van ons voornemende jongboere voortduur.

Alles gaan mos

nie oor harde boerebesigheid nie, of hoe?

MC Fourie (Redakteur 1993 - 2008)

In Oktober 1985 beland ek by Ladybrand Koöperasie vanaf Christiana, deel van ’n opwindende nuwe afdeling, “Landbou-ontwikkeling”. Die fokus was op voorligting oor gesonde boerdery-praktyke asook steun aan ander afdelings. Ons was ’n “sagte lasplek” tussen die koöperasie (grootliks die kredietafdeling) en ván die boere, maar ook in wyer verband deel van landbou-ontwikkeling en ’n skakel na ander landbou-instansies.

Landbouvoorligting was destyds op ’n gesonde plek met landboukundiges van koöperasies, landboumaatskappye, Departement Landbou (Voorligting en Navorsing), landboufakulteite aan Universiteite, proefplase, ens. Almal was in onderlinge skakeling saam betrokke by “Gekoördineerde Voorligting”, ’n wonderlike landwye inisiatief om korrekte boerderypraktye te bevorder. Ons inisiatiewe het deur inligtingsdae, plaasbesoeke en landboukundige artikels gestalte gevind.

OVK het in 1993 ontstaan, ’n groot positiewe ontwikkeling toe afsonderlike koöperasies verenig het tot ’n gesonde groeikern. Om familieskap van die verskillende gebiede te bevorder, is inligtingsbyeenkomste gereël en bekendstellingsartikels geskryf, asook boeretoere onderneem. Buitelokaliteite, soos abattoirs, navorsingstasies en verskaffermaatskappye is ook besoek, met die Katsedam in Lesotho soms ’n ánderse, lekker hoogtepunt. Met ’n toerbesoek van die Witkopgebied se mense (uit die Stormberge tussen Burgersdorp, Molteno en Jamestown) aan Fickie Fick se pragtige voëlboerdery in Clocolan, is met die dankiesê gesê: “Julle moet nou ook vir ons kom kuier, maar wát sal ons tog vir julle kan wys?” Die antwoord vanuit eie geledere was blitssnel: “’n Vasmakerooi!”

Katsedam se Lesotho-pad loop hoog en kronkel erg. Wanneer veilig, word skerp kinkels gesny. Hendrik Upton van Jamestown het die aand, na ’n besoek aan Katse, by Meiringskloof in Fouriesburg, oor ’n doppie, gesê, “As Gerrie vandag hier was, was daar níe draaie gesny nie!” Hy’t natuurlik sy vrou gekén. Casper Nel, oud-direkteur, en buurman van die Uptons, het ’n keer opgemerk: “As Gerrie haar hoenders roep vir kos, hol myne ook.” Casper-hulle was omtrent ’n kilometer weg, vlei-af. (Hendrik het op sy dag vir

Grens haker gespeel, sterk, vrolik, laterjare halfdoof. Hy’s per fiets van sy plaas na Jamestown, per bus, en trein, verder na Oos Londen, en weer so terug vir sy rugby, vir oefen, ens., amper soos Mannetjies Roux se 350 km vanaf Victoria-Wes na Kimberley). By die einste Meiringskloof, ’n ander keer, was Kroes Smit van Burgersdorp erg lastig met ’n krappie wat hy gevang het. Dis by een se nek in met die krappie, en dan weer lastig by ’n ander een. Later is die krappie toe weg. En toe hy weer by sy dop en Coke kom, lê krappie se kind netjies onder in die glas!

Nico Jansen, veekundige in ons kring, vertel van Piet Wessels van Toggekry, Vanstadensrus (’n dorp ook bekend as “Mook”) se storie. In sy skooltyd by Mook, het ’n muil ’n seun se groottoon afgetrap. Morsaf, eenkant. Hy’s toe inderhaas dokter toe op Wepener. Pousetyd het die seuns heerlik verder met die toon rugby gespeel, selfs gekyk hoe ver en hoe hoog hy geskop kon word.

Daan Opperman, einste Dik Daan wat Blouwillem Theron dikwels in sy koerantrubriek aanhaal, is ook van Mook, en sy vrou, Thea, van Bethulie. Piet Wessels het Toggekry juis van die einste Daan se pa gekoop. Daan en Blouwillem woon naby mekaar in Pretoria. In sy rubriek in Volksblad, nou die dag, skryf Blouwillem, toe hy vir Daan sê “Eben Etzebeth en Frans Malherbe trou Saterdag”, vra Daan, “teen wie?”

Kort na Attie Jooste van Britstown se oorlye in 2006, moes ek ’n artikel oor hom skryf vir OVK Nuus. Hy was ’n sterk gemeenskapsleier, met die Kambro-padstal digby Britstown ’n stukkie nalatenskap van hom, broer van Charlotte Roux (Mannetjies se vrou). So bel ek rond en kry eindelik iets op papier. Toe ek weer bel om Charlotte nog iets oor Attie te vra, sê Mannetjies daar van agter af,“sê hom Britstown is ’n voorstad van Victoria Wes”. Hy en Charlotte was ’n keer die eregaste by ’n puik skaapdag te Jamestown, waar Noorden Oos-Kapenaars heeldag heerlik gesellig saam verkeer het.

Om 23 jaar deel te kon wees van die OVK-familie, is ’n kosbare herinnering en ’n groot voorreg. Opregte dank aan almal vir soveel goedheid, gasvryheid, ruim geleenthede en vryheid wat my gebied is. My beste wense aan OVK vir ’n suksesvolle, vreugdevolle toekoms.

48 OVK NUUS | Maart 2023

Toppresteerders: Sentraalstreek

2016 - 2022

Die Sentraalstreek met die streekkantoor op Burgersdorp word jaarliks weens logistieke redes in Aliwal-Noord aangebied. Produsente van so ver as Elliot tot Bethulie woon die gala-aand by. Toekennings word in verskeie kategorieë oorhandig en wissel van die streke met gewasseprodusente en veeboere.

2022

2018

50 OVK NUUS | Maart 2023
Sky Estate Farming is in 2016, 2017 en 2018 aangewys as die wenner van die Sentraalstreek. Mike Dobrowsky, Penny, David, en Mary ontvang hul toekenning van Stéfan Oberholzer (OVK Besturende Direkteur) en Gilly Scheepers (OVK Voorsitter). 2017 2018 Chris Bender met Dr Troskie (CG Troskie) en Charl Stotter (Number 2 Piggeries) wat as Toppresteerder aangewys is en Stéfan Oberholzer. Number 2 Piggeries het die toekenning in 2019 en 2022 ontvang. Jak de Priester het vanaf Kaapstad gery om die gehoor in Aliwal-Noord te vermaak met sy slim lirieke en staaltjies van sy familie.

Boere sorg vir alternatiewe weens beurtkrag

Die kragvoorsieningsvraagstuk word net groter en mediaberigte verkondig dat die boere ’n ramp in die gesig staar. Landbou-organisasies pleit by die regering dat besproeiingsboere van beurtkrag vrygestel word, andersins sal duisende hektaar gewasse verlore gaan en miljoene rande se verliese gely word. Waaroor gaan dit alles en wat doen die boere om hierdie ramp te voorkom?

Ek kon eers nie verstaan waarom besproeiingsboere met die kragkrisis uitgesonder word nie. Die boere met droëlande is in elk geval afhanklik van net hul jaarlikse reën, so waaroor die bohaai? Daar word dan verduidelik dat die natuurlike somerreënval van 350mm nie genoeg is om feitlik enige gewas te verbou sonder besproeiing nie. Die besproeeiïngsboere plant dus ‘n heel ander variëteit en hul plantstand is baie hoër as in die geval van droëlande. Vandat die plante geplant word, benodig hulle meer water, meer gereeld en is grondvog alles waaroor dit gaan.

Hierdie inligting neem ons na een van ons groter besproeiingsboerderye in die Hopetown-omgewing, Joël le Roux wat saam met sy seuns Joël jnr en Pieter, op die plaas Boland met verskeie gewasse boer. Joël se pa het alreeds in 1978 die meriete van besproeiing, na die voltooiing van die Vanderkloofdam, geïdentifiseer en was die eerste boer wat ’n 14-toring spilpunt langs die Oranje op die plaas Soutpansdrif opgerig het.

Aansienlik meer hektare is 45 jaar later onder spilpuntbesproeiing en dié operasie gebruik 2 MW om die pomp van water uit die Oranje en spilpunte van die nodige krag te voorsien. Joël verduidelik wat die implikasie van beurtkrag is: “Die watertoediening is so ontwerp dat ons tussen 10 –12 mm water op ’n 24 uur-basis aan die plante moet voorsien om optimale groei te verkry. Gedurende die tye wanneer die behoeftes van die plante op hul grootste is, loop die spilpunte 24/7. Wanneer ons na fase 6 beurtkrag beweeg, het ons net 12 ure per dag krag.

“Dit beteken ons kan net 6 mm water toedien. Die plant gaan in stres en die periode waarin die plant die stres kan hanteer hang van faktore soos temperatuur, reënval en bewerkingspraktyk af. Ons pas al ‘n geruime tyd geenbewerking toe en het met die stroop van die koring reste baie kort gestroop. Die stroper het dan die reste oor die land versprei en dit vorm ’n mat waarin die volgende gewas, bv. mielies, geplant word. Gedurende fase 6 beurtkrag en met ’n hittegolf, het sekere lande waar ons die proefneming toegepas het, amper te nat geraak. Dit bewys hoe goed vog bewaar word deur die reste te versprei en nie regop in die land te los nie. Hierdie metode het ons gered toe ons fase 6 met ’n temperatuur van 40° gehad het.”

Joël vertel dat hulle skade minimaal was maar dat sommige medeboere nie noodwendig so gelukkig was nie. Benewens die weer speel die groeistadium van die plant ook ’n rol. Karin, Joël se vrou wat saam boer en vir die administrasie verantwoordelik is, sê dat die plant die kwesbaarste is, van voor pluim tot na pitvorming.

Terug na die kragkrisis en Joël sê hulle het fase 6 glad nie voorsien nie.“Dit affekteer ons al lankal, maar het ons nog nie soveel geraak soos van Januarie af nie waar die eerste twee maande van die jaar piektye vir watertoediening op somergewasse is. Ons het vroeg verlede jaar begin om netwerk-gekoppelde solarsisteme te installeer.

“Die voordeel van ’n netwerkgekoppelde stelsel is dat daar nie batterye nodig is nie, aangesien die krag wat die solarstelsel opwek, hetsy deur ons gebruik word, of in die kragnetwerk ingevoer word wat ons as krediete gebruik. Die nadeel is dat wanneer Eskom nie krag voorsien nie, soos gedurende beurtkrag, dan wek die solarpanele nie krag op nie, omdat die netwerk dan effektief ‘gesluit’ is. Dit is ’n vereiste van Eskom en is hoofsaaklik vir veiligheidsdoeleindes.

“Die kragtoevoer het baie wisselvallig geword en die toekoms lyk nie baie rooskleurig nie, wat kan beteken dat ons

52 OVK NUUS | Maart 2023
BEURTKRAGPYNE

selfs na ’n fase 8 kan gaan of vir ’n lang termyn op fase 6 bly. Dan gaan ons te min krag hê en heelwaarskynlik ’n misoes, wat ons nie kan bekostig nie. Die enigste manier om die risiko van so ’n ramp te bestuur is om kragopwekkers te koppel, wat die solarstelsel nog steeds van die netwerk af hou, maar laat dink die krag is aan. Sodoende, sou dit tydens krisistye vereis word, sal die sonpanele en kragopwekker gesamentlik genoegsame krag opwek om die lande van water te voorsien onder enige omstandighede wat met beurtkrag verband hou. Die kragopwekkers is dus daar net ingeval van nood.

“’n Rekenaar tussen die kragopwekker en die solarstelsel sal die krag tussen die twee bestuur. Sou die solarstelsel 80% van die kragbehoefte voorsien, sal die kragopwekker slegs teen 20% kapasiteit gebruik word en vice versa,” verduidelik Joël.

Karin wys daarop dat wanneer die netwerk af is weens onderhoud (wat basies nooit deur Eskom gedoen word nie) of beurtkrag, verloor hulle enige krediete wat hulle kan ontvang deur oortollige krag op die netwerk in te voer, in ’n tyd wanneer Eskom dit die nodigste het! Dit beteken die solarstelsel is ’n kapitaalverlies in daardie tydperk wat die netwerk af, of gesluit is. “Die kragopwekkers sal beteken dat ons die kapitale belegging wat ons reeds gemaak het, optimaal kan benut.”

Karin wys ook op die arbeidsfaktor wat met fase 6 beurtkrag gepaard gaan.“Ons het afgeskaal op arbeid soos ons oor die jare gemeganiseer het, maar nou word iemand verplig om verskeie kere snags op te staan om seker te maak die spilpunte en pompe loop nadat die kragtoevoer herstel is. Beurtkrag vind op verskil-

Joël en Karin le Roux van die plaas Boland staan by die Oranjerivier, waaruit hulle water met sonkrag pomp om hul gewasse te besproei.

lende tye plaas, so vooruitbeplanning is feitlik onmoontlik. My man en seuns is doodmoeg as gevolg van hierdie ontwrigtende situasie”.

