

Uitgewer/Publisher
Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk Posbus/PO Box 96
Ladybrand 9745
Besturende Redakteur
Managing Editor
Stéfan Oberholzer
Redakteur/Editor
Francois Seymore 051 923 4785/079 780 4618
ovknuus@ovk.co.za
Redaksionele artikels/Editorial Articles
Alle artikels is deur die redakteur geskryf, behalwe waar anders aangedui./ All articles are written by the editor, except where otherwise indicated.
Medewerkers/Contributors
Igna Kotze
Christel Basson
Sanet Janse van Rensburg
Proeflees/Proofreading
Marna Alberts
Advertensies/Advertising
Christel Basson 051 923 4798/082 775 9207 christelb@ovk.co.za
Uitleg/Layout
Francois Seymore
Liezl Magson
Drukkers/Printers
Oranje Print & Packaging
Senekal
OVK Hoofkantoor/ Head Office 19 Dan Pienaar Str, Ladybrand 051 923 4500 klantediens@ovk.co.za
Die menings en aannames wat in hierdie publikasie uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van OVK nie en OVK aanvaar hiermee geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat in hierdie publikasie gemaak word nie.
Die foto is geneem tydens ons besoek aan Pela Graca Friesperdstoet by Douglas, waar ons die voorreg gehad het om Goedgekeurde Stamboekhings, Hette 481 in aksie te sien.
COVER
This photograph was taken during our visit to Pela Graca Friesian Stud near Douglas when we had the opportunity to see Approved Pedigree Stallion Hette 481 in action.
The opinions expressed in this publication are not necessarily the view of OVK and OVK does not accept any responsibility or liability for claims made in articles or advertisements.
Kopiereg word voorbehou en inhoud mag slegs met skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer word.
Copyright is reserved and contents may only be reproduced with written permission of the Editor.
Die tydskrif is gratis aan kliënte by alle OVK Handelstakke beskikbaar en voorwaardes geld. Besoek www.ovk.co.za om ‘n elektroniese weergawe van die tydskrif te lees..
The magazine is available free of charge to clients at all OVK Retail branches and conditions apply. Visit www.ovk.co.za to read an electronic version of the magazine.
Daar het ’n skuif gekom weg van reg en verkeerd na sosiaal aanvaarbaar. Ons leef nie meer in ’n wêreld wat wit of swart is nie, maar beweeg in al hierdie skakerings van grys rond. Mense kruip dan weg agter woorde soos “liefde” of “aanvaarding” eerder as om op te staan vir die waarheid. Miskien het jy ook al agtergekom dat feitlik almal opinies het oor byna alles, maar dat bitter min mense werklik ’n standpunt kan inneem en sê of iets reg of verkeerd is. Nee, ons hou meer van grys as van swart of wit. Die probleem is dat ons dan leef in ’n wêreld wat ons self help skep waar daar geen gevolge is nie, want as iets nie verkeerd is nie, kan daar tog nie gevolge daarvoor wees nie, of hoe?
Die Bybel is wel anders. Die Bybel vertel van reg en verkeerd, wit of swart, nie grys nie! Steeds is daar mense, geleerdes inkluis, wat sê dis nie so eenvoudig nie - daar is grys areas, en daardie mense kruip graag weg agter die woord “liefde”. Hulle wil vir jou vertel dat jy kan doen net wat jy wil, want God is lief vir jou en as ons lief is vir mekaar sal ons nie vir mekaar sê as ons verkeerd optree nie, want grys is gelyk aan liefde. Hierdie stelling is hoegenaamd nie waar nie, soos blyk uit hierdie verhaal uit Johannes 8:1-11:
“Jesus het na die Olyfberg gegaan. Vroeg die oggend het Hy weer by die tempelterrein aangekom. Die hele volk het na Hom gekom, en Hy het gaan sit en hulle geleer. Die skrifkenners en die Fariseërs bring toe ‘n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel staan. Hulle sê toe vir Hom: “Meester, hierdie vrou is op heterdaad betrap terwyl sy owerspel pleeg. In die wet het Moses ons beveel om sulke vroue te stenig. Maar u, wat sê u?” Dit het
hulle gesê om Hom te toets, sodat hulle iets kon hê waarvan hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het afgebuk en met sy vinger op die grond geskryf. Toe hulle egter volhou met hulle vrae aan Hom, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een wat sonder sonde is, eerste ‘n klip na haar gooi.” Hy het weer afgebuk en op die grond geskryf. Dié wat dit gehoor het, het een vir een, van die oudste af, weggegaan – net Hy het oorgebly, en die vrou daar in die middel. Jesus het toe regop gekom en vir haar gevra: “Vrou, waar is hulle? Het niemand jou veroordeel nie?” Sy antwoord: “Niemand nie, meneer.” Jesus sê toe: “Ek veroordeel jou ook nie. Gaan, en moet van nou af nie meer sondig nie. ”
Die antwoord op baie van ons vrae lê in hierdie verhaal. Daar is reg en daar is verkeerd. As jy die verkeerde pad kies, is dit regverdig dat jy die straf sal dra en dat jy sal betaal vir jou sonde, maar dis juis hier waar Jesus se liefde intree. Dis wanneer jy besef dat jy besig is met die verkeerde dinge en straf verdien wanneer Jesus se liefde dan vir jou kom sê: “Ek vergewe jou”. Hierdie soort liefde gaan die verstand te bowe, maar dis wie Jesus is. In hierdie verhaal sien ons iets van Jesus wat nie in grys areas beweeg nie: Jesus staan by wat reg is, maar sy liefde bring vergifnis, en dan kom die belangrikste gedeelte: Jesus gee ’n opdrag aan die vrou om nie meer te sondig nie!
Sonder reg en verkeerd is daar nie iets soos sonde niesonder sonde sal daar nie iets soos vergifnis wees nie en sonder vergifnis sal ek nie weet hoe lief Jesus my werklik het nie. Daarom: Beweeg uit die grys areas terug na die Lig en sondig nie meer nie. Jesus is lief vir jou!
Dit is koud. In een jaar verloor die rand 27% van sy waarde teenoor die dollar. Ons regering raak betrokke by internasionale aangeleenthede wat kritieke handelsbetrekkinge in gevaar stel en beurtkrag kos sakeondernemings miljoene. Gareth Ackermann, voorsitter van Pick n Pay, het tydens die bekendstelling van hul finansiële resultate gesê dat die groep R522 miljoen aan diesel spandeer het om hul bedrywighede te kon voortsit. Van hierdie uitgawe is 37%, oftewel R193 miljoen, direk na die regering in die vorm van belastings en heffings. Beurtkrag het ’n onverwagse gans geword wat goue eiers, in die vorm van onmiddellike kontant, vir die regering lê. Die vraag is nou: hoekom sal hulle beurtkrag wil stop met biljoene se kontant wat instroom? ’n Verdere negatiewe faktor vir landbouers en verbruikers is die aanhoudende rentekoersstygings. Dit bly koud....
Op ’n positiewe noot lyk dit of goeie oeste van die lande gehaal gaan word en ons kan net vertrou dat die kommoditeitspryse in die nabye toekoms gaan styg. Nampo was ’n groot sukses en die landbougemeenskap gaan die winter met baie vertroue in. Hier en daar word “El Niño” genoem, maar tot dusver het goeie neerslae oor ’n wye gebied geval, wat belangrike vogtigheid in die grond plaas vir die wintergewasse.
Ons het weer ’n OVK Nuus met uiteenlopende artikels en berigte saamgestel, wat in een en elk se smaak sal val. Vir die perdeliefhebber het ons by Pela Graca, een van die land se voorste Friesperdstoete buite Douglas gaan kuier en ’n tydjie saam met die telers en perde op die asemrowende plaas spandeer. Skandeer gerus die QR-kode vir die video waar hierdie wêreldklasperde in aksie te sien is.
Dit is nie aldag dat jy hoor van ’n boer wat al op die ouderdom van twaalf sy eerste plaas koop nie! Lees gerus Mornay Verster se ongelooflike verhaal tot waar hy vandag twee rasse kruis om sy perfekte bees te teel. Wanneer hy nie in die veld tussen sy beeste naby Tweespruit is nie, is hy in die Franse Riviera waar hy en sy familie ’n hotel besit en die Europese somers daar geniet.
Wie sou kon dink dat enige boer met gesonde verstand kakiebos as ’n gewas sal aanplant? Dit is presies wat
Flip Minnaar en sy familie buite Clocolan en in Zambië doen. Lees gerus meer oor die gebruik van Tagete in duur Franse parfuums en die ander natuurlike olies wat hulle maak.
Ons het die skryftalent van Sanet Janse van Rensburg, ’n boervrou van Marquard, nadergetrek en sy vertel met die tong in die kies staaltjies wat elke letter van die woord “BOER” verteenwoordig. Sy het ook by Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar, Lukas Lessing, gaan kuier om met hierdie dinamiese jongman en sy gesin te gesels.
OVK kombineer sy tradisionele streeksfunksies waartydens die Toppresteerders aangekondig word in een glansgeleentheid in Bloemfontein wat deur 340 gaste bygewoon is. Bykans 80 toekennings word gemaak en ’n besproeiingsboerdery van Hopetown word as die Algehele Toppresteerder van OVK aangewys.
Die winterseisoen gaan altyd gepaard met veldbrande en die groot plase van die Noord-Kaap is besonder kwesbaar weens die feit dat hulle nie effektiewe brandpaaie kan maak nie. ’n Gekoördineerde poging word vereis om die brandrisiko te beperk en te beheer en daarom is die Pixley Brandbestrydingsvereniging gestig, wat na 8,6 miljoen hektaar omsien.
Igna Kotze skryf soos gewoonlik oor ouerskap en in hierdie uitgawe gesels sy oor “Makansie” waar die moeders bietjie tyd aan hulself spandeer en tyd kry om te herlaai. Dit kan dalk ’n paar manne op die plaas warm onder die kraag maak.... Nuus van die wol- en sybokhaarkantoor in Port Elizabeth is die opwaartse neiging in die wolprys sedert die eerste veiling in 2023, weens die Chinese mark wat normaliseer.
Lees OVK Nuus voor die kaggel of in die bakkie as jy vir jou stroper wag. Die winter is nou amptelik deel van ons dae en mag die oestyd met ’n warmfles koffie vlot op jou plaas verloop. Bly op jou knieë, wees veilig en wees lief vir dié om jou. Tot volgende keer.
Die Oranje- en Vaalrivier vloei net buite Douglas in die Noord-Kaap ineen. Dit is hier waar een van die land se vernaamste Friesperdstoete, Pela Graca, geleë is onder die wakende oog van eienaar Celeste Steyn, stoetopsigter Pam Munro en bekende beoordelaar en algemene bestuurder Eben Ras. Ons het die voorreg gehad om by hulle te kuier en oor hierdie imposante swart perde te gesels.
Pam se eerste blootstelling aan die Friesperd was in Holland waar sy as au pair gewerk het. “Ek het elke oomblik wat ek nie gewerk het nie, by die perde spandeer en het selfs ryklasse geneem. Ek het teruggekom Kimberley toe en was betrokke by afrigting en skouwerk.”
Sy vertel dat sy en Celeste Steyn by een van die skoue in Kimberley ontmoet het en dit was ook Celeste se bekendstelling aan die Friesperd. Sy het deurgekom vir ’n paar rylesse en my toe gevra of ek op Saterdaemiddae na Pela Graca sal kom om af te rig.
Die woonhuis was pas in 2011 voltooi met 6 aangrensende stalle waar die perde aangehou is. Celeste wys my toe die pasgeboude huis en in haar dogter se kamer hang twee portrette van Friesperde. Sy het my na die stoep geneem, die veld langs die huis gewys en verduidelik dat dit haar droom is om te sien hoe Friesperde op groen gras omring met wit heinings, waar nou veld is, hardloop. “Ek sê toe: ‘Wel, ek weet waar om hulle te kry!’” onthou Pam, wat vandag die stoetopsigter is.
