OVK Nuus / OVK News - Desember / December 2022

Page 1

Uitgewer/Publisher

Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96 Ladybrand 9745

Besturende Redakteur Managing Editor Stéfan Oberholzer

Redakteur/Editor

Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618 ovknuus@ovk.co.za

Redaksionele artikels/Editorial Articles

Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, except where otherwise indicated.

Medewerkers/Contributors

Igna Kotze

Dr Dedré Nel Christel Basson

Proeflees/Proofreading Marna Alberts

Advertensies/Advertising

Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za

Uitleg/Layout Francois Seymore

Drukkers/Printers

Oranje Print & Packaging Senekal

OVK Hoofkantoor/ Head Office 051 923 4598, klantediens@ovk.co.za

Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aan spreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie.

The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements.

Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word.

Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor.

Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld. Besoek www.ovk.co.za om ‘n elektroniese weergawe van die tydskrif te lees..

The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply. Visit www.ovk.co.za to read an electronic version of the magazine.

INHOUD | CONTENTS

VOORBLAD

Springmielies neem internasionaal in gewildheid toe en uitvoere styg jaarliks. Ons besoek Biggi Popcorn buite Hopetown om meer oor hul gesonde peuselhappie uit te vind.

COVER

The popularity of popcorn is increasing internationally and exports are escalating. We visit Biggi Popcorn outside Hopetown to learn more about this healthy snack.

Uit die Woord

Oor die Grensdraad

Kersboodskap van die voorsitter van die OVK groep direksie

Carbon Footprint and Regenerative Farming

Geheimsinnige kasteel ‘n belewenis

Kraankuil jongooiklub soek beste ooi

Siektes en voorkomende maatreëls

Die einde is in sig

Vroue kry baie inligting by boerderydag

Springmieliegewas groei in gewildheid

30ste Gholfdag ‘n groot sukses vir liefdadigheid

New Massey Ferguson 8S series launched

Praktiese boedelbeplanningoorwegings

Belangrike toekennings oorhandig

Op die vrou af

Marseilles verhoog silokapasiteit

December 2022 | OVK NEWS 1
DESEMBER/DECEMBER 2022 2
3
4
6
8
12
14
16
20
22
26
28
30
34
36
40
0612 8 34 20

KERSFEES, WONDERWERKE EN MISTERIE VAN GEBED

As daar iets is wat na my mening baie geloofsverwarring en selfs geloofsontnugtering veroorsaak, is dit gebed. As God almagtig is, waarom doen Hy nie wat ons vra nie? Mense smeek dikwels om uitkoms, wat nie gebeur nie. Ek onthou hoedat ek al vir lidmate gebid en om genesing gesmeek het, net om hulle ’n week later te begrawe. Die wonderwerke van Jesus verwar ook ons belewenis van die werklikheid, want as Hy wonderwerke kon doen, waarom gebeur dit so min in ons lewens? Sekere gelowiges laat ons ook soms twyfel wanneer hulle met groot sekerheid oor gebed praat, terwyl ons die lewe en gebed anders beleef as wat hulle dit voorhou.

Kersfees is die geskiedenis van ’n God wat die dilemma van die mens raakgesien het, naamlik dat ons nie onsself kan red nie en dat die mense van die Ou Testament ook nie kon verstaan wat God van sy mense, wat Hom moes verteenwoordig, verwag nie. Jesus het kom wys hoe ons behoort te lewe en het die skuld van die mens aan die kruis betaal. Die wonderwerke van Jesus was nooit bedoel om die begin te wees van ’n wonderwerkoplossing wat deur gebed geaktiveer word nie. Die wonderwerke se doel was om aan die destydse mense te wys dat Jesus die langverwagte Messias en Verlosser was. Jesus het ook nie destyds alle vasgeloopte situasies met wonderwerke opge los nie. Sy geboorte was ook die voorloper van God wat ongeveer 33 jaar later permanent by sy kinders teenwoor dig sou wees deur die Heilige Gees.

Waar pas gebed dan in? Gebed is nie ’n towerstaffie wat alles laat gebeur soos wat ek vra nie en die “Wonderwer ker” tot aksie laat oorgaan nie. Jesus se gebed in Getse mane leer ons dat gebed eerder ’n instrument is wat ge bruik word om ons gevoelens en afhanklikheid van God te bely en ook om ons paraat te maak om die krisisse te kan hanteer wat deel van die lewe is. Jesus het gereeld een kant gaan bid om weer krag te kry vir die volgende dag wat voorgelê het.

Ons lees ook hoedat Jesus voor die kruisiging in Getse mane gaan bid het en twee maal gevra het dat die beker van die kruisiging weggeneem moes word, en na die der de keer wat Hy gaan bid het, was Hy gereed om die pyn like toekoms tegemoet te loop. Gebed doen dus eerder werk binne-in ’n mens as wat dit dinge buite jou verander. Jesus kry krag in gebed om die kruispad wat voorlê nie weg te bid nie, maar om Hom gereed te maak daarvoor.

Laastens: Wanneer Jesus sê: “Bid en vir julle sal gegee word” dui die konteks op die pleidooi om wysheid om opregte mense en hartelose mense uit mekaar te kan ken. In Matteus 7 lees ons dat Jesus ons aanmaan om nie die splinter in ons naaste se oog raak te sien en die balk in ons eie oog mis te kyk nie. Daarna lees ons die woorde: “Moe nie julle pêrels voor die varke gooi nie, want hulle sal om draai en julle verskeur” en dan volg die woorde: “Bid en vir julle sal gegee word.” Jesus is baie realisties. Ons moenie ’n gees van veroordeling hê nie, maar ons moet ook nie dom en naïef wees oor mense nie. Ons moet besef dat daar mense is met wie jy nie jou diepste gevoelens kan deel nie, want hulle sal met jou en jou gevoelens mors. Die belofte: “Bid en vir julle sal gegee word” gaan dus oor die wysheid wat gegee sal word om opregte en onopregte mense uitmekaar te kan ken.

Mag julle deur gebed innerlik gereedgemaak word om die Vrede van Kersfees te beleef. Vrede vir julle.

2 OVK NUUS | Desember 2022
UIT DIE WOORD Dr Danie Kleynhans, NG Moedergemeente, Ladybrand

REDAKSIONEEL

GRENSDRAAD

FRANCOIS SEYMORE

Dit wil voorkom of die jaar gaan afsluit soos hy begin het, met nat lande en boere wat sukkel om óf te plant óf te oes. Volgens alle aanduidings gaan ons nog tot in die volgende jaar geseënd wees met nat toestande. Daarmee gepaard is kragvoorsiening onbetroubaar en die effek wat beurtkrag op die ekonomie gaan hê, sal nog vir jare onduidelik wees. Teen R20 miljoen rand per kilowatt hernubare krag, gaan die investering astrono mies wees.

Die politiek raak net vreemder en alle oë sal op die ANC se verkiesingskonferensie wees. Jy kan deesdae ’n presidentskandidaat wees, al moes jy as minister be dank weens een van die grootste korrupsieskandale tydens die Covid-19 inperking. Wag daar son op ons of is dit donker wolke op die horison? Intussen stort die infrastuktuur net verder ineen en die paaie noord en suid van Ladybrand word onrybaar, met Bloemfontein se N8 die enigste veilige opsie.

Die Kersuitgawe van OVK Nuus is so ’n bietjie anders as die gewone en daarom verskyn springmielies op die voorblad en nie ’n gewas of vee nie! Een van die wêreld se gewildste en gesondste peuselhappies word deur ons produsente in die Noord-Kaap in die Hopetownomgewing geplant en Biggi Popcorn verwerk en be mark die springmielies al vir meer as 30 jaar. Lees gerus oor hierdie interessante vertakking en die uitvoere wat toeneem.

Ons kry die geleentheid om by Destiny Castle tussen Ficksburg en Fouriesburg te gaan inloer en die legen dariese Mike Fogg te ontmoet. Hy het meer in sy 75 jaar

vermag as die meeste mense in ’n paar leeftye. Die kasteel doen sy naam gestand en is ’n belewenis. Klein gange en deure lei na verskeie asemrowende vertrekke in die toring en elders in die kasteel, met sy kombuis en eie sjef wat ge reedstaan om die besoekers met sy fyn kookkuns te be derf.

Naby De Aar het die Kraankuil Jongooiklub hul jaarlikse skou gehou om te bepaal wie van die sewe lede se ooi die Grootkampioen van die jaar is. Twee beoordelings vind plaas en aspekte soos bouvorm, tipe wol, wolinkomste asook lammers gespeen word alles saam oorweeg om die wenner te bepaal.

The farmer’s dependency on the soil and climate makes each and every producer vulnerable to the effects of climate change and global warming. Jo-Anne Bester, an OVK Fibre Regional Manager, discusses this extremely important issue and gives advice on what the farmer can do to minimise the effect of this weather phenomenon.

Die vroueboerderydae is besig om vinnig in gewildheid toe te neem. Die mees onlangse dag is in Bloemfontein aan gebied en is deur meer as 150 vroue bygewoon. Sprekers wat opgetree het, het belangrike onderwerpe oor ’n breë spektrum bespreek om die vrou in boerdery te bemagtig. Daar sal sekerlik nog vele soortgelyke dae aangebied word.

Massey Ferguson loods hul nuwe 8S reeks trekkers en OVK vereer sy Verskaffer van die Jaar. Die 30ste OVK liefdadig heidsgholfdag was ’n reusesukses met min reënonderbre kings. Dr Dedré Nel gee raad oor siektes en voorkomende maatreëls vir die komende nat seisoen. Igna Kotze gee raad aan ons ouers en in hierdie uitgawe bespreek sy die “einde-van-die-jaar-uitputting” wat kinders en ouers saam tref. Anne-Marie Viljoen van FNB bespreek boedelbeplanning en in Christel Basson se “Op die Vrou Af” gesels sy oor verskeie vrouedae wat aangebied is en die sukses daarvan.

Hierdie tyd van die jaar dwing ’n mens altyd om retrospeksie te doen oor dit wat vermag is, dit wat gewen is en dit wat verloor is. Ek wens u ’n wonderlike Feestyd met u geliefdes en vriende toe en mag ons mekaar bystaan daar waar pyn is, en saam lag daar waar vreugde is. Dankie aan almal wat hierdie jaar by OVK Nuus betrokke was om dit ’n leier in die landboutydskrifmark te maak. Sterkte met plant- en strooptyd en bly op jou knieë, wees veilig en wees lief vir die om jou. Geseënde Kerstyd.

December 2022 | OVK NEWS 3

KERSBOODSKAP VAN DIE VOORSITTER

Die seisoen is besig om almal van ons so besig te hou dat Kerstyd op hande is sonder dat ons dit besef.

Die jaar nader sy einde. Nog soveel moet gedoen word. Planters werk van vroeg tot laat en die stropers moet ook hul kant bring om ’n oes in te samel. Elke dag skep ’n verwagting, ’n hoop op iets moois. Ons glo dat dit waarmee ons besig is, waardevol is, dat dit goeie resultate sal oplewer en dat alles ten goede sal meewerk.

In ons lewens bring Kerstyd ’n herinnering aan die grootste verskil wat in ons lewens gemaak is met die geboorte van ons Verlosser.

Kerstyd bied ook ’n geleentheid om uit dankbaarheid ’n verskil in ander se lewens te maak. Wanneer ons nou terugdink aan die jaar, moet ons ons self afvra: Waar het ons ’n verskil gemaak? Is dit daar waar ons werk, daar waar OVK betrokke is, daar waar ons onsself elke dag bevind of selfs net by die huis? Het ons ’n verbetering in iemand anders se lewe teweeggebring? Het ons die “nou” beter gemaak? Was ons bydrae so dat die toekoms ten goede beïnvloed is?

Met trots kan ek vandag sê dat OVK op ’n goeie manier ’n gepaste bydrae op vele terreine kon lewer. OVK kon ge leenthede ontgin en daar is gedurende die jaar verskeie uitbreidings aangegaan, wat meehelp om ’n toekoms en ’n ekonomie te skep wat ’n verskil in boerderye maak. ’n Verskil is in mense se lewens gemaak deur die skepping van werksgeleenthede en baie mense het die verskil oor ’n wye spektrum van hul lewens ervaar.

Ons omstandighede in die land bied deesdae heelwat uit dagings en dit sal ’n opdraande stryd wees om dit alleen te bowe te kom! Om egter deel te wees van ’n landbou maatskappy soos OVK en dan ook van georganiseerde landbou gaan die deurslag gee vir elke uitdaging wat oorkom moet word om Suid-Afrika tot sy reg te laat kom.

Landbou in ons land is ’n spansport. Wees dus deel van die beskikbare organisasies wat toekomstige veranderinge teweeg gaan bring.

Geniet u Kersgety. Mag die saamwees met vriende en familie vir u vreugde gee. Die nuwe jaar kan dan ook met ywer aangepak word, sodat Landbou ’n verskil kan maak en die momentum voorsien wat die land broodnodig het. Geseënde Kerstyd!

4 OVK NUUS | Desember 2022

CLIMATE CHANGE

CARBON FOOTPRINT AND REGENERATIVE FARMING

Agriculture’s dependency on the soil and climate makes the sector especially vulnerable to the effects of global warming and changing weather patterns. In re cent years, conventional farming practices have expe rienced criticism for its contribution to global warming. Conventional farming practices, such as ripping soil, cause huge losses to top soil and greatly reduces soil’s ability to sequester carbon. On the animal production side, serious challenges are starting to surface, with live stock farming being labelled a high contributor to glo bal warming, and the recent legislation in some first world countries have brought farmers into riots with their livelihoods being severely jeopardised. Campaigns seeking to reduce red meat consumption are beco ming more and more rampant as the world panics to try and reduce their greenhouse gas emissions.

Regenerative agriculture is a holistic approach to far ming that aims to mimic naturally occurring ecosys tems, in so doing, reversing the negative effects of con ventional farming systems. Soil health and the restora tion of biodiversity form the core objectives in regene rative farming. While much emphasis was placed on the study of soil’s physical characteristics and how this determines the output potential of different soil types, scientists are realising that the ecosystems within the soil, perhaps play an even more crucial part in the health of soils. The more abundant the biodiversity is within the soil, the healthier the soil. This is significant

because different soil micro-organisms depend on different plant species as they are highly specialised and nutrient specific.

Simply put, the denser the cover of live-roots in the soil and the greater the amount of plant species, the greater the variety of nutrients will be in the soil and subsequently, the more different species of micro-organisms are able to thrive. Soil microbes, in turn, perform many key functions essential to soil health such as nitrogen-fixation, phospho rus solubilisation, suppression of pests and pathogens and

Animal fibres have great potential to perform well in the global movement towards sustainability, being naturally renewable and biodegradable, but care needs to be taken to ensure a good reputation in terms of animal husbandry and good land stewardship to meet the expectations of this niche consumer market.

6 OVK NUUS | Desember 2022
Climate change could probably be considered the biggest issue of our century, and globally, the race is on to meet climate goals of 45% reduced emissions by 2030; and to be net zero by 2050, as in accordance with the Paris agreement. But what does this mean for the business landscape, and more specifically, what does this mean for agriculture?

very importantly, the sequestration potential of carbon dioxide from the atmosphere into the soil. Regenerative agriculture, thus, places emphasis on natural relationships that will greatly reduce, and may, in time, completely remove the need for artificial fertilisers and pesticides.

Fundamental to regenerative farming is the incorporation of livestock. Live stock that is correctly grazed, in high numbers for short periods of time, as they would in nature, play an essential role in that they graze off plants to stimulate new growth which is essen tial to the health of the plant. In addi tion, the hoof action of livestock run densely tramples the grass which, combined with manure and urine, form soil mulch. This mulch not only serves as fertiliser, but forms a ground cover that protects soil from being washed away by heavy rains and reduces the rate of evaporation from soil. Over time the soil mulch, with the help of soil microbes will form new top soil.

Perhaps one of the most promising characteristics of healthier soils, is its ability to sequester carbon dioxide from the atmosphere. While carbon dioxide can be sequestered through, and by plants, it is important to note that plants can only store carbon dio

xide temporarily. Once the plant is grazed, burnt or decays as a result of age, the carbon dioxide is released back into the atmosphere, but carbon dioxide that is sequestered in the soil at a depth of 15 -30cm, is sequestered in a more permanent form. This makes the agricultural sector especially lu crative for initiatives such as carbon credits.

The heat is being turned on for busi nesses to act ethically and to actively reduce their carbon emissions, but few businesses possess the ability to draw carbon dioxide from the atmos phere. This presents the opportunity for farmers, especially those practising in crop production, to sell their carbon credits to businesses who wish to offset their carbon footprint.

In order to participate in a carbon project and sell carbon credits, far mers need to convert from a conven tional farming system to a regene rative farming approach. This typically includes practices such as: minimum or no-tillage, following proper crop rotations, reduced use of Nitrogen fertilisers and pesticides, efficient fuel and water usage and the integration of livestock to replace the need for chemical fertilizers. Data needs to be collected and presented that would indicate that these practices are

being followed, and soil samples will need to be taken so that soil carbon can be measured.

Farmers who wish to enrol in a carbon project need to enrol within an intake period, whereafter the project will run for a period of about ten months to a year. After this the farm will be independently audited, and carbon credits can be issued through a Verified Carbon Standard program such as VERRA, according to the results. These credits are then typically sold in the free market for the highest price and farmers will be paid out according to the amount of carbon they were able to sequester at the price it was secured for.

Other than carbon credits, farmers may also benefit through various regenerative farming initiatives by securing a carbon neutral certifica tion, or other certifications such as the Ecological Outcomes Verification that allows farmers to sell various products under the Land to Market logo. This, of course, may lead to premium prices being achieved for commodities on the free market. Niche products, such as wool and mohair, are especially well-suited to being able to achieve such premiums, due to the type of end consumer who generally purcha ses these products.

The world of consumers is changing, and according to a recent study conducted by Euromonitor Interna tional, climate changers ranked se cond amongst the top ten consumer trends for 2022. This clearly points out to us why it is important that we look into ways of being able to meet the new consumer demands.

While the drier Karoo regions have a limited ability to gain from Carbon Credits, these brittle landscapes can greatly benefit in terms of production potential if the health of the soil can be restored. This can be achieved through adopting proper grazing practices that would stimulate plant cover, anchor the soil and improve the overall water absorption and retention capacity of the soil.

Regenerative farming models seem to be beneficial in terms of financial gains to farmers, not only in terms of increased prices for commodities or carbon credits, but also in increased production potential, less expenditure on animal feeds, fertilisers and pes ticides, and improved soil health and infiltration ability which leads to better resilience of soils to droughts and floods. On top of that, it also poses the opportunity to sequester carbon dio xide from the atmosphere, and is pro bably the right thing to do in terms of making improvements for the environ ment.

