
1 minute read
Die OVK tydlyn oor 30 jaar.......
MC Fourie
Hierdie reis het in 1993 begin en die laaste drie dekades kan bondig omskryf word deur die volgende groeimomente: l Oos Vrystaat Kaap Koöperasie Beperk het in 1993 ontstaan deur amalgamasie van vier koöperasies naamlik Ladybrand-, Ficksburg -, Clocolan -, en Albert Koöperasie Beperk. Hulle het onderskeidelik in 1920, 1919, 1919 en 1930 as boerekoöperasies ontstaan en is so bedryf tot 1993. l In 1999 is OVK Koöperasie omgeskakel na ‘n bedryfsmaatskappy, naamlik OVK Bedryf Beperk, met OVK Beherend Eiendoms Beperk as beherende maatskappy. l In 2001 is vier handelswinkels van Senwes gekoop en omskep tot OVK-handelstakke (Bethulie, Reddersburg, Fauresmith en Koffiefontein). l In 2002 is ‘n aandeel van 34% in Cape Mohair and Wool (CMW) bekom en is 2 verdere handelstakke (onder die CMW-handelsnaam) in bedryf gestel, naamlik Graaff-Reinet en Willowmore. Hierdeur is wol- en sybokhaarhandel, asook lewendehawebemarking, as bedrywe tot OVK toegevoeg. l In 2004 is verdere Senwes-handelswinkels aangekoop (Arlington, Winburg en Ventersburg). l In 2004 het OVK suksesvol met Karoo Oranje Landboumaatskappy Beperk (KOLK),‘n Noord-Kaapse landboumaatskappy met sy hoofkantoor te Hopetown, onderhandel en is dit met OVK geamalgameer. Hierdeur is OVK se belang by besproeiingsboerderye ruim uitgebrei en is vier handelswinkels, twee graansilo’s en ‘n moderne abattoir tot die infrastruktuur toegevoeg. l In 2005 is verdere handelswinkels van Senwes aangekoop (Smithfield, Dewetsdorp en Edenburg). l In 2007 is ‘n nuwe handelswinkel naby Jacobsdal in die Rietrivier-besproeiingsgebied geopen. l In 2013 is sterk op die terrein van diereveselproduksie en -bemarking (wol en sybokhaar) uitgebrei deur die verkryging van ‘n 100%-belang in CMW. Op 1 September 2014 is OVK en CMW volledig geamalgameer. l In 2014 het OVK ‘n moderne koringmeule in Clocolan geopen. l ‘n Besondere mylpaal is in 2014 bereik toe die Somerset-Oos-handelstak as 50ste tak in bedryf gestel is. l In 2014 is ‘n Oos-Vrystaatse meganisasietak in Bethlehem in bedryf gestel na verkryging van die Massey Ferguson-agentskap. l In die periode 1 Maart 2015 tot 30 September 2022 was Gariep Abattoir 100% geaffilieer met die OVK Groep, waarna dit gesluit is. l In 2018 is die Toyota-agentskap te De Aar bekom. l In September 2022 is ‘n handelstak te Wesselsbron in bedryf gestel. l Op 1 Julie 2022 is die opwindende veld van elektrifisering deur sonkragstelsels betree deur die verkryging van ‘n belang van 60% in Olivia Energy Solutions van Bloemfontein.
Advertisement