“In Januarie 2012 is ons Nederland toe om Friesperde te gaan soek. Ons het vier hingste uitgesoek waarvan Dries een was. Dries was die eerste uit die vier wat aan alle invoerkriteria na SA voldoen het. Daarom koop ons toe vir Dries 421 vir R13 miljoen. 2011 se KFPS perd van die jaar en bekende modelmerrie Annichje fan Bokkum asook 2011 Reserwe Wêreld Kampioen Kroonmerrie Amerens RS fan Top en Twel. Dit was die aanvang van die Pela Graca-stoet!”
“Ons het die vloerplan van die hoofgebou in De Nieuwe Heuvel in Nederland gekry, wat gebaseer is op ’n EU kwarantynstasie vir die uitvoer van semen. Die gebou is basies ’n replika maar ons het die gaste-eenheid met nog meer stalle ingesluit. Ons styl is egter meer “King Arthur” en wat uitstaan is die baie gietysterwerk wat deur Peter Stochhammer, oorspronklik van Oostenryk, gedoen is.”
Die eerste perde het in Julie 2012 aangekom en die gebou was teen die einde van daardie jaar voltooi. Celeste, haar man, Schalk en dogter, Marozelle is later in 2012 weer na Nederland toe om nog merries te koop. Die een hings met twee merries het net nie die som laat klop nie en meer merries was nodig. Hulle het toe nog drie topgeregistreerde dragtige merries gekoop. Dragtige merries wat ingevoer word, moet in kwarantyn vul en mag eers dit verlaat as die vul 31 dae oud is. Die hoofgebou by Pela Graca voldoen aan die standaarde wat gestel word vir ‘n “kwarantyn vulstasie” en dus kon die nuut ingevoerde dragtige merries op die plaas geboorte skenk. Dit is voordeliger om dragtige merries in te voer, want jy kry twee vir die prys van een en die voordeel van addisionele genetika.
“Die eerste perde het in die onderste stalle gebly terwyl die gebou voltooi is en het later in hul luukse stalle ingetrek. Die area voor die gebou waar die kampe is, is op ’n klipbank, so daar is geweldig baie grond ingery om die gras te plant. Die gebou wat ons “Middel Stalle” noem, is spesiaal deur Celeste ontwerp om besonder koel in die somer te wees en is in 2015 voltooi - maar ons sal altyd ’n tekort aan stalle hê,” vertel Pam.
Op een van Pam se besoeke aan Nederland ontmoet sy ’n Brasiliaanse veearts wat embrio’s vir ’n kliënt gevries het.“Ek vra haar toe of sy sal belangstel om ons hier in Suid-Afrika te kom help en sy het ingestem om die volgende seisoen oor te kom. Ek en sy het per toeval inkopies by die plaaslike winkel ge-
doen, waarna die eienaar ons vir ’n braai genooi het. Wel, die einde van die storie is: Die twee is getroud, ’n kind het gevolg en sy het nou ’n praktyk in Douglas. Nou het ons ’n embriospesialis op ons voorstoep!” vertel Pam.
Eben Ras, die algemene bestuurder van die stoet, is nou agt jaar werksaam by Pela Graca en het grootgeword in Hoedspruit. “Ek was nog altyd mal oor perde en het my eerste perd op 9 jaar gery. Ek het daarna met perdespring begin en altyd gedink ’n Friesperd is te groot en te vet en nie vinnig genoeg nie. My pa het die swartperddroom gehad en hy koop toe my eerste Friesperd toe elk so twaalf was. Die perd vrek ongelukkig aan perdesiekte en ek is toe klaar met perde.”
“Op agtien sien ek ’n swart Friesperd op die Pretoriaskou en net daar is my hart weer gesteel. Ons sien later ’n stamboekhings in Vrede maar dié kos miljoene rande, en ons koop toe maar een van sy vullens. Die hings spook egter by my pa en later koop ons vir Tsjitse 387. Ek het nog merries aangekoop en het uitendelik 40 merries gehad. “
Sy pa koop later ’n plaas in Rustenburg en hulle skuif die perde daarheen. “Ek het stadig begin om die perde te verminder en dit is gedurende daardie tyd dat Celeste my gekontak het. Ek het haar in 2016 met skouwerk gehelp - ons het genoeg kampioenskappe gewen en die res is geskiedenis.”
Goedgekeurde Stamboek Friesperdhingste het almal nommers en daar mag slegs met hulle geteel word. Eben verduidelik dat die toekenning van nommers in 1779 begin is. Die storie is dat ’n klompie manne in ’n kroeg bymekaargekom het en besef het dat die sperm gereguleer moet word omdat die ras besig was om uit te sterf en nie meer ’n doel gehad het nie. Dit het tot gevolg gehad dat ’n “hingste-keuring” van drie rondtes ingestel is om slegs die beste bloedlyn te laat voortgaan.
“Die keuring word in Friesland gedoen en werk soos volg: Jy skryf jou perd in, onderhewig aan al hulle reëls en regulasies. Hulle begin die jaar met tussen 300 en 600 hingste. Die perde wat in die eerste en tweede ronde uitval word gesien as die swakste van die populasie en word glad nie gebruik vir teel nie.”
“Die 20 tot 60 hingste wat na die derde ronde oorbly, word aan ’n 70 dae verrigtingsondersoek blootgestel. Daar word dan met hulle gewerk en hulle word ingespan, onder saal gesit en gery. Daar is ook nog vele ander assesserings waaraan die Friesperde onderwerp word. Sementoetse, x-strale en genetiese afwykingstoetse word onder andere gedoen. Die versorger skryf self ’n verslag oor die perd se temperament en algemene gedrag. Slegs die beste van bestes word finaal gekeur en verlede jaar was die ses hingste wat nommers gekry het, die meeste nog. Die gemiddeld is egter twee tot vier hingste per jaar en sommige jare geen. Die getal staan nou op 535 sedert 1779! Inteling is daarom ’n groot probleem. Die intelingpersentasie staan tans op ongeveer 17% van die wêreldpopulasie en dit het ’n groot faktor by die “hingste-keuringprogram” geword.
Eben praat oor sy toekoms by die plaas en sê dat hy graag saam met die stoet wil groei. “Hierdie genetika moet beskikbaar wees vir die perdeliefhebber wat nou net wil begin. Ek het met sterre in my oë gaan perde koop, maar niks geweet nie. As jy hier ’n perd wil koop, moet jy eers kom kuier. Ons kan dan bepaal hoe om jou te help en Celeste help werklik almal. Jy kon jare gelede nie ’n perd koop en skoue toe gaan nie, want daar was slegs deelnemers soos ons. Vandag, nadat Celeste soveel mense gehelp het, is dit moontlik om teen die groot telers te gaan deelneem en ‘n kampioen te wees.”
Volgens Pam was dit van die begin af Celeste Steyn se doel. “Sy kon gemiddelde perde in Nederland gekoop het, maar het van die beste in die wêreld gekoop om genetika in Suid-Afrika beskikbaar te stel om die Friesperdras hier te ontwikkel.”
Wat is Pam se drome vir Pela Graca? “Ons wil Stoetteler van die Wêreld word en dit is werklik nie ’n onmoontlike droom nie, as jy besef wat ons in die laaste paar jaar bereik het. Dit is ook elke KFPS teler se droom om ’n goedgekeurde hings te teel. Geen teler in Suid-Afrika kon dit nog regkry om ’n plaaslike Stamboekhings te teel nie. Die kandidaat moet ouer as drie jaar wees en ek dink ons het ’n jong hings wat ’n goeie kans staan. Tyd sal leer.”
Die Friesperde, die mense, die plaas en die onvoorwaardelike liefde vir die diere maak ’n ontuitwisbare indruk. ’n Besoek aan Pela Graca laat jou nie sonder emosies nie. Ons hou hul vordering dop - sal dit nie ’n wonderlike hoogtepunt vir hul wees om as die wêreld se Top Stoetteler gekroon te word en Suid-Afrika se eerste geregistreerde teelhings in hul stalle te hê nie!
Die Le Roc Brangus-stoetery is ‘n bekende in die Brangus-kringe en bied vanjaar sy 15de produksieveiling aan. Mornay Verster is tans besig met opwindende rasverfyning en ons het buite Tweespuit in die Oos-Vrystaat by hom gaan kuier om meer daaroor uit te vind, asook oor sy konneksie met Frankryk.
Die son breek soos ’n welkome vriend deur die woonkamervenster en die koffie verwarm ons koue hande. Die doel van ons besoek is om oor die telingsprogram te gesels, maar toe kom hierdie boer se geskiedenis ter sprake en neem ons vir eers op ’n lang pad terug na die plaas, Een Boom, waar Mornay, sy twee susters en sy broer grootgeword het.“Daar was letterlik net een bloekomboom op die plaas,” sê Mornay laggend.
Hy was op Tweespruit op skool maar het al vroeg in sy lewe begin boer en met geld gewerk. “Dit het begin met budgies en duiwe wat later verander het na parkiete, sierduiwe en hoenders. Op laerskool het ek Saterdae met een van die werkers na al die buurplase gery en varke gekoop by die plaaswerkers. Destyds het almal nog varke gehad. Maandae het my pa hulle na die slagpale in Bloemfontein gestuur. Ek kon elke naweek my geld verdubbel.”
“Wanneer ek genoeg geld gehad het, het ek ’n dragtige bees by my pa, Thabo, gekoop. Op twaalfjarige ouderdom het ek al so 60 koeie besit, waarvoor my pa weiding gegee het. Op daardie stadium wou my oupa een van sy plase verkoop en ek en my pa begin toe somme maak. Ek sou die paaiement met my koeie kon betaal en my pa het gaan borg teken, maar ek was verantwoordelik vir die maandelikse paaiement. Op 12 het ek my eerste plaas, Krynauws Rust, gekoop en my eerste tjekboek gekry!,” vertel Mornay trots.
Hy het toe voortgegaan om varke te smous en sy beeste te vermeerder. Hy het ook kalfies gekoop, afgerond en weer verkoop. “Op 16 het ek genoeg geld gemaak om
my eerste bakkie kontant te koop. Die plaaspaaie was maar afgesonder so ek kon nou self ry en die varke gaan optel.”
Na hy matriek aan die landbouskool in Tweespruit voltooi het, is hy Kovies toe en behaal die graad B.Ekon. “Aangesien ek in ’n landbouskool was en op die plaas grootgeword het, het ek besluit om nie landbou te studeer nie, maar eerder ekonomie. Dit is tog waaroor alles gaan.” Hy ontmoet Nerina op universiteit en sonder om tyd te verspil trou hulle in 1992, beide op die ouderdom van 22, direk nadat hul studies voltooi is. Hulle trek vervolgens op hul familieplaas Brandsdrift in, waar hulle vandag nog woon.
“Ons het besluit om vroeg kinders te kry sodat ons saam met hulle kan jonk wees en Jan-Paul is in 1994 en Nelise in 1996 gebore. Toe die kinders skoolgaande ouderdom bereik, het ons ’n meenthuis in Bloemfontein gekoop en Nerina het gedurende die week met die kinders daar gebly. Ek het gewoonlik Dinsdae ’n veiling in Bloemfontein bygewoon, daar oorgeslaap en dan Woensdae teruggekom plaas toe.”
Die kinders het ouer geword en Mornay het voltyds in Bloemfontein gaan bly en bedags heen en weer na die plaas gery.“Beeste was nog altyd die hoofaktiwiteit op die plaas. Ek moet egter ook gewasse plant maar ek moet eerlik wees: Ek maak my hande liewer met beesmis vuil as met olie,” skerts Mornay.
“Ek het op daardie stadium ook met speenkalwers gespekuleer maar dit het my nie juis gestimuleer nie. Dit het wel die rekeninge betaal maar ek wou genetika verbeter. Ek het elke jaar verskeie bulle gebruik maar toe ek ’n Brangus-bul koop, sien ek dat vir die eerste keer die kalwers eenvormig lyk. Ek het goeie groei met hulle gehad en aangesien ek sommer verskillende koeie gebruik het, het ek besef watter verskil die Brangus-gene gemaak het.
“In 2000 het ek 25 van my Brangus-koeie geselekteer en hulle by die Brangus-bul gesit. In dieselfde jaar het ek Le
Roc by die Brangus-genootskap registreer. Die kalfies was van die mooiste wat ek nog gehad het en die Le Roc-kudde was aan die groei. Ek het nog ’n geregistreerde Brangus-bul gekoop en by die verse gesit. Ek het aangehou om Brangus-bulle te koop maar dit het baie duur begin word. Ek het toe besluit om my eie bulle te teel wat ek self kon gebruik en word toe selfproduserend tot op die punt waar ek met 1 000 Brangus-geregistreerde koeie gesit het.”
Mornay verduidelik dat twee teeldoelwitte vir hom ononderhandelbaar is, en dit is aanpasbaarheid en vrugbaarheid.“Die dier moet van die veld af presteer en gehard wees. Ek gee nie byvoeding nie, behalwe vir die speenkalwers wat kondisie in die winter moet behou en verse wat die eerste keer kalf. Hulle moet die eerste kalfie grootmaak en weer dragtig word. As hulle die tweede keer kalf, bly hulle op natuurlike of aangeplante weiding.
“My grootste kalftyd is Augustus tot September en ek hou die diere wat in dieselfde tyd kalf in dieselfde groepe om bestuur te vergemaklik. Ek hou nie daarvan dat my troppe ’n ouer en jonger kalf in dieselfde groep het nie. Ek gebruik meer-bulparings by ’n groep en doen na die tyd DNA toetse om te bevestig wie die pa is. Ek sit gewoonlik tussen 20 en 25 koeie per bul in die groep. Dit
maak my bestuur makliker as om net een bul per groep te plaas - jou kanse dat al die koeie sal vat is beter en die gemiddeld van die kudde verbeter.”
As jy vir Mornay vra wat die Brangus vir hom spesiaal maak, verhelder sy gesig sommer. “Die Brangus-koeie is vir my die mooiste van alle diere. ’n Dragtige Brangus-vers lyk baie vroulik en het ’n baie mooi uier. Vir my moet enige dier in balans wees en meeste van die Brangus-verse het balans.
“Aan die begin ‘aanvaar’ ’n mens tekortkominge, net om beeste wat produseer op die boeke te kry. Hoe langer die stoet vorder, hoe belangriker word seleksie en dan tel sentiment nie meer nie. Toe ek die getalle het, het ek gesien dat die voorkoms van hul koppe nie volgens my vereistes is nie, so elke bul wat ek daarna gekoop het, moes ’n mooi kop hê, met ‘n sterk bek. Die “mooi” kop het dan vinnig deurgetrek na die nageslag.”
“Die afgelope paar jaar konsentreer ek op die 200 en 400 dae gewig en die beeste lyk nou soos ek hulle wil hê. Die meeste van die kopers van my kudde is speenkalftelers en ek konsentreer daarop om die speenkalfgewig swaarder te kry. Maar dit is waar teling so interessant is. Jy kan nie net die 200 en 400 dae gewig opstoot nie, want dit korreleer met die geboortegewig van die kalfie. Ek
wil nie ’n groter bees teel nie maar eerder ’n mediumraamdier wat aanpasbaar is, met ander woorde ’n dier wat elke jaar kalf,” verduidelik Mornay.
Hy het ook ’n voorliefde vir die Brahman-beesras en dit was ook sy eerste bul wat hy gekoop het toe hy ’n seuntjie was. “Dit was ’n wit Brahman-bul met die naam “Bluebell” en hy was baie spesiaal. Ek teel nou vir drie en half jaar ook met ’n suiwer poena Brahman-stoet en sit vir die tweede jaar ’n paar bulle op my produksieveiling. Ek is baie streng oor temperament en hulle word van jongs af geleer dat swak temperament nie geduld word nie.”
Mornay verduidelik dat die Brahman inpas by sy visie vir die Brangus-ras.“In my opinie het die Brangus te veel “ver-Angus”. Ons teel almal vir korter skedes, minder vel en minder oor maar ek hou van meer vel en meer oor, so ek wil ’n bietjie meer Brahman in die Brangus inteel. Ek het toe geëksperimenteer en die Brahman by die Brangus gesit. Die bulle wat ek gebruik het, teel wit kalwers by wit koeie, en rooi kalwers by rooi koeie,as ek hul op die Brahmane gebruik maar met die Brangus-kruising was daar heelwat kleurvariëteite en ek verkies eintlik rooi. Vanjaar jaar het ek twee rooi Brahman-bulle gebruik en ek kan nie
wag om te sien hoe daardie kalfies gaan lyk nie.”
Die Droughtmaster-ras het ook lank reeds sy aandag getrek en hy het heelwat navorsing oor hulle gedoen. “Ek het ’n paar Droughtmaster-telers besoek en ek het die gevoel gekry dat as ek die drie rasse - die Brangus, Brahman en Droughtmaster kan kombineer, gaan ek by my droom uitkom. Ek noem hierdie teling “Rocmaster” en beskou dit nie as ’n nuwe ras nie. Dit is om ’n koper ’n ideale bul te gee om sy kudde te komplementeer. Ek behou egter ook nog steeds ’n suiwer Droughtmaster-stoet.”
Die Droughtmaster is nou ’n geregistreerde ras in Suid-Afrika en volgens Mornay het die genootskap goedkeuring verleen dat ’n Brangus-koei as ’n basis of F1 ingebring kan word. “Dit help my verskriklik baie, want ek het reeds 22 jaar se teling in die Brangus ingesit en nou met die Droughtmaster sit ek die kersie bo-op die koek.”
Mornay verduidelik die gebruik van embrio’s in sy telingsprogram. “Ek begin met 100 koeie wat met onder andere hormone voorberei word as ontvangers. Van hierdie gaan so 50 reg wees op die dag wat die embrio deur ‘n pistolet in die baarmoeder geplaas word.” Hy sê dat sy sukseskoers tussen 14% tot 74% is. “Daar is soveel veranderlikes op die dag. Daar is die ontvanger, die em-
brio se kwaliteit, die koeie se voeding en selfs die weer wat ’n invloed kan hê. Jy betaal vir elke embrio wat geproduseer word en die suksespersentasie bepaal of dit ’n baie duur episode of ’n goeie dag was,” sê hy glimlaggend.
Die gesprek dwaal weg van die beeste na sy verbintenis met Frankryk.“My dogter Nelise speel wêreldwyd professionele tennis. Toe sy 19 was, het sy by ’n afrigter in Frankryk aangesluit wat deur ander spelers aanbeveel is, om haar met ’n spesifieke probleem in haar spel te help. Ons as familie het toe vir ’n paar dae in die suide van Frankryk gaan toer en ek was onmiddellik verlief op die omgewing.”
“Nerina het toe baie saam met Nelise getoer wanneer sy aan toernooie deelgeneem het, maar ons het geen basis in Frankryk gehad nie. Om ’n lang storie kort te maak, ons koop toe ’n ou verwaarloosde drieverdiepinghuis wat 14 jaar leeg gestaan het, in die klein dorpie Châteauneuf naby Grasse. Ons omskep dit self in twee volledige 2-slaapkamer eenhede op die boonste twee verdiepings wat ons in die somer kon uitverhuur en die onderste vlak as woning vir ons familie. Daar was 33 olyfbome in die tuin en op ’n goeie dag kon jy die Korsika-eiland sien. Dit was maar ’n gesukkel met die taal om al die verbouings te doen, maar Nelise was toe alreeds een jaar daar en moes die bouprojek hanteer.”
Mornay vertel dat hulle agtergekom het dat die huurinkomste gedurende die somermaande nogal hoog is en op daardie stadium was dinge hier maar on-
rustig met plaasmoorde en die onteiening sonder vergoeding wat op die voorgrond is. “Ons kyk toe uit vir iets anders om die geleentheid vir inkomste uit die somervakansies te verhoog.
Nelise ontdek toe ’n baie ou hotel met 16 kamers en ’n groot restaurant, reg langs die see. Ons koop toe die hotel in Mandelieu-la-Napoule in 2019 en Jan-Paul en sy vrou Nadia, beide argitekte, sluit by ons aan na hul troue. Ons het soos slawe gewerk om die hele hotel met al sy kamers feitlik te herbou.”
Mornay kry tyd om te boer en ook om by die kinders by die hotel in Frankryk te gaan kuier. “Ons stil tyd op die plaas is die besige tyd by die hotel, so ek gaan vir so drie weke, elke 2 maande in SA se wintertyd oorsee maar is dan meestal die res van die jaar op die plaas. Nerina is meer dikwels in Frankryk maar danksy WhatsApp praat ons ’n paar keer elke dag.”
Die gesels duur voort terwyl ons van kamp na kamp ry en sy beeskuddes bewonder. Die liefde wat hy vir sy diere het, is duidelik en die toevoeging van die Droughtmaster gaan baie bydra om sy visie vir die perfekte vleisbees te bewaarheid. Die visie wat Mornay al as kind getoon het, manifesteer nou in hom as familieman en gerespekteerde teler. Van Westminster in die Oos-Vrystaat tot in die Franse Riviera – sowaar inspirerende drome!
Buite Clocolan op die plaas Vlakbult het Flip en Riana Minnaar soos al hul bure voorheen met gewasse, skape, beeste en melk geboer. As ’n konsortium boere van Clocolan en omgewing het die groep bykans 3 miljoen liter melk per dag na die Rand gestuur. Vandag is hulle een van die land se grootste plantolievervaardigers. Ons het gaan uitvind wat kakiebos dan nou so aantreklik maak!
“In die vroeë negentigs het dinge begin verkeerd loop met prysvasstellings op die melk en ek en Riana het besluit om “anders” te begin dink. Ons wou nie grense hê nie - die wêreld moet die grense wees. Ons wou nie ’n produk hê wat ook sommer hier om die draai vervaardig word en waarvoor iemand anders die prys vasmaak nie. Ons was gereed en as ingenieur was dit vir my moontlik om ’n toetrede tot ’n bedryf met ’n tegniese hoë moeilikheidsgraad te maak.”
In 1992 het “Hoogland Eteriese Olies” ontstaan deur die inkomste van die verkoop van die melkery as ontwikkelingskapitaal aan te wend, aangesien niemand belanggestel het om hierdie vreemde bedryf te finansier nie. ”Wie belê nou in kakiebos?” lag Flip.
“Die begin was eenvoudig. Jy kan nie kakiebos verkoop nie; jy moet hom verwerk om te verkoop. Jy het stoomketels, distillasiepotte, verkoelingstorings en skoonmaakfiltrasie nodig en dan moet die olie ook nog verpak word.”
Toetrede tot die eteriese olie-mark is nie eenvoudig nie en in Suid-Afrika was daar nie baie kennis oor die tegnologie of markte nie. In daardie jare was navorsing moeilik en iets soos Google het nog nie eens bestaan nie. Die mense wat wel in die bedryf was, het hul kennis nie maklik gedeel nie en om kopers te identifiseer was feitlik onmoontlik.
“Ons begin toe op ’n “leer-soos-ons-gaan”-beginsel en die eerste plantseleksie was gemaak op die beperkte in-
ligting wat ons kon kry. Ons het vinnig uitgevind dat daar groot uitdagings met die kweek van sekere van die plante was en toegang tot die uitvoermark was baie moeilik.”
Toe gebeur ’n klein wonderwerk en hulle ontmoet die pionier van eteriese olies in Suid-Afrika, die afgetrede Mark Lilford. “Toe ons met hom gesels, vertel hy dat hy deur sy vorige werkgewers gevra is om ’n koper vir hul loodsaanleg in Louis Trichardt te kry. Dit val toe in ons skoot en ons koop die aanleg, asook uitgesoekte moederplantmateriaal.
Kakiebos word as ’n bindingsmiddel in parfuum gebruik om die geur stadig te laat vrystel. Daarsonder sal die parfuum baie vinnig verdamp en die aangename reuk sal vinnig verdwyn.