December 2022 | OVK NEWS 7

KASTEELKUIER

GEHEIMSINNIGE KASTEEL ‘N BELEWENIS

Tussen Fourieburg en Ficksburg is die plaas Bestersvallei, waar Mike en sy vrou Denyse sedert 2007 woon. Na ’n lang geskiedenis met wedrenbane wat Kyalami en die Roy Heskethbaan in Pietermaritzburg insluit, het hulle besluit om in die Oos-Vrystaat, waar sy ma en haar familie vanaf 1920 gewoon het, te kom aftree. Mike is ook ’n geesdriftige geskiedkundige wat die besoeker dadelik die interessante stories uit die verlede vertel. Naby die plaaswoning, Cedar House, is Union House wat in 1893 gebou is.

Die De la Harpe familie was die eerste eienaars van die plaas in die 1870’s en was van die eerste boere in die omgewing om met skape te boer. Mike vertel dat teen die einde van die Eerste Anglo-Boereoorlog, President Brand van die Vrystaat die plaas in 1879 besoek het en as ’n simbool van beter verhoudinge tussen die Engelse en Afrikaners, het hy twee eikebome geplant.

Die Tweede Anglo-Boereoorlog het in 1902 tot ’n einde gekom en volgens Mike is die feesvieringe van die Unie wording van Suid-Afrika agt jaar later onder dié twee eikebome gehou, waar Generaal Smuts die dokumente en statute van die nuwe Unie onderteken het. Smuts sou 35 jaar later ’n leidende rol in die stigting van die Verenigde Nasies speel.

Na ’n toer deur Union House wat nou ’n gastehuis is en spog met groot skilderye van Boerehelde en Engelse

goewerneurs, het ons ’n uurlange tog met die einste Samel 20 na Destiny Castle onderneem. Die kasteel is deur die vo rige eienaar, ’n mnr Hill, wat geheel en al van die samele wing wou ontsnap, beplan en bouwerk het in 1971 begin. Eers wanneer jy die kasteel besoek, kan jy die visie waardeer wat Hill moes gehad het om ’n kasteel te bou op dié spe sifieke rotsformasie bo-op ’n berg. Mike vertel dat die man oorspronklik tien kastele vir hom en sy familie op die bergtop beplan het. Hill se vrou was egter nie so gretig soos hy om van die wêreld te onttrek nie, en bouwerk het slegs tot deur hoogte in sekere gedeeltes gevorder voordat dit gestaak is.

8 OVK NUUS | Desember 2022
Die man is ’n legende! Hy is ’n meervoudige motorfietswedrenkampioen met Springbokkleure in dié sportsoort, het kanonne vir die weermag vervaardig, tientalle humanitêrehulpvlugte na die oorloggeteisterde Mosambiek en Bazaruto-eiland gevlieg en was die eienaar van die Kyalami Grand Prix wedrenbaan. Na al sy avonture het hy ’n kasteel uit sandsteen, 2 500 m bo seespieël met behulp van ’n Samel 20 trok gebou. Destiny Castle is so legendaries soos Mike Fogg self!
Die eikebome waaronder Generaal Smuts die grondwet van die Unie van Suid-Afrika in 1910 onderteken het. Destiny Castle is gebou uit sandstene wat uit dieselfde berg uitgekap is waarop die kasteel staan en in 2010 voltooi is.

“Die kasteel is geleë op die plaas Caledonspoort en toe ek daarop afkom, was daar net ’n paar mure en ’n klomp hope gekapte klip. Ek koop toe die plaas en met behulp van plaaslike bouers het ons die kasteel in twee en ’n half jaar voltooi. Ek wou altyd ’n spesifieke soort teël wat in die Versailles Paleis gebruik is in my huis gehad het, en nou is daar 350 ton van dieselfde teëls in die kasteel. Ek en my familie het regtig probeer om iets spesiaals hier op die bergtop te skep.”

Stap jy deur die groot houtvoordeure, word jy onmiddellik oorweldig deur die grootsheid van die binnehof met ’n fontein wat uit Iran kom. Die ingan ge en deure is laer as die normale hoogte om by die tipiese kasteelstyl te pas, sodat die persoon wat die vertrek binnekom, feitlik moet buk en sy kop maklik met ’n swaard afgekap kan word!

Die eetkamer is heerlik koel danksy natuurlike ventilasie wat deur die hele kasteel versprei. Die moderne kombuis is langs die eetkamer geleë en dit is hier waar sjef Johnny aan elke moont like kulinêre versoek sal voldoen. Bo kant die eetkamer neem trappe jou na die vermaaklikheidsentrum, waar jy feitlik enige film kan kyk of ongehin derd musiek van jou keuse op moder ne oorfone kan luister.

Die trappe, wat na regs om die toring draai, is spesifiek so gebou dat ’n

aanvaller wat die trappe klim, nie sy swaard uit die skede kan trek nie, maar die verdediger wat boaan die trappe wag, dit wel kan doen en so doende sy aanvaller kan beseer. Die trappe lei die besoeker na die sit kamer met ’n uitsig oor die berge en valleie en verder na die boonste ge deelte van die toring waar daar gebraai kan word en die sterre in skoon lug bewonder kan word terwyl ’n boma die nodige atmosfeer ver skaf.

Mike het in 2007 die bouwerk aan Destiny Castle voortgesit en die fasi liteit was ten volle operasioneel op Valentyndag in 2010. Vir twee en half jaar het die Samil 20 elke dag sewe ton boumateriaal en meubels berg op vervoer. Die voertuig word steeds vandag gebruik om voorrade en besoekers met die kronkelpad by die

December 2022 | OVK NEWS 9
Mike en Denyse Fogg by foto’s uit hul jeug in die sewentigs toe Mike ’n Springbok-motorfietswedrenkampioen was en Denyse sy werktuigkundige. Destiny Castle is op die rand van die berg op ’n sandsteenrotsformasie gebou. Dit is net 300 meter van die Lesothogrens - die imponerende Maluti’s pronk aan die een kant en die berge van die Oos-Vrystaat aan die ander kant. Die vier slaapkamers kan aan die regterkant gesien word. Lourentia Zerwick, OVK Aankope, staan saam met Mike op die toring van die kasteel met ’n 360° uitsig op die berge en valleie van die Oos-Vrystaat en Lesotho.

Dié embleem, wat Mike se lewe grootliks simboliseer, verskyn op elke venster in die kasteel.

Die sitkamer se vensters kyk ook uit op die berge en teen die muur is ’n aanhaling van “The Rose” wat in 1979 deur Bette Midler opgeneem is. Verse van dié liedjie is orals teen die mure aangebring.

potensiaal te bereik en laastens moet jy deursettingsvermoë hê. As jy al hierdie faktore in jou lewe gebruik, sal jou roeping vervul word. Die kruis verteenwoordig ons kruisvaarderdae en hoe ons hier aangeland het. In die middel verskyn die embleem van die lied ‘The Rose’, waarvan die lirieke vir my baie betekenisvol is.”

Destiny Castle kan slegs per 4x4-voer tuig (met wonderlike uitsigte) of per vliegtuig vanaf Ficksburg-lughawe bereik word. Dit is nie aldag dat jy in ’n kasteel kom nie, en nou kan jy selfs soos ’n prins en prinses behandel word – hier in die Oos-Vrystaat! Besoek hul webwerf www.destinycastle.co.za vir meer inligting.

Johnny Crawford is die sjef en valet de chambre wat na die gaste omsien. Hy bly alleen in die kasteel en skryf fiksieboeke wanneer daar nie gaste is nie.

kasteel te kry. Mike het na die voltooi ing vir sewe jaar in die korporatiewe wêreld gewerk en gedurende hierdie tyd was die kasteel gesluit.

Al die vensters van die kasteel vertoon dieselfde besondere embleem wat vir Mike ’n groot deel van sy lewe simbo liseer. Hy verduidelik dit soos volg: “Die rooi skild verteenwoordig my leerling raadbalkie as skolier aan Clapham High in Pretoria. Die swart en wit sirkel verteenwoordig ’n motorfietswiel uit my wedrendae – dit is wit en swart geruit, want dit dui ’n wenner aan. Die woorde simboliseer die lewe: Jy moet liefhê wat jy doen, want dit gee jou die krag om aan te gaan. Tweedens moet jy risiko’s neem om jou volle

Daar is slegs vier slaapkamers in die kasteel, wat net agt gaste kan akkommodeer, met al die geriewe wat ’n mens in ’n kasteel sal verwag. Johnny sorg dat die verblyf en cuisine onvergeetlik is.

10 OVK NUUS | Desember 2022

JONGOOIE

KRAANKUIL JONGOOIKLUB SOEK BESTE OOI

Die prosedure is eenvoudig: Gedurende Februarie skryf elke lid ses wisselooitjies (eerste paring) in om aan die kompetisie deel te neem. Die inname word op ’n jaar likse basis tussen die lede geroteer dan word ’n gasteler uitgenooi om aan die kompetisie deel te neem. Die gasteler voorsien ramme vir daardie jaar se paring en skryf self ook ses ooitjies in. Die eerste kompetisie-in name het in Februarie 2008 begin met Ben Marais van die plaas Perdeput as gasteler.

“Ek dink as ons elk ’n ooi onder dieselfde omstandighede laat wei en dieselfde voeding en dieselfde ram gee, sal my ooi joune wen” Dit was seker die gesprek wat sewe Merinoboere in 2008 om die braaivleisvuur gehad het. Daar is toe besluit om dit ’n werklikheid te maak en vervolgens is die Kraankuil Jongooiklub in die Hopetownomgewing gebore.

’n Stofpad in die harde Noord-Kaapveld neem jou verby die Kraankuil spoorwegstasie na die plaas Kalkbult van Kurt Krog, wat hierdie jaar die inname hanteer het. Vanjaar is die gasteler Andrew Jordaan van Cradock. Onder die wakende oog van Nico Bezuidenhout van Paauwpan word die ooie vir ses weke met die gasteler se ramme ge paar. Die lid wat die inname vir daardie jaar hanteer, moet die ooie huisves op die wyse waarop hy met sy eie skape boer. Sommige boere gebruik byvoorbeeld lamhokke, ander gee lek en ander gebruik kruipvoerhokke.