“Jy sou met die nodige tegnologie wel snags vanaf jou woning die spilpunte, met die gebruik van jou selfoon, kon aansit en beheer, maar tydens beurtkrag is daar feitlik geen selfoonsein nie en jy kan dus nie met sekerheid sê alles loop 100% soos dit moet nie. Jy moet fisies ry en gaan kyk....van die een na die ander. Die tegnologie om die spilpunte te bestuur en waarin ons baie geld belê het, is niks werd as daar nie selfoonsein is nie.”

Joël verduidelik dat die uiteindelike doel is om totaal onafhanklik krag te kan opwek en berg. “Op die huidige stadium is dit onbekostigbaar, aangesien ons dubbel ons gebruik, sowat 4 MW se batterye of iets soortgelyks, sal moet aankoop. Karin voeg by dat die kragopwekker-opsie op die huidige stadium die bekostigbaarste is om te verseker dat die oeste beskerm word en sal dit ook vir ‘n toekomstige hibride sisteem noodsaaklik wees.

Joël verduidelik dat hulle besluit het om nie net een sonplaas te bou nie, maar om dit oor die plaas te versprei. “Ons het verskeie Ruraflexkragpunte asook kleiner kragpunte wat die huise en ’n paar spilpunte van krag voorsien. Die sonstelsels by die Ruraflex punte se hoofdoel is om krag te voorsien vir die motors wat water uit die Oranje na die spilpunte pomp en oortollige krag word teruggeplaas in die kragnetwerk. Elke punt het sy eie meter wat die verbruik en krediete na Eskom stuur.

Die gesprek raak heel intens toe Karin praat oor Eskom se rekeninge nadat hulle toestemming by Nersa gekry het om krag in die netwerk terug te plaas en nuwe meters is geïnstalleer. Al die boere sal bekend wees met die standaardheffings wat Eskom hef nog voordat enige krag verbruik is. “Op ons rekening is daar ’n administratiewe koste om die meterlesings van ons 10 Ruraflex-punte te neem teen ’n fooi per dag per punt. Die oomblik toe ons krag oplaai op die kragnetwerk, verhoog hulle hierdie koste met 338% per maand net om die lesings, wat elektronies na hulle gestuur word, op die rekening te allokeer.”

Karin verduidelik verder dat die doel van Ruraflex was om in samewerking met die landbou die boere te motiveer om in spitstye van die netwerk af te bly en in ruil sal Eskom goedkoper tariewe hef wanneer hul gebruik buite hierdie “hoëgebruik-” of rooi tydperke val. Beurtkrag veroorsaak tans dat die boer geen keuse meer het gedurende watter ure hy krag gebruik nie, en die effek hiervan op rekeninge is enorm.

Gesien in die ligging van sy plase, noem Joël dat krag nie sy grootste uitgawe is nie, maar wat wel ’n probleem is, is die sekuriteit om ten alle tye voldoende krag te hê. Die totale kapasiteit van die 10 kragopwekkers is 2,1 MW maar hy bereken dat hulle onder die 2 MW sal gebruik. Dit gee hom die sekuriteit wat nodig is om sy gewasse ten alle tye met genoeg water in ’n 24 uur-siklus te besproei. Wel, solank die beskikbaarheid van diesel nie in die volgende krisis sou ontaard nie.

54 OVK NUUS | Maart 2023
Die 240 MW hidroëlektriese kragopwekkingseenheid by die Vanderkloofdam (regs bo by die damwal) is veronderstel om krag in die netwerk te stoot wanneer die verbruik hoog is. ‘n Tipiese sonplaas wat by elk van die Ruraflex-punte opgerig is. In die winter, wanneer die pompe nie water hoef te pomp nie, sal die meeste van die krag wat opgewek word, in die kragnetwerk teruggeplaas word om later as krediete gebruik te word.

Kontrakteurs is besig om sementblaaie by die sonplase te gooi waarop die kragopwekkers gaan staan. Die kragopwekkers sal verseker dat hul die risiko van verlies aan kragvoorsiening totaal verwyder.

Die regering het die produsente op ’n moeilike plek gelos maar soos die gesegde lui: “’n Boer maak altyd ’n plan.” Joël is in ’n posisie om met sonkrag en kragopwekkers in sy energiebehoeftes te voorsien en sodoende verseker te

Een van die pompstasies wat water na die spilpunte uit die Oranjerivier pomp. Die pompe gebruik die meeste krag en elke pompstasie het ’n sonplaas wat wissel van 110 kva tot 500 kva en kragopwekker om permanente gebruik te waarborg.

wees van sy oeste en besigheid. Hy gaan in die toekoms van die kragnetwerk afgaan, en die vraag is: Hoeveel kliënte gaan Eskom op die langtermyn verloor, of kan behou?

Appels is ‘n belangrike uitvoerproduk

Dit is nat en modder veroorsaak dat die bakkie maar kort-kort rigting verloor op die pad na een van die twee groot appelverbouers in die Oos-Vrystaat. Die pad neem jou diep in die valleie van die Witteberge naby Fouriesburg in en dan skielik lê die hektare en hektare blou en wit skadunette van die Zinabos appelverbouing asemrowend voor jou in die miswolke.

Die indrukwekkende pakhuis is ’n miernes van bedrywighede en die oesseisoen is nou in volle gang. Esias Scheepers, een van bekende veeteler Fourie Scheepers se seuns, is in beheer van die appelvertakking. “Ek en my broer Louis wat verantwoordelik is vir die saai vertakking, is al vyfde generasie en my familie was maar altyd veeboere. Dit het by my groot-oupagrootjie begin en so het die geslagte aangehou met die veeboerdery.”

“My pa het in 1980 na Gezina, die familieplaas waar ons almal grootgeword het, teruggekeer en besluit om aandag aan die saai- en beesvertakkings te gee. Daar was maar altyd ’n kontantvloeitekort vanaf Januarie tot April tot die bone gestroop kon word. Hulle het toe navorsing gaan doen rondom alternatiewe vertakkings en moes tussen appels, aspersies en rose besluit. Ons is te ver van die roosmark en met die aspersies moes hulle Sondae werk, wat teen hul geloof is,” lag Esias.

Esias Snr & Fourie het toe in 1992 besluit om die eerste appelbome te plant.“Hulle moes maar bome plant wat beskikbaar was en in 1993 die 1ste boorde geplant. Maar dit was onderstamme wat goed in die Kaap aard maar nie reg vir die Oos-Vrystaatgebied was nie. Hulle het nie tou opgegooi nie en uiteindelik 19 hektaar met appelbome beplant.”