Riana vertel dat hulle eintlik sonder kakiebos sou begin het.“Ons sou begin het met rose, irisse, roosmaryn en nog so een of twee tipes plante. Elke plant benodig ’n spesifieke proses, maar jy gebruik dieselfde toerusting net op ’n ander manier. Ons vervaardig 22 verskillende olies en gebruik verskillende komponente van die plante. Van sommige gebruik ons die blare, en van ander weer die stingels, die stamme, die wortels of die bas.”
Volgens haar dateer die maak van olies sover terug as 3500 v.C. Agt klein flessies olies is in Koning Menis, wat daardie tyd geleef het, se grafkelder ontdek. Die olies kon na al daardie jare uitgeken word en dit bewys die besondere raklewe daarvan. Die olie vorm ’n hars aan die bokant asook by die deksel sodat dit behoue gebly het.”
Kakiebos, of Tagete, is oorspronklik van Suid-Amerika en is in die voer vir die perde tydens die Anglo-Boereoorlog in 1899-1902 na Suid-Afrika gebring. Die plaaslike bevolking gebruik die Tagete as ’n insekafweermiddel in hul hutte om vlieë en muskiete te verdryf. Flip plant 500 hektaar
kakiebos en het ’n gewone stroper aangepas om die bo-groei van die kakiebos te oes. Die blommetjie, stam en blare word gekerf. Hulle beplan om jaarliks 1 ton Tagete-olie te vervaardig, maar daarvoor benodig hulle 1 000 ton materiaal, wat nie altyd moontlik is nie.
“Kakiebos is seker die moeilikste gewas om te plant. Hy kom nie altyd die eerste jaar op nie, maar daarna kom hy vir vyf jaar op. Ek het nog nie die plantproses vervolmaak nie, want elke jaar dink jy aan ’n ander plan, en dan werk dit gedeeltelik of dalk glad nie. Tot dusver is die beste metode om die swart saad met kompos te meng en dit oor die land te versprei. Dit ontkiem van September tot Desember onder gunstige omstandighede en ons oes in Maart tot Mei wanneer die plant blom. Word die plant te volwasse, gooi hy sy saad op die grond en dan is dit niks werd nie. Boere hou nie van kakiebos nie, maar op hierdie plaas is ons baie lief vir hulle,” lag Flip.
Die Tagete verander gedurende sy rypwordingsproses. In die eerste ses maande het dit ’n wilde, onaangename reuk. In die volgende ses maande verander die reuk na ’n aangename vrugtereuk, amper soos ’n mango. In die volgende vyf jaar vorm die olie geleidelik meer hars. Dit verander in ’n dikker
klewerige olie en ’n vol aroma ontwikkel. Na vyf jaar begin die olie verouder.
Daar word ongeveer
3,5 miljoen rose (16 Ton) benodig om 1 liter roosolie te maak.
Riana verduidelik dat verskillende dele van die onderskeie plante gebruik word. Die iris word uit die grond gehaal en die wortel word gewas. Dit lê dan vir ’n volle drie jaar om ensieme te ontwikkel en is derhalwe een van die duurste olies op die mark.
Hulle probeer 22 verskillende olies per jaar produseer maar dit is nie altyd moontlik nie. “Dit hang maar af van die reën. Vlakbult is nie eintlik ’n nat plaas nie. Ons plant self al die plante wat nodig is om die olie te maak. Party is meerjarig, ander eenjarig. Die roos kan byvoorbeeld vir 80 jaar produseer, en slegs vyf variëteite word vir olie gebruik. Baie mense dink die roos word net oor sy reuk in parfuum gebruik, maar die maatskappy wat dit by ons koop, maak 80 verskillende medisynes uit roosolie.”
Die besigheid het in 2018 uitgebrei na Zambië waar hulle kinders ook met sekere plante boer, wat kakiebos insluit. “Hulle verwerk die produkte in ’n aanleg op die plaas, nadat daar sowat twee jaar gelede
elektrisiteit aangelê is. Vyf jaar gelede is daar eers ’n nasionale teerpad gebou om die klein tweespoorpaadjie te vervang. Hulle is nog besig om lande te ontbos, want dit is nog maar wild daar,” vertel Flip.
Hoekom dan so ’n afgeleë plaas in Zambië? “Daar het ’n gewas oor ons pad gekom wat ’n baie goeie alternatief vir ‘n spesifieke olie in die bedryf is wat gemaak is van die bas en wortels van ‘n boom in die Amasonewoud en tot die ontbossing van die woude gelei het. Die plant wat ons verbou, benodig egter tropiese kondisies wat nie in ons land voorkom nie, behalwe in die suikerrietlande, waar grond baie skaars is. Ons het toe in Mosambiek, Zimbabwe en Zambië gaan soek en die perfekte stuk grond in Zambië gekry.”
Hulle verwerk nou al verskeie plante in Zambië en produseer ses verskillende olies daar. Hierdie plante, soos ’n spesifieke Malva, aard glad nie in die koue Clocolan nie en die plaas daar gee hulle ’n uitstekende alternatief om ’n groter verskeidenheid olies aan die mark te voorsien. “Die plaas in Zambië het baie potensiaal, soos baie water, goeie grond en die lug is suiwerder as in Clocolan, waar geweldig baie gif gespuit word en ons organiese gewasse besmet,” volgens Flip.
’n Deel van Flip en Riana se toekomsplanne is om meer verskillende plante meer intensief op kleiner areas, soos ’n halwe of een hektaar te plant en die
olies in 10 ml bottels in Nederland te verkoop. Volgens Riana is die meeste olies wat tans verkoop word nie meer suiwer nie, maar verdun. “Ons olies gaan 100% suiwer organiese olies wees.”
Die meeste van hul produkte word deur Franse en Duitse parfuumvervaardigers gekoop. Riana vertel dat 96% van die kakiebos se verbruik in parfuum is. Tagete word selfs in voedselsmaakmiddels gebruik.
Die verbouing van die onderskeie plantsoorte word op verskillende skale gedoen. Kakiebos op 500 hektaar is die grootste, met byvoorbeeld duisendblad (Yarrow) op slegs 15 hektaar. Van die Wildeals word 18 hektaar geplant en Roos 5 hektaar. Van wilde roosmaryn (Cape Chamomile) is daar nog net proefpersele geplant. Dit word in medisinale produkte gebruik weens sy kalmerende kwaliteit en kan selfs op babas se tandvleisies gesmeer word wanneer hulle tandjies kry.
Riana bied jaarliks vanaf einde September tot middel November ’n roostoer en parfuumkursus aan waar die kursusgangers hul eie parfuum maak. Hulle slaap op die gasteplaas en begin die volgende dag vroeg rose pluk. Daarna sien hulle die hele distilleringsproses om uiteindelik hul eie parfuum te maak. Besoek www.highlandessentialoils.co.za vir meer inligting en besprekings.
“Makansie” – is dit ooit ’n woord? En indien wel, wat is dit? Die internet is propvol #momcation- plasings. Laat my wonder oor die vaders, en die term vakansie…? Nietemin. Onlangs het ek vir myself gaan uitvind wat ’n makansie is en dit bestaan weliswaar! Dit lok ook wel ’n hele paar interessante opinies (en fronse) uit op sosiale media, sowel as die skoolparkeerterreine waar mammas gereeld kloek oor alles en nog wat.
Om ’n mamma te wees, beteken dat jy die vaardigheid van veelvuldige take bemeester. Dat jy onbaatsugtig en met oorgawe gee. Jy gee jou tyd, jou denke, jou energie, jou omgee, jou liefde, jou beplanning, jy gee etes, druk-
kies, ry-geleenthede, kosblikke, huiswerkhulp, geld en nog meer geld, jy gee medisyne, jy gee raad. ’n Mamma GEE. Altyd, elke dag, selfs op Moedersdag. Daarom is die konsep van ’n makansie so vreemd, want wie sal ooit vir haar kan instaan of doen wat sy doen as sy nie daar is nie?
Maar wêreldwyd het hierdie konsep ’n term geraak wat my laat wonder het oor die hele gedoente. ’n Belaglike onverwagte midweekwegbreek in die Drakensberge het in my skoot geval. Nadat ek ’n honderd keer oorweeg het om die vakansie te verkoop of selfs weg te gee, het ons besluit om hierdie ’n makansie te maak - ek, my sussie en my beste vriendin. Eers was ons baie opgewonde terwyl ons aan hierdie wegbreek beplan het. Maar hoe nader ons aan die tyd gekom het, hoe meer het die onseker-
heid my bekruip. Hoe kan ek dit waag om vier dae vir myself toe te eien? “Hoe durf ek?” het ek nagte om gespook met myself.
Jy, mamma, is jou grootste vyand want jy sien, die grootste uitdaging is nie die finansies, die tyd weg of die kinders wat nie gaan oorleef nie. Dis jy wat jouself dit moet gun om net eenvoudig alleen weg te gaan, sonder om skuldig te voel. Om dit aan jouself te gun om net vir ’n paar dae nie vir jou kinders of vir jou man te sorg nie – maar vir jouself. Dis vir ’n ma die grootste kopskuif, maar na my mening, ook die mees bevrydende keuse! Nadat ons omtrent drie keer die makansie wou kanselleer, verskonings gemaak het en byna koue voete gekry het, het ons een Sondag na kerk uit die stad geglip. Dit is die grootste stap –om net eers te gaan!
Ek dink ons was die eerste aand giggel-gek oor die besef dat ons dit deurgesien het om ons sakke te pak en te ry! In die berge het ons gestap (sonder ek-
stra water of peuselhappies en teen ons eie tempo). Jy het geslaap wanneer jy wou (vir solank jy wou, sonder iemand wat dit onderbreek of ’n alarm wat raas), gelees as jy so voel (wat jy wil, nie slaaptydbrandweerstories nie). Ons het geswem (omdat ons soos seekoeie in die warmwaterbron wou rondhang, nie omdat ons iemand moes leer swem nie, sonder vlerkies en natspat), gebid (vir solank jy wil en waar jy wil al is dit buite onder ’n boom) en gelag (BAIE gelag!).
Die heel vreemdste konsep was om net in jou eie behoeftes voorsien. Om net vir jouself te gee – tyd, kos en slaap. Maar is dit nie selfsugtig nie? Is ons nie veronderstel om altyd mammas te wees en net op ons poste te wees vir elke geleentheid nie? Ons ervaring van swem in bergpoele en berge klim en wyn drink by ’n vuur het vele gesprekke uitgelok.
Sommiges erken hulle beny jou, maar sal nooit genoeg moed hê om dit te doen nie, ander trek hul wenkbroue op en dink dis totaal verkeerd. Sien, ’n makansie is nie om weg te hardloop van jou verantwoordelikhede nie. Jy ontsnap nie uit jou realiteit nie; jy gee aan jouself ’n menslike reg – en dit is om soms na jou eie behoeftes om te sien, sodat jy juis daarna beter na jou mense kan omsien. Wanneer GEE ons heel grootste rol is, is dit ons verantwoordelikheid om ook na ons-
self te kyk, sodat ons bekers kan vol kom om weer te kan skink. Uit my eie ervaring, asook inligting wat ek later gaan oplees het, deel ek die volgende:
Mamma-wees is ‘n voltydse beroep Mamma-wees is allesomvattend en al beskou ons dit nie as ’n beroep nie, sal elke ma eerlik erken – dis harde werk! En net soos ons soms by die werk moet tyd afstaan om ons kragte te herwin, is so ’n wegbreek werklik ’n geleentheid om te doen wat jy nodig het om jou kragte te herlaai. Jy hoef in niemand anders wat ’n broodjie wil hê, iewers moet afgelaai moet word of ’n kous soek, se behoeftes te voorsien nie.
Jy konnekteer weer met jou vriendinne Soms probeer jy en jou vriendin so tussen die kinders ’n gesprek voer, wat kortkort onderbreek word. Vriendskappe is soms daardie verhoudings wat ons
staande hou wanneer dinge regtig moeilik gaan. Maar met die gejaag van gesinslewe is dit soms so moeilik om werklik te kan saamsit, te gesels, saam te bid, raad te gee vir mekaar, te klankbord. Hierdie tyd gee julle kans om soos kinders te baljaar, laf te wees, oor moeilike dinge te gesels, eerlik te wees en raad te gee en kry.