12 OVK NUUS | Desember 2022
Hannes Olivier, OVK TVB op Beaufort-Wes, was een van die onafhanklike hand- en oogbeoordelaars van die buiteskou. Nico Bezuidenhout voer die inligting van die skeersel van elke lam in die rekenaarprogram in, wat elke ooi se wolinkomste bereken en tesame met die lam se gewig die totale inkomste vir jaar uitwerk.

’n Maand voor die afsluiting van die kompetisie wat teen einde November plaasvind, word midribwolmonsters van elke ooi geneem en na die laboratorium in Gqeberha gestuur vir verwerking. Die ooi se wolmikron, skoonopbrengs en wollengte word met hierdie toetse bepaal. ’n Om vattende pryslys word dan vir elke ooi saamgestel wat die lengte, tipe, styl, mikron en skoonopbrengs in ag neem. Die wolprys uit die jongste be skikbare veilingkatalogus wat beskik baar is vir elke mikronkategorie, word gebruik. Hierdie inligting word later, nadat die ooi geskeer is, in aanmer king geneem om haar wolinkomste te bepaal. Een week voor die skou/be oordeling word die ooie en hul lam mers, waar van toepassing, geweeg.

Tydens die groot skoudag word die ooie aan ’n buite- en binneskou onderwerp. Twee onafhanklike beoordelaars hanteer die buiteskou en doen ’n hand-en-oogbeoordeling. Die beste Sterkwol-, Mediumwol- en Fynwol-ooie word gekies. Die wenners ding dan mee om die titel van Grootkampioen-ooi.

Die binneskou bestaan uit die afskeer van die wol, weeg en tipering van die vag. Hierdie inligting word in die reke naarprogram, wat reeds die wolprys, mikron en ander inligting van die ooi se wol bevat, ingevoer en elke ooi se wolinkomste word dan bepaal. Elke

lam se gewig word aan die betrokke ooi se nommer gekoppel en ingelees. Hierdie laminligting word met die hui dige stoorlamprys vermenigvuldig om ’n laminkoste vir elke ooi te bepaal. Die totale wolinkomste en laminkoste bepaal dus elke ooi se totale inkomste vir die kompetisie.

Pryse tot die waarde van soveel as R40 000, wat deur borge voorsien word, word aan die einde van die be oordeling oorhandig en sluit in “swaarste vag” en “swaarste lam

gespeen.” In totaal word 42 pryse aan die lede toegeken. Dit verseker spog regte om die braaivleisvuur vir die wenners, tot die volgende inname weer in Februarie begin!

Die ooie se wol word geskeer en hul totale wolinkomste word bepaal, wat gebruik word om die Grootkampioen-ooi te bepaal.

Marnitz Fourie, OVK TVB van De Aar, by Jo-Anne Bester, OVK Vesel Streeksbestuurder en Andrew Jordaan, die gasteler van Cradock. Links staan Nico Bezuidenhout by die wenners van die Buiteskou. Langs hom staan Philiip Louw (Jnr) wat Beste Sterkwol-ooi gewen het en regs staan Charlie Louw. Hy het die Beste Fynwol- en Mediumwolkategorieë gewen. Een van Charlie se ooie was ook as die Grootkampioen van die Skou aangekondig.

KUDDEBESTUUR

SIEKTES EN VOORKOMENDE MAATREËLS

Beeste

Ek wil dit graag weer op jul boereharte druk … as u vee inkoop, maak baie seker dat dit wel getoetste diere is en dat die plek van oorsprong bekend is. Met die on langse uitbreking van bek-en-klouseer glo ek ons almal besef opnuut die erns en gevare verbonde aan die inkoop van diere sonder dat die nodige toetse vir siek tes soos BM gedoen is.

Die volgende siektes kom algemeen voor en kan baie effektief deur middel van inenting voorkom word:

l Sponssiek: Ent koeie (jaarliks) ongeveer een maand voor kalwing. Dit verseker dat die kalfies goeie immuniteit van die moeder kry. ’n Multi-clostridiale enting word aanbeveel wat dan ook siektes soos rooiderm dek, wat algemeen in kalfies kan voorkom. Jong kalwers moet aanvanklik twee keer geënt word. Daar moet minstens vier weke tussen die twee entings verloop en nie meer as ses weke nie. Kalwers moet verkieslik voor speen geënt word, aangesien sponssiek mees algemeen in vinnig groeiende kalwers in die ouderdomsgroep van drie tot ses maande voorkom.

l Milt- en lamsiek: Daar is ’n kombinasie-entstof beskik baar, wat jaarliks geënt moet word.

l Longontsteking: Daar is verskeie entstowwe beskik

baar. Sommige dek slegs virale longontsteking, maar daar is entstowwe wat ook Pasteurella (bakterieel) dek.

l Knopvel: Enting geskied in die vroeë somermaande om voldoende immuniteit te verseker tydens herfs, wanneer die meeste gevalle voorkom.

l Drie-dae-stywe-siekte: Dieselfde as Knopvel. Hierdie twee siektes is veral algemeen in nat jare, want dit word deur insekte (muggies en muskiete) oorgedra.

l Slenkdalkoors: Ent vervangingsdiere met die lewendige entstof, aangesien dit lewenslank beskerming bied. Dit kan slegs in nie-dragtige diere gespuit word.

l BM: Ent alle verse in skoon kuddes. Ent verse sowel as koeie in positiewe kuddes.

14 OVK NUUS | September 2022
Die huidige jaar is besig om vinnig ten einde te snel. Die meeste van ons boere is tans baie bedrywig. Met inagneming hiervan, wil ek die jaar afsluit met ’n kort oorsig oor die verskillende siektes en voorkomende maatreëls.

l Trichomonas en vibriose: Dit is belangrik om bulle voor die aan vang van die dekseisoen te toets, nie net vir vrugbaarheid nie, maar ook vir hierdie twee geslagsiektes. Indien u in ’n probleemarea boer, ent koeie jaarliks teen albei siektes. Bulle kan nie teen Trichomonas geënt word nie, maar wel teen vibriose.

l Anaplasmose (galsiek): Dit is ’n bloedentstof wat op nie-dragtige diere, gewoonlik verse, toegedien word met ’n lewenslange besker ming teen die bosluisoordraagbare siekte.

’n Goeie praktyk is om beeste twee keer per jaar jaar te teen inwendige parasiete, veral lewerslak, te behandel. Dit word gewoonlik in die herfs en lente gedoen. ’n Multimin- en mine raalaanvulling kan twee keer per jaar gegee word. Gee goeie lek en pas aan volgens die seisoen en klimaats toestande. Doen bosluisbeheer soos nodig.

Skape

Siektes en inentings Daar is ’n kombinasie-entstof teen bloednier, rooiderm, klem-in-die-kaak, dikkop en pasteurella. Hoewel daar afsonderlik vir sommige van die siek tes geënt kan word, verkies ek die kombinasie-entstof. Die aantal inen tings word sodoende verminder en meer siektes word gedek.

Inentings teen die volgende siektes moet ook gereeld toegedien word:

l Bloutong is baie belangrik. Dit is veral belangrik om vervangings diere korrek te ent: ent A, B en C apart twee tot drie weke uitmekaar.

l Slenkdalkoors (sien onder beeste)

l Ensoötiese aborsie word op jong ooie geënt minimum twee maande voor dekking. Dit is ’n eenmalige enting. Ooie wat nie geënt is nie, kan op einge ouderdom geënt word, mits hulle nie dragtig is nie. Indien ’n uitbreking onder on geënte ooie voorkom, is daar nou ’n dooie entstof beskikbaar wat veilig is in dragtige diere. Die entstof bied egter nie lewenslange dekking nie.

Ontwurming in skape moet verkieslik gedoen word soos nodig. Die FAMACHA 5-punt-stelsel asook mis monsterontledings (eiertellings) kan gebruik word om te bepaal wanneer behandeling nodig is.

Haarwurm veroorsaak van die grootste verliese in ons skaapbedryf. Maak seker dat die middels wat gebruik word, wel effektief is en dat daar nie weerstand op die plaas is nie (bepaal deur mismonsters tien dae na dosering).

Vitamien- en mineraalaanvullings kan twee tot vier keer per jaar toegedien word. Gee deur die jaar ’n goeie lek. NB: Anders as beeste, eet skape slegs lek indien nodig; dus kan lek ad hoc by skape gegee word.

Hiermee wens ek almal ’n geseënde Kersfees en voorspoedige 2023 toe!

September 2022 | OVK NEWS 15
Dr Dedré Nel - Excelsior

OUERRAAD

DIE EINDE IS IN SIG!

Daardie laaste paar honderd meter bly nog oor, maar jy kan alreeds die wenstreep sien. Of vir die van julle wat weet –as jy natuurlik kraam, so nege sentimeter ontsluit, is al waarvoor jy wag daardie baba se eerste kreet wat aan die wêreld uitbasuin dat hy of sy uiteindelik gearriveer het.

Na aanleiding hiervan het ek ook juis besluit om ons ouer skapsartikel vir die jaar af te sluit met alles behalwe ’n sedeprekie oor wat om te doen of nie te doen met jou kinders nie. Daardie atleet wat die wedloop voltooi het, het voorberei, geoefen, vitamines gedrink, en sy PB in die oog gehou (ek ken darem hierdie hardloopterm – Persoonlike Beste – te danke aan uiters kompeterende skoolomge wings). Die laaste ding waarvoor die atleet oor die laaste paar honderd meter ontvanklik is, is advies. Probeer ’n ma wat natuurlik geboorte gee, sonder ’n epiduraal natuurlik, gou raad gee oor die kraamproses. Jy sal dit dalk nie oor leef om die dag van môre te aanskou nie!

