DWN Okt 2021

Page 18

18

Oktober 2021

De Wildt Nuus

LANDBOUSAKE

GEELWORTELVERBOUING

Leon Weber - landboukonsultant

Geelwortels is seker een van ons bekendste groentes wat baie gesond is (hoë karoteeninhoud) en wyd gebruik kan word as soet gekookte wortels, in bredies, vir kleur en smaak, as wortelsap en slaai en ook in die plek van vrugte. Huisvrouens het by die tuisnywerheid in Brits wortels kom koop in plaas van vrugte want die kinders het wortels bo sommige vrugte verkies.

BEMESTING N 30 ton wortels/ha verwyder 120 AANBEVELING --------------------- 120

Om lekker vars wortels self in die groentetuin te kweek is dus baie gerieflik, lekker, goedkoop en gesond.

Bemes

Teoreties behoort wortels in sand en sandleemgrond gekweek te word omdat die wortel nie so maklik penetreer (lank word) in kleigronde nie. Van die grootste wortelprodusente in die land is hier in die Tarltongebied wat duisende hektare rooi, diep, goed gedreineerde sandleem gronde het. Mnr Rugane van Tarlton is seker die grootste wortelprodusent in die land.

P 30 30

K 130 130

Word aanbeveel in goed opgeboude gronde wat P, K, korrekte Ca: Mg en lae Na bevat.

300 kg/ha 2:3:4 (30) Topbemesting: 500 kg/ha 1:0:1 (30) TOTAAL

N 20 75 95

P 30 0 30

K 40 75 115

Topbemes twee weke na opkoms (week 3): 150 kg/ha 1:0:1 (30), (week 6): 200 kg/ha 1:0:1 (30) (week 8): 150 kg/ha 1:0:1 (30).

In Brits is begin om wortels in die turf, wat bekend is as ‘n hoë klei-inhoudgrond, te kweek met aangepaste bewerkings- en besproeiings-metodes met groot sukses in die tagtigs en negentiger jare.

Besproei nadat dit gesaai is. Riglyn vir kleinskaalbemesting: 100 kg/ha = 10 gram/vk meter of 500 kg/ha = 50 gram/vk m.

Gronde moet, net soos vir alle ander groentes, die korrekte Ph (Ph(H20) 6 – 7.5) wees. Fosfaat (P) = 15 – 30 mg/kg, Kalium (K) ten minste 3 % + kalsium (Ca) 60 – 70 %, natrium <3 %, magnesium (Mg) 20 – 30 %, swael (S) 15 – 30 mg/kg. Soos vermeld in vorige artikels, moet daar nie hoendermis of enige dieremis direk voor ‘n worteloes toegedien word nie aangesien mis die wortel laat vurk. Chemiese kunsmis moet gevolglik gebruik word. Na die wortels kan mis weer toegedien word.

ONKRUIDBEHEER

KULTIVARAANBEVELINGS

Onkruiddoders wat gebruik kan word is: Lenagan 2 l/ha voor opkoms en 1.5 l/ha na opkoms (wortels ± 4 blare)

In die verlede (20 – 30 jaar gelede) is ‘n beperkte aantal oopbestuifde kultivars beskikbaar gewees. Kultivars soos Kaapse Mark, Ideal Red, Nantes, Duke, Fancy en Kuroda. Sommige van hulle is nog beskikbaar. Na die oopbestuifde kultivars is baster kultivars geteel met aansienlike hoër opbrengste, pragtige lang silindriese wortels waarvan die saad aansienlik duurder sal wees. ‘n Probleem wat ek vasgestel het, is dat die pragtige basterkultivars feitlik geen smaak gehad het en gladnie soet is en gevolglik net geskik is vir kookdoeleindes en nie as slaai gebruik kan word nie. Ek kry gladnie meer ‘n Rugani gekweekte wortel te koop wat rou eetbaar is of as slaai gebruik kan word nie. Ek het eers gedink dat die lekker wortels van die verlede as gevolg van die turfgrond is met sy baie mikro- en makro-elemente, maar ek vind nou dat basterwortels gekweek in die turf net so smaakloos is. Ek is besig om dit na te vors, maar ek is oortuig die swak smaak te wyte is aan die teelprogramme. Tans beveel ek vir die huistuin aan: Somerproduksie: Plant vanaf September tot Februarie: Kaapse Mark, Ideal Red, Nantes, Duke en Fancy - indien laasgenoemde twee nog beskikbaar is. In die winter, Maart tot Julie, kan slegs Kuroda aangeplant word. Al die kultivars is geneig om saad te skiet in die winter behalwe Kuroda. Saaidigtheid: +- 2.5 kg/ha as die saad nie te fyn is nie. Pasop vir te dik saai.

Toediening: Werk die 2:3:4 (30) in die bedding in voor plant.

Berei en bemes die bedding voor plant - fyn en gelyk en maak dit goed nat sodat die onkruid en gras kan ontkiem. Na ongeveer 3 weke, hark die bedding liggies om al die onkruid dood te maak voordat gesaai word. ONKRUIDDODER

SAAIDIGTHEID 2 – 2.5 kg/ha is gewoonlik voldoende (dit is ± 2 gram/5 vk meter. Die pitte moet omtrent 4 – 5 cm van mekaar lê in alle rigtings. Pasop vir te dik saai, want wortels kan nie uitgedun word nie. BESPROEIING Die eerste besproeiing na saai, kan tot 25 mm wees om die grond ‘n bietjie vas te druk vir goeie saad tot grond kontak. Daarna moet die korsie net nat gehou word - gewoonlik ± 5 mm elke tweede dag totdat die wortels op is. Gedurende die groeiseisoen veral die eerste 6 weke moet die grond toegelaat word om ‘n bietjie uit te droog van bo-af tot ± 5 10 cm en dan weer besproei om die hele profiel tot 30 cm diep nat te maak. Die wortels kan begin benut word vanaf die dikte van jou duim tot 3 cm dikte. Skakel gerus vir praktiese wenke om die wortels yl gesaai te kry. LEON WEBER 083-3267181


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
DWN Okt 2021 by De Wildt Nuus - Issuu