Esias vertel dat die bome wat van die Kaap gekry is, van die ou Gala-variëteite was. Die bome is in 5 meter rye 2 meter uitmekaar geplant met 1 000 bome per hektaar. “Die bome was aggressiewe groeiers en elke jaar moes ons geweldig snoei, net sodat hulle nie deur die nette groei nie en opbrengs kry. My oupa is in 1993 oorlede en my pa kon nie volle aandag aan die appels gee nie.”

Die nuwe boorde se bome word in 3m rye en 1m uitmekaar geplant. Hierdie appels is die nuwe Romeo-variëteit van die Early Red-kultivar. Aangesien die stand hoër is en 3 333 per hektaar geplant word, word meer konstruksiemateriaal gebruik en verhoog die ontwikkelingskoste per hektaar, maar verdubbel die opbrengs.

Fourie het onder andere Pink Ladies ook geplant, wat eers laat geoes word en dit meng toe in met sy boontjieoestyd omdat hy alleen was. Hy haal toe die Pink Ladies uit en behou net die bome wat hy kon bestuur. Hy het gedurig nuwe bome aangeplant, met sy laaste aanplanting in 2006.

56 OVK NUUS | Maart 2023
APPELPRODUKSIE

Esias het in 2003 aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem gematrikuleer en toe vir ’n jaar agsteman vir die Griffons o/19 gaan speel. Op aandrang van sy pa het hy toe by Grootfontein Landboukollege gaan studeer, aangesien hy ’n voorliefde vir vee het. “Dit was die beste besluit van my lewe en ek het daar lewenslange vriende gemaak. Einde 2006 het ek plaas toe gekom. My pa was baie besig met beeste en ek was nie baie geïnteresseerd in die saaiery nie. Hy sê toe ek moet betrokke raak by die appelboerdery.

“Ek het aanvanklik nie veel affiniteit vir appels gehad nie en het nie baie van die pakstoor gehou nie. Ek dink dit is omdat ek altyd gedurende skoolvakansies in die pakstoor moes werk. My pa gee my toe die swakste hektaar bome en sê ek moet dit snoei, spuit en onkuidbeheer doen. My kennis van appels was baie beperk en ek gaan toe vir ’n ses weke appelkursus in Somerset-Wes. Toe ek terugkom, het ek gedink ek weet nou alles van appels,maar op daardie stadium eintlik niks. Ek het gesnoei, takke afgebuig, in die jong boorde die bome gemanipuleer en ek was te gelukkig.

“Net toe die oes mooi aan die bome verskyn, koop ons grond in Colesberg om die skaapboerdery daarheen te skuif en ons hou net die hammels hier. Teen einde 2007 moes ek toe na Colesberg toe verhuis en sien nooit my appeloes nie!” lag Esias.

“Dit was lekker om in die Karoo te wees en om die infrastruktuur op die plaas reg te maak. Ek het drade gespan, besproeiing ingesit en ’n stoor opgerig en na net meer as twee jaar was al die werk klaar. Ek het ook my vrou, Adri, daar ontmoet en teen einde 2009 het ek teruggekom na my geliefde appels toe. My pa het toe al klaar nuwe bome vir 2010 bestel en ek en Adri is ook in daardie jaar getroud. Intussen het ons n nuwe uitbreiding op die plaas Loskop tussen Paul Roux en Bethlehem geplant, waar dit warmer as hier is.

Ontwikkelingskoste vir appelverbouing het verdubbel in die laaste 5 jaar. “Dit het noodsaaklik geword om produksie per hektaar tot die maksimum te verhoog om die geweldige kapitaalinsette te regverdig. Ek het aanvanklik in 2010 bome in rye van 5 m x 2 m geplant, wat 1 000 bome per hektaar is. In 2011 het ek dit verander na 4,5 m x 1,5 m, wat die stand verhoog het na 1 481 bome. Vanaf 2018 plant ons nuwe boorde 3 m x 1 m met 3 333 bome per hektaar. Bome lewer tussen 200 en 300 vrugte, so die produksie-op-

March 2023 | OVK NEWS 57
Esias en Adri in die pakhuis. Hulle is in 2010 getroud en Adri is verantwoordelik vir die administrasie. Die appels begin hul reis deur die sorteringsproses deur in water te dryf en gewas te word.

brengs is verdubbel. Ons gebruik egter meer pale en drade in die konstruksie, wat dan duurder is.

Die nuwe boorde met die hoë stand sal nou in volle produksie gaan. Dit is bome wat deur ’n kwekery in die Oos-Vrystaat voorsien word en hulle is reeds twee meter hoog. Ons het deur die hele land gesoek na geskikte bome, en hierdie bome bly maar die beste. Ek het in 2021 van hulle geplant - ons het vanjaar reeds 18,6 ton per hektaar geoes en volgende jaar sal dit 30 ton wees.”

Met Esias se terugkeer was die pakhuis maar klein en 70 werkers het tot 38 ton per dag gepak met ’n sorteerder wat Fourie tweedehands gekoop het in 1999.

“Die uitbreidings het ons laat besef dat die huidige sorteer-, pak- en stoorfasiliteite nie groot genoeg gaan wees nie. Vervaardigers in Frankryk is deur vriende van ons aanbeveel en in 2016 het Fourie die vervaardigers MafRoda se fabriek gaan besoek.”

Hulle benodig ’n sorteermasjien waarmee hulle 11 ton per uur kan sorteer. Esias vertel hoe die ingenieurs binne ’n dag die ontwerp gedoen het en ’n jaar later in November het vraghouers op die plaas aangekom. “’n Span van vyf mans

van Suid-Afrika daag toe op om die masjien aanmekaar te sit. Ek dog by my myself: Hier is nou moeilikheid! Vyf ouens gaan maande neem om die hele masjien aanmekaar te sit. Die masjien pas toe soos ’n legkaart inmekaar en 16 dae later is hulle klaar!”

Die masjien is toe getoets, Esias word deur MafRoda opgelei en tot hulle verligting is alles gereed vir oestyd. “Vandag pak ons met 115 werkers tussen 11 en 14 ton per uur vanaf middel Januarie tot die eerste week in Mei. Ons is in totaal so 140 wat in die pakhuis werk met nog 150 wat buite oes. Die werkers is almal plaaslike mense en as ek twee of drie nuwe mense per jaar kry, is dit baie. Dieselfde mense kom elke jaar werk, wat ’n groot voordeel is.” Buite die oesseisoen het hulle nagenoeg 50 werkers om na die ongeveer 250 000 boompies om te sien!