Jy leer weer wie jy is Binne ’n paar dae wat jy net met jouself spandeer, onthou jy weer wat jou behoeftes is en waarvan jy eintlik hou of wat jy verkies. Daar is tyd vir stilwees met jou gedagtes om te dink oor jou lewe se doel, waarheen jy wil beweeg en wat jou waardes en fokus is - of jy dit vroegoggend of laataand doen, of jy gaan stap en of jy musiek in jou ore sit en net die verte instaar. Daar is tyd vir introspeksie.
Jy word waardeer
Jou man of enige ander versorger, dalk ouma, is skielik pynlik bewus van wat jou alledaagse take behels, wat soms ongesiens verby gaan. Daar is dalk meer waardering wanneer jy terug is, vir die soomlose hantering van die gesin. Om ’n rukkie weg te wees, kan weer waardering bring vir jou rol in die huis.
Jou kinders word meer onafhanklik
Wanneer jy weg is, moet die kinders en pappa en ouma eenvoudig leer hoe om planne te maak as dinge nie heeltemal uitwerk nie. Jy sal dalk nog verbaas wees oor hulle kreatiwiteit en vermoë om wel sonder jou planne te maak en oor die weg te kom. Die kinders leer om op hul eie dinge te reël en suksesvol deur te voer. Die kinders bou soms ’n band met pappa of ouma wat andersins nie sou bestaan het as jy daar was nie.
Hierdie konsep mag vir jou baie volksvreemd klink of jy mag diep binne jou daarna smag. Probeer dit dalk eendag as jy gereed is. Dit was ’n ongelooflike ervaring om net vir een kort rukkie my gedagtes te verdiep, my menswees te voed en vryheid van beplanning te hê. Indien ’n paar dae weg nog vreesaanjaend klink, bederf jouself ten minste met ’n lekker warm bad of koppie tee. Alleen.
Kliënte van oor OVK se hele bedieningsgebied het onlangs na Bloemfontein opgeruk vir die jaarlikse Toppresteerdersfunksie waartydens 78 sertifikate aan OVK se topprodusente oorhandig is.
Die geleentheid word gewoonlik in die vier bedieningstreke gehou maar hierdie jaar is die funksies gekonsolideer in een glansgeleentheid waartydens Chris Bender, Voorsitter van die OVK Groep, die belangrikheid van standvastigheid en sekerheid aan die 340 gaste beklemtoon het.
Hy het verwys na die Lady R wapenskandaal en die impak wat dit sal hê indien Amerika die AGOA ooreenkoms kanselleer. Daarom is die standvastigheid van OVK van uiterste belang en het OVK in die 30 jaar in die landboubedryf ‘n platform vir sukses geskep.
Hy het ook verwys na die landbouprodusent se belangrike rol. “U wat vanaand hier saam met u buurman sit, is deel van die belangrikste rolspelers vir die volgende dekade in ons land. U skep hoop, u skep ‘n ekonomie en u voorsien voedsel wat anargie kan voorkom.
Hy het afgesluit met ‘n boodskap aan die boere. “Pak die slaggate aan met dieselfde entoesiasme waarmee u
daardie planter instel om die mielies, sojabone en sonneblomme te plant. Sit beurtkrag agter in u gedagtes en fokus op daardie regte bul wat met sy genetika u kudde gaan komplimenteer.”
Stéfan Oberholzer, Besturende Direkteur van OVK het beklemtoon dat die direkteure van OVK self produsente is en dat die aandele in boere besit is. “Die volhoubare voortbestaan van landbouers op die platteland is vir OVK krities belangrik.”
Hy het na die resultate van die 22/23 finansiele jaar verwys en genoem dat OVK nou twee agtereenvolgende rekordjare sal beleef.
Interessante uitdagings
“Mag jy in interessante tye leef!” Oorlewering wil dit hê dat hierdie spreekwoord oorspronklik afgelei is van ’n ou Chinese vloek wat daarop neergekom het dat jou lewe vol spanning moet wees weens voortdurende negatiewe gebeurtenisse, of andersins omstandighede wat jou normale bestaan omverwerp. Nou ja, die afgelope paar jaar het wol- en bokhaarprodusente asook ander rolspelers in die bedryf, baie interessante tye beleef!
Die bek-en-klouseeruitbreking in 2019, Covid-19 in 2020/21 met pryse van wol en bokhaar wat met ongeveer 50% getuimel het, weer bek-en-klouseer in 2022 met die gepaardgaande verbod op uitvoere na China asook logistieke probleme met uitvoere en pryse van wol en
duksie in die 2021/22-seisoen met ongeveer 6,8% teenoor die vorige seisoen gedaal. Dit is natuurlik te wagte, gegewe al die negatiewe faktore oor die afgelope paar jaar. Jaar-tot-datum (einde April) in die 2022/23-seisoen is die afname teenoor die vorige seisoen ’n verdere ongeveer 2%.
Aan die positiewe kant toon wolpryse ’n opwaartse neiging vanaf die eerste veiling in 2023, met pryse wat ongeveer 25% gestyg het sedert die jaarafsluiting in 2022. Dit kan toegeskryf word aan die Chinese mark wat begin normaliseer na streng Covid-inperkingsmaatreëls in 2022, wat die vraag na wol gevolglik laat verhoog het.
Wolpryse historiese vergelyking:
bokhaar wat laat in 2022 onder druk gekom het, was sommige van die talle uitdagings waarmee produsente te kampe gehad het.
Dit boonop teen die agtergrond van die jarelange droogte wat in sekere streke geheers het, asook ander faktore soos bv. veediefstal, welke faktore alles bygedra het om ’n “perfekte storm” in die wol- en bokhaarbedryf te veroorsaak. Dan het die Rusland/Oekraïne-oorlog natuurlik ook sy gewigtige bydrae kom lewer om die wêreldekonomie onder druk te plaas.
Effek op die bedryf
In die geheel gesien het die wolbedryf veel swaarder gely onder al bogenoemde faktore as die bokhaarbedryf. Bokhaarpryse het proporsioneel veel beter gevaar teenoor wol oor die afgelope seisoen of twee, wat bokhaarprodusente beter geposisioneer het om hierdie terugslae te hanteer. Volgens Cape Wools-statistiek het Suid-Afrikaanse wolpro-
Bogenoemde tabel vergelyk hierdie seisoen se veilingpryse soos op katalogus 31 wat op 10 Mei behaal is, met dieselfde veiling in vorige jare. Hier kan duidelik gesien word hoe die gebeure van die afgelope paar jaar wolpryse asook die Rand/Dollar-wisselkoers negatief beïnvloed het. Huidige pryse is spesifiek met die 2017/18 seisoen, sowel as die 2018/19 seisoen vergelyk aangesien hierdie seisoene die toppunt van wolpryse histories verteenwoordig.
Bokhaar historiese vergelyking:
Soos hierbo genoem, lyk die prentjie heelwat beter aan die bokhaarkant. Die syfers toon ’n vergelyking van veiling 5 van die jaar (in 2023 op 25 April) met dieselfde veiling in vorige jare. Ons kan wel sien dat so ’n bietjie spoed verloor is sedert die eerste helfte van 2022 tot op datum. Dit was direk as gevolg van China se Covid-inperkingsbeleid, wat veroorsaak het dat Chinese vraag in die tweede helfte van die jaar afwesig was en dus pryse afwaarts
gedruk het. Sederdien het die pryse goeie herstel getoon en al is dit nog nie weer op rekordvlakke nie, bly dit histories uitstekend.
Die pad vorentoe
In die korttermyn (tot die einde van die huidige seisoen) glo ek dat beide wolen bokhaarpryse redelik wisselvallig gaan wees met internasionale markte wat sensitief bly vir inflasie en gepaardgaande verbruiksonsekerheid. Daar word egter nie groot skommelinge verwag nie, eerder dat bogenoemde wisselvalligheid sal uitspeel in ’n nou band van 1% tot 3% na weerskante.
Natuurlik speel die Rand/Dollar-wisselkoers ook ’n groot rol in die fluktuasie van pryse en ook hier sien ons onstabiliteit met die wisselkoers wat daagliks verander.
Pryse kan moontlik ’n verdere opwaartse kurwe toon in die tweede helfte van 2023 wanneer daar meer sekerheid ten opsigte van verbruikersvertroue in China verkry word –op voorwaarde dat sodanige verbruikersvertroue positief groei.
Die oorlog in Oekraïne kan natuurlik inflasionêre druk op die wêreldekonomie bly uitoefen, wat op sy beurt waarskynlik groei in pryse gaan onderdruk solank die oorlog voortduur.
Vir die wol- en bokhaarprodusent is die boodskap om vas te byt. Omstandighede is uitdagend, maar soos alle kommoditeitspryse is veselpryse onderhewig aan internasionale marktoestande. Die een konstante is verandering; dus sal pryse weliswaar nie altyd swak bly nie. Ek is van mening dat gesertifiseerde goeie merino-tipe wol spesifiek oor die volgende paar jaar goeie prysgroei gaan toon.
Hier by OVK is ons dankbaar vir elke produsent wat kies om met ons sake te doen - ons aanvaar dit nie as vanselfsprekend nie. U is welkom om die veselafdeling te kontak vir enige navrae; ons help graag!
Sanet Janse van Rensburg is ‘n vryskutskrywer van Marquard. Sy, haar man en nie minder nie as vier seuns nie, boer en bly op hulle plaas tussen Marquard en Excelsior. As sy nie skryf nie, gee sy aanlyn Engels aan studente wat nie die taal magtig is nie. Sy het die Wellington skryfskool bygewoon onder die bekwame leiding van Rachelle Greeff en het vanaf 2016 vir Landbouweekblad artikels gelewer sowel as vir Volksblad en Beeld. Haar kortverhaal is opgeneem in Huisgenoot se bundel van die bestes.
B – Elke boer kan seker met die lees van die artikel hul eie toevoegings oor blapse maak en hopelik lag of dan net ‘n suggie van verligting slaak dat dit in die verlede is en daar hoort! ‘n Blaps is egter ‘n ongelukkie wat jou rooi van skaamte kan laat of jou sak ongevraagd en onnodig skud. Dit was ongeveer twintig jaar gelede toe ’n sekere boer van Marquard sy werker gemaan het om asseblief tog nooit met die stroper agteruit te ry nie. Hy nooi (toe) sy jong bruid om saam met hom na die lande te ry waar daar gestroop word sodat hy vir haar sy nuwe trekker kon wys. Van ver af het sy die splinternuwe John Deere-trekker sien staan met Abel agter die stuur.
Meteens was daar net stof en chaos. Vir Abel was die oomblik dalk ook net te groot en hy druk die stroper in trurat toe hy verby hulle kom, met rampspoedige gevolge! Toe die stof ’n bietjie gaan lê het, was “Johnnie” se neus plat.
As jy gelukkig is, kos ‘n blaps jou op die minste dalk net rooi wange, maar Abel se blaps het die boer van Marquard met baie groot onnodige skade gelaat.
O – ‘n Boer het nooit die voorreg om rustig te raak en net slap te lê nie. Om elke hoek en draai is daar ‘n kinkel in die kabel en iemand wat wil pap skep maar self nie ‘n pit in die grond gesit het nie. Met die draai van die millennium het daar weer so ‘n papskepper gekom in die vorm
van ‘n prokureursfirma wat namens die staat baie boere aangeskryf het vir onbetaalde rekenings aan streeksdiensterade. Die balju besluit toe mos om braaf, in opdrag van die prokureursfirma, dagvaardings by elke boer in die distrik persoonlik te gaan aflewer. Die dapper man ry daardie dag na die een boer met die stukkendste moermeter en wat per toeval wel betaal het. Hy het ewe kordaat verby die boer se vrou se rotstuintjie gery, tot reg voor die boer se voordeur. Toe sy klein karretjie tot stilstand kom op die randjie waar geen gras groei nie, moes hy al geweet het dat onheilswolke vir hom saampak. Die boer het uitgekom en die balju versoek om asseblief sy voertuig te gaan parkeer by die bome ‘n entjie verder van die huis, omdat die gras reeds so moeilik gegroei het op die klipplaat reg voor die huis.
