2 minute read

Eerste plaasskole agter die Magaliesberg

Next Article
TLU SA-nuus

TLU SA-nuus

Oktober 2021

DIE EERSTE PLAASSKOLE AGTER DIE MAGALIESBERG

Advertisement

In die gedenkalbum: ”Laerskool Vissershoek, Die Eerste Eeu, 1891 -1991”, skryf Reneé Schulenburg oor die ontstaan van die eerste plaasskole agter die Magaliesberg.

Ene mnr DG Cilliers word deur die bekende ds SJ du Toit gevra om ’n plaasskooltjie in Transvaal te kom begin. In 1884 begin hy ’n plaasskooltjie op Donkerhoek. Hy verhuis later na agter die Magaliesberg, waar hy by dr Teichmann en later by Joseph Fourie woonagtig is. Hier op Wildebeesthoek het mnr Cilliers moontlik dan ook betrokke geraak by die Wildebeesthoekskool. Dit is hier waar die bekende Jopie Fourie sy eerste skooljare deurgebring het. In 1891 koop mnr Cilliers die plaas Schietfontein en begin boer. Die eerste skool het bekend gestaan as die Fistershoekskool en het op 12 Oktober 1891 geopen met mnr HF Stander as hoof. Die skool was in een van die kamers van die plaaswoning van oom Japie Schoeman. Die huis is later jare bewoon deur mev Sarie van Loggerenberg wie se vader die tweede hoof van die skool was. In 1899 verander die naam na Visschershoekskool. Die tweede skool is gebou in 1898 en het bekend gestaan as die “Witkoppenskool” op Schietfontein. Die storie wil dit hê dat die skool so genoem is as gevolg van die twee wit gewels weerskante van die skool. DG Cilliers het in 1894 op die plaas Schietfontein kom woon en in 1897 stene laat vorm en brand vir die bou van die skool. ’n Duitse bou-aannemer, ene Bischop, het ’n pronkstuk van ’n skool gebou. Die hoof was mnr AW Bester uit Malmesbury. In 1900 het die skoolinspekteur, dr Visser, die skool besoek en ’n foto van die skool geneem. Dit is gestuur na ’n internasionale uitstalling in Parys, Frankryk waar dit die Grand Prix-prys vir plaasskole verower het. Hierdie foto het glo nege goue medaljes verower. In 1901 word die skool deur die Britse soldate afgebrand en die skoolhoof, mnr AW Bester, gevange geneem en na Bermuda as krygsgevangene gestuur. Hier gee hy onderwys aan die jong krygsgevangenes. Die derde skool is in 1903 na die oorlog gehuisves in ou oom Lood Schoeman se huis. Meer oor die skool se geskiedenis met ’n volgende ge- leentheid. Baie geluk dus aan die Vissershoek Laerskool met sy 130 ste verjaardag op 12 Oktober hierdie jaar. Voorwaar ’n spogskool met ’n spoggerige geskiedenis en ontstaan.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies

Gawie Rossouw 079 196 5445

Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00

This article is from: