
6 minute read
DWBV nuus
from DWN Okt 2021
TLU SA Kongres 2021 Phil Louw - voorsitter De Wildt Boerevereniging 1 September, dis heerlike lente, die winter is verby, oral bot bome en het die eerste blomme kleur aan die dag gelê. Dis tekens van hoop vir ’n nuwe seisoen en boere het reeds hul hand aan die ploeg geslaan in afwagting vir die reën wat die Here sal gee. Hoop beskaam nie! Ons boere weet waarvandaan daar vir hulle hulp sal kom. TLU lede ken van en weet van moue oprol, maar hulle weet ook dat sukses afhanklik is van vennootskappe en bondgenote. Daarom is borge belangrikke vennote en die media wat TLU SA se boodskappe uitdra en versprei ’n waardevolle bondgenoot. Saam is ons beter en saam maak ons ’n verskil. Jakkals prys nie sy eie stert nie, maar TLU SA laat landbou leef! Nieteenstaande die huidige omstandighede, die onsekerheid oor baie dinge wat deel uitmaak van die vloedgolwe inligtings-geraas tov eiendomsreg, veiligheid, die ekonomie, Covid, ensomeer, leef, werk en bly ons boere gemotiveerd uit dankbaarheid vir die oorvloed seëninge uit hul Vader se hand. Hulle is die staatmakers wat ons herken en ons erkenning verdien. Die President van TLU SA, mnr Henry Geldenhuys, het almal aan die ryke geskiedenis van TLU SA sedert sy stigting in 1890 herinner en die “Mossiestorie” vanuit die Bybel (Mat.10) en die Konsentrasiekamp van Bethulie gebruik om die hoop wat daarin is te illustreer. Daarmee het hy ons boere uitgedaag om die Mossies van hoop op hulle pad raak te sien en ook TLU SA as hul voor- keur verteenwoordiger. Hy het beklemtoon dat die grootste bate van ons land ’n produ- serende land is. Die noodsaaklikheid daarvan kan nie genoegsaam beklemtoon word nie siende dat 68% van die bevolking in dorpe en stede leef, en 44% werkloos is. Armoede en alles wat daarmee gepaard gaan, is aan die orde van die dag. Ekonomiese groei het ’n veilige omgewing en goeie beleidsvor- ming nodig om te kan gedy. Daarmee saam is toekomsgerigte samewerking broodnodig en moet elkeen hom- of haarself afvra: “Wat kan ek doen om môre ’n beter dag te maak?” Ons het elkeen ons Godgegewe gawes, talente en vaardighede, en dit is nodig dat die beste persoon vir die werk aangewend word om regtig suksesvol te wees. Die veiligheid van ons mense en bates, veral dié op die plase en platteland, bly ’n prioriteit vir die boere. Die Staat is nie in staat om genoegsame beskerming te bied nie, daarom is dit noodsaaklik dat almal betrokke raak by hulle omgewing se veiligheid. Die 10% wat reeds aktief betrokke is, kan nie 100% vir almal se veiligheid verantwoordelik wees nie. Samewerking tussen alle organisasies, selfs oor grense heen, word bepleit vir ’n suksessvolle Suid-Afrika. Enkel en alleen organisasies kan nie op eie houtjie genoegsame verandering teweeg bring om ’n blywende verskil te maak nie. Dit geld vir die landbou ook. En tog verskaf die Boere-unies en Boereverenigings wringkrag aan TLU SA, daarom maak jou en my lidmaatskap en betrokkenheid, as lid of vriend van TLU, ’n verskil, aldus die President. Dr Andre Jooste het ‘Die boer en die waardeketting’ belig en gevra: “Is dit ’n misterie of werklikheid?” Siende dat daar tans in die wêreld een biljoen mense honger ly, en twee biljoen mense is wat minder as $2 per dag verdien, is verhoogde ekonomiese bekostigbare produksie noodsaaklik. Daarom word produksie en tegnologie (selfoon) ’n groter wordende instrument mbt produksieinligting sodat goeie ingeligte besluite geneem kan word. “As business people, you can’t wait until the storm has passed; you need to learn to dance in the rain.” – Brand Pretorius. Beter, meer en gesonder produksie praktyke is noodsaaklik. Die voedselsisteem moet inklusief, volhoubaar, doeltreffend, voedsaam en gesond wees. Alle rolspelers (wêreldwyd) moet ingesluit word. Dit sluit kleinboere, vroue en jongmense in. Deursigtigheid van die waardeketting is ook belangrik. Optimale en volhoubare produksie van die hoogste gehalte is die vereiste. Daarom is die Bemarkingsperspektief van inligting eerder as, of versus, die Produksieperspektief so belangrik. Inligting, inligting, inligting….. (Tegnologie is die die instrument). Produsente moet begin deur by die begin te begin om die potensiaal te ontsluit. Daarvoor is venootskappe en netwerke uiters belangrik. “You must earn with your partner and not from your partner.” Daarvoor moet die “Produktiwiteitsgaping” vs die “Geleentheidsgaping” ’n fokusarea wees. “If you don’t lead change, you will become a victim of change.” Kobus Oberholster het die kollig laat val op hoe ’n mens se persoonlike fnansies vervleg is met sy boerdery of besigheid en tientalle vrae self beantwoord dmv voorbeelde. Wat meer is, hy het “batebeskerming tov van die individu en gesin” uitgelig as een van dié belangrikste dinge in die lewe. Hy’t oa gevra: - Verstaan jy die kostestruktuur daaraan verbonde? - Is jou testament doeltreffend? - Weet jy dat boedelbereddering tussen 10 en 12 maande, of langer, kan neem? - Het jy ’n waterdigte testament? Die vraag was: “Hoe dra my persoonlike fnansiële beplanning by tot die voortleef van my boerdery?” Wel, deur die Landbousektor Finansiële Dienstekantoor by TLU se Hoofkantoor te skakel sal jy die antwoord en al die hulp kry wat jy nodig het. Die Jaarverslag is deur die Hoofbestuurder, Bennie van Zyl, ingelei en is volledig in ’n videogreep beskikbaar sou dit verlang word. Maar wat hy in die begin beklemtoon het was TLU SA se waardesisteem, dat die TLU beginselgedrewe en beginselvas is, en dat die fondament daarvan die Bybel is. Wedersydse kommunikasie is van kardinale belang en verskeie mediums word gebruik waarvan Pitkos een is, en daar is uitgewys dat baie van die vrae wat ontvang word reeds dmv van Pitkos aangespreek is. Daarom word almal gevra om dit te lees want daarin word voordele wat vir die boere beding is, gepubliseer. Koste besparings is mos vir almal van ons belangrik. TLU boere maak ’n verskil! Deur ’n reikende hand en hul uitreikaksies in Oos- en Noord-Kaap is daar medelye getoon met die swaarkry agv die droogtes. Dis boere met ’n hart vir ander boere en hulle medemense. Net so suksevol is die Boeremark van Pretoria en dit het ’n groeiende sukses geword. Dis ’n besoek werd! Generaal van Zyl het oor die veiligheidssituasie terugrapporteer en almal daaraan herinner dat “Veiligheidsriglyne”, wat wetlik korrek is, beskikbaar is. Daarbenewens is uitgelig dat brandstigting ’n instrument geword het om ’n onveilige omgewing te skep. Dit sou raadsaam wees dat elke omgewing hul risikoprofel ge- reeld hersien en aanpas. Verder is daar gevra dat elke insident, hoe moeitevol ookal, gerapporteer word. TLU se insidenteregister (databasis) bestaan sedert 1990 en word maandeliks opdateer en in stand gehou. TLU se traumadienste olv ds Thinus van Staden (Herv Kerk), wie se inisiatief dit was, is nou ’n realiteit. So gee ons mense om vir mekaar.
Menere Henry Geldenhuys en Wannie Scribante is respektiewelik herkies tot President en Adjunkpresident.
Advertisement
Laasgenoemde het die bedankings behartig en herhaaldelik verwys na die “sterre” wat hul take met toewyding en deursettingsvermoë verrig het. Hoe dan anders, want ons by TLU reik na die sterre. Nog sterre in Sentraalstreek was Lynette du Plessis en De Wildt Boerevereniging, alias Hanna Scribante, vir die positiewe kommunkasie en beeldbou na buite van TLU SA. Ons wens al ons staatmakers hartlik geluk met hulle aanstellings en toekenings.