Vererg sien die boer boonop ook hoe die voortvarende man die rotshopie van sy vrou gesystap het om skaamteloos te stop waar nie stopplek was nie.
Die balju het sy rug kordaat styfgemaak en ‘n vel papier voor die boer se gesig begin rondwapper. “Meneer!” blaf die balju aggressief, “Hierdie brief gee my meer regte as ‘n Suid-Afrikaanse polisieman.” Nog voor hy sy sin kon klaar maak spring die boer vorentoe binne-in die balju se motortjie. “Dan sal ek hom vír jou wegtrek!” In plaas van eerste rat druk hy die rathefboom in trurat, en daar vlieg die gedoentetjie van ‘n karretje met ‘n spoed agteruit en beland bo-op die hopie rotse van sy vrou se rotstuin. Oeps!
Tot vandag toe vertel die boer se seun dat hulle nie weet wie die grootste geskrik het nie. Die werkers moes kom help om die karretjie van die rotstuin af te tel, en die balju is met die spoed van lig daar weg sodat jy net die stof op die horison sien uitslaan het.
E- Eina’s kom in verskillende gedaantes. Vir party eindig die eina in bloed en vir ‘n ander boer eindig die eina in ‘n bankrotskap, maar as dit by bloed kom wonder ek hoeveel boere se vingers al in die slag gebly het, hetsy deur
disselbome van waens agter trekkers tot die boer wie ek ken wie se vinger in die slag gebly het in die drukgang waar hy besig was met ‘n bul. Toe hy tot die besef kom dat hy so pas die voorste lit van sy vinger verloor het, sien hy die bul voor hom staan, doodluiters met sy vinger se vel en nael wat kompleet soos ‘n vingerhoedjie knussies pronk oor die voorpunt van die bul se horing!
Hoeveel boere kan stories vertel oor brande en die eina’s wat daarmee gepaard gaan.
Lewens wat verlore is met winterveldbrande, en bakkies wat al uitgebrand het as daardie vlamme omswaai en jou met lekkende tonge verswelg. Op ‘n ligter noot was daar die seun wie se ore gebrand het terwyl hy sy pa gaan help het om brand te slaan. Toe die seun met verbinde ore van die dokter af terug kom, slaan die ma haar arms om die seun se nek van verligting dat hy so lig daarvan afgekom het. “Ek het nou nie gedink die liewe Here sal die hitte so opdraai vir daardie was in die ore om te smelt nie, maar nou sal jy seker mooi kan hoor!”
R- Dit was ‘n ramp toe die boer se vrou eendag buite kom en sien dat die gesin se steekhaarbrak haar man se stoetram lewendig begin opeet het! Nou ongelukkig is dit so dat boere ‘n baie sagte plekkie vir hulle vee koester en ou maat, raak aan hulle! Dan speel ‘n boer nie Noot vir Noot nie, maar ‘n tjoppie vir ‘n patroondoppie! Sy moes vinnig dink, en besluit toe dat ou Spike sy Heiland liewer moet ontmoet deur ‘n genadige slapie en so het sy voet in die hoek gesit op pad veearts toe. Met dikgehuilde oë kom sy agter dat iets vreeslik begin stink het langs haar, en sien wraggies neffens haar hoe Spykerman Spike die skaap se hele oog op die sitplek langs haar opgebring het! Dit het nie veel gevat om toe eers die lepel plat te trap na een vuil kyk uit die kornea wat haar skeef beloer nie.
Die veearts kry vir Spike jammer omdat hy seker weet hoe lekker ‘n skaapkoppie uit die oond kan proe. “Kom ons sit hom eers hier by my in die hokke. Dalk kry ek vir hom ‘n dorpsbaas. Ek hou jou op hoogte.” Sy weet dat as sy terug sou kyk, sy hom nie sou kon los nie, hardloop by die praktyk se tuinhekkie uit en ry snikkend terug plaas toe. Teen sterk skemer hoor sy die boer uit die verte aankom. Sy loop hom tegemoet nog voor hy kan stilhou en wil net begin vertel van haar via dolorosa wat sy die dag moes stap, toe sy Spike ewe kontant voor op die sitplek, langs die boer met sy roer sien sit.
Daardie uitdrukking op Spike se gesig was iets om te onthou! Ek belowe dat as hy kon sing, hy besig was om daardie simpel busliedjie “Ons sê baie-baie dankie” te sing. In die huis het haar man haar vertel hoe hy die dag vinnig na die veearts moes ry vir skaapmedisyne. Beide die boer en sy vrou het op dieselfde tyd na die veearts gery, op twee verskillende paaie - een grondpad om, en die ander teerpad om. Hulle het mekaar met minute gemis. Hy het dadelik sy hond herken in die “last green mile”-hokke en hom teruggebring huis toe!
Dit is ongelukkig ‘n realiteit dat as ‘n hond eers ‘n skaaptjoppie geproe het, hulle baie moeilik daarvan afsien en daarom het hy ‘n nuwe eienaar gekry wat afgetree het op ‘n seiljag in Port Elizabeth.
Hy is in styl afgevlieg en het oorgeslaan na ‘n “pescatarian” dieet! (grappie) Die nuwe eienaar het gereeld gebel om te vertel hoe Spike van die boot af agter die visse aan geduik het. Hulle het saam vis gevang op sy diepseeboot en was lank gelukkig saam!
Brande bly een van die grootste risiko’s wat weivelde, aangeplante gewasse en lewende hawe bedreig. Daar bestaan nie altyd die nodige georganiseerde strukture om hierdie gevaar effektief te bestuur nie, maar onlangs is die Pixley Brandbestrydingvereniging (Pixley BBV) in die Pixley ka Seme Distrik in die Noord-Kaap gestig om kollektiewe samewerking vir die voorkoming en beheer van veldbrande te verkry en aan die Nasionale Wet op Veld en Bosbrande (Wet 101 van 1998) te voldoen. Ons het met Sarel de Wet, voorsitter, en Jannie Niesing, sekretaris van die nuutgestigte organisasie, Pixley BBV, gaan gesels om meer oor die voorkoming en wetlike aspekte van veldbrande uit te vind.
Die gebied waarvoor die Pixley BBV verantwoordelik is, is feitlik driekwart die grootte van die Vrystaat, sowat 8,6 miljoen hektaar of 86 657 km². Sarel verduidelik dat daar die afgelope paar jaar ’n wesenlike toename in veldbrande was as gevolg van weerstoestande wat verander. Hierdie verhoogde brandgevaar stel nie net lewens in gevaar nie, maar verhoog die risiko om groot skade te veroorsaak ten opsigte van weiding, diere, landerye, huise, ens.
“Verteenwoordigers van die meeste van die brand beskermingsverenigings in die Pixley ka Seme Distrikmunisipaliteit in September verlede jaar bymekaargekom met die doel om ’n effektiewe organisasie te skep deur die omskakeling van Agri Oranje Karoo BBV na die oorkoepelende Pixley BBV deur die konsolidasie van bestaande brandverenigings. Die Pixley BBV is in November 2022 by die Departement van Bosbou, Visserye en Omgewingsake geregistreer en geniet die ondersteuning van die kommersiële boere, deur middel van landbou verenigings, in die omgewing.
Volgens Jannie word alle grondeienaars sedert 2008 volgens wet verplig om sekere verantwoordelikhede te
aanvaar rakende hulle grond, soos byvoorbeeld om ’n brandpad te maak. “In ander dele van die land waar die boerderye meer intensief is en die plase kleiner is, is dit nie ’n groot probleem nie. Nou kom jy in die Noord-Kaap met hulle groot veeplase met kilometers se kliprante en sandduine op ander plekke. Dit is feitlik onmoontlik om met ’n ou 135 trekkertjie ’n brandpad op ’n 4 000 hektaar plaas te maak. Die meeste veeboere in die Noord-Kaap het nie die toerusting om brandpaaie te maak nie, maar dit word nie as ’n verskoning aanvaar om nie aan die wet te voldoen nie.”
Die wet laat egter toe dat ’n geregistreerde BBV regulasies op sy lede kan toepas wat ‘n verslapping van die wetlike voorwaardes is. Pixley BBV se sakeplan maak voorsiening daarvoor dat brandpaaie vir lede nie verpligtend is nie, omdat ‘n streeksbrandplan opgestel word deur die lede van die Sektor waar hulle eiendomme gelee is.
“Kom ons veronderstel my buurman is nie lid van ’n BBV nie, dan moet hy aan die nasionale wetgewing voldoen, wat onder andere die maak van brandpaaie insluit. Indien ’n brand ontstaan by my wat lid is, en versprei na die buurman (wat nie lid is nie) dan lê die skuldlas by hom
Die verantwoordelikheidsgebied van die Pixley Brandbestrydingsvereniging is bestaan uit 8,6 miljoen hektaar of driekwart die grootte van die Vrystaat.
om te bewys dat ek nalatig was. Indien die brand by die buurman (wat nie lid is nie) begin en na my toe versprei dan is die bewyslas op die buurman om te bewys dat hy nie nalatig was nie, en dat hy aan al die voorskrifte van die wet voldoen het. Die buurman is aanspreeklik vir enige skade wat deur my gely is,” verduidelik Jannie.
Verlede jaar is 118 brande by die BBV aangemeld.“Dit is egter nie al die brande wat daar was nie, want baie word nie aangemeld nie.” Die ±30 000 aangemelde hektaar wat gebrand het, is ook nie akkuraat nie, want baie van die brandverslae is onvolledig ingevul en dui nie die hektare aan nie. Brande lanks paaie met ± 10 000 ha se skade was die grootste bydraer met weerlig in ‘n nabye tweede plek. Die brandverslag wat ingevul moet word, is op die webtuiste beskikbaar, en die verantwoordlikheid van die eienaars waar dit gebrand het.
Sarel noem dat die brandgevaar tans baie hoog is. “Weens die goeie reën is daar baie brandbareplantmateriaal materiaal, wat die potensiaal vir veldbrande verhoog. Ons ontvang daagliks ’n brandgevaarindeks van die weerburo wat die temperatuur, humiditeit en wind vir ’n spesifieke dag in aanmerking neem. Hoë temperatuur, lae lugvog en wind skep ‘n hoë brandgevaar. Jy mag nie ’n vuur aansteek wanneer die brandgevaarindeks aandui dat dit ‘n rooi of oranje dag is nie. Indien jy dit doen is dit ‘n kriminele oortreding.”
Sowat 440 grondeienaars en plaasarbeiders is die afgelope tyd, in die Pixley BBV se bedieningsgebied, in brandbestryding opgelei. Om opleiding aan lede beskikbaar te stel isvolgens wet een van die pligte van’n BBV. Daar sal deurentyd nog opleiding in die Pixley-gebied gedoen word.
Die ingeskrewe ledetal groei konstant en hulle is al feitlik by 50% van die doelwit. Jannie verduidelik dat sommige versekeringsmaatskappye vereis dat grondeienaars by ’n BBV aansluit en ander gee weer ’n afslag op die premie. Sommige boere spaar duisende rande per jaar op hul premie, terwyl lidmaatskap aan die Pixley BBV slegs R250 per jaar vir ’n grondeienaar en R150 per vrywilliger beloop.
Sarel verduidelik dat wanneer daar ’n brand op ’n plaas is en die eienaar wat nie ’n lid van die BBV is nie, hulp versoek om die brand te bestry, hy vir sekere kostes verantwoordelik kan wees. “’n Bakkie met ’n brandbestrydingseenheid en twee werkers se koste van ontplooiing beloop R2 875,00 vir nul tot agt uur en ’n trekker en wa met ’n 2 500 –10 000 liter watertenk en een werker kos R3 075,00 vir nul tot agt uur se hulp. ’n Lid betaal geen van hierdie kostes nie.”