Ryp bly die appelprodusent se grootste vyand en elke boer gebruik sy eie tegnieke om die oes te beskerm. Hulle het temperatuurmeters oor die boord versprei en as die temperatuur onder 1,5° C daal, word hulle per selfoon gewaarsku. “Daar is talle manier om ryp te bestry. Ons gebruik onder meer waaiers op die laagste dele en brand elke 12 meter bale om die boorde. Bykomend gebruik ek ’n ou silodroër waarin jy steenkool gooi en met ’n trekker deur die boorde sleep. ’n Waaier stoot die warm lug boontoe. Ons maak ook gebruik van besproeiing,” verduidelik Esias.

“Die sorteermasjien kan vier verskillende kleur & klasse sorteer wat hoofsaaklik : 80% -100% (kleur 4), 50% – 80% (kleur 3), 30% – 50% (kleur 2) en 0% tot 30% (kleur1) en dan ook 4 klasse Hulle voer tot 70% van die oeste na oorsese markte uit. Esias verduidelik dat van kleur 2-4 uitgevoer kan word en kleur 1 na binnelandse markte gestuur word. Hulle verbou hoofsaaklik vyf kultivars, naamlik die Gala tipe, Top Reds, Granny Smith, Fuji en Pink Lady.

“Ons oeste in die Oos-Vrystaat is die eerstes in die suidelike halfrond om ryp te word, so ons domineer die markte vir ’n week of twee. Die uitge-

58 OVK NUUS | Maart 2023
Waaiers is een van die hulpmiddels wat gebruik word om ryp te bestry. Esias brand ook bale en gebruik ’n helikopter om die oes te beskerm wanneer ryp op die boord neerdaal. Esias verduidelik dat die handelnaam “FLASS” uit die beginletters van die vier kinders se name: Francis, Louis, Adinie en Sias Scheepers saamgestel is. Die vier grade word in die vier verskillende kleure bokse gepak.

voerde produk moet teen -0,5°C verkoel word. Ons probeer om te oes, die appels vir een dag te verkoel en dan eers te verpak. My koelkamers waarin die verpakte bokse gestoor word, is gestel vir tussen 3°C en 5°C. Die appels word oornag na 10° tot 11° verkoel en dan in koeltrokke na die Durbanse hawe vervoer. Die ideaal is om die appel onder 7° te verkoel, want dan stop die rypwordingsproses.”

Esias verduidelik dat die Oosterse markte vereis dat die appels binne ’n plastieksak in bokse verpak moet word. Die plastiek hou van die koue binne aangesien hulle nie daar verkoelingsfasiliteite het nie, en is ook belangrik vir higiëniese doeleindes aangesien die markte maar vuil is en van die produk op straat verkoop word.

Die plastieksak bring mee dat die appels, in plaas van om vir die gewone 48 uur by die hawe verkoel te word, nou 72 uur verkoel moet word teen ekstra koste. Die bergingskamers bring die temperatuur af na -0,5°C toe. As die appel verkoel word na -1°C is hy nie meer bemarkbaar nie. Sodra die regte verkoe-

lingstemperatuur bereik is, word die appels in vraghouers verpak wat dit teen -0.5° verkoeling hou, en verskeep. Taiwan vereis dat die produk vir steriele doeleindes vir 7 dae teen -0.5° verkoeling gehou word. Volgens Esias word dit sommer in die vraghouer gedoen, wat in elk geval langer as 7 dae op see is.

Appelverbouing in die Vrystaat het nie baie in sewe jaar toegeneem nie en staan nou volgens Esias op tussen 650 en 700 hektaar teenoor die 600 hektaar in 2016. Daar is ses pakhuise in die Vrystaat, maar dit sal nog vermeerder.

“Ek is opgewonde oor die toekoms. Ons verkeer in ’n posisie waar ons altyd vroeg in die mark is en die gaping tot ons voordeel kan gebruik, wat ’n voortdurende pluspunt is. Daar sal wel nuwe kultivars in die Kaap geplant word wat hulle vroeër toetrede tot die mark kan gee, maar ons kan dit ook plant. Wat my wel bekommer, is dat die prys van ons produkte vir ses jaar op dieselfde vlak gebly het en dit is maar net die swak wisselkoers wat in ons guns tel. In die vrugtebedryf vaar appels egter nog beter as sitrus.”

Die verpakkingsproses en verkoelingseenhede kan nie tydens kragonderbrekings tot stilstand kom nie, en hulle het netwerkgekoppelde sonpanele op die dak van die pakhuis geïnstalleer.“Een ding waarvan die masjiene nie hou nie, is om aanen afgeskakel te word met die gepaardgaande pieke en ons het dus batterye en ’n rigtingwisselaar aangekoop waarmee die pakhuis en sorteermasjien van genoeg konstante krag voorsien kan word. Die verkoelingseenhede se kragverbruik word deur ’n kragopwekker verskaf, aangesien ’n batterystelsel nie ekonomies is nie.”

Die koste van elektrisiteit word ’n belangrike faktor in die produksie van vrugte en die verkoeling daarvan. Omdat die prys van appels oor ses jaar nie veel gestyg het nie, moet die verhoogde koste deur hulle self geabsorbeer word, wat die winslyn negatief beïnvloed. Dit vereis beter en meer effektiewe bestuur om die marge weer op te stoot, iets wat Esias Scheepers vir seker kan doen.

60 OVK NUUS | Maart 2023
’n Gesofistikeerde stelsel sorteer die appels in die 4 kwaliteitsgrade. Elke werkstasie pak ’n sekere kwaliteit in sy eie spesifieke kleur boks. Die reënwolke lê nog swaar oor die hektare appelboorde wat op die plase Kransfontein en Violet in die Witteberge se valleie naby Fouriesburg aangeplant is.

‘n Goeie selfbeeld vir my kind

Is ’n goeie selfbeeld iets wat jy vir jou kind kan gee, soos wat jy ’n geskenk van ’n winkelrak afhaal en in sy hand sit? Is dit iets wat ons kan verduidelik en die volgende dag is dit daar omdat die gesprek nou plaasgevind het? Dit is geensins so maklik nie en tog is dit iets wat elke ouer graag vir hul kind wil hê.

Aan die begin van die jaar is dit sommer nog meer duidelik hoe nodig dit is dat ons kinders met selfvertroue en waagmoed hul dagtaak aandurf. ’n Nuwe klas, nuwe juffrou, nuwe fase, nuwe sportafrigters, eerste krieketoefening, ’n eerste aflaai by ’n Graad Eenklas of selfs ’n eerste koshuis of Hoërskool…’n eerste sokkie. Iewers moet ons as

ouers terugstaan en toekyk hoe hulle op hul eie bene moet staan en die lewe in die oë kyk en al wat ons kan doen is toekyk. Om as ouer toeskouer te wees in sulke situasies, is nie altyd ’n maklike taak nie. Vra maar die mamma of pappa wat gereeld huil-oproepe van die koshuis af kry, vra die ouer wat moet kyk hoe sy kind met geboë skouers en oë grond toe die klas insluip, vra die een wat by die sport eers trane in die kar moet afvee voor hul uiteindelik uitklim om deel te neem.

