De Wildt Nuus Jun 2021

Page 18

18

Junie 2021

De Wildt Nuus

LANDBOUSAKE

DIE WERF: GROENTETUIN EN OM DIE HUIS

In verskeie vorige artikels is daar geskryf oor die grond, weiding, bemesting, veelekke en voeding van vee en wild. In hierdie artikel gaan aandag gegee word aan die tuin, blombeddings en grasperke om dit netjies te maak om die huis en ook om lekker vars groente te kweek. GROND wat geen beperkende lae soos ondeurdringbare klip, klei of chemiese beperkings soos te suur (lae pH) of te alkalies met natrium (Na) brakgrond - (te hoë pH) met ‘n gemiddelde klei-inhoud 15 – 35 % klei. Hoë klei-inhoud, 45 %+ kan swak dreineer en neig om te versuip. Alles wat al gepubliseer is oor grondvrugbaarheid, grondregstelling, gewas- en voerproduksie geld ook vir die tuingrond. Om pragtige blomme, groente en grasperke te kry, benodig ook grond met die regte pH (suurheid of alkaliniteit), voldoende voedingselemente soos fosfaat (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg), swael (S), koolstof (C) en die mikro-elemente in die regte verhouding. Uit ‘n grondontleding wat ongeveer R250 gaan kos wat versamel is om die huis, tuin, blombeddings en grasperke kan presies bepaal word wat die voedingstofstatus is en watter soort bemesting en hoeveel bemes moet word. BEMESTING Sonder ‘n grondontleding is die beste, veiligste en volledigste bemesting dieremis en kompos. Dieremis bevat omtrent al die voedingselemente wat benodig word vir die tuin en meeste groentes. Party groentes gebruik net meer stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) as ander. TABEL 1: VOEDINGSWAARDE VAN DIEREMIS EN KOMPOS TIPE BEMESTING N P K Hoendermis: Lêhen 4.0 % 2.0 % 3.0 % Hoendermis: Braaikuiken 2.0 % 1.0 % 1.5 % Bees- en skaapmis 3.0 % 1.5 % 1.5 % Kompos 1.0 % 0.5 % 0.75 % Ons kan dus dubbel soveel braaikuikenmis toedien as lêhenmis. Pasop vir onkruid en grassaad en bees- en skaapmis. In dieremis kom al die ander voedingselemente wat gewoonlik nie bemes word nie voor soos kalsium (Ca), magnesium (Mg), natrium (Na) wat eintlik nadelig is, swael (S), koolstof (C), en klein hoeveelhede van al die mikro-elemente soos sink (Zn), koper (Cu), mangaan (Mn), yster (Fe), boor (B), molibdeen (Mo), ens. Mikro-elemente is gewoonlik voldoende in die grond (veral die leem- en kleigronde) Dit kan neig om gebrekkig te wees in sandgrond. Kompos vul dit mooi aan.

Leon Weber - landboukonsultant

TABEL 2: HOEVEELHEID BEMESTING BENODIG PER HEKTAAR GROENTE Gewas N P K Pampoene 60 ton/ha 150 50 200 Wortels 60 ton/ha 240 35 200 Slaai 30 ton/ha 200 40 230 Groenbone 20 ton/ha 130 45 120 Beet 50 ton/ha 150 30 180 Tamaties 60 ton/ha 220 50 300 Kool 80 ton/ha 230 40 270 Spinasie 20 ton/ha 100 35 120 Bogenoemde bemesting in tabel 2 is vir top oeste in goeie grond. Dit kan as riglyn gebruik word. Uit tabel 2 is dit duidelik dat groente baie stikstof (N) en kalium (K) gebruik en minder fosfaat (P). Met die gebruik van mis moet dan in aanmerking geneem word dat 5 ton/ha lêhenmis alreeds te veel fosfaat (P) sal toedien. Te veel fosfaat veroorsaak ‘n wanbalans in die grond wat die opname van ander elemente soos sink kan benadeel. In die meeste gevalle, afhangend van die fosfaatstatus van die grond, sal 2 ton/ ha al voldoende fosfaat toedien en dit word dan aangevul met gewone kusmis wat stikstof bevat (ureum, KAN 28 % of ammoniumsulfaat) en kalium (K) bevattende kunsmis soos kaliumchloried). KOMPOS Omdat kompos baie min voedingselemente bevat, kan baie (5 ton/ha) toegedien word. Dit sal so ‘n klein bietjie voedingstowwe voorsien, maar baie koolstof (C) (Alle Suid-Afrikaanse gronde het ‘n gebrek aan koolstof). Kompos maak die grond ook mooi los vir goeie dreinering en ook lug en suurstofvoorsiening in die grond. Dit help ook vog bewaar. ’N PAAR NOTAS Mis moet nie voor geelwortels toegedien word nie - net chemiese kunsmis vir geelwortels. Mis, veral vars mis, laat die wortels vurk. Die stikstof in al die dieremisse word stadig vrygestel oor langer tydperke (2 tot 3 jaar). Vars chemiese stikstof is gevolglik altyd nodig om vroeg in die plant se lewe, beskikbaar te wees. Vir die huistuin kan ons nie tonne mis toedien nie. Met so ‘n bietjie rekeningkunde werk dit uit dat ongeveer 2 kg mis per 20 vierkante meter toegedien gelykstaande is aan 2 ton mis per hektaar. Daar is so baie inligting oor groenteverbouing dat hierdie artikel slegs ‘n aanduiding gee hoe te werk gegaan moet word om goeie opbrengste te produseer.

Ek het die saai- en veeboere uitgenooi om te skakel vir hulp asook my dienste aangebied by die boerevereniging sonder veel reaksie. Kom ons kyk of ons groenteboere en tuiniers dalk hulp en raad sal gebruik. U is welkom om my te skakel in dié verband. Ek hoor graag ook oor die behoefte van die lesers oor gewas-verbouingsaspekte, grond, weiding en veeboerdery. LEON WEBER - B Sc (Agric), B Inst (Agrar) Hons - 083-3267181


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.