Grondeienaars wat belangstel om by die Pixley Brandbestrydingsvereniging aan te sluit, kan hul webwerf www.pixleybbv.co.za besoek en daar registreer as lid, asook die kontakbesonderhede van die bestuur kry. Lidmaatskap word sover moontlik elektronies gedoen geen papierwerk is betrokke nie.
Sarel de Wet (Voorsitter) en Jannie Niesing (Sekretaris) van die Pixley BBV EindeVerskillende stikstofbronne bestaan om binne akkerboupraktyke te kan gebruik; hetsy voor planting, tydens planting, of vir kant- of bobemesting. Keuses en kombinasies is ruim, met selfs ’n keuse tussen korrel- of vloeibare kunsmis. Boustene van die korrelprodukte sluit in ammoniumnitraat, ammonium, of die amidevorm (vloeibaar behels dieselfde boustene). Elkeen het unieke en vaste eienskappe.
Redes vir stikstofbemesting is meestal herhalend en tipies van aard. Ongeag die gewas, word stikstof aan grond toegedien om gewasgroei te ondersteun tot so ’n mate dat ’n verwagte opbrengs, volgens doelwitstelling, meestal verkry word. Dus, ongeag die gewas, is daar altyd ’n gebruikspatroon, naamlik grondvoorbereiding, voorafkunsmistoediening indien toepaslik, plant met kunsmis, moontlike aanvullende bemesting, en dan uiteindelik, oes (uitgesluit onkruid-, pes- en plaagbeheer). Permanente en sommige weidinggewasse is meerjarig en bestuur en benutting verskil.
Die ou uitdrukking “Alle paaie lei na Rome”, is beskrywend van die werklikheid dat alle stikstofbronne uiteindelik by dieselfde eindproduk opeindig (sien illustrasie van die stikstofsiklus/kringloop in Figuur 1, hier onder).
Stap 3 – Nitrifikasie: Ammonium word deur nitrifiserende bakterieë omgeskakel na nitraat (NO3-). Stap 4 - Nitraat en ammonium word deur plantwortels opgeneem om die proteïen wat in die gewasse gevind word, te produseer. Stap 5 - Sommige van die nitraat kan verlore gaan a.g.v. loging tesame met perkolasiewater en sluit aan by grondwater in dieper grondlae, of elders. Stap 6 - Sommige nitraat kan deur denitrifiserende bakterieë omgeskakel word na N2 en stikstofoksides (N2O en NO) wat vervlugting na die atmosfeer meebring. Stap 7 - Sommige ammonium kan na ammoniak (NH3) omgeskakel word om te vervlugtig na die atmosfeer (Havlin et al., 1999).
Al bogenoemde stappe beskryf dus die konsep van toevoegings, veranderinge en verliese; die komponente van die stikstofsiklus. Alle stikstofbronne “loop” dieselfde pad (dit hang af van tipe en waar dit in die stikstofsiklus inskakel na toediening). Plantopname vind vir beide ammonium en nitraat plaas. Die meeste anorganiese stikstof (ammonium en nitraat) wat in die grond agterbly en nie deur plante opgeneem word nie, eindig uiteindelik as slegs nitraat, dus “Rome” (laaste plantopneembare vorm in die grond; en ook die meeste onderhewig aan loging).
Die vraag word dikwels gevra oor hoe lank ’n stikstofproduk, vanaf toediening, neem totdat al die stikstof genitrifiseer is. Daar is bevind dat alle stikstof na vier weke na nitraat genitrifiseer het (VSA; Goos, 2011). Verliese vind plaas by enige stikstofdraer. Hierdie verliese word, buiten die tipe kunsmis en plasing, ook veroorsaak deur grondchemiese eienskappe, voorkoms van dou of water (reën of besproeiing) na plasing, hoeveelheid water, omgewings- en grondtemperatuur, wind, watereienskappe (in die geval van besproeiing), asook deurlugting.
In praktyke waar stikstof uitgestrooi word, of in bande boop die grondoppervlakte gelaat word, word die hoogste mate van vervlugtiging waargeneem. Waar ureum vir ’n onbekende tyd op die grondoppervlak lê, begin grondvog of dou die korrels oplos (hidrolise begin plaasvind).
Stap 1 – Stikstof, vasgevang in plant- en dieroorblyfsels, asook vanuit die atmosfeer tydens reën geassosieerd met weerlig, word aan die grond toegevoeg. Stap 2 - Organiese stikstof in organiese residu’s in die grond word deur mikro-organismes gemineraliseer na ammonium (NH4+).
Die proses van omskakelings begin, pH in en rondom die “korrel” verhoog, en ammoniak word in die proses vrygestel (Adams & Martin, 1984). Meer as 45% van onbehandelde ureum wat uitgestrooi is op kaal grond, of grond wat 50% met strooi bedek is, het oor ’n periode van 16
dae, vervlugtig by ’n ekwivalente 100 kg N/ha onbehandelde ureumtoediening (Goos, 2011).
Saailingbrand is ’n risiko t.o.v. alle stikstofdraers indien te veel stikstof te naby aan saad geplaas word. Dit geld veral onbehandelde (nie-gestabiliseerde) ureum. Vandaar publikasies, soos o.a. deur die LNR-IGG (Mielie Inligtingsgids), oor die veilige hoeveelheid stikstof wat by verskillende rywydtes mielies in ’n band 5 cm weg en 5 cm dieper as saad geplaas behoort te word. Alle oorskrydings hiervan veroorsaak risiko vir die produsent. KynoPlus kan ongeveer teen dieselfde voorskrifte as vir KAN geplaas word.
Ureum is om verskeie redes ’n gewilde keuse as stikstofbron. Dit bied ekonomiese voordele in terme van vervaardiging, hantering, berging en vervoer. Wêreldwye vervaardiging van ureum is hoog en dit is ook die dominante stikstofbron wat in die VSA gebruik word. Ureumkorrels het ’n laer geneigdheid om klonte te vorm in vergelyking met kalksteenammoniumnitraat. In terme van berging bied ureum ook ’n lae veiligheidsrisiko en is minder korrosief tydens hantering ten opsigte van toerusting. Betekenisvolle besparings in hantering, berging, vervoer en toediening is dus moontlik vanweë die hoë stikstofinhoud van 46%.
Ten tye van die saamstel van hierdie oorsig is die benaderde koste van een kilogram stikstof in 50 kg verpakkings by een van Kynoch se mengers R39-60/kg vir kalksteenammoniumnitraat, R37-36/kg vir ammoniumsulfaatkorrels, R2658/kg vir KynoPlus en R24-53/kg vir wit ureum. TREFFEND-BLOU KynoPlus kos dus ongeveer 33% minder as kalksteenammoniumnitraat en 7,7% meer as wit ureum. Nou hoekom is dit belangrik?
Wêreldwyd is al baie navorsing gedoen oor “stikstofstabiliseerders”.“Stabiliseerders” behels ’n chemiese samestelling (dit kan ’n natuurlike olie ook wees) waarmee wit ureumkorrels bedek word. In die meeste gevalle word ’n kleurstof tesame met die middel gebruik om aan die behandelde ureum-eindproduk ’n kenmerkende kleur te verleen. Hierdie “stabiliseerder” kan ’n urease- of nitrifikasie-inhibeerder, of moontlik ’n kombinasie van beide wees. Kynoch volg tans die urease-inhibeerderroete en dit verleen aan die oorspronklike wit korrels ’n TREFFEND-BLOU kleur.
In die VSA is tydens ’n proef uitgevoer met ureum, verdere voordele met KynoPlus-aktief uitgewys. KynoPlus-aktief is getoets teenoor onbehandelde ureum, asook ses ander ureums behandel met “stabiliseringsprodukte” in die mark (Nutrisphere, Nzone, StayN, Nstay en OAC; Figuur 2). Omdat die laaste groep se resultate so naby aan mekaar lê (geen verskille), word slegs een lyn in die herkonstruksie aangedui (Goos, 2011). In hierdie studie is ureumkorrels bo-op die grondoppvervlakte gelaat (100 kg N/ha). Slegs ureum behandel met Kynoplus-aktief, het ammoniakvervlugtiging betekenisvol onderdruk.
Gedurende dieselfde ondersoek is die mate waartoe ’n gestabiliseerderde ureum urease onderdruk, gemeet. Die aktiewe bestanddeel binne KynoPlus aktief beheer die urease-ensiem, wat omskakeling na ammonium aanjaag. Die ureaseensiem is algemeen in die natuur en word deur plante en mikro-organismes in die grond geproduseer, waar dit in die grond buite selle gevind word (dus nie ’n lewende organisme nie). Die aktief het nie ’n invloed op grondbakteriese populasies nie (EniChem, 1988) en herhaaldelike blootstelling van die aktief beïnvloed nie mikrobiese populasies of samestellings nie (Xi et al., 2017). Ureum wat met die KynoPlus aktief gestabiliseer (behandel) is, het urease betekenisvol onderdruk, tot so min as 2 mg/kg. Die ander produkte het geen effek op urease, tot so hoog as 200 mg/kg, gehad nie.
Met meer as 25 jaar se wêreldwye navorsing, is die KynoPlus aktief die mees nagevorste urease-inhibeerder wat deur gebruikers wêreldwyd vertrou word. Die aktief, NBPT, is goedgekeur deur die Amerikaanse Vereniging van Plantvoedingsbeheer en dit is geregistreer en goedgekeur vir gebruik in 27 lande in die Europese Unie. Die voordele vir die produsent is dus verpak as ‘n TREFFEND-BLOU-produk wat veilig is om te gebruik by veilige plasingsafstande vanaf saad (soos vir KAN), met verlaagde vervlugtiging. Dit is minder korrosief, het ’n hoë stikstofinhoud van 46% en is net meer kosteeffektief!
Bederf jouself, belê in TREFFENDBLOU!
Verwysings:
l Adams & Martin, 1984. Liming effects on nitrogen use and efficiency. In: Nitrogen in crop production. American Society of Agronomy, Madison, Wisconsin.
l EniChem, 1988. Effect of NBPT on Soil Ecology, Memo on Registration of NBPT, EPA Submission.
l Goos, 2011. Nitrogen fertilizer additives, which ones’ work?
l North Central Extension-Industry Soil Fertility Conference. November 1617, 2011. Vol. 27. Des Moines, IA.
l Havlin, Beaton, Tisdale & Nelson, 1999. Soil fertility and fertilizers. 6th edition. Prentice Hall, New Jersey, VSA.
l Schmidt, 1993. Kwantifisering van die stikstofbalans op die GlenShorrocks gewasekotoop. Universiteit van die Vrystaat.
l Xi, Long, Huang & Yao. 2017. pH rather than nitrification and urease inhibitors determines the community of ammonia oxidizers in a vegetable soil. AMB Express, November, Volume 7, Issue 1, Pages 1-14.
deur Sanet Janse van Rensburg
Lukas Lessing van Marquard is onlangs as Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar tydens ‘n glansgeleentheid aangewys. Hierdie man aanvaar en laat nie ‘n uitdaging verbygaan wat hom voordoen nie.
Dít het sy ouers vinnig geleer toe hy op die jong ouderdom van agtien maande die geleentheid gebruik het om die plaasbakkie met die sleutels in aan te skakel. Omdat die bakkie in rat was, het Lukas al staande op die bakkiesitplek sy weg gebaan tot teen die motorhuisdeur. Sy ouers het hulle asvaal geskrik, en geleer om nie weer sleutels in voertuie te los nie, en nog minder in rat. Op vyf jaar het hy sy buiging gemaak op die ou 630 oop John Deere-stroper met ‘n geduldige plaasvoorman wat hom die fynere kunsies van die groot masjien geleer het. Sommer gou het die voorman besef dat die klein mannetjie die stroper alleen kon hanteer en dat hy sy tyd nuttiger kon gebruik om hase te jag vir die aand se pot!