Waar begin selfbeeld ontwikkel?

Volgens die Drie-in-Een Breinteorie van Paul McLean, en ook soos wat dit in baie boeke geskryf deur Dr. Melodie de Jager, verduidelik word, resoneer emosies juis van dit

62 OVK NUUS | Maart 2023
OUERRAAD

wat op ’n fisiese vlak gebeur. Wat beteken dit in praktyk vir my kind? Dit beteken dat my kind genoeg aanraking moet kry. Fisiese stywe drukkies – ja, selfs daardie nukkerige tiener wat nie gedruk wil word nie! Eintlik juis daardie nukkerige tiener, daardie kwaai kleuter en die kind wat dit botweg weier. Aanraking bly ’n kind se eerste taal en beweging ’n kind se tweede taal. Ons kinders moet genoeg speel en beweeg. Kleuters moet baie meer vryespel geniet en ure buite speel in plaas van gestruktureerde spel of skermtyd.

Skoolgaande kinders moet sport doen, beweeg en ook net vryelik kan speel. Die oomblik wat ons ons kinders se eerste twee tale praat, ontwikkel propriosepsie. Propriosepsie kom vanaf die Latynse woord propria – dit beteken: “My eie”. Die kind ontwikkel dus ’n interne, fisiese beeld van waar sy lyf begin en eindig. Dit is die eerste hoeksteen vir die vorming van ’n goeie selfbeeld. Tot ek nie weet waar my lyf is en gemaklik in my eie lyf is nie, is dit baie moeilik om emosioneel ’n goeie selfbeeld te kweek.

Die emosionele reis

Wanneer ’n kind veilig voel en geanker is in sy lyf, begin die emosionele reis na ’n goeie selfbeeld. Die eerste element is onafhanklikheid. Dit is belangrik dat ’n kind eers fisies onafhanklik is van sy ouer, voordat emosionele onafhanklikheid in plek kan wees. Kinders moet self sorg vir hulle besittings, hul toilet- en slaaproetine onafhanklik bemeester, onafhanklik verken en leer, met selfvertroue iets vra as hulle iets nodig het en take onafhanklik voltooi. Solank as wat

ouers alles vir hulle kinders doen, gaan selfvertroue agterweë bly.

Impulse is gedagtes wat oorgaan in dade. ’n Kind moet leer om te kan STOP en te kan wag. Impulsbeheer is belangrik sodat ’n kind kan stop, dink en dan doen/optree/reageer. Dit is nie ’n vaardigheid wat met ouderdom kom nie, maar ontwikkel moet word. Weereens moet ’n kind fisies vir lank genoeg kan stop en stilstaan, voordat sy emosies (woede, kwaad, huil) kan stop.

’n Kind moet impulsbeheer en onafhanklikheid bemeester voordat hulle kan konsentreer. Ja, konsentrasie is ’n emosionele vaardigheid. Wanneer ’n kind nie gesond en gebalanseerd eet, genoeg slaap of ferm grense het nie, kan dit ook konsentrasie belemmer. Kinders met neuro-

March 2023 | OVK NEWS 63

ontwikkelingsagterstande sukkel met bogenoemde vaardighede en het soms ’n terapeut of kenner nodig om hiermee te help.

Wat kan ons as ouers verder doen?

Nie net is selfbeeld ’n interne reis nie, maar eksterne faktore speel ook ’n rol. Kinders moet fisies en emosioneel ontwikkel om uiteindelik veilig te voel in hul lyfies, goed te voel oor hul taakvoltooing en onafhanklikheid. Maar ’n goeie selfbeeld word ook gekweek deur ’n kind in gunstige omstandighede te plaas.

Teresa Coetzee reken dat ’n gesonde selfbeeld die grondslag van jou kind se toekoms is, omdat dit op die ou end gaan bepaal hoe hy of sy suksesse en teleurstellings gaan hanteer.

Wanneer ons as ouers oorbeskermend is, is kinders huiwerig om te waag of risiko’s aan te pak. As gemengde boodskappe en negatiewe reaksies aan die orde van die dag is, skep dit ’n swak selfbeeld. Onredelike verwagtinge laat hul altyd soos mislukkings voel. Wie het gesê ouerskap is ooit maklik? Ek lag sommer kliphard want soms voel dit selfs vir my of ek 90% van die tyd besig is om droog te maak. Welkom by ouerskap; dis voorwaar ’n uitdaging, maar beslis elke oomblik die moeite werd!

’n Paar idees om selfbeeld te verbeter

l Gee onvoorwaardelike liefde. Kinders moenie werk vir ons liefde nie. Dit moenie net in sekere omstandighede wees nie. Hulle moet weet selfs op hulle slegste dae, is ons die liefste vir hulle.

l Gee aandag. Volle aandag. Aktiewe luister en aanraking: Ek sien jou, ek hoor jou! Dit laat hulle belangrik voel. Die meeste kinders se klagtes is dat ouers nie luister nie, nie van hulle selfone af opkyk as hulle praat nie of nie kan onthou as kinders hulle iets vertel het nie.

l Leer vir jou kind perke. Stel konstante grense: Dis nie om kwaai te wees nie, dis om sekuriteit te bied. Grense en reëls wat konsekwent toegepas word, laat jou kind veilig voel.

l Ondersteun nuwe uitdagings en moenie hulle gees demp nie. Help met beplanning om mislukkings te vermy.

l Laat hulle toe om foute te maak. Laat hulle toe om te verloor met ’n speletjie! Dit leer hulle waardevolle lesse.

l Fokus op hul positiewe eienskappe en herinner hulle aan hul eie uniekheid. Elkeen het sterker punte om op te fokus, eerder as om net die negatiewe uit te wys.

l Maak oogkontak as hulle met jou praat – los alles en kyk vir hulle.

l Moet hom nooit met ander boeties/sussies of familielede vergelyk nie.

l Toon empatie en erken ’n emosie. Laat hulle verstaan dat dit normaal is om die emosie te ervaar en gee leiding hoe om daarmee te werk te gaan.

l Glo in jou kind en moedig hom aan – altyd!