Gee nou vir enige ouer hierdie tyd van die jaar nog ’n bietjie advies of raad oor dissipline, skoolwerk, skoolge reedheid, angs, konsentrasie, mylpale en dergelike dinge en sy gaan dit in jou gesig wil terugspoeg soos my oudste my destyds versier het toe ek haar vir die eerste keer pam

Igna Kotze het ‘n privaat Mind Moves® praktyk wat beweging gebruik om neuro-ontwikkelingsagterstande aan te spreek. Sy is opgelei in spelterapie en het eers as onderwyseres haar kennis met kinders en ontwikkeling gevestig. Sy het `n nagraadse kwalifikasie in PsigoOpvoedkunde en kan gekontak word op igna.duplessis@mindmoves.co.za

16 OVK NUUS | Desember 2022
Ek is nou nie juis een vir draf nie, nee … kom ek begin reg – ek draf glad nie. Maar hierdie tyd van die jaar laat my dink aan ’n lang wedloop soos die Comrades.

poen gevoer het. Tien teen een leef jou kinders alreeds van tweeminuut noedels, is hul slaaptye so ongereeld soos Eskom en pak jy al drie dae ag termekaar vir jou kind net ’n katjiebot terbroodjie in skool toe (Pinterest-kos blikke is vir Januarie se eerste twee weke). Daarom het ek besluit om han de te klap saam met die skare wan neer die einde van die wedloop in sig is. En mag ek maar vir slegs een keer vanjaar baie spesifiek ons mammas

op ’n troon plaas en hulle vereer asof dit Moedersdag in Desember is?

Nou kyk, dis ’n spesie van wie daar ’n studie gemaak kan word op National Geographic. Sy kan die een dag nog kindloos en sorgvry ’n pienk jenewer tjie geniet en soveel van kinders weet as ek van Alaska. Maar die dag dat daardie pienkvoet sy of haar opwag ting maak, is dit asof sy ’n ander mens word. Sy raak ’n spesialis in medisyne,

voeding, opvoedkunde, rekenkunde en soveel meer. Myne is nie meer kleingoed of spruite nie, maar wel amper-volgroeide boompies en jong wilgerlatte. So verskillend soos wat mammas kan wees, het ons almal teen Desember een faktor in gemeen. Ons. Is. Moeg.

Ons moeg is moeg. Of jy die mamma met die klein babatjie is wat niks slaap nie, en kort-kort moet voed en

December 2022 | OVK NEWS 17

veelkleurige doeke ruil, die mamma van die peuter is wat alles omstamp en net te vinnig vir sy eie voete hard loop – of jy die kleuterskoolmamma is wie se kleuter elke oggend huil as jy hom aflaai en vloermoere van for maat kan gooi, die laerskoolmamma wat oorweldig is met skooltake en sportroosters of die tienermamma wat weer in ’n klas van haar eie is. Kom ons los dit vir nou net eers daar. Daar is te min spasie om oor oë rol, kuiers en vapes te skryf.

Jy het dalk die voorreg om ’n mamma van kinders in vele fases te wees waar jy ’n baba-en-kleuterkombinasie het (vergeet maar die glanstydskrif) of amper-tiener- (tweens) en tienerkom binasies trotseer. Of jy een of ses kin ders het (geseënd is jy met ses – ek hoop jy het ’n groot vriendekring wat jou bo-aan hul gebedslysies plaas en

help kinders rondry). Stop … en pro beer gou vir een oomblik ’n terugflits kry oor jou pad van mamma-wees hier die jaar.

Moenie noodwendig dink aan alles wat jy (of jou kind) bemeester of bereik het nie. Dink aan die proses. Wat het jy alles gedoen, waar was jy oral? Hoe veel dinge moes jy onthou, organiseer, reël, uitvoer en vervoer? Waar het jy die balle laat val, waar het jy gehuil, waar was jy moedeloos, waar was jy raadop? Want jy sien mamma… daar is nie een van ons wat nie vanjaar dieselfde stres ervaar het nie.

Of jy die werkende mamma, huisbly mamma, koshuismamma, ouerkomi teemamma, vergeet-als-mamma, altydvooruit- of altyd vyfminute-laat-mamma is …. ’n mamma se gô is uit omdat sy ’n honderd en een rolle vervul met oor

gawe en liefde wat ons uit ’n kruik tap wat nooit leeg raak nie.

Ons beplan, ons bemeester, ons vaar fantasties en ons faal net so kliphard. Ja, ons skree soms op ons kinders, ons vergeet ’n belangrike datum en ons stel ons kinders teleur, want ons is mens. En daarom mamma – vir jou vandag geen wenk of raad oor hoe om dit beter te doen nie. In die nuwe jaar maak ons weer nuwe planne.

Vir eers, klop jouself op die skouer, om dat jy ’n GOED GENOEG-mamma is. Gaan rus. Of dit op ’n idilliese strand is of net by jou huis met jou mense. Maak tyd vir eenvoudige oomblikke met jou kinders tussen die gedrang van Kers bome en Kersinkopies. Gaan stap ’n ent, skryf iets, pak iets reg, bad lekker en lees ’n boek. 2023 is ’n pad wat ons sal stap, op ’n ander dag.

18 OVK NUUS | Desember 2022

VROUE KRY BAIE INLIGTING BY BOERDERYDAG

Christel Basson, bemarkingsbestuurder van OVK, is die organiseerder van hierdie vroueboeredae. Sy het Dirk du Plessis, Hoofbestuurder: Korporatiewe Dienste en Maatskappysekretaris genader oor OVK se betrokken heid by die vroueboeredae. “Ons is geneig om te ver geet watter groot ondersteunende rol boere se vrouens vervul en dit is opwindend om te sien hoeveel vrouens vandag self voltyds boer. Ons is baie trots op hierdie vroue wat aan die voorpunt van landbou staan en wil hulle ook graag die erkenning gee wat hul verdien.”

Die hoofborg van die dag was Engen. Hul verteenwoor diger, Magda van Zanten, het weereens Engen se ver bintenis tot landbou bevestig en beklemtoon dat hulle ’n vennoot is vir ’n volhoubare toekoms. Sy het die vroue uitgenooi om staaltjies te vertel van uitsonderlike diens wat hulle van Engen ontvang het en hieruit was dit duidelik dat Engen al ’n lang pad met landbou gestap het.

Emil Pretorius van Santam het verduidelik dat verseke ring op verhoudinge en volhoubaarheid geskoei is. Hy het na die Versekeringburo se statistieke vir die jaar geeindig Maart 2022 verwys - daar was 77 veediefstal-insi dente per dag en slegs 20% van insidente word aange meld! Santam het verlede jaar die hoogste bedrag in ’n enkele jaar aan eise oor die totale spektrum uitbetaal –’n volle R24,5 miljard! Die vloede in KwaZulu-Natal

alleen het eise van R4,4 miljard tot gevolg gehad. Hy het met ’n glimlag gesê dit is baie duur om versekering uit te neem, maar dit is baie duurder daarsonder.

Oktober is Borskankerbewusmakingmaand en dié onder werp is deur Dr Christine Steyn bespreek. Sy het op ’n gemaklike wyse aan die dames verduidelik hoe belangrik selfondersoek is en metodes geïllustreer om effektiewe selfondersoek te doen. Borskanker is die tweede grootste kanker wat vrouens se lewens eis en statistieke toon dat 1 uit 39 vrouens daaraan sal sterf.

20 OVK NUUS | Desember 2022
Die OVK Vroue Skaapboerderydag is onlangs weer in Bloemfontein aangebied en is besig om in gewildheid toe te neem. Meer as 150 vrouens van so ver as Harrismith het die geleentheid bygewoon en gemeet aan die aktiewe deelname van die vroueboere was dit duidelik daar nog baie ruimte is om hierdie dae uit te brei en op verskeie plattelandse dorpe aan te bied.
VROUEDAG Dr Hanré Ferreira van Virbac

Skaapboerderyaangeleenthede is deur Dr Hanré Ferreira van Virbac aangeraak. Sy het die boere ingelig oor die haarwurm en hoe belangrik veldbestuur is om hierdie wurm onder beheer te hou. Die haarwurm kan tot 10 000 eiers per dag lê. Die larwe sit aan die gras vas en kom so in kontak met die skaap. Die haarwurm oorleef sowat twee maande in die skaap en word dan vervang deur nuwe larwes en wurms. Weidingbestuur, dosering, die korrekte doseringsmiddel en dermgesondheid is onder meer uiters belangrik om ’n gesonde skaap kudde te verseker.

Die effek van die jarelange droogte op die plase, diere en boere is aan die vroue deur “Save the Sheep” se stigter, Sybil Visagie van Calvinia, be skryf. Sy het ’n gedig van een van die boere in die droogtegeteisterde Karoo voorgelees: “Die honger skape blêr vir voer, ek wil vir Jesus boer. Die veld het ’n ou kleed aan, ek wil hom gaan verf vanaand. Nou net Glo, Genade kom van Bo. As ek vir Jesus boer, moet ek sy skape voer.” Sy het die verhaal van “Save the Sheep” vertel en verduidelik hoe die hele gemeenskap daarby betrokke is en baat.

Jo-Anne Bester, Streeksbestuurder: Vesel van OVK, het die belangrikheid van volhoubaarheid uitgelig. Wol is ’n volhoubare vesel en die internasio

nale mark verwag volhoubare en ver antwoordelike praktyke waarvolgens wol geproduseer word. Skape skei me taangas af tydens die weidingsproses wat deur baie groepe as skadelik be skou word, maar diere vorm deel van ‘n natuurlike siklus. Daar word egter van ons verwag om ons landbou praktyke aan te pas, aangesien landbou ’n groot potensiaal het om

aardverwarming te beveg. Landbou werk met grond en grond het die potensiaal om koolstof te bind en daarom is “gesonde” grond so be langrik.

Een van die hoogtepunte van die dag was Anne-Marie Viljoen van FNB se aanbieding oor boedels en die impak van testamente en trusts op vrouens en familie wat nagelaat word. Sy het verskeie voorbeelde gebruik om die vrouens bewus te maak van proble me wat moontlik kan opduik tydens die beredderingproses en almal ge maan om die onderwerp met hul familie te bespreek om sekerheid te verkry. Lees gerus op bladsy 30 waar Anne-Marie uitwei oor die slaggate wat vermy moet word om die moont like negatiewe impak op die agterge blewenes tot ’n groot mate te vermin der.

Die dag is afgesluit met die oorhan diging van pryse vanaf HDL Juweliers en Treysta Konstruksie, asook ’n dose ringsdemonstrasie deur Virbac. Dit was die tweede vroueboerderydag en uit die terugvoering wat ontvang is, gaan dit nie die laaste een wees nie. Die moontlikheid word ondersoek om die vrouedae ook by ander sentra aan te bied.

December 2022 | OVK NEWS 21

PLAASKUIER

SPRINGMIELIEGEWAS GROEI IN GEWILDHEID

Koos de Wet, die besturende direkteur van Biggi Popcorn, het in 1997 self springmielies geplant, en so in die springmieliebedryf betrokke geraak. “In 2003 het Biggi en KOLK gesamentlik ‘n nuwe maatskappy gestig vir die hantering van springmielies Dit was die ontstaan van Orange River Popcorn, waarin OVK tydens die amalgamasie met KOLK in 2004, ’n 50% aandeel verkry het.”

Die ooreenkoms vandag is dat OVK verantwoordelik is om finansiering te verskaf vir die lewering van spring mielies deur die produsente, terwyl Biggi Brands die oorhoofse bestuur namens Orange River Popcorn be hartig en ook die bemarking van die verskillende reekse wat intussen ontwikkel is, hanteer. Die verkope aan rol prentteaters was reeds onder die “Biggi” handelsmerk gedoen en dit het net so voortgegaan.

Die voetspoor van springmielies het oor die jare ver groot en omtrent 3 000 hektaar word vandag vir ORP in die Hopetown-besproeiingsgebied beplant, wat omtrent 21 000 ton springmielies per seisoen lewer. Die mielies word in OVK se Oranjerivier-silo (twee buise wat apart staan) en Biggi se eie fasiliteit geberg.

Die eerste springmielie-“popper” masjien is in 1885 uit gevind. Verkopers wou nader aan hul kopers wees en

die mobiele masjiene is gestoot, deur perde getrek of agterop trokke gemonteer. Die eerste huishoudelike springmielietoestel is in 1925 bekendgestel en mikrogolf tegnologie is reeds in 1945 aangewend om springmielies vinnig by die huis gaar te maak.

Jacques Louw het in 2019 by Biggi aangesluit en is die hoof - operasionele bestuurder verantwoordelik vir die verspreiding van springmielies aan rolprentteaters asook die produksie en bemarking van ander waardetoege voegde

mikrogolfspringmielies.

de Kock

22 OVK NUUS | Desember 2022
produkte soos
Riël
is die besturende direkteur van Orange River Popcorn en hoof-uitvoerende beampte van Biggi. “Wanneer ons die
Die verhaal van springmielies in die Hopetown-omgewing strek so ver as 31 jaar terug. Johan Kriek, Attie Victor en Lieb du Raan, het springmieliesaad van Amerika ingevoer en aangeplant. Daar is toe begin om van die geoeste springmielies uit te voer. Volgens Koos de Wet, die besturende direkteur van Biggi Popcorn, was dit die begin van die onderneming wat net buite Hopetown geleë is.
Klein verpakkings springmielies wat namens ’n kliënt in Mosambiek verpak word.

springmielies ontvang, word hulle skoongemaak deur ’n droë proses wat ’n siftingsproses behels. Die pitte word geskei op grond van soortgelyke gewig en grootte. Die pitte wat die graderingsproses slaag, word verpak en die ander pitte word deur ’n kleur skandeerder verder gesorteer. Die pitte wat dié proses slaag, word ook in die verwerkingsproses ingesluit. Ons verkies ’n voginhoud van 13% aange sien hy dan op sy beste ‘spring’.”

Jacques verduidelik dat daar twee kultivartipes springmielies is. “Die een is ’n ‘vlinder’-tipe wat vlerkies ontwikkel wanneer dit spring en gewoonlik in rolprentteaters verkoop word. Dan kry jy die ‘sampioen’-tipe wat ’n bolletjie vorm en gebruik word vir die karamel bedekte lekkerny. Die ‘vlinder’-tipe word baie meer gebruik en maak so wat 80% van die verkope uit.”

Koos sê dat hulle van die begin af op die ontwikkeling van die uitvoermark gefokus het. “Ons het wel die binne landse mark ook ontwikkel en gereel de kliënte gevestig - ons voorsien be newens die rolprentteaters aan maat skappye soos National Brands, Pepsi Cola en nog vele meer. Hulle is ver pakkers en verwerkers van die spring mielie in sy oorspronklike vorm en ons verskaf in grootmaat aan hulle. Hulle voorsien kleiner verpakkings, en ‘ge reed om te eet’-produkte.”

Die springmielies word aanvanklik volgens soortgelyke gewig en grootte deur ’n siftingsproses gesorteer.

Die rolprentteaters is ’n gespesiali seerde mark en Biggi voorsien aan Nu Metro en Ster-Kinekor op ’n nasionale vlak. “Ons voorsien nie net die spring mielies nie, maar ook die olie en geur middels, sowel as die ingevoerde mas jiene wat die mielies laat spring,” ver duidelik Koos.

Jacques brei so ’n bietjie uit oor die filmteaters. “Springmielies in teaters is ’n nismark en dit was vir ons belangrik om dié mark te ‘besit’. Die spring

mielies word rou verskaf en in die kom buis by die teaters gespring met die masjiene wat ook deur ons verskaf word. Elke teaterkompleks het ’n kom buis waar die ‘spring’-proses gedoen word. Daarna word die eindproduk na die kiosktoonbank geneem waar dit verder in vertooneenhede verhit word.”

Die pandemie het ook ’n groot in vloed op Biggi gehad, aangesien die filmteaters vir ses maande gesluit was. Die filmteatermark maak nie die groot ste gedeelte van ons verkoopsvolu mes uit nie, en daarom kon ons die verlore volumes redelik maklik elders in ons besigheid aanvul.”

Hy verduidelik dat die verhouding met die teaterbedryf redelik verweef is en dat hulle eerder ’n sakevennoot as bloot ’n verskaffer is. “Ons bestuur ba sies vir hulle die hele voorraadpakkie rondom springmielies, wat die spring mielies, olie, sout en die geurmiddels behels. Ons beplan in samewerking met ons filmkliënte die voorraadvlakke wat benodig gaan word vir ’n paar maande vooruit en verskaf dit op ’n weeklikse basis aan meer as 60 tea terkomplekse deur ons verspreiding sentrums in die hoofsentra van die land. Daar is sowat 20 personeellede wat met ons vloot van bakkies rondry en die aflewerings behartig. Dit stel hulle ook terselfdertyd in staat om aflewerings by kleiner persele te doen.”

December 2022 | OVK NEWS 23
Links is Riël de Kock (HUB), Koos de Wet (Besturende Direkteur) en Jacques Louw (Hoof- Operasionele bestuurder) van Biggi Popcorn. Die naam was oorspronklik Bigfoot Trading en die gemoderniseerde olifantembleem het behoue gebly.

Uitvoere maak ten minste 70% van hul mark uit. “Springmielies is baie gewild in Afrika in lande soos Kenia, Angola, Zimbabwe en Mosambiek en selfs Wes-Afrika. Ons voer ook uit na die Ooste en Midde-Ooste. Ons verpak die springmielies in 25 kg-sakke en ons kliënte daar verpak dit dan weer in ’n kleiner formaat. Springmielies is goedkoop en baie gewild as dit eko nomies moeilik gaan,” vertel Koos.

Springmielies wat liggies met speserye besprinkel is, is ’n baie gesonde peuselhappie. Omdat dit ’n volgraanvoedselsoort is, word dit verbind met ’n verlaagde risiko van hartsiektes, diabetes, sommige kankertipes en ander siektetoestande.

“Die ketting van mense in Afrika wat ’n bestaan uit springmielies maak, is on gelooflik. Die Ivoorkus is ’n goeie voorbeeld: Daar kom byvoorbeeld vier vraghouers met 50 kg-sakke spring mielies (25 ton per houer), by die per soon wat dit by ons gekoop het, se stoorplek aan. Hy verkoop dan weer 5 of 10 ton aan iemand wat dit met ’n bakkie kom haal. Dié persoon verkoop weer aan winkels wat 5 of 10 sakke neem. Die winkel maak die sak op sy vloer oop, sodat die mense die pro duk kan sien, en skep dit in kleiner

houers vir straatverkopers uit, wat dit op hulle beurt in ’n oondjie langs die straat laat spring. Die straatverkoper het weer mense wat hierdie spring mielies in klein sakkies koop en verskil lende geurmiddels opgooi. Laastens is daar kinders wat met die klein sakkies loop en dit aan die eindverbruiker verkoop.”

