Oktober/October 2021 Jaargang 30 No 5
Webtuiste: www.dewildtnuus. co.za
Freeway is now an Overland franchise Supermarket
Lots of specials every month!
Contact Alberto 0763157688
2
De Wildt Nuus De Wildt Nuus
2
Oktober 2021 Junie 2021
A Brand New Logo! The same quality honey We sell Pure Raw South African Honey Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h30 Sat 08h00-13h00
Shop, Venue, Restaurant Restaurant hours:
Tuesday – Friday 08h00-14h30 Saturday – 08h00-13h00 CLOSED ON SUNDAY & MONDAY Bookings: Berta 0716046726
Oktober 2021
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Lief en leed Redaksiebrief Ons Ma se Mark “Chalmer” van De Wildt Gedig van Len Haasbroek Eerste plaasskole agter die Magaliesberg DWBV nuus DWBV nuus Betaal jou geloftes (5)
3 4 5 7 7 8 9 10 11
Gedig van Sannie Lemmer en ander A history lesson... Huldeblyke VLU nuus VLU nuus Landbousake Rate en wenke Alternatiewe behandeling (19) TLU SA-nuus
12 13 15 16 17 18 20 21 22
LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie. Hospitaal en siek • Elize Meyer • Manie Teixeira • Andries Fourie
Lief • Madeleine Smal word ouma van ‘n babadogtertjie • Tannie Bettie Cornelius word 97! • Richard, kleinseun van Manie Lemmer, het onder meer sekerlik met sy addisionele kwalifikasies van die afgelope twee jaar die volgende bevordering gekry: Hy begin vanaf 1 Oktober naamlik as “Advanced Compliance Officer” by Old Mutual met sy kantoor in Johannesburg. Shandri, Richard se suster, is by Platinum Life waar sy reeds verlede jaar gewerk het, bevorder na die eise-afdeling en haar eggenoot, Wimpie het ook ’n beter betrekking aanvaar as diensingenieur by “Heat and Control” met wydverspreide verpligtinge.
Oorlede
• Karlien Meyer • Gert Prins • Frans Stols • Pieter van Zyl se tweelingsuster • Pierre Jacobs
Verhuis
Jarelange inwoners, Maureen en Amanda Engelbrecht, verhuis eersdaags na Danabaai.
De Wildt Nuus het nog nie inligting vir huldeblyke vir almal wat onlangs oorlede is ontvang nie.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
082 879 6969
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
4
Oktober 2021
De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Oktober 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
REDAKSIEBRIEF Liewe lesers Hier op 8 September op ’n bewolkte dag met ’n skielike kouer dagtemperatuur begin ek met die uitgawe vir die mooiste, mooiste maand Oktober. Dan neem dit my nou terug na ons talle Kaapse blomtoere waartydens ons gewoonlik tot by Wupperthal gery het en ook by die bekende Afrikaanse digter, C Louis Leipoldt, se graf in die Pakhuispas stilgehou het om stille dank en bewondering vir hierdie digter en skrywer te betuig. Sy lofsang aan die maand Oktober was die goeie agtergrond vir die duisende pragblomme wat ons in God se Afrikatuin kon besigtig. Ons ervaar nou reeds hier by ons ook hoe die plante, bome en blomme hul mooiste kleure vertoon, want die lente en somer met al die natuurskoon het reeds weer vir 2021 aangebreek. Dit stem ’n mens tot dankbaarheid om deel van die skepping te mag wees. By die aftreeoord waar ek nou woon, is hier letterlik honderde miniatuurtuintjies wat die hele klein dorpie in ’n lushof vir die oog van gereelde stappers alhier omskep. Ek begin maar weer my gewone pleidooi vir meer adverteerders en hulle kan slegs deur ons lesers gewerf word. Lesers moet onthou dat julle die eienaars van ons blad is en dat ek nie manalleen ook nog die adverteerders moet vind nie. Werf meer adverteerders deur te beklemtoon dat ons blad deur duisende mense gelees word, nie slegs in die 250 harde kopieë nie, maar regdeur talle WhatsApp-groepe en ons webwerf wat ons blad selfs tot ver in oorsese lande na vriende neem. Ek merk ’n verblydende tendens as ek sien daar kom meer geskiedkundige artikels vir publikasie in, en spesifiek een wat die 130 bestaansjare van die Laerskool Vissershoek aankondig, ’n skool met geskiedenis waarop talle huidige en oudpersoneel en leerlinge tereg trots is. Lees gerus die 100 jaar-gedenkboek van hierdie skool. Gereelde artikels oor ons plaaslike organisasies soos die De Wildt Boerever- eniging en die Vroue-landbounie se De Wildt-tak en die De Wildt Helpme-
Manie Lemmer
kaar Maatskappy beskryf hul aktiwiteite. Die artikels toon hoe daar in ons gebied gewerskaf word en soms selfs byna die figuurlike wapens opgeneem word om verwikkelinge waarmee ons nie genoeë neem nie, te bestry. As ons versamelaars en kunstenaars met hulle kreatiwiteit wil spog of dit slegs onder lesers se aandag wil bring, is ons blad juis die instrument om sodanige aktiwiteite bekend te stel. Plaas asb jou naam by elke artikel. In die vorige uitgawe se redaksiebrief was daar ’n fout wat ek nie raakgesien het nie. By my verduideliking tov die nuwe gogga “narratief” het ek ook gemeld dat die Engelse die selfstandige naamwoord “narrative” en ook die werkwoord “narrare” het. Laasgenoemde woord moes wees “narrate”. Verskoning vir hierdie fout en ek kan nie agter de rug van die drukkersduwel skuil nie. Die Corona-virus en sy verwante was weereens die oorsaak van verskeie sterfgevalle uit ons gebied en ek probeer byhou met al die huldeblyke. Waar ek egter nie die roudiens- of begrafnisblaadjies ontvang nie, kan ek ongelukkig nie ’n gepaste huldeblyk skryf nie, veral as die betrokke persoon nie lank in ons gebied woonagtig is/was nie. Ons bid daagliks vir al die slagoffers se naasbestaades en hoop dat ons bede vir die wegneem van hierdie plaag binnekort verhoor sal word as dit binne die gesinne aangetas het en steeds aantas. ’n Ander “plaag” wat ons gebied teister is die misdadigers wat hulself die reg toeeien om ons heinings stukkend te knip en langs hierdie ongebaande weë dan ons besittings wegdra en selfs voertuie uit ons eie kleinhoewes en plase kom wegraap. Ons kan nie aanvaar dat hulle hierdie dade bloot agv hongersnood pleeg nie en ook nie dat die plaasaanvalle en -moorde nie hoog op die prioriteitslys van die SAPD is nie. Moet ons as wetsgehoorsame burgers ons dan self beskerm en handhaaf? Betaal ons belasting wat ons self nêrens baat nie? Geniet ons blad tot Desembermaand wanneer die volgende uitgawe DV sal verskyn. Groete en goeie gesondheid en vrede word ons lesers toegewens.