64 OVK NUUS | Maart 2023
Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het �n nagraadse kwalifikasie in Psigo- Opvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za

Vermy lekaanvulling slaggate hierdie winter

As daar krities gekyk word na die reproduksie prestasie van die meeste kommersiële vleisbees kuddes in Suid–Afrika, merk ons kommerwekkende tendense. Alhoewel ‘n speenpersentasie van 85% as algemeen aanvaarbaar beskou word, is dit in werklikheid vir min kuddes ‘n realiteit. Voeg daarby die herkonsepsie syfer op eerste kalf koeie, wat telkens onder 60% daal, en tussenkalfperiodes (TKP) van > 450 dae, dan moet ons wonder, waar val die pap op die grond?

Ekonomiese aanvulling van weidende diere, berus op die bestuur van die dier se liggaamskondisie. Die verwantskap tussen reproduksie doeltreffendheid en liggaamskondisie is duidelik gedokumenteer in verskeie studies. Dit is egter die bestuur in die balans tussen natuurlike hulpbron aanbod, verlangde produksie uitset en ekonomiese strategiese aanvulling waar die kruks lê.

Faktore wat nadelig kan impakteer op hierdie balans verskil van produsent tot produsent, maar algemene oorsigte wat ons sien, sluit in: reaktiewe aanvulling in stede van pro-aktiewe aanvulling, waar produsente tipies te laat begin met strategiese winteraanvulling en diere reeds kritiese kondisie begin verloor het. Hierdie is baie “duur” kondisie om te herwin. Dieselfde geld vir gevalle waar ons te vroeg die winteraanvulling onttrek. Ons winters is tipies langer as wat die persepsie is.

Nog ‘n punt van belang, is die verwagting dat as produk A, by my buurman goed presteer, die produk net so goed op my plaas sal vaar. Baie produkte het ongelukkig op die wyse onnodig ‘n slegte reputasie ontwikkel. Feit bly staan dat die hulpbron aanbod van plaas tot plaas verskil, so ook die produksie doelwitte, verwagte uitsette en genetiese potensiaal van die diere. Dit is dus krities belangrik om die keuse van jou produk te belyn met die ekonomiese en reproduksie doelstellings vir jou plaas.

Met die huidige koste knyptang moet ons veral nou waak vir die ou gesegde van “goedkoop koop is duur koop”. Daar is baie goedkoop opsies beskikbaar, maar dit is ongelukkig soms ‘n baie duur opsie wat te laat besef word met sub-optimale diereprestasie ‘n paar maande later. Vergelyk appels met appels en plaas ‘n premie op produk kwaliteit (klaarproduk en grondstofbronne), tegniese ondersteuning en produk innovasie. In plaas van die Rand per sak som, maak eerder die Rand per Ru-proteïen som, of die Rand per MJ energie som. Onthou 2 kompeterende produkte kan as voorbeeld beide 40% Ru–proteïen bevat, maar kan wesenlike verskille tot gevolg hê, as dit kom by gerealiseerde marges per koei of per hektaar.

Nutri Feeds bied pasmaak oplossings vir Suid -Afrikaanse uitdagings. Die Nutri Feeds winter produkreeks bied aan die produsent ‘n aantal hoë kwaliteit, koste doeltreffende aanvullingsopsies, wat deur ‘n span wetenskaplikes in samewerking met voedingkundiges geformuleer is, om volhoubare winsgewende diereprestasie te bevorder.

66 OVK NUUS | Maart 2023
PROMOSIE
Phillip Lee (Nutri Feeds)

The Holistic Approach

Grazing management is one of the most significant management factors within the livestock farmer’s control. While we are generally well aware of the effects that grazing management plays in animal production as well as plant health, we tend to overlook the effect that it has on soil health.

The holistic approach to farming tries to consider all the various components within an existing ecosystem, and how these different elements tend to have a knock-on effect on other components. This is contrary to most farming practices, where we tend to focus predominantly on only one or maybe two production components, such as livestock production for instance.

As farmers, who rely so intensively on nature to enable our production, it is important that we understand the complexity of an ecosystem and pay attention to all the various aspects in order to gain better production efficiency and to ensure that we maintain and improve our resources for future generations.

Grazing management is not a new concept and is widely used in various forms, with the central aim of controlling animal grazing in order to ensure that the veld condition remains healthy by preventing over-grazing and veld deterioration. What sets a holistic grazing management plan apart from most conventional systems is that it is not fixed, but rather encourages flexibility based on various ecosystem and climatic considerations.

When grazing is viewed from a holistic point of view, one starts to think about how the chosen grazing management plan will affect the soil, soil microbes, water infiltration, plant biodiversity and health, plant cover, animal production and health, and even the entire system’s effect on carbon sequestration and other atmospheric gases.

Soil health has recently become a hot topic, which comes as no surprise since the benefits of healthy soil have a huge impact on production, cost reduction and climate mitigation. Soil structure, life and health directly impacts the health of the water cycle with trampled, loose soil, high in organic matter, having a much better water infiltration and retention rate than that of nutrient drained and compacted soil. Studies have indicated that a 1% increase in organic matter (which would be about a 0.5% increase in soil carbon) can cause the soil to hold 150 000 litres more water per hectare. This stresses the fact that it is not only the amount of rain that falls per hectare, but also the condition of the soil that matters in terms of water efficiency.

Soil structure is improved with a combination of organic matter content, which increases the soil’s nitrogen levels and subsequently improves the soil life. The soil microbes, insects and animals, in turn, further improve the soil structure, for example: Earthworms in healthy soils can increase the soil’s water holding capacity by up to 35 times. This illustrates how complex and integrated nature is, and why we need to try to view it as a whole instead of as separate parts.

68 OVK NUUS | Maart 2023
GRAZING MANAGEMENT

The plant life is enhanced by healthy soils as the amount of nutrients and water available to them is improved, and conversely the soil life improves as the plants recycle more carbon into the soil. Furthermore, the soil bed is now able to sustain more palatable plant species as the plant succession from pioneer to subclimax and ultimately climax plant species is promoted, and biodiversity thus increases, which stimulates biodiversity amongst the soil microbes as different plant nutrients become available. This biodiversity in soil microbes is essential to ensuring that problematic populations and pests are kept in balance and not able to out-compete the more desirable microbes, and the same principle applies to plants.

For this system to work effectively, it is imperative that we aim to increase the live roots in the soil, while at the same time reducing bare patches of soil above ground. Bare patches of soil increase soil temperatures, thus changing the micro-ecosystem, making it uninhabitable for soil microbes, and bare soil is also sensitive to soil erosion.

Animal health and performance benefit from a denser plant cover and the increased number of more palatable plant species. The gain is thus obvious in

both quality and quantity of available foliage, and as the plant density improves over time, it may become possible to increase animal numbers and improve overall production.