Springmielies kry nie eintlik enige ander siektes as wit- geelmielies nie en word soos ander graan tydens opberging gerook. Alle springmielies moet GMO-vry verbou word en word getoets met inname. Dit word teen ’n

relatiewe hoë temperatuur gespring en word deur die verbruiker as baie gesond en veilig beskou. “Die hitte vernietig die meeste bakterieë wat teenwoordig mag wees en boonop word geen hormone in die groei proses gebruik nie.”

Die volhoubare verkryging van spring mielies bly een van hul grootste uitda gings en daar word voortdurend na nuwe produsente gesoek. Koos vertel dat Amerika se produksie ongeveer 500 000 ton beloop, wat hoofsaaklik plaaslik verbruik word. Argentinië en Brasilië produseer elk sowat 100 000 ton, wat vir uitvoere gebruik word. “Ons 20 000 tot 30 000 ton is min in verge lyking met die wêreldproduksie en daar is dus ruimte vir uitbreiding. Dit is egter moeilik om die plant van spring mielies by die wisselbou van ons streek te inkorporeer aangesien daar ook ‘n grasgewas is soos koring wat in die winter verbou word en wisselbou gewoonlik breëblaar en grasgewasse behels. Die uitdaging is om die regte saad en die regte produsent te kry wat die langtermynvoorsiening in die mark verstaan. Die mark verwag van ons om in die vraag te voorsien, en daarom moet ons met betroubare produsente werk. Groei is dus ’n sistematiese proses.”

Of jy nou van jou springmielies met botter of met sout en asyn hou terwyl jy ‘n rolprent of TV-series kyk, maak seker daar is genoeg voorraad van hierdie gunstelingpeuselhappies in jou kombuiskas.

24 OVK NUUS | Desember 2022
Die Biggi Popcorn verpakkings- en bergingsfasiliteite net buite Hopetown. Bykans 3 000 hektaar onder spilpuntbesproeiing word deur plaaslike produsente met springmielies beplant. Springmielies word saam met die korrekte hoeveelheid olie in mikrogolfgereedsakkies verpak. Hierdie sakkies wat in die mikrogolf geplaas word en waarin die springmielies “pop”, word spesiaal vanuit Amerika ingevoer.

30STE GHOLFDAG ‘N SUKSES VIR LIEFDADIGHEID

Vroeg die oggend is almal begroet deur ’n wonderlike reënbui. Gemoedere was baie laag terwyl die water neer geplons het, maar teen agtuur het die son begin skyn en was die hele dag ’n wonderlike ervaring vir die spelers en verskaffers wat van die stede gekom het om so ’n bietjie “plattelandse atmosfeer” te ervaar.

Soos gewoonlik was daar “natgate” oor die baan versprei, wat die spelers ’n lafenissie gebied het en by sommige ’n lekker eetdingetjie ook. Dit is vir OVK altyd ’n groot eer om as gasheer vir die verskaffers en boere op te tree. Die aan kondiging van die wenners is voorafgegaan deur ‘n suk sesvolle veiling om fondse vir finansieel behoeftige orga nisasies in die OVK bedieningsgebied in te samel.

Die spanwenners vanjaar was Macsteel, gevolg deur Virbac en Cape Gate. Die deelname van die verskaffers stel OVK in staat om weer verligting aan talle welsynsorga nisasies in die platteland te bring.

26 OVK NUUS | Desember 2022
Gedurende November word Ladybrand ingeneem deur verskaffers van OVK wat deelneem aan die jaarlikse liefdadigheidsgholfdag. Vanjaar was geen uitsondering nie en 160 spelers het op die gholfbaan toegesak om aan die 30ste OVK Gholfdag deel te neem.
LIEFDADIGHEID Macsteel met 107 punte het die 30ste OVK Liefdadigheidsgholfdag gewen. Links is Greg van Aswegen, Braam Botha, Jaco Pretorius, Barney Mostert en Rocky le Roux van OVK.

MECHANISATION

NEW MASSEY FERGUSON 8S SERIES LAUNCHED

The new MF 8S series is packed with smart, sustainable farming technology, including the Fieldstar 5 terminal to provide the latest user-friendly precision farming package. The quietest cab on the market is designed with next level space, comfort and ergonomics, as well as connectivity.

The “Tractor of the Year 2021” is powered by a newly de signed engine with a 24cm gap between the engine and cab, which has made this MF 8S series so disruptive and unique. The “Protect-U” design of the encapsulated engine contributes to ultimate performance, improving cooling capabilities by increasing the flow of fresh air.

The MF 8S series models produce between 153 kw and 197 kw, which is ideal for all farming requirements. The efficient drive-lines bring higher productivity and efficiency with the new Dyna-7 powershift transmissions and Dyna E-power dual clutch transmission, offering speed changes.

The MF 8S series was designed with the ability to work faster with the most demanding implements due to up to five spool valve options to the rear and up to three to the front linkage. The “Power Beyond” installation with the hydraulic system increases versatility of this modern tractor series.

In addition to all the above-mentioned technology, the MF 8S range has low operational costs. Maximum power and torque at low engine revolutions will cut fuel consumption by at least 10% and reduce noise levels. The perfect engine/transmission combinations provide maximum out put and more power efficiency, reducing power loss by up to 26%.

28 OVK NUUS | Desember 2022
The new Massey Ferguson 8S series that leads the way for straightforward and dependable tractors, was recently launched by OVK in the Hopetown area. This new series was designed by farmers for farmers and the result – a Massey Ferguson tractor for a new era and a perfect fit for the irrigation region!
Photos: Liglens Photography

Hier volg ’n paar praktiese riglyne wat kan help met die opstel van ’n testament en ook breër boedelbeplan ningsoorwegings.

Die impak van huwelike binne gemeenskap van goedere

Maak seker jy is bewus van die implikasies van jou huweliksbedeling voordat jy dit oorweeg om enige bemaking in jou testament in te sluit. Gades wat binne gemeenskap van goedere getroud is, besit reeds gesa mentlik alle bates in die boedel. Enige bemaking in die testament van iemand wat binne gemeenskap van goedere getroud is, sal dus net van toepassing wees op die helfte wat deur die testateur/trise besit word. Dink aan die praktiese implikasies as jy jou helfte van bv. ’n vaste eiendom aan iemand anders as jou gade bemaak. Gaan dit prakties wees vir hierdie persoon en jou gade om gemeenskaplike eienaars van die eien dom te wees? Maak ook seker dat jy op hoogte is van die praktiese en koste-implikasies (insluitende belasting) van bepalings soos boedelsamesmelting of vrugge bruike voordat jy dit as ’n moontlikheid oorweeg. Terwyl hierdie bepalings ’n moontlike oplossing kan bied, is daar gewoonlik addisionele onkoste wat met so ’n tran saksie gepaard gaan.

TESTAMENTE

PRAKTIESE

BOEDELBEPLANINGOORWEGINGS

Bemaking van plase en landbougrond

Wees duidelik oor wat bedoel word met die bemaking van ’n plaas. Daar moet sekerheid bestaan oor wat ingesluit is: die vaste eiendom, die boerderyonder neming, of albei. Hou ook in gedagte dat daar moont like BTW-implikasies kan wees indien die landbougrond apart en nie as deel van ’n lopende saak bemaak word nie.

Landbougrond aan meer as een begunstigde Landbougrond kan nie direk aan meer as een begun stigde bemaak word nie, as gevolg die beperking van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond. Oor weeg ’n bemaking aan ’n trust of maatskappy (wat deur jou eksekuteur gestig kan word) waarin jou be gunstigdes gelyke regte of aandeelhouding het.

Lewensversekering en begunstigdigde nominasies Maak seker dat die begunstigdenominasies van jou lewensversekeringspolisse op datum is en ooreenstem met jou bedoeling. Dit is veral belangrik indien die be gunstigde/s in jou testament en die begunstigde op jou lewensversekeringspolisse verskil en waar die oorspronk like doeI van die polis was om boedelskuld te delg.

Die meeste van ons weet dat ’n geldige testament ’n belangrike element van ’n effektiewe finansiële plan is. Ongelukkig word daar in baie gevalle nie genoeg aandag en oorweging geskenk aan die praktiese implikasies van bemakings in testamente nie en ook nie hoe ons unieke persoonlike omstandighede ’n impak kan hê op wat ons vir ons naasbestaandes nalaat nie.

Artikel deur Anne-Marie Viljoen Streekshoof vir FNB Fiduciary (Pty) Ltd

Bemaking van trustbates in ’n testament Trusts kan gewoonlik effektief aangewend word as ’n boedel-beplanningstruktuur en gee die oprigter die geleentheid om bates in ’n trust te akkumuleer en kosteeffektief vir die volgende geslag te beskerm. Hou egter in gedagte dat solank trustbates deur ’n trust besit word, dit nie deel vorm van ’n persoonlike boedel nie en dat hierdie bates nie bemaak kan word deur ’n testateur/trise in ’n testament nie.

Dit is belangrik om te onthou dat boedelbeplanning, sowel as die hersiening van jou testament, nie ’n eenmalige oefening is nie, maar gereeld aandag moet ontvang. Dit is ’n dinamiese dokument wat aangepas behoort te word soos wat jou wense en omstandighede verander.

30 OVK NUUS | Desember 2022

Die aanbreek van die somerseisoen en verwagte goeie reën bring nie net verligting aan die weidingsboer nie, maar skep ook nuwe uitdagings. Alhoewel groenweidings relatief hoog is in proteïen, hoogs verteerbaar is en bevorderlik is vir massatoename, is dit belangrik om kenis te dra dat groenweidings ook areagebonde mineraalspesifieke beperkinge het, waarvan Fosfor (P) die belangrikste is in Suid-Afrika.

