2 minute read

AP STEMMET & KOL JAN BREYTENBACH

My eie posisie was eienaardig. Ek was die senior Ondersekretaris by Justisie. Dws derde in die Staatsdiens hiërargie. Ek is toe bevorder tot Adj. Sekr. in die Departement van die EM. Waar ek ingepas het in die EM Dept. in die nuwe bedeling in die Staatsdiens weet ek nie. Daar was toe range soos Asst. Direkteur, Direkteur en Hoofdirekteur. Ek is nooit weer bevorder nie maar het een salariskerf hoër as my kollegas gekry. Dit was nooit bekend gemaak nie. Dit help nogal met my pensioen!

Groete

Advertisement

Adamus P Stemmet (AP) Durbanville

KOMMENTAAR: SEKRETARIAAT VAN DIE STAATSVEILIGHEIDSRAAD

Mnr AP Stemmet

Die Nasionale Veiligheidsbestuurstelsel (NVBS) word gereeld uitgemaak as ʼn paaiboelie en ʼn instrument om die bevolking te onderdruk. Ons wat die stelsel help ontwerp en toegepas het, weet dat niks verder van die waarheid kan wees nie. Dat daar vergrype in die naam van die stelsel was, is ongelukkig waar, maar ek is amper dertig jaar na die beëindiging van die stelsel nog oortuig dat dit in die geheel gesien ʼn groot sukses was.

Dit was ʼn groot fout om die stelsel af te skaf.

Die stelsel was die sigbaarste op streekvlak waar dit in aanraking met die plaaslike bevolking gekom en hul behoeftes aangespreek het. Ongelukkig is daar tot dusver min van die werking van die NVBS op streekvlak te boek gestel. Genl.maj. Gerrit Murphy verdien lof dat hy hierdie taak so suksesvol voltooi het. Sy dokument GESKIEDENIS VAN WITSWATERSRAND GESAMENTLIKE BESTUURSENTRUM ( WITGBS) is seker die beste dokumentering van die werking van die GBS op grondvlak. Ek het nog nie beter gesien nie.

Genl Murphy het as voorsitter van die WITGBS gedurende 1984 tot 1987 ʼn reuse rol gespeel om die bevolking in sy gebied vreedsaam en met veiligheid hul lewens te laat voer. Sy dokument toon aan hoe die behoeftes van gemeenskappe aangespreek moes word om die mat onder die voete van die revolusionêres uit te trek. Dit wemel van voorbeelde hoe die GBS moes ingryp om toe te sien dat aan die behoeftes van die bevolking voldoen word. Skole is gebou, behuising , klinieke , telefoondienste, elektrisiteit, poskantoordienste, strate, rioolstelsels en nog baie meer is verskaf onder leiding van die GBS.

Die dokument beskryf hoe probleme opgelos is en veiligheid daardeur vir almal bevorder is. Soms moes daar reguit met die owerheid, plaaslike besture en staatsdepartemente gepraat word. Dit kon n sterk leier soos Genl Murphy doen sonder om vir sy eie toekoms te vrees.

Hierdie dokument behoort in Engels en ander tale vertaal te word en kan vir seker as handleiding vir enige regering dien.