Oktober 2021
5
De Wildt Nuus
ONS MA SE MARK
Rina Bester
ONS MA SE MARK in samewerking met Mmakau GPF Sektor 1 se potjiekos dag Na twee maande se beplanning het 31 Julie uiteindelik aangebreek vir al ons uitstallers asook die 15 potjieinskrywings met al hulle kokke by afrit 136 op die R513 De Wildt. Die weer was heerlik en die gees het hoog geloop op die hele terrein. Die markie bestaan reeds geruime tyd en is spesiaal deur DWHM gestig vir ons inwoners om entrepreneurskap in De Wildt te bevorder. Talle besoekers was verras met wat uitstallers aangebied het en uitstallers is ook baie goed ondersteun. Die woord wat ek kort-kort gehoor het is dat daar ’n wonderlike “buzz” was en ieder en elk het die dag baie geniet. Meeste besoekers het heeldag saamgekuier en ons hoop om julle met ons volgende markte weer daar te sien. Ons beoordelaars was drie baie bekende dames in ons omgewing nl tannie Georgie Louw, Neeltje Louw en Sandy Roberts van die bekende Margaret Roberts-kruieplaas in ons omgewing. Sandy het ook vir ons die 3de prys geskenk, asook vir elke deelnemer ’n geskenk. Die jagluiperdsentrum het vir ons die 2de prys geskenk en die 4 x 4 Baan op De Wildt het die 1ste prys geborg. DWHM het die wenner se trofee geskenk en Contour Laser Designs het
2 Oktober bied ons ’n Planteskou en plantpraatjies aan 30 Oktober gaan ons weer groot met ’n Hoenderbraai ten bate van GPF Mmakau Sektor 1 4 Desember vind ons Kersmark plaas Navrae per WhatsApp 0711106907 of 0817800426
vir vir elke deelnemer n mooi trofee gemaak. Ek beskou elke deelnemer as ’n wenner in eie reg en van hulle het groot uitgawes aangegaan, maar die pryse is soos volg toegeken: 1ste prys: Tanya van Rooyen met haar heerlike Hoenderpotjie in roomsous 2de prys: Philip en Forona Kruis met hulle fantastiese Beesstertpot 3de prys: Kobus Grobler met sy Kinkel Bospot Ek bedank graag elke persoon wat bereid was om ’n pot te maak. Almal wat gehelp het met hout en braaiers aanry, die springkasteel en die lekker gees wat onder almal geheers het. Die vleis- en hoenderskenkings wat ons ontvang het asook al die dames wat nageregte geskenk het. Ons beoordelaars wat kleur aan die dag gegee het en dan aan elke persoon wat ’n R50 bord gekoop het. As gemeenskap het ons deur hande te vat uitstekend in ons doel geslaag om fondse in te samel vir die Mmakau GPF Sektor 1 se lede en dan ook om ons markuitstallers te ondersteun. In hierdie uitdagende tye leef ons almal saam met Covid-beperkings, ekonomiese uitdagings en boonop misdaad en die brande tans waarop mens dag en nag bedag moet wees. Vir een Saterdag kon ons mekaar net weer in die oë kyk en nuwe inwoners ontmoet. De Wildt is bekend vir sy raakvatinwoners en dit was 31 Julie weer opmerklik. Datums en temas vir ons opkomende markte is soos volg:
6
De Wildt Nuus
R1 000 R2 000
R3 000
Oktober 2021
Oktober 2021
7
De Wildt Nuus
Die “charmer” van De Wildt! Anonieme inwoner
Oom Manie en tannie Ellen Teixeira As daar nou ‘n persoon is wat die dames kan “charm”, is dit nou dié omie in ons omgewing wat ‘n oog vir ‘n dame het! Oor die radionetwerk sal jy altyd weet wie Oscar 19 is. Sy vriendelike stem wat almal laat goed voel, veral die dames ( ! ), is welbekend en welbemind. Aan sy sy is daar natuurlik net so ’n gawe en vriendelike én pragtige dame. Ja ! …. Ons praat van oom Manie en tannie Ellen Teixeira. Wat ’n mooie en ondersteunende kombinasie van omgee en saam oud word. Die “Mak Portugees”, soos hy na homself verwys, se hand en hart het nog altyd oopgestaan vir sy gemeenskap. Die Koskas, waar hyself vir baie jare betrokke was, was sy grootste liefde en bydrae vir die armes en hongeriges. Vir die kinders het hy egter nog altyd ’n ekstra sagte plekkie in sy hart. Ook hul bydra in De Wildt se veiligheidsgemeenskap rakende radioroepe en ondersteuning, is nog steeds ’n groot hulp en hoeksteen. Ons sê baie dankie julle twee! Ons waardeer julle as mense en as omgeelede van De Wildt. Ons is baie lief vir julle.
Wie ken die nood kom uit een van Len Haasbroek Sr se digbundels.
8
Oktober 2021
De Wildt Nuus
DIE EERSTE PLAASSKOLE AGTER DIE MAGALIESBERG In die gedenkalbum: ”Laerskool Vissershoek, Die Eerste Eeu, 1891 -1991”, skryf Reneé Schulenburg oor die ontstaan van die eerste plaasskole agter die Magaliesberg.
Ene mnr DG Cilliers word deur die bekende ds SJ du Toit gevra om ’n plaasskooltjie in Transvaal te kom begin. In 1884 begin hy ’n plaasskooltjie op Donkerhoek. Hy verhuis later na agter die Magaliesberg, waar hy by dr Teichmann en later by Joseph Fourie woonagtig is. Hier op Wildebeesthoek het mnr Cilliers moontlik dan ook betrokke geraak by die Wildebeesthoekskool. Dit is hier waar die bekende Jopie Fourie sy eerste skooljare deurgebring het.
In 1891 koop mnr Cilliers die plaas Schietfontein en begin boer. Die eerste skool het bekend gestaan as die Fistershoekskool en het op 12 Oktober 1891 geopen met mnr HF Stander as hoof. Die skool was in een van die kamers van die plaaswoning van oom Japie Schoeman. Die huis is later jare bewoon deur mev Sarie van Loggerenberg wie se vader die tweede hoof van die skool was. In 1899 verander die naam na Visschershoekskool. Die tweede skool is gebou in 1898 en het bekend gestaan as die “Witkoppenskool” op Schietfontein. Die storie wil dit hê dat die skool so genoem is as gevolg van die twee wit gewels weerskante van die skool. DG Cilliers het in 1894 op die plaas Schietfontein kom woon en in 1897 stene laat vorm en brand vir die bou van die skool. ’n Duitse bou-aannemer, ene Bischop, het ’n pronkstuk van ’n skool gebou. Die hoof was mnr AW Bester uit Malmesbury. In 1900 het die skoolinspekteur, dr Visser, die skool besoek en ’n foto van die skool geneem. Dit is gestuur na ’n internasionale uitstalling in Parys, Frankryk waar dit die Grand Prix-prys vir plaasskole verower het. Hierdie foto het glo nege goue medaljes verower. In 1901 word die skool deur die Britse soldate afgebrand en die skoolhoof, mnr AW Bester, gevange geneem en na Bermuda as krygsgevangene gestuur. Hier gee hy onderwys aan die jong krygsgevangenes. Die derde skool is in 1903 na die oorlog gehuisves in ou oom Lood Schoeman se huis. Meer oor die skool se geskiedenis met ’n volgende geleentheid. Baie geluk dus aan die Vissershoek Laerskool met sy 130 ste verjaardag op 12 Oktober hierdie jaar. Voorwaar ’n spogskool met ’n spoggerige geskiedenis en ontstaan.
Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
Oktober 2021
9
De Wildt Nuus
TLU SA Kongres 2021 1 September, dis heerlike lente, die winter is verby, oral bot bome en het die eerste blomme kleur aan die dag gelê. Dis tekens van hoop vir ’n nuwe seisoen en boere het reeds hul hand aan die ploeg geslaan in afwagting vir die reën wat die Here sal gee. Hoop beskaam nie! Ons boere weet waarvandaan daar vir hulle hulp sal kom. TLU lede ken van en weet van moue oprol, maar hulle weet ook dat sukses afhanklik is van vennootskappe en bondgenote. Daarom is borge belangrikke vennote en die media wat TLU SA se boodskappe uitdra en versprei ’n waardevolle bondgenoot. Saam is ons beter en saam maak ons ’n verskil. Jakkals prys nie sy eie stert nie, maar TLU SA laat landbou leef! Nieteenstaande die huidige omstandighede, die onsekerheid oor baie dinge wat deel uitmaak van die vloedgolwe inligtings-geraas tov eiendomsreg, veiligheid, die ekonomie, Covid, ensomeer, leef, werk en bly ons boere gemotiveerd uit dankbaarheid vir die oorvloed seëninge uit hul Vader se hand. Hulle is die staatmakers wat ons herken en ons erkenning verdien. Die President van TLU SA, mnr Henry Geldenhuys, het almal aan die ryke geskiedenis van TLU SA sedert sy stigting in 1890 herinner en die “Mossiestorie” vanuit die Bybel (Mat.10) en die Konsentrasiekamp van Bethulie gebruik om die hoop wat daarin is te illustreer. Daarmee het hy ons boere uitgedaag om die Mossies van hoop op hulle pad raak te sien en ook TLU SA as hul voorkeur verteenwoordiger. Hy het beklemtoon dat die grootste bate van ons land ’n produserende land is. Die noodsaaklikheid daarvan kan nie genoegsaam beklemtoon word nie siende dat 68% van die bevolking in dorpe en stede leef, en 44% werkloos is. Armoede en alles wat daarmee gepaard gaan, is aan die orde van die dag. Ekonomiese groei het ’n veilige omgewing en goeie beleidsvorming nodig om te kan gedy. Daarmee saam is toekomsgerigte samewerking broodnodig en moet elkeen hom- of haarself afvra: “Wat kan ek doen om môre ’n beter dag te maak?” Ons het elkeen ons Godgegewe gawes, talente en vaardighede, en dit is nodig dat die beste persoon vir die werk aangewend word om regtig suksesvol te wees. Die veiligheid van ons mense en bates, veral dié op die plase en platteland, bly ’n prioriteit vir die boere. Die Staat is nie in staat om genoegsame beskerming te bied nie, daarom is dit noodsaaklik dat almal betrokke raak by hulle omgewing se veiligheid. Die 10% wat reeds aktief betrokke is, kan nie 100% vir almal se veiligheid verantwoordelik wees nie. Samewerking tussen alle organisasies, selfs oor grense heen, word bepleit vir ’n suksessvolle Suid-Afrika. Enkel en alleen organisasies kan nie op eie houtjie genoegsame verandering teweeg bring om ’n blywende verskil te maak nie. Dit geld vir die landbou ook. En tog verskaf die Boere-unies en Boereverenigings wringkrag aan TLU SA, daarom maak jou en my lidmaatskap en betrokkenheid, as lid of vriend van TLU, ’n verskil, aldus die President. Dr Andre Jooste het ‘Die boer en die waardeketting’ belig en gevra: “Is dit ’n misterie of werklikheid?” Siende dat daar tans in die wêreld een biljoen mense honger ly, en twee biljoen mense is wat minder as $2 per dag verdien, is verhoogde ekonomiese bekostigbare produksie noodsaaklik. Daarom word produksie en tegnologie (selfoon) ’n groter wordende instrument mbt produksieinligting sodat goeie ingeligte besluite geneem kan word. “As business people, you can’t wait until the storm has passed; you need to learn to dance in the rain.” – Brand Pretorius. Beter, meer en gesonder produksie praktyke is noodsaaklik. Die voedselsisteem moet inklusief, volhoubaar, doeltreffend, voedsaam en gesond wees. Alle rolspelers (wêreldwyd) moet ingesluit word. Dit sluit kleinboere, vroue en jongmense in. Deursigtigheid van die waardeketting is ook belangrik. Optimale en
Phil Louw - voorsitter De Wildt Boerevereniging
volhoubare produksie van die hoogste gehalte is die vereiste. Daarom is die Bemarkingsperspektief van inligting eerder as, of versus, die Produksieperspektief so belangrik. Inligting, inligting, inligting….. (Tegnologie is die die instrument). Produsente moet begin deur by die begin te begin om die potensiaal te ontsluit. Daarvoor is venootskappe en netwerke uiters belangrik. “You must earn with your partner and not from your partner.” Daarvoor moet die “Produktiwiteitsgaping” vs die “Geleentheidsgaping” ’n fokusarea wees. “If you don’t lead change, you will become a victim of change.” Kobus Oberholster het die kollig laat val op hoe ’n mens se persoonlike finansies vervleg is met sy boerdery of besigheid en tientalle vrae self beantwoord dmv voorbeelde. Wat meer is, hy het “batebeskerming tov van die individu en gesin” uitgelig as een van dié belangrikste dinge in die lewe. Hy’t oa gevra: - Verstaan jy die kostestruktuur daaraan verbonde? - Is jou testament doeltreffend? - Weet jy dat boedelbereddering tussen 10 en 12 maande, of langer, kan neem? - Het jy ’n waterdigte testament? Die vraag was: “Hoe dra my persoonlike finansiële beplanning by tot die voortleef van my boerdery?” Wel, deur die Landbousektor Finansiële Dienstekantoor by TLU se Hoofkantoor te skakel sal jy die antwoord en al die hulp kry wat jy nodig het. Die Jaarverslag is deur die Hoofbestuurder, Bennie van Zyl, ingelei en is volledig in ’n videogreep beskikbaar sou dit verlang word. Maar wat hy in die begin beklemtoon het was TLU SA se waardesisteem, dat die TLU beginselgedrewe en beginselvas is, en dat die fondament daarvan die Bybel is. Wedersydse kommunikasie is van kardinale belang en verskeie mediums word gebruik waarvan Pitkos een is, en daar is uitgewys dat baie van die vrae wat ontvang word reeds dmv van Pitkos aangespreek is. Daarom word almal gevra om dit te lees want daarin word voordele wat vir die boere beding is, gepubliseer. Koste besparings is mos vir almal van ons belangrik. TLU boere maak ’n verskil! Deur ’n reikende hand en hul uitreikaksies in Oos- en Noord-Kaap is daar medelye getoon met die swaarkry agv die droogtes. Dis boere met ’n hart vir ander boere en hulle medemense. Net so suksevol is die Boeremark van Pretoria en dit het ’n groeiende sukses geword. Dis ’n besoek werd! Generaal van Zyl het oor die veiligheidssituasie terugrapporteer en almal daaraan herinner dat “Veiligheidsriglyne”, wat wetlik korrek is, beskikbaar is. Daarbenewens is uitgelig dat brandstigting ’n instrument geword het om ’n onveilige omgewing te skep. Dit sou raadsaam wees dat elke omgewing hul risikoprofiel gereeld hersien en aanpas. Verder is daar gevra dat elke insident, hoe moeitevol ookal, gerapporteer word. TLU se insidenteregister (databasis) bestaan sedert 1990 en word maandeliks opdateer en in stand gehou. TLU se traumadienste olv ds Thinus van Staden (Herv Kerk), wie se inisiatief dit was, is nou ’n realiteit. So gee ons mense om vir mekaar. Menere Henry Geldenhuys en Wannie Scribante is respektiewelik herkies tot President en Adjunkpresident. Laasgenoemde het die bedankings behartig en herhaaldelik verwys na die “sterre” wat hul take met toewyding en deursettingsvermoë verrig het. Hoe dan anders, want ons by TLU reik na die sterre. Nog sterre in Sentraalstreek was Lynette du Plessis en De Wildt Boerevereniging, alias Hanna Scribante, vir die positiewe kommunkasie en beeldbou na buite van TLU SA. Ons wens al ons staatmakers hartlik geluk met hulle aanstellings en toekenings.