Op ‘n pragtige laatherfsmiddag kom sak Lukas gemaklik terug in die sitkamerstoel, met geen teken van ongeduld omdat ek hom van sy stroper af gesteel het nie.
Lukas, hoe bly jy so positief terwyl so baie die pad vat en emigreer?
“Alles, maar álles, gaan oor keuses. Ek kies om positief te wees. As my oë en ore slegte goed sien en hoor, begin ek dadelik soek na iets mooi en dwing myself om te dink aan dinge wat vir my lekker is. Ek probeer vashou aan die gedagte dat goeie tye om die draai is, en dat ek net ‘n rukkie lank deursettingsvermoë, geloof en geduld sal moet toepas om daar te kom. Dit is my verantwoordelikheid om die negatiewe dinge met albei hande aan te gryp, te hanteer en dan alles in my vermoë te doen om dit te probeer omkeer.
Maklik? Nee, maar die feit bly staan dat dit ‘n keuse is wat jy moet uitoefen; hoe jy dit gaan hanteer en hoe jy dit gaan aanpak. Rakende die mense wat emigreer, voel ek dat hulle baie geleenthede verbeur. Die gras is nie altyd groener aan die ander kant van die draad nie. Daar is baie geleenthede in ons land; dit moet net aangegryp word.”
Wat is die grootste les wat jy al uit jou foute geleer het?
“Om te veel in een seisoen aan te pak. Te veel ambisie is ook nie altyd ‘n goeie ding nie en ek het my vingers al lelik verbrand met te veel hooi op my vurk.”
Watter raad sal jy vir die pa’s gee as hul seuns wil aansluit by die boerdery?
“Moenie vir alles nee sê nie. Leer om gesond te kommunikeer en om ‘n idee te bespreek totdat albei tevrede is. Redeneer op ‘n rustige manier totdat daar ‘n gevolgtrekking is, al is die seun se plan reg of verkeerd. Kommunikasie en wedersydse vertroue tussen pa en seun is essensieel. In ons boerdery moes ons al twee keer die hulp van ‘n bedryfsielkundige ingeroep het om die boerdery se ratte te olie. Geen twee persone dink dieselfde nie, en so ‘n kundige help ons om mekaar beter te verstaan en
toekomstige konflik te vermy deur nie onnodig ‘n ander persoon se idees af te skiet en groot ongemaklikheid te veroorsaak nie. Gemoedere kan hoog loop onder moeilike omstandighede, en dan sluip stilstuipe ook nog by die voordeur in. Praat met mekaar, of kry ‘n kundige op die gebied om te help.”
Wat is jou raad vir seuns wat plaas toe kom?
“Ek dink dit kan baie moeilik wees vir die seuns om hulle begeertes oor wat hulle wil doen en nie wil doen nie, oorgedra te kry na hul pa. Dit bly egter baie belangrik om steeds jou pa te respekteer en sy goedkeuring te wen met navorsing en resultate.”
Hoe lyk ‘n gesonde werkspasie?
“Dit is ‘n werkspasie waar daar geredeneer kan word oor dinge. Dit beteken glad nie stry of baklei nie; dit beteken om openlik en vrymoedig te kan praat oor die voor- of nadele van ’n idee.”
Waaraan meet jy sukses?
“Ek meet sukses aan dit wat in die graantenk van die stroper val en die kwaliteit van die produk wat ons lewer, of dit nou vleis, wol of graan is. Uiteindelik is dit jou produk wat jou sukses bepaal - hoe jy die produk hanteer, bemark en sodoende waarde toevoeg tot jou produk.”
Watter veranderings het jy op die plaas aangebring?
“Ek het dadelik weer skape teruggebring in ons boerdery. Daarna het ek al hoe meer tegnologie by die saaiafdeling ingebring - om meer spesifiek te wees, datahantering rondom opbrengskaarte, ontledings van ons grond, variërende kunsmis, saad en stand op verskillende tipe grond en rekordhouding van stroperdata om sodoende opbrengs te kan verbeter. Ek het ook die “RFD-tag”-stelsel by ons vee ingebring, om rekord te hou van skape en skaapgetalle, beeste en hul kalwers om sodoende ons skaap- en beesgenetika te kan verbeter.”
Vertel ons van jy vrou en kinders.
“Net so doelgerig en beslis as wat ek in my geaardheid is en nog altyd was, het ek geweet dat Marné my vrou gaan wees toe ek haar die eerste keer gesien het. Ek mors nie tyd as ek weet wat ek wil hê nie. Ek het ‘n jaar lank vlerkgesleep, waarna ons getroud is. Ons het twee seuns. Otto is vier jaar oud en Johannes is een jaar en vier maande. Marné het my geleer om nie so geïrriteerd te raak met omstandighede buite my beheer nie. Sy hou my rustig. Sy is baie beter as ek as dit by die veevertakking kom en ons vul mekaar dus baie goed aan. Haar swak punte is my goeie punte en my swak punte haar goeies.
As ons kinders die voorreg sal hê om ook eendag te boer, sal ek hulle sukses toeskryf aan die manier hoe sy hulle grootgemaak het. Sy is ‘n besonderse mamma vir ons seuns.”
Ek het ook ‘n draai gaan maak by die besonderse vrou van Lukas, en sy vertel ’n bietjie meer oor die sy van haar man wat ander nie sien nie.
“My man is glad nie ‘n grootprater wat mense probeer vermaak met die suksesse wat hy al bereik het nie. Hy het ‘n besondere diep verhouding met Jesus en pak nie iets aan sonder om eers die Here te raadpleeg nie. Hy is baie nederig en help graag iemand in nood. Lukas is ‘n reus van ‘n mens, maar het so ‘n klein teddiebeerhart.
Hy is baie liefdevol teenoor my en ons seuns. Hy is vir seker ’n strenger ouer en persoon as ek, maar altyd regverdig. As hy iets doen, doen hy dit reg. Die perfeksionisme waarmee hy take aanpak, het ek reeds gesien toe hy my gevra het om met hom te trou. Hy het met ‘n grassnyer in die veld die woorde “Sal jy asseblief met my trou” gesny.
Hy het kamma ‘n vliegtuigrit vir my en my ma gereël, omdat sy nog nooit gevlieg het nie. Toe ons oor die plaas vlieg, het ek die woorde duidelik in die veld gelees, en hy het net daar op sy knieë gesak. Wat hy ookal aanpak, doen hy met deeglike beplanning in die fynste besonderhede na die beste van sy vermoë.
Ek verwonder my aan die presisie waarmee hy elke dag aandurf en die onsettende groot liefde, eer en respek wat hy vir sy ouers het. Hy het ‘n passie vir sy boerdery en ek staan steeds verwonderd oor die man wat God vir my gegee het.
Ek het geweet hy is ‘n goeie man, maar elke dag saam met hom word my liefde vir hom net groter en dieper en die lewe saam met hom, net beter en beter. Ek is nooit bang vir die toekoms nie, want hy is ‘n planmaker met Jesus styf aan sy sy, en die twee saam gaan lê nie sommer nie. Ek is ontsettend trots op hom.”
Landbouprodukte is een van die weinige kommoditeite waarvan die uitvoere steeds ’n positiewe bydrae tot groei in die land se ekonomie maak. Graan is ’n integrale deel binne die waardeketting van landbou en hou nog SuidAfrika se deure oop, het Hein Rehr, president van die Graanhanteringsorganisasie van Suider-Afrika (GOSA) op die organisasie se 38ste simposium in Mosselbaai gesê.
“Landbou op sy eie gaan nie alleen die land weer bring na waar hy was nie. Die privaat sektor sal drasties moet ingryp en hande sal gevat moet word met georganiseerde landbou sodat die ekonomie weer kan begin presteer. Hoe moeiliker dit gaan, hoe meer moet ons praat en hoe meer dinge sal ons saam moet doen,” het Rehr gesê.
Die simposium – waartydens die organisasie se 40ste bestaansjaar ook gevier is – onlangs by die Diaz Hotel in Mosselbaai aangebied. Dit is voorafgegaan deur ‘n informele gholfdag by Mosselbaai Gholfklub en ‘n sake-ontbyt met Pieter-Louis Myburgh, bekroonde ondersoekende joernalis en outeur, op 15 Maart. ‘n Damesprogram is gelyklopend met die simposium aangebied.-
Die tema en program het die kollig geplaas op watter aspekte nodig is om stukrag aan die graanbedryf in ‘n nápandemie-era te verleen. Die onafhanklike energie-analis, Chris Yelland, was die hoofspreker. Ander sprekers was Dawie Maree (FNB Landbou), dr André van der Vyver (SACOTA), Japie Snyman (Olam Agri) en dr David Molapo was die motiveringspreker. Drie graanspesifieke wegbreek werkswinkels is gelei deur Wayne van Vuuren (Massamatic), Willem Strauss (RMB) en Jackie Goodwin (SABT).
Die nuwe normaal
Volgens Chris Yelland moet beurtkrag nie aanvaar word of die nuwe normaal vir Suid-Afrika word nie. Toewyding deur alle groot, medium en klein belanghebbendes kan verseker dat beurtkrag binne twee jaar beëindig word vandat die groen lig gekry word om voort te gaan met alternatiewe oplossings.“Klante, insluitend dié in die landbousektor, behoort eienaarskap van hul energietoekoms te neem en deel van die oplossing te word. ’n Algehele verduistering (total blackout) is baie onwaarskynlik, want verskeie stappe kan gedoen word om dit te verhoed,” het hy gesê.
Landbou word sterker
“Die Suid-Afrikaanse landbou het ekonomiese terugslae in en ná die Covid-19-pandemie oorleef en in 2022 25% beter presteer as in 2019. Dit maak landbou een van die min bedrywe wat dit kon vermag,” aldus Dawie Maree. Hy reken landbou sal moet aanpas om te oorleef: “Ons moet besluit wie ons wil wees. Ons moet relevant bly, aanpas om in die mark te bly en ingelig bly. Fokus op dit wat jy kan beheer. Moenie anderkant toe kyk as daar ’n probleem is nie. Wees innoverend en gebruik wat jy kan beheer en bekostig.”
Uitvoer bly belangrik
Tydens die 40-jaar galadinee is erkenning gegee aan oudraadslede van GOSA wat die simposium bygewoon het. Hier is Hein Rehr (president) by Annatjie Loio (vorige president), De la Rey Knoblauch (oudraadslid) en Carl Geldenhuys, een van die organisasie se stigterslede.
“Sojabone is nie – soos witmielies – voorheen uitgevoer nie, maar sedert die produksie die vraag oorskry, word sojabone ook uitgevoer. Die uitvoermark is uiters belangrik om die Suid-Afrikaanse landbou en ekonomie te stimuleer en te laat groei. Daarom is elke aspek van die uitvoer
van produkte belangrik om winsgewendheid te behou,” het dr André van der Vyver gesê. Hy het ook daarop gewys dat die standaardisering van die uitlaai-
vermoë van JSE-goedgekeurde silo’s nodig is om ’n prys op die ekonomiese waarde van die graan in die silo te plaas.
‘n Hoogtepunt was ‘n rondetafelgesprek met die sprekers wat deur Lourensa Eckard van “In Gesprek” op kykNET gelei is. Sake soos hoe om die uitvoer van landbouprodukte doeltreffender te maak, hoe banke verbruikers van elektrisiteit bystaan om hernubare energie te kry, en die invloed van beurtkrag en hoe om die probleem op te los, is bespreek. Meer as een paneellid het melding gemaak van die belangrikheid van gesprek- en netwerkplatforms, soos dié wat die GOSA-simposium bied.
Die lede van die paneelbespreking gelei deur Lourensa Eckard van kykNET (middel), was van links: Japie Snyman (Olam Agri), dr André van der Vyver (SACOTA), Dawie Maree (FNB Landbou) en die onafhanklike energie-analis, Chris Yelland (EE Business Intelligence). Pieter Liebenberg, Jan du Toit, Frans Jood, Herman van Deventer en Dries van der Linde en het die simposium namens die Graanafdeling van OVK bygewoon.