16
Oktober 2021
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Kombersies vir Pretoria-Noord Krisissentrum Die afgelope winter het die dames 18 kombersies gebrei, gehekel of gemaak vir die krisissentrum in Pretoria-Noord. Die tak was die afgelope jaar betrokke by die sentrum, deur klere, sanitêre ware en komberse aan hulle te skenk.
MUSEUMS in SA
Annemarie Carelsen is sedert 1982 die kurator by die Nasionale Kultuur Historiese Museum in Pretoria. Sy besoek gereeld museums deur die land en het gevind dat baie van die Afrikaner-erfenis besig is om verlore te gaan. Sy vind ook dat baie van ons bekende museums reeds gesluit het agv onopgeleide personeel, min fondse en die fokusverskuiwing na ander kulture. Annemarie het na verskeie items gekyk, wat ons lede gebring het en kon inligting gee oor die tydperk waaruit dit dateer en sy het ook die waarde daarvan uitgewys. Omdat museums besig is om hulle deure te sluit, is dit ‘n goeie gedagte dat elke huis ‘n rakkie inrig vir erfstukke van die familie. So kan die stories aan die nageslag oorvertel word en iets uit die geskiedenis voortleef.
Marie en Toy Coetzer, Carlien Retief, Elma Human, Petrina van Niekerk, Mary du Preez, Mariëtte de Wet Trysie Coetzee, Lize Venter, Felicity van Eeden
Mariëtte de Wet met haar pragtige gebreide kombersie
‘Tribute’ aan Karen Zoid
Patricia van Niekerk (links) en Annemarie Carelsen
Botterkarringfles
‘n Huldeblyk aan Karen Zoid, kunstenaar van die jaar, is in Augustus by die tak gehou. Elma Human het ons vertel dat Karen gebore is in België, waar haar pa die ambassadeur was. Sy het in haar tienerjare na Suid-Afrika verhuis. Haar ma sterf toe sy 9 jaar oud was en sy beleef ‘n stormagtige jongmenslewe! Sy studeer na skool kuns, maar wend haar tot ‘n sangloopbaan. “Afrikaners is plesierig”, is een van die trefferliedjies, wat haar gewild gemaak het as Afrikaanse rock-sangeres. Sy het al ‘n hele aantal musiekalbums vrygestel, sy is ‘n TV-aanbieder en besit ook haar eie produksiemaatskappy. Sy het ook pas ‘n rooiwyn vrygestel, met die tiltel “Sy raas”. Elma het ons vermaak met ‘n energieke dansoptrede op maat van die rock-weergawe van “Afrikaners is plesierig”. Die res van die taklede het daarna lekker saam gesing en tradisionele danspassies op die maat van die gewone “Afrikaners is plesierig” gedoen. Afrikaners kan beslis nog plesierig wees!