Animals in rangeland farming practices should be seen as both: converters of cellulose into human consumable products, (such as wool, mohair, milk, meat and leather) and as tools to manage and improve plant and soil health. Animals act as tools, if managed correctly, because they trim down the plant which stimulates new growth and keeps the plants in their palatable stage of growth, causing them to be more effective at recycling carbon.

The soil is replenished by the natural fertilizer deposits, the soil mulch from the trampled plants and soil disturbance, preventing the soil from crusting over and becoming unfavourable to support life. Here it is crucial to note that plants should not be grazed excessively and then be exposed to another graze before having had enough time to replenish their root reserves, as this will lead to over-grazing and the plants will suffer.

The more palatable species are obviously more susceptible to this, which will lead to those species becoming extinct, eventually resulting in land degradation.

March 2023 | OVK NEWS 69

Animal performance will also most certainly suffer as a result of over-grazing. Time is the determining factor in the success of this holistic management system and we, as custodians of the land, must remain vigilant and flexible with regard to the growth stage of the plants.

This means that, if we experience extremely hot weather or strong winds over a period of a couple of days, we need to be flexible in our rotational system and move our livestock accordingly so as not to overgraze the plants that will be experiencing more stress due to the weather conditions.

It is also important to note that the plant is much more sensitive to grazing during its active growing stage (typically spring to late autumn). This is therefore the time when we need to look after our grazing, while in the dormant season, our attention should shift towards preparing the soil bed, through the use of livestock, for the next growing season.

In this system we also need to look after the health of our animals. While a holistic grazing system will lend itself well to parasite control because animals are moved more frequently, we need to always consider the stress levels that the animal is exposed to and how this might influence optimum production. For

instance, ewes in late pregnancy need good quality grazing. If the ewe is pregnant with multiples, she will most likely need better quality food than the veld can provide, and we need to adjust our management accordingly.

Ewes that are lambing and that have very young lambs will likely not do well in large flocks, unless a herder is present to monitor the lambs (note that active herding during this time should be ceased and interference kept to a minimum). The bottom line is: Sometimes we need to look after the needs of our grazing; but at other times we will need to look after the needs of our animals.

Keeping a holistic approach to farming means that we need to be open minded and flexible; to be receptive to change and consider how the management of one component within an existing ecosystem will affect all the other components. As Allan Savory describes holism: “Individual parts do not exist in nature, only wholes and these form and shape each other.”

This perhaps gives more depth to God’s intention according to Genesis 1:26 (NIV): Then God said, “Let us make man in our image, in our likeness, and let them rule over the fish of the sea and the birds of the air, over the livestock, over the earth, and over all the creatures that move along the ground.”

70 OVK NUUS | Maart 2023
72 OVK NUUS | Maart 2023
March 2023 | OVK NEWS 73
74 OVK NUUS | Maart 2023

Die OVK tydlyn oor 30 jaar.......

Hierdie reis het in 1993 begin en die laaste drie dekades kan bondig omskryf word deur die volgende groeimomente:

l Oos Vrystaat Kaap Koöperasie Beperk het in 1993 ontstaan deur amalgamasie van vier koöperasies naamlik Ladybrand-, Ficksburg -, Clocolan -, en Albert Koöperasie Beperk. Hulle het onderskeidelik in 1920, 1919, 1919 en 1930 as boerekoöperasies ontstaan en is so bedryf tot 1993.

l In 1999 is OVK Koöperasie omgeskakel na ‘n bedryfsmaatskappy, naamlik OVK Bedryf Beperk, met OVK Beherend Eiendoms Beperk as beherende maatskappy.

l In 2001 is vier handelswinkels van Senwes gekoop en omskep tot OVK-handelstakke (Bethulie, Reddersburg, Fauresmith en Koffiefontein).

l In 2002 is ‘n aandeel van 34% in Cape Mohair and Wool (CMW) bekom en is 2 verdere handelstakke (onder die CMW-handelsnaam) in bedryf gestel, naamlik Graaff-Reinet en Willowmore. Hierdeur is wol- en sybokhaarhandel, asook lewendehawebemarking, as bedrywe tot OVK toegevoeg.

l In 2004 is verdere Senwes-handelswinkels aangekoop (Arlington, Winburg en Ventersburg).

l In 2004 het OVK suksesvol met Karoo Oranje Landboumaatskappy Beperk (KOLK),‘n Noord-Kaapse landboumaatskappy met sy hoofkantoor te Hopetown, onderhandel en is dit met OVK geamalgameer. Hierdeur is OVK se belang by besproeiingsboerderye ruim uitgebrei en is vier handelswinkels, twee graansilo’s en ‘n moderne abattoir tot die infrastruktuur toegevoeg.

l In 2005 is verdere handelswinkels van Senwes aangekoop (Smithfield, Dewetsdorp en Edenburg).

l In 2007 is ‘n nuwe handelswinkel naby Jacobsdal in die Rietrivier-besproeiingsgebied geopen.

l In 2013 is sterk op die terrein van diereveselproduksie en -bemarking (wol en sybokhaar) uitgebrei deur die verkryging van ‘n 100%-belang in CMW. Op 1 September 2014 is OVK en CMW volledig geamalgameer.

l In 2014 het OVK ‘n moderne koringmeule in Clocolan geopen.

l ‘n Besondere mylpaal is in 2014 bereik toe die Somerset-Oos-handelstak as 50ste tak in bedryf gestel is.

l In 2014 is ‘n Oos-Vrystaatse meganisasietak in Bethlehem in bedryf gestel na verkryging van die Massey Ferguson-agentskap.

l In die periode 1 Maart 2015 tot 30 September 2022 was Gariep Abattoir 100% geaffilieer met die OVK Groep, waarna dit gesluit is.

l In 2018 is die Toyota-agentskap te De Aar bekom.

l In September 2022 is ‘n handelstak te Wesselsbron in bedryf gestel.

l Op 1 Julie 2022 is die opwindende veld van elektrifisering deur sonkragstelsels betree deur die verkryging van ‘n belang van 60% in Olivia Energy Solutions van Bloemfontein.

76 OVK NUUS | Maart 2023
30 JAAR OPGESOM

A long-term collaboration that never stops growing

When a collaboration stands the test of time, it becomes more than just about providing a product or service. It’s about offering our expert advice and insights that provide a deeper understanding of the sectors in which we serve and offer tailor-made solutions to suit our clients’ individual needs.

Technology changes, so do we. Climates change, we adapt. With the constant changes in the agricultural sector, we’d like to congratulate OVK on reaching their 30th anniversary, and we’ll continue assisting them on their journey as they grow to their full potential.

Authorised Financial Services Provider Registered Credit Provider Reg No NCRCP7 Corporate and Investment Banking
The bravery to imagine and the will to get things done. That’s Africanacity.
cib.absa.africa

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.