10
Oktober 2021
De Wildt Nuus
Sakeliga KragDag 2021 Verlede jaar se KragDag is weens Covid afgestel, maar vanjaar s’n vind op 14, 15 en 16 Oktober 2021 plaas vanaf 8:00 tot 17:00. Die ekspo se hektoegangsfooi is R 100.00 per volwassene, maar deur vooraf te registreer kan jy gratis toegang kry. Vooraf registrasie sluit Dinsdag 12 Oktober om 24:00. Toegang vir kinders tot 18 jaar is gratis en hulle hoef ook nie vooraf te Registreer nie. Die KragDag Ekspo is die grootste Afrikaanse hernubare energie en selfstandigheidsekspo in die wêreld. 21 400 mense het feestelik deelgeneem aan KragDag 2019. Die KragDag Ekspo wat jaarliks plaasvind, is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en bied ’n uitstalkas vir energieen ander selfstandigheidsoplossings. Dit sluit ’n Opvoedkunde sub-ekspo, Entrepreneurskap en vanaf 2019 ook ’n volwaardige Landbou ekspo (in samewerking met TLU SA) in. “Doen Jou Eie Ding!” Met hierdie leuse fokus KragDag op ‘n vryword-lewe deur volhoubare en selfstandigheidsoplossings (en selfs Doendit-self planne), wat jou terselfdertyd minder uitgelewer aan en afhanklik van ’n staatsbepaalde lewe maak. Hierin speel dinge soos hernubare en alternatiewe energie ’n sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ’n lewe van selfbehoud en selfbeskikking moontlik maak. By KragDag vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie en word ’n maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid aangemoedig. KragDag doen dit deur
die jaarlikse buitelugekspo, radiorubrieke, kursusse, bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemings en beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en interessantheidswaarde in ons nuusbriewe en seminare. KragDag verskaf ook ’n platform waardeur ondernemers, die publiek en innoverende idees by mekaar uitgebring word. De Wildt Boerevereniginglede kyk saam TLU SA virtuele kongres Van De Wildt Boerevereniginglede het op 1 September by Gertjie en Lee-Anne se nuwe blyplek bymekaargekom om na die virtuele kongres te kyk. Phil Louw, Lood en Judy Schoeman, Chris Beukes, Jacques Fourie asook Christa en Eric Fourie het dit bygewoon. Wannie en Hanna het 14:00 vanaf die TLU SA-gebou in Silverton by hulle aangesluit waarna almal saam gekuier en gebraai het. Baie dankie aan Gertjie en Lee-Anne vir julle gasvryheid en bederf. Julle word waardeer.
De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: DV 23 November 2021 te De Wildt 4x4 om 18:30 vir 19:00
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station)
Oktober 2021
De Wildt Nuus
BYBELSTUDIE 2021
BETAAL JOU GELOFTES (5) Manie Lemmer Lees die volgende in die Woord asb: Genesis 3, die Psalms met ’n belofte/versekering, Mattheus 28 en Handelinge 1. Wanneer ons lesers daagliks hul Bybestudie doen, teken gerus aan oral waar ons God se belofte/versekering lees. Waar dit vir ons talle bewyse sal aandui, het ons as mense slegs ’n paar beloftes wat ons moet onthou en hou: Geloftes wat deur ons voorouers teenoor God uitgespreek is, ons Belydenisaflegging, Huweliksbelofte en Doopbeloftes tov ons kinders. Ons kan hierdie beloftes slegs nakom as ons die krag van God deur sy Gees ontvang en vir hierdie krag het ons die voorreg om daarvoor in gebed te vra.. Ek vind dit telkens opvallend dat ’n mens God se beloftes, Sy versekering en moed-inpraat oral in Sy woord raaklees. Hou dit maar self dop, of jy nou in die Ou Testament of die Nuwe Testament lees. Ook waar Hy in regverdigheid sy volk straf en strawwe teenoor hulle uitspreek en dit wel ook uitvoer, laat Hy hulle nie maar net alleen nie en telkemaal kondig die profete en God se spreekbuise weer aan dat daar hoop en uitkoms sal kom. Ons weet dat God se raadsplan vir verlossing van hulle wat glo reeds uitgevoer is toe Hy sy enigste Seun, Jesus Christus, as offer in die plek van sondaars wat glo, gegee het; dat alle mense as sondaars sedert die sondeval in die Paradys nie uit eie
verdienste gered kan word nie, maar slegs deur God se genade en raadsplan. Behalwe die pertinente beloftes en versekerings deur God het Hy in die Ou Testament eers deur rigters en profete Sy volk laat lei en onderrig, en in die Nuwe Testament weer deur die apostels wat Jesus hier op aarde gevolg het en na Sy hemelvaart die taak gehad het om die Goeie Boodskap so ver moontlik te versprei. Wat word van ons as verloste sondaars verwag? Om die opdrag aan die apostels in Mattheus 28:19 en Handelinge 1: 8 uit te voer, nl om die Evangelie of Goeie Boodskap van verlossing aan ons medemense te verkondig en die drie-enige God te eer en te dien. Al is ons nie almal opgelei om in alle opsigte ons medemense in hierdie opsig te lei en te help nie, het ons hemelse Vader Sy Heilige Gees gegee om ons te lei en te onderrig. As ons soms vashaak, weet ons dat ons die anwoord deur die Gees uit die Woord sal raaksien of dat Hy vir ons op Sy eie manier ons duidelik sal lei wat ons te doen staan. Sy belofte is dat Hy ons nooit in die steek sal laat (begewe) nie. Kyk Hebreërs 13. Vergeet ook nie Christus se beloftes ivm Sy wederkoms en Sy taak as Bemiddelaar en Voorsiener van wonings vir Sy volgelinge in die hemel nie; daarvan verseker die vier Evangelies ons.
11
12
Oktober 2021
De Wildt Nuus
GEDIG UIT SANNIE LEMMER SE ONGEPUBLISEERDE DIGBUNDEL: INTERAKSIE
VANDALE SE VERNIETIGING VAN KULTUURGOEDERE
Ek glo dit was seker ongeveer drie jaar gelede dat ek en Sannie gemelde digbundel probeer redigeer het vir publikasie. Haar siekte en bykans twee jaarlange lyding voor haar dood toe sy nie self kon loop nie, ook nie kon sien nie en geen gevoel in haar voete en hande gehad het nie, het hierdie bundel agterweë laat bly, met my belofte dat ek nog die bundel verder sal nagaan en laat publiseer. Eienaardig genoeg het ek nie destyds die eintlike waarde en rede vir hierdie onderstaande gedig raakgesien nie. Sannie het my ook nie toe daarop gewys dat dit haar eie visie vir haar verdere lewensloop was nie. Toe ek ’n paar maande gelede deur hierdie bundel begin blaai met die oog daarop om te sien hoeveel ek nog daaraan moet doen, het hierdie gedig my getref as synde haar geestesoog se prentjie vir haar eie lewe vorentoe. Ek plaas dit graag sodat lesers daarin kan deel. Lees gerus ook Jesaja 42: 16. - Manie Lemmer
My woorde oor C Louis Leipoldt se graf in die Pakhuispas naby Clanwilliam was nog byna nie klaar geuiter nie of ek moet verneem dat vandale die koperplaat by sy graf uitgebreek en gesteel het. Dit nie lank nadat genl De la Rey se standbeeld van brons uit Lictenburg weggesteel is nie en pas met ’n soortgelyke beeld van beton vervang is. ’n Mens wonder of hierdie vandale werklik wettige inwoners van ons land is en of hulle dan geen lewenswaardes ken of geleer het nie. Ons vier erfenisdag en probeer om trotse burgers van ons mooi land te wees, maar die vlieë in die apteker se salf treiter ons aanhoudend. Steel hulle nie, breek hulle af en strooi rommel so ver hulle gaan. Ons sien uit na die dag dat hier nie meer onwettige mense in ons land toegelaat word nie en dat ons almal weer trots sal wees op hierdie land as daar weer tot die netheid en betroubaarheid van die verlede teruggekeer kan word. Daarvoor het ons behoorlike wet en orde nodig met ’n polisiemag wat onwrikbaar wetteloosheid en wanorde bestry.
VREEMDE PAAIE Haar genadige hemelse Vader lei haar op vreemde paaie hobbelrige paaie waar geen toon gestamp word nie Hy hou haar hand Laat haar sien Laat haar hoor Laat haar ruik En so is hy hy lei haar sodat sy veilig loop hy is haar voete hy is haar hande haar gehoor hy antwoord soms namens haar. Sy het nooit kon droom dat hy die man met vuur so geduldig sou wees nie. Daarvoor dank sy hom met liefde in haar hart en haar Vader wat hom aan haar gegee het.
Manie Lemmer
NAAMLOSE /ANONIEME ARTIKELBYDRAERS Manie Lemmer Die redaksie wil graag aan die mense wat tot die inhoud van ons blad bydra, die nodige erkenning gee en moontlik ook by hulle aanklop vir meer artikels, maar met anonieme mense kan ons ongelukkig nie praat nie. Probeer dus om nie vir ons artikels as anoniem of onder ’n skuilnaam aan te stuur nie. Ons lesers se samewerking sal waardeer word.
DOEL VAN HULDEBLYKE IN DE WILDT NUUS Manie Lemmer Die doel van huldeblyke in ons blad is om erkenning te gee aan lojale inwoners wat in die meeste gevalle jarelank alhier gewoon en ook hul kant in die onderskeie organisasies van ons gebied gebring het. Ons moet egter versoek dat rou- of begrafnisblaadjies by DWHM se kantoor besorg word of dat ons minstens van iemand uit ons woongebied of selfs uit ons adverteerderkorps se oorlye ingelig sal word. Ons het pas ’n dag of twee gelede verneem dat een van ons senior inwoners reeds op 18 Desember 2020 oorlede is, sonder dat iemand ons daaromtrent ingelig het. Ons lesers word vriendelik versoek om ons in hierdie selfopgelegde taak behulpsaam te wees.
Oktober 2021
De Wildt Nuus
13
A history lesson for people who think that history doesn’t matter By Bill Holohan What’s the big deal about railroad tracks? The US standard railroad gauge (distance between the rails) is 4 feet, 8.5 inches. That’s an exceedingly odd number. Why was that gauge used? Well, because that’s the way they built them in England, and English engineers designed the first US railroads. Why did the English build them like that? Because the first rail lines were built by the same people who built the wagon tramways, and that’s the gauge they used. So, why did ‘they’ use that gauge then? Because the people who built the tramways used the same jigs and tools that they had used for building wagons, which used that same wheel spacing. Why did the wagons have that particular odd wheel spacing? Well, if they tried to use any other spacing, the wagon wheels would break more often on some of the old, long distance roads in England . You see, that’s the spacing of the wheel ruts. So who built those old rutted roads? Imperial Rome built the first long distance roads in Europe (including England ) for their legions. Those roads have been used ever since. And what about the ruts in the roads? Roman war chariots formed the initial ruts, which everyone else had to match or run the risk of destroying their wagon wheels. Since the chariots were made for Imperial Rome, they were all alike in the matter of wheel spacing. Therefore the United States standard railroad gauge of 4 feet, 8.5 inches is derived from the original specifications for an Imperial Roman war chariot. Bureaucracies live forever. So the next time you are handed a specification/procedure/process and wonder ‘What horse’s ass came up with this?’, you may be exactly right. Imperial Roman army chariots were made just wide enough to accommodate the rear ends of two war horses. (Two horses’ asses.) Now, the twist to the story: When you see a Space Shuttle sitting on its launch pad, there are two big booster rockets attached to the sides of the main fuel tank. These are solid rocket boosters, or SRBs. The SRBs are made by Thiokol at their factory in Utah . The engineers who designed the
SRBs would have preferred to make them a bit fatter, but they had to be shipped by train from the factory to the launch site. The railroad line from the factory happens to run through a tunnel in the mountains, and the SRBs had to fit through that tunnel. The tunnel is slightly wider than the railroad track, and the railroad track, as you now know, is about as wide as two horses’ behinds. So, a major Space Shuttle design feature, of what is arguably the world’s most advanced transportation system, was determined over two thousand years ago by the width of a horse’s ass. And you thought being a horse’s ass wasn’t important? So, Ancient horse’s asses control almost everything and… CURRENT Horses Asses are controlling everything else. Explains a whole lot of stuff, doesn’t it?
14
De Wildt Nuus
Oktober 2021
Oktober 2021
15
De Wildt Nuus
HULDEBLYKE
Manie Lemmer
GERT JACOBUS PRINS * 21.07.1947 † 29.07.2021† Ek het nog ’n maand of twee voor sy heengaan saam met Gerrie, soos ek hom geken het, na die byeenkoms van die De Wildt Boerevereniging gery en skielik is hy onverwags deur die Covid 19 van ons weggeneem, nie baie lank na die dood van sy eggenote, Malie, nie. Ek en my eggenote, Sannie, het hulle jare gelede toe hulle hier in ons gebied kom woon het, ontmoet toe ons gereeld Bybelstudiebyeenkomste gehou het. Hulle het ook die byeenkomste bygewoon en ons het mekaar beter leer ken. Later het hy gesorg vir die ingeboude kaste in ons woning te Wildebeesthoek en hy het selfs ’n netjiese kombuisrakkas vir ons seehuis by Banana-strand naby Port Shepstone gemaak nadat hulle een keer aldaar vakansie gehou het. Gerrie het baie dinge gedoen: Hy was jarelank lid van die Boerevereniging en die laaste aantal jare ook lid van die bestuur; hy was een van die eerste lede van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy toe ons hierdie inwonersmaatskappy in 2000 gestig het en hy het lank saam met my op hierdie maatskappy as direkteur gedien. Daarbenewens het hy saam met sy kasbedryf ook ’n boerdery in die kleine begin en hy het as ek reg onthou die laaste jare stoetbeeste aangehou. Wanneer die paaie nie meer maklik rybaar was nie, het Gerrie gesorg vir die skraap en regmaak van hulle pad en ook by die Jopie Fourie-terrein het sy grassnyers en trekker asook sy vragmotor vir menige taak aldaar gesorg, veral voor ons Geloftefeeste en hy en sy gesin was altyd gereelde feesgangers elke jaar. Ook by hulle kerk het hy saam met sy gesin hulle kant gebring. ’n Gedenkdiens is op 6 Augustus vir Gerrie in die NG Gemeente Krokodilrivier, Brits gehou en dit is waargeneem deur ds Pieter Badenhorst met skriflesing uit 1 Johannes 3:11, 18 - 24 en 1 Jo-
hannes 4: 7 - 19 met die temavers hoofstuk 4: 19. Aldaar het mnr Phil Louw, voorsitter van die De Wildt Boerevereniging, ’n huldeblyk gelewer. Hy en ook sy eggenote was waarlik ’n jarelange aanwins vir ons gemeenskap en ons sal hom nou ook saam met sy kinders en kleinkinders mis. Ons gun Gerrie hierdie begin van ’n ewige lewe sonder pyn en probleme en ons bede vir vertroosting gaan uit na al sy naasbestaandes.
BURT TERBLANCHE * 05.10.1936 † 09.08.2021 Nog ’n bekende vriend en inwoner is onlangs uit ons midde weggeneem. Burt het lank reeds erge pyn verduur en hy moes meestal van ’n rolstoel gebruik maak. Ten spyte van al die pyn en teenspoed was hy nog altyd blymoediig en hy het nie maklik van gemeenskapsaktiwiteite weggebly nie. Sy eggenote, Elize, en hulle kinders het in die begrafnisbrief net met groot lof van Burt gepraat en waardering betuig vir die voorbeeld in woord en daad wat hy vir hulle gestel het en vir die lewenslesse tov respek en onbaatsugtigheid. Soos Burt dit gestel het, kan jy respek slegs deur die lewe wat jy lei, verdien en nie deur dit te probeer afdwing nie en dat jy ryk is deur jouself te gee “ongeag” en nie “omdat” nie. Ek onthou hoe ek en my eggenote en hy en sy eggenote in die vroeë jare van hierdie eeu die ontvangs en bevestiging van ’n gesamentlike vriend, proponent Louis Wiid, seun van oom en tannie Wiid wat jarelank ook inwoners van ons gebied was, in Secunda bygewoon het. Ons het na die verrigtinge in die aand daarvandaan terug vertrek in ons twee motors in redelike kwaai stormweer. Ons het mekaar se motorligte maar dopgehou en gelukkig het albei motors veilig tuis gekom. Burt was telkens oor ons veiligheid bekommerd. So het ek hom geken, as mens wat vir sy medemens omgee. Burt is op 16 Augustus na ’n diens in die NG Kerk Dalunie, waargeneem deur prof Danny Nel van die APK, in die Mamogaleskraal Begraafplaas begrawe. Prof Nel se skriflesing was uit 2 Korin-
thiërs 5: 1 - 10 en die temavers was 2 Kor 5: 1. Ons sal Burt saam met sy naasbestaandes onthou en ook sy teenwoordigheid hier mis maar ons vind vertroosting in die wete dat Burt nou veilig en sonder pyn die ewige lewe begin het. Sterkte aan al sy naasbestaandes en vriende toegebid.
16
Oktober 2021
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Kombersies vir Pretoria-Noord Krisissentrum Die afgelope winter het die dames 18 kombersies gebrei, gehekel of gemaak vir die krisissentrum in Pretoria-Noord. Die tak was die afgelope jaar betrokke by die sentrum, deur klere, sanitêre ware en komberse aan hulle te skenk.
MUSEUMS in SA
Annemarie Carelsen is sedert 1982 die kurator by die Nasionale Kultuur Historiese Museum in Pretoria. Sy besoek gereeld museums deur die land en het gevind dat baie van die Afrikaner-erfenis besig is om verlore te gaan. Sy vind ook dat baie van ons bekende museums reeds gesluit het agv onopgeleide personeel, min fondse en die fokusverskuiwing na ander kulture. Annemarie het na verskeie items gekyk, wat ons lede gebring het en kon inligting gee oor die tydperk waaruit dit dateer en sy het ook die waarde daarvan uitgewys. Omdat museums besig is om hulle deure te sluit, is dit ‘n goeie gedagte dat elke huis ‘n rakkie inrig vir erfstukke van die familie. So kan die stories aan die nageslag oorvertel word en iets uit die geskiedenis voortleef.
Marie en Toy Coetzer, Carlien Retief, Elma Human, Petrina van Niekerk, Mary du Preez, Mariëtte de Wet Trysie Coetzee, Lize Venter, Felicity van Eeden
Mariëtte de Wet met haar pragtige gebreide kombersie
‘Tribute’ aan Karen Zoid
Patricia van Niekerk (links) en Annemarie Carelsen
Botterkarringfles
‘n Huldeblyk aan Karen Zoid, kunstenaar van die jaar, is in Augustus by die tak gehou. Elma Human het ons vertel dat Karen gebore is in België, waar haar pa die ambassadeur was. Sy het in haar tienerjare na Suid-Afrika verhuis. Haar ma sterf toe sy 9 jaar oud was en sy beleef ‘n stormagtige jongmenslewe! Sy studeer na skool kuns, maar wend haar tot ‘n sangloopbaan. “Afrikaners is plesierig”, is een van die trefferliedjies, wat haar gewild gemaak het as Afrikaanse rock-sangeres. Sy het al ‘n hele aantal musiekalbums vrygestel, sy is ‘n TV-aanbieder en besit ook haar eie produksiemaatskappy. Sy het ook pas ‘n rooiwyn vrygestel, met die tiltel “Sy raas”. Elma het ons vermaak met ‘n energieke dansoptrede op maat van die rock-weergawe van “Afrikaners is plesierig”. Die res van die taklede het daarna lekker saam gesing en tradisionele danspassies op die maat van die gewone “Afrikaners is plesierig” gedoen. Afrikaners kan beslis nog plesierig wees!
Oktober 2021
17
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
De Wildt VLU verjaar Op 25 Oktober word die De Wildt-tak van die VLU 54 jaar oud! Uit die Gedenk Album van die TVLU 50 (1925-1975), snuffel ons op bladsy 149 die volgende artikel raak. Baie van die dames se name is aan ons wel bekend en het ‘n lang en interessante pad met die Vroue Landbou-unie geloop. Baie geluk met julle 54 ste verjaarsdag. Mag julle insette en harde werk net vrug dra vorentoe en die verlede se goeie werk dus nie verlore gaan nie.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00
Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00
082 879 6969
Adverteer in u eie gemeenskapsblad
18
Oktober 2021
De Wildt Nuus
LANDBOUSAKE
GEELWORTELVERBOUING
Leon Weber - landboukonsultant
Geelwortels is seker een van ons bekendste groentes wat baie gesond is (hoë karoteeninhoud) en wyd gebruik kan word as soet gekookte wortels, in bredies, vir kleur en smaak, as wortelsap en slaai en ook in die plek van vrugte. Huisvrouens het by die tuisnywerheid in Brits wortels kom koop in plaas van vrugte want die kinders het wortels bo sommige vrugte verkies.
BEMESTING N 30 ton wortels/ha verwyder 120 AANBEVELING --------------------- 120
Om lekker vars wortels self in die groentetuin te kweek is dus baie gerieflik, lekker, goedkoop en gesond.
Bemes
Teoreties behoort wortels in sand en sandleemgrond gekweek te word omdat die wortel nie so maklik penetreer (lank word) in kleigronde nie. Van die grootste wortelprodusente in die land is hier in die Tarltongebied wat duisende hektare rooi, diep, goed gedreineerde sandleem gronde het. Mnr Rugane van Tarlton is seker die grootste wortelprodusent in die land.
P 30 30
K 130 130
Word aanbeveel in goed opgeboude gronde wat P, K, korrekte Ca: Mg en lae Na bevat.
300 kg/ha 2:3:4 (30) Topbemesting: 500 kg/ha 1:0:1 (30) TOTAAL
N 20 75 95
P 30 0 30
K 40 75 115
Topbemes twee weke na opkoms (week 3): 150 kg/ha 1:0:1 (30), (week 6): 200 kg/ha 1:0:1 (30) (week 8): 150 kg/ha 1:0:1 (30).
In Brits is begin om wortels in die turf, wat bekend is as ‘n hoë klei-inhoudgrond, te kweek met aangepaste bewerkings- en besproeiings-metodes met groot sukses in die tagtigs en negentiger jare.
Besproei nadat dit gesaai is. Riglyn vir kleinskaalbemesting: 100 kg/ha = 10 gram/vk meter of 500 kg/ha = 50 gram/vk m.
Gronde moet, net soos vir alle ander groentes, die korrekte Ph (Ph(H20) 6 – 7.5) wees. Fosfaat (P) = 15 – 30 mg/kg, Kalium (K) ten minste 3 % + kalsium (Ca) 60 – 70 %, natrium <3 %, magnesium (Mg) 20 – 30 %, swael (S) 15 – 30 mg/kg. Soos vermeld in vorige artikels, moet daar nie hoendermis of enige dieremis direk voor ‘n worteloes toegedien word nie aangesien mis die wortel laat vurk. Chemiese kunsmis moet gevolglik gebruik word. Na die wortels kan mis weer toegedien word.
ONKRUIDBEHEER
KULTIVARAANBEVELINGS
Onkruiddoders wat gebruik kan word is: Lenagan 2 l/ha voor opkoms en 1.5 l/ha na opkoms (wortels ± 4 blare)
In die verlede (20 – 30 jaar gelede) is ‘n beperkte aantal oopbestuifde kultivars beskikbaar gewees. Kultivars soos Kaapse Mark, Ideal Red, Nantes, Duke, Fancy en Kuroda. Sommige van hulle is nog beskikbaar. Na die oopbestuifde kultivars is baster kultivars geteel met aansienlike hoër opbrengste, pragtige lang silindriese wortels waarvan die saad aansienlik duurder sal wees. ‘n Probleem wat ek vasgestel het, is dat die pragtige basterkultivars feitlik geen smaak gehad het en gladnie soet is en gevolglik net geskik is vir kookdoeleindes en nie as slaai gebruik kan word nie. Ek kry gladnie meer ‘n Rugani gekweekte wortel te koop wat rou eetbaar is of as slaai gebruik kan word nie. Ek het eers gedink dat die lekker wortels van die verlede as gevolg van die turfgrond is met sy baie mikro- en makro-elemente, maar ek vind nou dat basterwortels gekweek in die turf net so smaakloos is. Ek is besig om dit na te vors, maar ek is oortuig die swak smaak te wyte is aan die teelprogramme. Tans beveel ek vir die huistuin aan: Somerproduksie: Plant vanaf September tot Februarie: Kaapse Mark, Ideal Red, Nantes, Duke en Fancy - indien laasgenoemde twee nog beskikbaar is. In die winter, Maart tot Julie, kan slegs Kuroda aangeplant word. Al die kultivars is geneig om saad te skiet in die winter behalwe Kuroda. Saaidigtheid: +- 2.5 kg/ha as die saad nie te fyn is nie. Pasop vir te dik saai.
Toediening: Werk die 2:3:4 (30) in die bedding in voor plant.
Berei en bemes die bedding voor plant - fyn en gelyk en maak dit goed nat sodat die onkruid en gras kan ontkiem. Na ongeveer 3 weke, hark die bedding liggies om al die onkruid dood te maak voordat gesaai word. ONKRUIDDODER
SAAIDIGTHEID 2 – 2.5 kg/ha is gewoonlik voldoende (dit is ± 2 gram/5 vk meter. Die pitte moet omtrent 4 – 5 cm van mekaar lê in alle rigtings. Pasop vir te dik saai, want wortels kan nie uitgedun word nie. BESPROEIING Die eerste besproeiing na saai, kan tot 25 mm wees om die grond ‘n bietjie vas te druk vir goeie saad tot grond kontak. Daarna moet die korsie net nat gehou word - gewoonlik ± 5 mm elke tweede dag totdat die wortels op is. Gedurende die groeiseisoen veral die eerste 6 weke moet die grond toegelaat word om ‘n bietjie uit te droog van bo-af tot ± 5 10 cm en dan weer besproei om die hele profiel tot 30 cm diep nat te maak. Die wortels kan begin benut word vanaf die dikte van jou duim tot 3 cm dikte. Skakel gerus vir praktiese wenke om die wortels yl gesaai te kry. LEON WEBER 083-3267181
Oktober 2021
19
De Wildt Nuus
CARE CENTRE SORGSENTRUM
SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511
Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434
* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek ons
Sandstone Sorgsentrum
Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500
20
Oktober 2021
De Wildt Nuus
Bak en brou-rate Uit: BOERERATE & VERBRUIKERS-WENKE • Hou kos vir ’n groot onthaal warm op asbesverwarmers. Verwyder die pote en plaas die verwarmers horisontaal op bakstene. • Voeg bakpoeier heel laaste by koekbeslag - die koek sal dan baie lig uitrys. • 5 ml Gliserien gee enige koekmengsel ´n ligter tekstuur. • Klein koekies bly langer vars as jy ’n laag suiker onder in die bak strooi • Gooi ’n kwart teelepel peper by jou gemmerkoekies om dit daardie effense brandsmaak te gee. • Voer jou koekiepanne uit met swaardiensaluminiumfoelie voor jy koekies bak. Dit voorkom dat die koekies merke laat. • Plaas ’n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ´n harde lagie vorm. • Voeg ´n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word. • Verwyder die bruin aanpaksel met ´n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is. • Voeg ’n half teelepel suurlemoensap by room om dit baie gouer mooi styf te klop. • Suiker en botter sal gouer meng as ´n bietjie suurlemoensap bygevoeg word. • Melk sal nie oorkook nie as ’n albaster in die melkkastrol geplaas word. • ’n Knippie kaneel verleen ’n pikante smaak aan kakao. • Gooi ´n stukkie botter in vla - dit voorkom dat dit ´n velletjie maak. • Gooi ’n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol. • Om te keer dat appelkooskonfyt nie uit appelkooskonfyttertjies loop nie, klits 1 eierwit en 1 teelepel suiker goed en smeer aan rand. • Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vet spat.
Februarie/February 2021
• Moenie die oorskietwyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse. • Wanneer warm vloeistof in ’n fles gegooi word, plaas ’n mes onder in die fles om te voorkom dat dit bars. • As jy ’n ryk vrugtekoek maak, voeg ’n koppie warm, sterk koffie in plaas van melk by om die kleur van die koek te verdonker en die geur te verbeter. • Gooi ’n bietjie asyn of suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal ’n lieflike ligbruin kleur en ’n aangename geur aan die uie verleen. • Moet nooit suurmelk weggooi nie. Dis uitstekend in gebak en maak deeg ligter as vars melk. • Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur ’n doek wat goed natgemaak is in koue water. • Draai ’n pypskoonmaker om ’n sousbottel se nek. Dit sal verhinder dat die sous teen die bottel afloop en die tafeldoek vlek. • Gebruik Mayonnaise om oor pasteie te smeer: dit bevat ook eiers en so spaar jy ’n eier. • Gebruik ’n skêr wat eers in meel gedruk is om glansvrugte makliker in stukke te sny. • ´n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword, het weer sag. • Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met ’n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie. • Leë margarienpapier kan gestoor word in ’n bakkie of sakkie in die vrieskas tot bakdag. Gebruik die papier om al jou panne mee te smeer. • Draai kosse wat gestoor moet word baie styf toe in foelie en draai kosse liggies toe wat opgewarm moet word. • Smeer nuwe bakpanne met varkvet en plaas in matige oond vir 45 minute. Wanneer koud, vee af met kombuispapier.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R950.00 R 665.00 R385.00 R290.00 R200.00
Oktober 2021
21
De Wildt Nuus
Alternatiewe behandeling (19) IMMUUNSTELSEL: ONS BESKERMER Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader) Die Westerse mens se siening oor gesondheid is heeltemal skeefgetrek as gevolg van die invloed van die ou Griekse wysbegeerte van ondermeer Plato en Aristoteles. Hulle het die dualisme van die fisiese liggaam aan die een kant en die onsigbare gees aan die ander kant, ondersteun. Die eenheid van die mens het in die slag gebly! Een van die praktiese gevolge is dat moderne mense glo dat gesondheid (en geluk) van buite-af moet kom. Daarom word almal so afhanklik van medisyne – wat van buite-af moet kom maar wat slegs die simptome kan verlig. Die wonderlike menslike liggaam wat deur die Skepper-God uitgedink en geskep is, kan die meeste probleme aanspreek en hoef slegs in kritiese situasies van buite gehelp te word – maar kan nie genees nie! Gesondheid kom slegs van binne-af deurdat die liggaam en gees deur ‘n gesonde leefstyl opgebou word. Die immuunstelsel is die wonderlikste stelsel in die menslike liggaam – net so ingewikkeld en effektief soos die brein. Dit het veral twee belangrike funksies: 1. Dit reageer teenoor vreemde organismes deur die vervaardiging van teen-liggaampies en stimuleer spesiale selle wat die vreemde organismes vernietig of hulle giftige reaksies neutraliseer. So word die mens beskerm teen kieme, virusse, swamme, ensovoorts. 2. Dit hou wag oor die liggaam se selle om seker te maak dat dit nie abnormaal is of degenereer nie. Die immuunstelsel kan beskadig word deur dit van buite-af te wil “genees”. Probleme wat die immunstelsel kan afbreek: - Die stelsel word verswak deur moegheid, maar veral vrees, stres en angs; - Daar kan ook verkeerde programmering in die selkern wees sodat die invallers en mutasies van selle nie meer herken word nie; - Die immuunstelsel word oorweldig met te veel vreemde invallers; - Verder kan dit gebeur dat die immuunstelsel die liggaam sy eie
