Nongqai Vol 12 No 11 (Mr AP Stemmet - NSMS / NVBS)

Page 34

• Mnr FW de Klerk se Planne Soos ek aan die begin gesê het, was daar om begryplike redes geen komops-operasies gedurende Savannah nie. Dit het ongelukkige en skadelike gevolge gehad. Ongelukkig het die politici nie hul les geleer nie. Die aankondiging van die vrylating van meneer Mandela en die ontbanning van sekere verbode organisasies is nie voorafgegaan deur behoorlike komops/stratkom nie. Belangrike rolspelers het via die media daarvan verneem. Hieroor sê 'n vorige HSAW, generaal Meiring in die boek DAYS OF THE GENERALS deur Hilton Hamann: “We did not know about De Klerk's plans to unban the ANC. It was a complete surprise. Nobody knew about it, but when it happened, we had a major problem …... After that we had to do things in a com-ops way.” Generaal Meiring het toe op sy eie in twee gevalle fiasko’s (en moorde) voorkom deur sy eie goeie komops toe te pas. Gedurende Kodesa is ook geen stratkom/komops toegepas nie en kosbare geleenthede is verspil. Selfs voor Kodesa is alle stratkom- en komopsvermoë vernietig. Toe Kodesa plaasgevind het was daar niks oor nie; want alles wat na die NVBS, militêre of PW Botha geruik het is ongevoelig vermorsel met dramatiese gevolge vir die RSA en droewige gevolge vir menige personeellede beide van die SSVR en die SAW en ander departemente en tot nadeel vir die RSA. Ander vaardighede wat onder leiding van TSK in samewerking van onder andere AMI ontwikkel is, is ook nie by Kodesa gebruik nie. Hier praat ek byvoorbeeld van strategie, toekomsstudies en onderhandelingsvaardighede. Hoe is dit moontlik dat onkundige en onbekwame onderhandelaars oor hierdie onderwerpe by Kodesa gebruik is? Die gevolge vir die RSA was mos duidelik voorsienbaar. Toe Dr Niel Barnard, na die verskyning van sy boek GEHEIME REWOLUSIE hierop gewys is, was sy reaksie: “…. kommentaar oor die slimmighede (kundigheid) van die SSVR is lagwekkend. Daar was kundige mense; onder andere die wat aanbeveel het Mandela se lewe so spoedig moontlik beëindig moes word.” Die bewering verskyn ook in sy boek. Die waarheid is miskien te vinde in DAYS OF THE GENERALS waar Generaal Chris Thirion beskryf hoe 'n werkgroep bestaande uit NI, die militêre en die polisie in NI se hoofkwartier vergader het om te besin oor die vraag of Mandela vrygelaat moes word, indien wel, wanneer en hoe. Hy sê “a document was produced” and “I think it could be understood that the intelligence community said: “Yes, at some other time he must be released.'” Aangesien die vergadering by NI gehou is, word aanvaar dat daardie instansie die formulering gedoen het. Die SSVR was nie teenwoordig nie en het dus nie die aanbeveling gemaak nie. Wie is nou skuldig, die SSVR of NI en wie praat die waarheid? AMI en ook die SAP(V) se inligtingsvermoë is ook nie by Kodesa gebruik nie. Hoekom nie? Wat het van die oorlede Tak Nasionale Vertolking van die SSVR geword? KOMMENTAAR WPS: Ek glo die vergadering hier na verwys, was een gehou gedurende die vroegtagtigs waarvan ek toevallig die notulerende sekretaris was, met Mnr. Cor Bekker van NI as voorsitter. Dit was ‘n subkomitee van die destydse KIK (wat altoos buite die NVBS geval het, met NI as koördineerder) en wat prakties jaarliks aanbevelings moes maak oor mnr Mandela se omstandighede van aanhouding en die paslikste tyd vir vrylating (die sentrale aanname onder intelligensie-ontleders was dat dit bepaald nie in staatsbelang sou wees as hy in aanhouding sou sterf nie, en dus dat hy wel een of ander tyd vrygelaat sou moes word – maar wanneer?) Die sielkundige van die Gevangenisdiens se inset was dat ons net moes weet dat, as en wanneer mnr Mandela vrygelaat sou word, hy intellektueel en charismaties kleingeld sal maak van die blanke politici; ‘n SAW-verteenwoordiger het toe gevra of die sielkundige ‘n politikus soos Dr. Gerrit Viljoen hierby insluit, waarop die Gevangenisdiens-man baie beslis “ja” geantwoord het. (Daar was dus nie illusies of rassisme-gebaseerde stereotipe beskouings nie). Die intelligensie-gemeenskap se amptelike siening was dus dat vrylating op gepaste moment wel sou moes gebeur, maar glo ek ook goed dat daar – soos Dr. Barnard opmerk – wel sekere stemme in veiligheidskringe was wat drastiese opsies voorgestaan het; sien maar die destydse meningsverskil oor of kdr. Dieter Gerhardt 34 Nongqai Vol 12 No 11 – SSVR No 4 - (AP Stemmet)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.