Navorsing het bewys dat grasweidings in Suid-Afrika ‘n fosfortekort toon, maar gegewe die seisoen ook ‘n tekort aan ruproteïene, energie, sommige minerale en spoorminerale kan toon. Nutri Feeds het volledige pro dukte soos Nutri Fosfor Tub (V 14996) en Nutri Lek Fos 6 (V 8874), asook ‘n konsentraat, Nutri Lek Fos 12 (V 5008) vir tuisvermenging van kwaliteit mineraal- en spoor minerale-aanvullings.

l Kalsium (Ca) saam met Fosfor vorm die belangrikste makrominerale, aangesien dit deel vorm van die skelet. Verder is Ca belangrik vir die voorkoming van melkkoors in melkkoeie na kalwing;

l Fosfor (P) wat na gelang van produksiestatus voorsien word, bevorder groei en ontwikkeling van jong diere met ’n gevolglike verbetering in kondisie, vrugbaarheid, groei, melkproduksie en speenkalfmassa;

l Mangaan (Mn) ondersteun reproduksie (o.a. estrus, libido en spermatogenese) asook groei in jong diere;

PROMOSIE

DIE NUWE UITDAGINGS VAN SOMERWEIDING

l Koper (Cu) kan bydra tot die voorkoming van onderdrukte estrus en prenatale sterftes. Daarmee saam ondersteun Cu ook reproduksie. Kopervlakke moet egter streng bestuur word aangesien dit toksies kan wees vir kleinvee;

l Kobalt (Co) vorm die kern van Vitamien B12 en word deur die rumen-mikroörganismes gesintetiseer. Dit is belangrik in verskeie metaboliese prosesse (o.a. energiemetabolisme) in die dier se liggaam;

l Sink (Zn) is belangrik gedurende die morfologiese proses van spermatogenese en ondersteun hoë spermproduksie, asook libido;

l Vroeë geboortes, swak lewenskragtigheid, spierdistrofie, swak immuniteit en lae vrugbaarheid word voorkom aangesien die Nutri Fosfor Tub (V 14996) ook selenium (Se) bevat.

Om nie net op die tekorte van somerweiding te fokus nie, is dit egter belangrik vir die boer om die voordeel van die hoër voedingswaarde van die groen weidings optimaal te benut. In die geval waar diere (bees of skaap) afgerond word op groenweiding, kan die boer dit ook oorweeg om ‘n hoëkwaliteit aanvullingslek wat klaar gemeng is vir diere, te voorsien. Nutri Lek Energie 18 (V 17402) is so geformuleer om die weiding te komplementeer en tot minimale vervanging te lei. Nutri

se onderskeie produkte is beskikbaar in ‘n lek of in ‘n “tub” vorm wat vir diere gegee kan word vir die vetmesting op groenweidings en is onder andere Nutri Feeds se Energie 18 of Nutri Energie Tub.

Nutri Lek Energie 18 (V 17402)

l Nutri Lek Energie 18 is ‘n tradisionele meeltipe lek vir herkouers;

l Die produk word as sulks gevoer (geen verdere vermen ging is nodig nie);

l Die klaargemengde produk kan aangewend word vir die uitgroei van jong diere of vir die massatoename van ouer diere op groen of aangeplante weidings;

l Dit kan ook as produksielek aangewend word vir skape op swak kwaliteit weiding;

l Innames: Skape = 240 tot 400 g/dagBeeste = 1200 tot 2000 g/dag

Nutri Tub Energie (V 17053)

l Nutri Tub Energie is ‘n gerieflike, moeitelose alternatief tot tradisionele meeltipe lekke.

l Nutri Tub Energie is ‘n proteïen-, mineraal- en energieaanvulling vir herkouers op weiding en is geskik vir produksiedoeleindes;

l Weens die unieke ‘toffie’-konsep daarvan word die pro duk letterlik gelek en verseker dit gereguleerde innames. Dit het ook voordele soos smaaklikheid, beperk verliese (deur wind), samestelling word nie deur selektiewe voeding of deur enige klimaatstoestande verander nie;

l Dit voorkom die verlies aan kondisie by vleisbeeskoeie met kalwers of ooie met lammers op winterveld;

l Goeie massatoename word verkry met tollies op groen somerweiding;

l Innames: Skape = 200 tot 400 g/dag Beeste = 1200 tot 2000 g/dag

Nutri Feeds bied aan die boer die volgende Fosfaatlekopsies vir aanwending op groen weidings:

6451 Nutri Lek Fos 6 (V 8874)

l Nutri Lek Fos 6 is ‘n tradisionele meeltipe lek vir herkouers op groen weidings;

l Die produk word as sulks gevoer (geen verdere vermen ging is nodig nie);

l Dit voorsien 120 g/kg Ca en 60 g/kg P asook die nodige spoorminerale om produksie, groei, ontwikkeling en reproduksie te bevorder;

l Innames: Skape = 17 tot 30 g/dag Beeste = 100 tot 200 g/dag

l Vir die doeleindes van selfmeng het Nutri ook ‘n Nutri Lek Fos 12 (V 5008) beskikbaar wat gemeng word met een (1) 50kg sak sout.

6601 Nutri Tub Fosfaat (V 14996)

l Nutri Tub Fosfor is ‘n gerieflike, moeitelose alternatief tot tradisionele meeltipe lekke;

l Weens die unieke ‘toffie’-konsep daarvan word die produk letterlik gelek en verseker dit gereguleerde innames, dit het ook voordele soos smaaklikheid en beperking van verliese deur wind en die samestelling word nie deur selektiewe voeding of deur enige klimaatstoestande verander nie;

l Dit voorsien P (60 g/kg), Ca (120 g/kg) asook die nodige spoorminerale om produksie en reproduksie van diere op gebrekkige groen weidings te bevorder;

l Innames:

Skape = 17 tot 30 g/dag

Beeste = 100 tot 200 g/dag

32 OVK NUUS | Desember 2022

VERSKAFFERS

BELANGRIKE TOEKENNINGS OORHANDIG

Rocky le Roux, Hoofbestuurder: Handel, Meganisasie en Motors het genoem dat van die 866 aktiewe verskaffers, 40 wenners aan die hand van voorgeskrewe kriteria aangewys word. Hieronder tel betrokkenheid by OVK, groei in omset, bruto wins, rakversorging, volledige uitvoer van bestellings, hulp met oplos van surplus/dooie voorraad, promosies, rabatte en nog verskeie ander maatstawwe.

Die volgende verskaffers is as wenners in hul onderskeie kategorieë aangekondig:

l Algemene Handel: Winkel Diverse: Agrinet (Pty) Ltd, MSD

l Algemene Handel: Stoor: Macsteel (Pty) Ltd, Voermol Voere

l Handel: Direkte Insette: Kynoch Kunsmis

l Algemene Handel: Automobiel: Engen Marketing (Pty) Ltd

l Meganisasie & Motors: AGCO South Africa

l Versekering - Oesversekering: Santam & Bateverse kering: Hollard

l Bemarking: Expandasign

AGCO South Africa is aangewys as die Verskaffer van die Jaar vir 2021/22. Hulle voorsien OVK van internasionale handelsmerke soos Massey Ferguson en Fendt.

34 OVK NUUS | Desember 2022
OVK het weer van sy topverskaffers na Ladybrand genooi om ’n gesellige aand mee te maak, waartydens die wenners van verskillende kategorieë asook die Verskaffer van die Jaar bekendgemaak is.
Rocky le Roux, OVK Hoofbestuur, in ‘n gesellige luim met Bruce Collins (links) en Riaan Vermeulen, beide van Afrivet, voor die toekennings oorhandig is. AGCO is aangewys as Verskaffer van die Jaar. Links staan Robby Lee (AGCO Areabestuurder – Sentraalstreek), Dr Dominik Reus (AGCO Besturende Direkteur - Afrika), Felix Seitz (AGCO Verkoopsbestuurder - Afrika) en Willie Dietrechsen (OVK Bestuurder: Meganisasie)

GRAANBERGING

MARSEILLES VERHOOG SILOKAPASITEIT

Die Marseilles-silo se vergrote fasiliteit is onlangs amptelik geopen en prominente graanprodusente wat die silo gebruik, is genooi om die geleentheid saam met OVK te vier.

Dries van der Linde, OVK Bestuurder: Graan Operasioneel, het verduidelik dat daar ’n groot behoefte onder die produsente van die omgewing was vir groter graanhan teringskapasiteit. Drie buise het die silokapasiteit met 19 500 ton verhoog na ‘n totaal van 37 000 ton. Die nuwe silo’s is in Mei getoets en het in Julie operasioneel begin funksioneer. ’n Tweede skaal is ook geïnstalleer om die vloei van verkeer te vergemaklik en die graan vinniger te ontvang. Volgens Dries is nog twee van OVK se silo’s, Modderpoort en Riet rivier, ook opgegradeer om voorsiening te maak vir ver hoogde graanproduksie deur produsente. Die effektiewe hantering van ontvangste is ’n prioriteit en ’n diens wat OVK konstant poog om te verbeter.

40 OVK NUUS | Desember 2022
Chris Bender, Direksievoorsitter van die OVK Groep en Stéfan Oberholzer, Besturende Direkteur OVK Groep, onthul die gedenkplaat tydens die amptelike opening van die vergrote silofasiliteit van die Marseilles Silo. Jurie Meyer, Julius Ball, OVK Kliëntefinansiering en Antoon van den Berg het die opening bygewoon. Die addisionele drie silobuise van 6 500 ton elk het die totale kapasiteit by die Marseilles Silo na 37000 ton verhoog. ’n Addisionele innamepunt en weegskaal is ook geïnstalleer om die ontvangs van graan te versnel.
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.