selle as vyande sien en dit aanval (outo-immuun siektes). Die krag van die immuunstelsel hang daarom ten nouste saam met die gesondheid van die hele mens, liggaam en gees. Om dit te versterk, doen die volgende: - Hou elke dag ‘n tyd van stilte wat gebed en rustige nadenke (meditasie) insluit; - Sorg dat die dermkanaal skoon is sodat daar nie outo-intoksifikasie (self-vergiftiging) plaasvind nie; - Sorg vir genoeg goeie bakterieë in die dermkanaal (probiotika soos gefermenteerde kosse); - Neem ekstra werk vir die immuunstelsel weg deur ensiemryke kos te eet en ensiem-aanvullings te neem; - Eet gesonde natuurlike kos met baie voedingswaarde. Pasop vir alles wat nie in ‘n kombuis gemaak kan word nie, soos suiker; moderne kosse is dikwels kunsmatig deurdat stowwe uitgehaal word (growwigheid) en onnatuurlike stowwe bygevoeg word; - Neem ekstra omega-3 van visolie (salm) aangesien dit help met die programmering van die immuunstelsel. Pasop vir enige olie wat te warm gemaak is – soos al die kookolies in die winkels; - Anti-oksidante is lewensnoodsaaklik om die immuunstelsel te versterk byvoorbeeld borrie en helderkleurige groente en vrugte; - Hou die lewer skoon; sorg ook dat die liggaam se pH-balans nie te laag is met te veel suur in die stelsel nie; - Moenie die noodsaaklike vitamines C en D3 vergeet nie – hulle verrig wondere; ‘n kwartier per dag in die helder sonskyn met soveel oop vel as moontlik verskaf gratis vitamine D; sit sink as mineraal daarby en jy het ‘n wenresep; - Gebruik ekstra immuunversterkers soos die kruie echinacea, pau d’arco, suma, reishi, maitake, cordyceps asook patogeen-bestryders soos knoffel, uie, gemmer, appelasyn, habenero chillies, ensovoorts; - Verminder stres en gebruik visualisering; laat dokter Slaap jou herstel. - Gereelde, matige oefening stimuleer die immuunstelsel.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
082 879 6969
Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
22
De Wildt Nuus
Oktober 2021
5 760 moorde in drie maande waansin, sê TLU SA TLU SA-nuus Deur die inperking te gebruik om die toename in misdaad te probeer verbloem lei niemand in Suid-Afrika om die bos nie. Die minister van polisie, Bheki Cele het vandag die misdaadstatistiek vir die eerste kwartaal van die 2021/2022-tydperk bekend gemaak. Hy het herhaaldelik beklemtoon dat die dubbelsyfer-styging nie ’n ware weerspieëling van die toename van misdaad is nie omdat die COVID-19 pandemie die syfers skeef trek. “Slim woorde verander nie die feit dat 5 760 mense in drie maande in Suid-Afrika vermoor is nie,” sê mnr Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Waar op aarde is dit aanvaarbaar dat 2,7 mense per uur doodgemaak word? Dit is waansinnig.” Dit is verder uiters kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse polisie die afgelope twee jaar geen nuwe rekrute kon aanstel nie terwyl ervare lede op strepe aftree. Dit laat Suid-Afrikaners,
en veral boere op afgeleë plase, baie kwesbaar in ’n land waar misdaad seëvier. “Dit is onaanvaarbaar dat die polisie se begroting besnoei word – en die res aan wanbesteding en korrupsie verloor word – terwyl misdaad een van die knelpunte in die land is,” sê mnr. Geldenhuys. “Dit is ook vir ons nie genoeg dat minister Cele sê die herstruktureringsprogram vorder goed nie. Kry effektiewe planne in plek, en gebruik die beskikbare fondse effektief om misdaad te bestry.” TLU SA doen weer ’n beroep op pres Ramaphosa om die polisie-departement van wanbestuur en korrupsie te suiwer deur (vir ’n begin) van minister Cele ontslae te raak. Steun gerus TLU SA se veldtog hieroor by hierdie skakel: https://www.tlu. co.za/tsamaea-cele/
TLU SA takes on DWS about dirty water to save agriculture Repair our water resources or get private institutions to get the job done. That is the message TLU SA wants to send the Department of Water and Sanitation and the government with a new campaign about water. According to the 2019 Water and Sanitation Masterplan, 56% of the 1 150 municipal wastewater treatment works and 44% of the 962 water treatment works are weak or critical, with 11% being utterly dysfunctional. The main reason for our dirty water is the deterioration of water treatment works because of municipal corruption, mismanagement and incapable staff. Furthermore, the rivers and dams are polluted because of poverty leading to poor housing and inadequate prosecution of polluters. “The poor quality of our water not only holds a risk for the availability of drinking water but also for the sustainability of agriculture,” says Mr Steven Vermaak, the chairperson of TLU SA’s Environmental Committee. “The more we have polluted urban water resources, the more we have to turn to agricultural water for clean water. The less agriculture has clean water, the less sustainable agriculture becomes, and the more farms are sold. The less commercial farmers can deliver agricultural products, the less food we have available in the country. South Africa is heading towards famine.” With this campaign, TLU SA wants to bring the poor quality of water across the country to the government’s attention. But, first, South Africans must send us photos of the dirty water in their area. These photos will then form part of a report to the department and government. “We are hopeful that the Blue and Green Drop projects will come to life again because one of the primary tasks of the department, in terms of the National Water Act, is to inform the public about the quality of river and tap water,” says Mr Vermaak. “It is impossible to solve the problem if the department does not even know the extent of the problem.” The minister for water and sanitation must also regulate
all roleplayers in the water value chain but fails. TLU SA demands the department do the following: Determine the status of water resources to calculate the measure of repair needed; Appoint competent, experienced people at municipalities and water authorities with a grasp of the problem and who would be able to react quickly; Act in terms of legislation against those who pollute and dump sewage in dams and rivers; Hold the Water Research Commission responsible for executing its mandate. “Finally, we will pose an ultimatum to the government to repair our water resources within a specific timeframe,” says Mr Vermaak. “If the government cannot succeed in this task, we will insist private institutions take over the work.” Send photos per WhatsApp to 060 735 3557.
Oktober 2021
23
De Wildt Nuus
FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT
Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria
082 466 8174 082 451 2217
E-mail: frik@surveyinstruments.net
24
Oktober 2021
De Wildt Nuus
Welcome to Truly Natural and Private Memorial Parks and Cemetery.
www.thepreserve.co.za Don’t get caught off-guard with unsafe and poorly kept cemeteries with no space available
Secure your Burial Plot today , for peace of mind whilst you contribute towards conservation Securing a plot at The Preserve will give you and your loved once access to: Private Interment Security, & Fully Protected Private Grounds which are Maintained Daily Marker Headstone Your personal “Book of Life” with your interment details. For R11,500 per Super Single Plot
0861 889 889 info@thepreserve.co.za We are proud to introduce
The Rainier Culverwell Park
The Preserve in itself is a memorial to clients and the nature of South Africa. The Preserve is a combination of providing a dignified and safe resting place for our dearly departed family and friends, while we also at the same time ensure that the natural environment of South Africa is conserved for future generations to Blessings:
Allan & Bernice Culverwell for Truly Natural Eco Burials The Preserve at Zilkaatsnek Wildlife Estate is situated on the Remaining Extent of Portion 216 of the Farm Zilkaatsnek 439 JQ, nestled between the N4, R511 and R513 in the district of Brits
Membership
sms “Please Call Me”, or forward us a WhatsApp request to: 076 812 7744. National Funeral Directors Association