3 minute read

Alternatiewe behandeling (19

Next Article
VLU nuus

VLU nuus

Oktober 2021 De Wildt Nuus Alternatiewe behandeling (19)

IMMUUNSTELSEL: ONS BESKERMER

Advertisement

Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader) Die Westerse mens se siening oor gesondheid is heeltemal skeefgetrek as gevolg van die invloed van die ou Griekse wysbegeerte van ondermeer Plato en Aristoteles. Hulle het die dualisme van die fsiese liggaam aan die een kant en die onsigbare gees aan die ander kant, ondersteun. Die eenheid van die mens het in die slag gebly! Een van die praktiese gevolge is dat moderne mense glo dat gesondheid (en geluk) van buite-af moet kom. Daarom word almal so afhanklik van medisyne – wat van buite-af moet kom maar wat slegs die simptome kan verlig. Die wonderlike menslike liggaam wat deur die Skepper-God uitgedink en geskep is, kan die meeste probleme aanspreek en hoef slegs in kritiese situasies van buite gehelp te word – maar kan nie genees nie! Gesondheid kom slegs van binne-af deurdat die liggaam en gees deur ‘n gesonde leefstyl opgebou word. Die immuunstelsel is die wonderlikste stelsel in die menslike liggaam – net so ingewikkeld en effektief soos die brein. Dit het veral twee belangrike funksies: 1. Dit reageer teenoor vreemde organismes deur die vervaardiging van teen-liggaampies en stimuleer spesiale selle wat die vreemde organismes vernietig of hulle giftige reaksies neutraliseer. So word die mens beskerm teen kieme, virusse, swamme, ensovoorts. 2. Dit hou wag oor die liggaam se selle om seker te maak dat dit nie abnormaal is of degenereer nie. Die immuunstelsel kan beskadig word deur dit van buite-af te wil “genees”. Probleme wat die immunstelsel kan afbreek: - Die stelsel word verswak deur moegheid, maar veral vrees, stres en angs; - Daar kan ook verkeerde programmering in die selkern wees sodat die invallers en mutasies van selle nie meer herken word nie; - Die immuunstelsel word oorweldig met te veel vreemde invallers; - Verder kan dit gebeur dat die immuunstelsel die liggaam sy eie selle as vyande sien en dit aanval (outo-immuun siektes). Die krag van die immuunstelsel hang daarom ten nouste saam met die gesondheid van die hele mens, liggaam en gees.

Om dit te versterk, doen die volgende:

- Hou elke dag ‘n tyd van stilte wat gebed en rustige nadenke (meditasie) insluit; - Sorg dat die dermkanaal skoon is sodat daar nie outo-intoksifkasie (self-vergiftiging) plaasvind nie; - Sorg vir genoeg goeie bakterieë in die dermkanaal (probiotika soos gefermenteerde kosse); - Neem ekstra werk vir die immuunstelsel weg deur ensiemryke kos te eet en ensiem-aanvullings te neem; - Eet gesonde natuurlike kos met baie voedingswaarde. Pasop vir alles wat nie in ‘n kombuis gemaak kan word nie, soos suiker; moderne kosse is dikwels kunsmatig deurdat stowwe uitgehaal word (growwigheid) en onnatuurlike stowwe bygevoeg word; - Neem ekstra omega-3 van visolie (salm) aangesien dit help met die programmering van die immuunstelsel. Pasop vir enige olie wat te warm gemaak is – soos al die kookolies in die winkels; - Anti-oksidante is lewensnoodsaaklik om die immuunstelsel te versterk byvoorbeeld borrie en helderkleurige groente en vrugte; - Hou die lewer skoon; sorg ook dat die liggaam se pH-balans nie te laag is met te veel suur in die stelsel nie; - Moenie die noodsaaklike vitamines C en D3 vergeet nie – hulle verrig wondere; ‘n kwartier per dag in die helder sonskyn met soveel oop vel as moontlik verskaf gratis vitamine D; sit sink as mineraal daarby en jy het ‘n wenresep; - Gebruik ekstra immuunversterkers soos die kruie echinacea, pau d’arco, suma, reishi, maitake, cordyceps asook patogeen-bestryders soos knoffel, uie, gemmer, appelasyn, habenero chillies, ensovoorts; - Verminder stres en gebruik visualisering; laat dokter Slaap jou herstel. - Gereelde, matige oefening stimuleer die immuunstelsel.

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS

Voorblad in kleur

R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00

082 879 6969

Februarie/February 2021

Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za

Scribante-plaas, Silkaatsnek

BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD

This article is from: