4 minute read

Redaksiebrief

Next Article
TLU SA-nuus

TLU SA-nuus

REDAKSIELEDE

Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

Advertisement

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Oktober 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafese ontwerp: Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

De Wildt Nuus

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie. Oktober 2021

REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer

Liewe lesers Hier op 8 September op ’n bewolkte dag met ’n skielike kouer dagtemperatuur begin ek met die uitgawe vir die mooi-

ste, mooiste maand Oktober.

Dan neem dit my nou terug na ons talle Kaapse blomtoere waartydens ons gewoonlik tot by Wupperthal gery het en ook by die bekende Afrikaanse digter, C Louis Leipoldt, se graf in die Pakhuispas stilgehou het om stille dank en bewondering vir hierdie digter en skrywer te betuig. Sy lofsang aan die maand Oktober was die goeie agtergrond vir die duisende pragblomme wat ons in God se Afrikatuin kon besigtig. Ons ervaar nou reeds hier by ons ook hoe die plante, bome en blomme hul mooiste kleure vertoon, want die lente en somer met al die natuurskoon het reeds weer vir 2021 aangebreek. Dit stem ’n mens tot dankbaarheid om deel van die skepping te mag wees. By die aftreeoord waar ek nou woon, is hier letterlik honderde miniatuurtuintjies wat die hele klein dorpie in ’n lushof vir die oog van gereelde stappers alhier omskep. Ek begin maar weer my gewone pleidooi vir meer adverteerders en hulle kan slegs deur ons lesers gewerf word. Lesers moet onthou dat julle die eienaars van ons blad is en dat ek nie manalleen ook nog die adverteerders moet vind nie. Werf meer adverteerders deur te beklemtoon dat ons blad deur duisende mense gelees word, nie slegs in die 250 harde kopieë nie, maar regdeur talle WhatsApp-groepe en ons webwerf wat ons blad selfs tot ver in oorsese lande na vriende neem. Ek merk ’n verblydende tendens as ek sien daar kom meer geskiedkundige artikels vir publikasie in, en spesifek een wat die 130 bestaansjare van die Laerskool Vissershoek aankondig, ’n skool met geskiedenis waarop talle huidige en oudpersoneel en leerlinge tereg trots is. Lees gerus die 100 jaar-gedenkboek van hierdie skool. Gereelde artikels oor ons plaaslike organisasies soos die De Wildt Boerever- eniging en die Vroue-landbounie se De Wildt-tak en die De Wildt Helpmekaar Maatskappy beskryf hul aktiwiteite. Die artikels toon hoe daar in ons gebied gewerskaf word en soms selfs byna die fguurlike wapens opgeneem word om verwikkelinge waarmee ons nie genoeë neem nie, te bestry. As ons versamelaars en kunstenaars met hulle kreatiwiteit wil spog of dit slegs onder lesers se aandag wil bring, is ons blad juis die instrument om sodanige aktiwiteite bekend te stel. Plaas asb jou naam by elke artikel. In die vorige uitgawe se redaksiebrief was daar ’n fout wat ek nie raakgesien het nie. By my verduideliking tov die nuwe gogga “narratief” het ek ook gemeld dat die Engelse die selfstandige naamwoord “narrative” en ook die werkwoord “narrare” het. Laasgenoemde woord moes wees “narrate”. Verskoning vir hierdie fout en ek kan nie agter de rug van die drukkersduwel skuil nie. Die Corona-virus en sy verwante was weereens die oorsaak van verskeie sterfgevalle uit ons gebied en ek probeer byhou met al die huldeblyke. Waar ek egter nie die roudiens- of begrafnisblaadjies ontvang nie, kan ek ongelukkig nie ’n gepaste huldeblyk skryf nie, veral as die betrokke persoon nie lank in ons gebied woonagtig is/was nie. Ons bid daagliks vir al die slagoffers se naasbestaades en hoop dat ons bede vir die wegneem van hierdie plaag binnekort verhoor sal word as dit binne die gesinne aangetas het en steeds aantas. ’n Ander “plaag” wat ons gebied teister is die misdadigers wat hulself die reg toeeien om ons heinings stukkend te knip en langs hierdie ongebaande weë dan ons besittings wegdra en selfs voertuie uit ons eie kleinhoewes en plase kom wegraap. Ons kan nie aanvaar dat hulle hierdie dade bloot agv hongersnood pleeg nie en ook nie dat die plaasaanvalle en -moorde nie hoog op die prioriteitslys van die SAPD is nie. Moet ons as wetsgehoorsame burgers ons dan self beskerm en handhaaf? Betaal ons belasting wat ons self nêrens baat nie? Geniet ons blad tot Desembermaand wanneer die volgende uitgawe DV sal verskyn. Groete en goeie gesondheid en vrede word ons lesers toegewens.

This article is from: