4 minute read

Redaksiebrief

Next Article
Rate en wenke

Rate en wenke

REDAKSIELEDE

Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za

Advertisement

Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Junie 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

De Wildt Nuus

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie. Junie 2021

REDAKSIEBRIEF Manie Lemmer

Liewe lesers Dit is weer eens soos die dekades tevore, ’n voorreg om die Junie-uitgawe van ons blad die lig te laat sien, ten spyte van talle terugslae wat ons telkens kan teruglei na die Covid 19-pandemie en sy (of is dit haar?) bypassende trawante soos die medikasie en die sogenaamd-voorkomende inspuitings wat die mense wat graag hul meerdere kennis en/ of geleerdheid wil beklemtoon, vaksinasie of vaksinering noem. Wee ons as al hierdie nuwe taalgoggas ons mooi Afrikaanse taal begin oorneem; ek stel my reeds die drastiese afname in die reeds verswakkende spellingkennis voor. Laat ons egter liewer die doel van ons kontreikoerant beklemtoon: Ons is hier en bestaan reeds die afgelope 30 jaar om ons lesers oor talle belangrike sake in te lig, interessanthede van ons kontrei en ook elders onder lesers se aandag te bring, en ook as spreekbuis vir ons inwonersmaatskappy, die De Wildt Helpmekaar Maatskappy te dien en die lede deurentyd oor die belangrike sake wat die maatskappy se direksie hanteer, en ook ons ander organisasies se werksaamhede aan ons lesers bekend te stel en hulle sodoende as meelewende lede te werf. Ek verneem baie keer dat ander gemeenskappe jaloers is op ons kontreiblad en baie poog ook om iets soortgelyk op die been te bring. Ongelukkig beteken dit harde werk, want die redaksie weet dat die advertensies nie uit die lug val nie, maar dat feitlik van deur tot deur geloop of gery moet word en daarna soms selfs amper smekend om ’n advertensie te bekom. Hierdie advertensiegeld moet die blad of dan wel digitaal per WhatsApp of ons webwerf. Ons vra onophoudelik werwing van advertensies of dan ten minste insameling van klein of groter donasies. Ons hoop dat die gehoorspesialis/oudioloog weer in die toekoms gaan adverteer en ons het reeds die advertensie van ’n oogkundige; dalk kan hulle gesamentlik ons lesers se gehoor en gesigskerpte sodanig verbeter dat ons versoeke en beroepe nie slegs op dowe ore val nie. Ek spog nie en kla ook nie, maar die vorige uitgawe wat laat verskyn het juis omdat ons nog op voldoende advertensies gewag het, het meer as duisend Rand uit my eie sak geneem, anders was daar nie ’n uitgawe nie. Ons vra weer groot asseblief, HELP ons om

ons blad ten spyte van pandemies te laat

voortbestaan. Ek het self uit ons gewone gebied na Montana verhuis, maar sal die blad steeds hanteer, mits ek die ondersteuning van al ons lesers kan bekom. Ons maatskappy se ou leuse is in die naam saamgevat, nl HELPMEKAAR. Ek wil graag vertrou dat ons nou goeie reaksie gaan kry en dat ek die nodige hulp gaan ontvang tov advertensiewerwing, verkryging verspreidingspunte en nog die belangrikste: Artikels. Waak net daarteen om persoonlike vetes na die blad te bring, want dit sal nie geplaas kan word nie. Ek wy hierdie keer die redaksiebrief hoofsaaklik aan probleme en selfgevormde gedagtes van lesers. Ek het miskien soms ’n artikel laat verbyglip, veral as dit na die sperdatum ontvang is en daarna vergete geraak het. Ek het egter geensins moedswillig ’n artikel nie geplaas sonder om die skrywer te wys op die rede waarom dit nie geplaas kon word nie. Ek het bv die afgelope week moes verneem dat ek al weer ’n artikel nie geplaas het nie, terwyl dit ook laat ontvang was en daar nie meer plek oop was nie. tenaar versoek om dit oor te hou na hierdie uitgawe as sy nie plek in die April-uitgawe kon vind nie. As daar klagtes is, doen dit asseblief direk na ’n insident en skakel direk met my sodat die probleem uit die weg geruim kan word. Verskoon dan asseblief dat ek ook my eie mening gelug het, maar ons wil graag met hierdie blad ons gemeenskap dien, omdat hierdie vrywillige diens steeds vir myself baie aangenaam is en na aan die hart lê; dit is slegs my relatief hoë ouderdom en die gepaardgaande pyne wat ’n mens soms ’n bietjie in die wiele ry. Ek kan lesers verseker: As jy vyftig jaar op ’n plek gewoon het, het jy so deel daarvan geword dat terugslae jou nie maklik van die spoor af sal laat loop nie. Lekker lees tot Augustus. Ns. Ek het ongelukkig geen verdere bydraes tov huldeblyke op my versoek in die Aprilblad ontvang nie en is spyt dat ’n paar van ons inwoners se nagedagtenis nou nie met huldeblyke gedenk kon word nie. Groete tot Augustus.

This article is from: