Junie 2021 Jaargang 30 No 3
Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
2
De Wildt Nuus
Junie 2021
A Brand New Logo! The same quality honey We sell Pure Raw South African Honey Buzz hours for shop: Mon-Fri 08h00-16h30 Sat 08h00-13h00
Shop, Venue, Restaurant Restaurant hours:
Tuesday – Friday 08h00-14h30 Saturday – 08h00-13h00 CLOSED ON SUNDAY & MONDAY Bookings: Berta 0716046726
Junie 2021
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Lief en leed Redaksiebrief DWHM-kuiermark Dankie is ‘n klein woordjie GPF trek vermeende huisbrekers vas Staatsveearts se inentingveldtog DWBV nuus Betaal jou geloftes (3)
3 4 5 5 7 8 9 11
TLU SA - voorgestelde wapenwet Huldeblyk Ann van Dyk, gone but never forgotten VLU nuus VLU nuus Landbousake Rate en wenke Alternatiewe behandeling (17)
12 13 14 16 17 18 20 21
LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind of beleef het. Ons wil dit net weer onder u aandag bring dat ons nie onder Lief en Leed nuus kan plaas as iemand dit nie onder ons aandag gebring het nie. Hospitaal en siek
Oorlede
Moenie Satedag, 5 Junie, Die Kroon Fly-in by Rosslyn MicroFlyers misloop nie. ‘n Verskeidenheid kos- en ander stalletjie sal beskikbaar wees.
Lief
Huweliksklokkies vir Shandri en Wimpie
Shandri Lemmer, kleindogter van Manie Lemmer, is op 24 April in die huwelik bevestig met Wimpie de Bruyn. Bevestiging en onthaal was by die “Bell and Blossom venue” in Montana, Pretoria.
Uit die geskiedenis Dié interessante uitknipsel uit ‘n koerant van 30 Mei 1961 is onlangs deur ‘n leser opgespoor.
4
Junie 2021
De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Manie Lemmer - 082 879 6969 (Voorsitter) Hanna Scribante 083 417 4699 (Sekretaresse) De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adele du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 073 833 2105 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante 083 417 4699 De Wildt VLU Elma Human 082 500 4066 Addisionele lede Georgie Louw - 082 374 6879 Jan Lemmer 083 256 8266 Marguerite Nel 082 774 2517 Magriet van Heerden 072 092 6460 Kobie Opperman - 076 482 8513 David Proctor Linda Proctor 082 922 7904 Eugene van Staden 073 367 4787 Gertie van Staden 073 091 6035 Karin Polden 081 299 1994 Maderi van der Schyff 071 606 7238 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: Rekeningnaam: De Wildt Nuus ABSA Brits Rekeningnommer: 9337490973 Verwysing: Adverteerder se naam + Junie 2021 (noem telkens die naam van die betrokke maand). Epos betalingsbewys manie.lemmer@dewildtnuus.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en Manie Lemmer Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
REDAKSIEBRIEF Liewe lesers Dit is weer eens soos die dekades tevore, ’n voorreg om die Junie-uitgawe van ons blad die lig te laat sien, ten spyte van talle terugslae wat ons telkens kan teruglei na die Covid 19-pandemie en sy (of is dit haar?) bypassende trawante soos die medikasie en die sogenaamd-voorkomende inspuitings wat die mense wat graag hul meerdere kennis en/ of geleerdheid wil beklemtoon, vaksinasie of vaksinering noem. Wee ons as al hierdie nuwe taalgoggas ons mooi Afrikaanse taal begin oorneem; ek stel my reeds die drastiese afname in die reeds verswakkende spellingkennis voor. Laat ons egter liewer die doel van ons kontreikoerant beklemtoon: Ons is hier en bestaan reeds die afgelope 30 jaar om ons lesers oor talle belangrike sake in te lig, interessanthede van ons kontrei en ook elders onder lesers se aandag te bring, en ook as spreekbuis vir ons inwonersmaatskappy, die De Wildt Helpmekaar Maatskappy te dien en die lede deurentyd oor die belangrike sake wat die maatskappy se direksie hanteer, en ook ons ander organisasies se werksaamhede aan ons lesers bekend te stel en hulle sodoende as meelewende lede te werf. Ek verneem baie keer dat ander gemeenskappe jaloers is op ons kontreiblad en baie poog ook om iets soortgelyk op die been te bring. Ongelukkig beteken dit harde werk, want die redaksie weet dat die advertensies nie uit die lug val nie, maar dat feitlik van deur tot deur geloop of gery moet word en daarna soms selfs amper smekend om ’n advertensie te bekom. Hierdie advertensiegeld moet die blad of dan wel digitaal per WhatsApp of ons webwerf. Ons vra onophoudelik werwing van advertensies of dan ten minste insameling van klein of groter donasies. Ons hoop dat die gehoorspesialis/oudioloog weer in die toekoms gaan adverteer en ons het reeds die advertensie van ’n oogkundige; dalk kan hulle gesamentlik ons lesers se gehoor en gesigskerpte sodanig verbeter dat ons versoeke en beroepe nie slegs op dowe ore val nie. Ek spog nie en kla ook nie, maar die vorige uitgawe wat laat verskyn het juis omdat ons nog op voldoende advertensies gewag het, het meer as duisend Rand uit my eie sak geneem, anders was daar nie ’n uitgawe nie.
Manie Lemmer
Ons vra weer groot asseblief, HELP ons om ons blad ten spyte van pandemies te laat voortbestaan. Ek het self uit ons gewone gebied na Montana verhuis, maar sal die blad steeds hanteer, mits ek die ondersteuning van al ons lesers kan bekom. Ons maatskappy se ou leuse is in die naam saamgevat, nl HELPMEKAAR. Ek wil graag vertrou dat ons nou goeie reaksie gaan kry en dat ek die nodige hulp gaan ontvang tov advertensiewerwing, verkryging verspreidingspunte en nog die belangrikste: Artikels. Waak net daarteen om persoonlike vetes na die blad te bring, want dit sal nie geplaas kan word nie. Ek wy hierdie keer die redaksiebrief hoofsaaklik aan probleme en selfgevormde gedagtes van lesers. Ek het miskien soms ’n artikel laat verbyglip, veral as dit na die sperdatum ontvang is en daarna vergete geraak het. Ek het egter geensins moedswillig ’n artikel nie geplaas sonder om die skrywer te wys op die rede waarom dit nie geplaas kon word nie. Ek het bv die afgelope week moes verneem dat ek al weer ’n artikel nie geplaas het nie, terwyl dit ook laat ontvang was en daar nie meer plek oop was nie. tenaar versoek om dit oor te hou na hierdie uitgawe as sy nie plek in die April-uitgawe kon vind nie. As daar klagtes is, doen dit asseblief direk na ’n insident en skakel direk met my sodat die probleem uit die weg geruim kan word. Verskoon dan asseblief dat ek ook my eie mening gelug het, maar ons wil graag met hierdie blad ons gemeenskap dien, omdat hierdie vrywillige diens steeds vir myself baie aangenaam is en na aan die hart lê; dit is slegs my relatief hoë ouderdom en die gepaardgaande pyne wat ’n mens soms ’n bietjie in die wiele ry. Ek kan lesers verseker: As jy vyftig jaar op ’n plek gewoon het, het jy so deel daarvan geword dat terugslae jou nie maklik van die spoor af sal laat loop nie. Lekker lees tot Augustus. Ns. Ek het ongelukkig geen verdere bydraes tov huldeblyke op my versoek in die Aprilblad ontvang nie en is spyt dat ’n paar van ons inwoners se nagedagtenis nou nie met huldeblyke gedenk kon word nie. Groete tot Augustus.
Junie 2021
De Wildt Nuus
5
DWHM-kuiermark DWHM
De Wildt Helpmekaar Maatskappy bied maandeliks ‘n kuiermark in De Wildt aan ten bate van al die uitstallers wat daaraan deelneem. Die uitstallers is almal inwoners in die gebied wat ‘n ekstra paar Rand maak uit dit wat hulle kom verkoop. Omdat daar geen koste vir inwoners verbonde is aan ‘n staanplek nie, is alle verkope tot voordeel van die uitstallers. Die mark word by die Jopie Fourie-terrein gehou waar daar ruimte onderdak is wat beskutting bied teen die koue wind in die winter en die reëndruppels in die somer. Dit maak dus ook dat ons senior burgers met gemak die mark kan bywoon en kom sit en kuier op die stoele wat uitgepak is spesiaal vir die doel, met ‘n koppie
Patricia v Niekerk, Manie Teixeira en Yvonne Janse v Rensburg
Hannie-koekies. Omdat daar soveel ruimte is, kan die kinders intussen buite rondloop of hardloop en ‘n draai maak by die tafels met speelgoed. Dit alles in ‘n veilige omgewing en in die buitelug saam met ou vriende en kennisse. Vars groente en vrugte wat ook van verskaffers in die omgewing afkomstig is, word ook met elke mark verkoop. Waarlik ‘n mark met die voordeel van die plaaslike inwoners ten doel. Die volgende markte vind plaas op: 3 Julie, 31 Julie, 28 Augustus, 24 September, 30 Oktober, 4 Desember, 18 Desember
DANKIE IS ’N KLEIN WOORDJIE… Anoniem Net soos die woord ” dankie ” ‘n baie klein woordjie is , so is daar ook klein ratjies in ‘n groot masjien wat soms selde of ooit raakgesien of waardeer word. Die voor-die oog en voordie-hand dele en ratte word gou raakgesien. Oorkondes, huldeblyke en akkolades word met groot gebaar aan vooraanstaande mense in maatskappye, instansies en plekke aangebied. Meestal word persone vereer vir hul bydrae en prestasies, veral na hulle nie meer daar is om dit regtig te waardeer nie. “Gee vir my blomme terwyl ek nog lewe. Moenie vir my blomme op my graf sit as ek nie meer daar is nie”, word dikwels gesê. Met hierdie skrywe word daar dus gepoog om aan dié siening gestalte te gee. In ons gemeenskap is daar ‘n hele paar sulke “klein ratjies“ wat vir jare al in die groot De Wildt-masjien hul plek meer as volstaan. Meer as hul deel doen en ook ongesiens voorgaan met hul onbaatsugtige diens aan almal in die gemeenskap. Een persoon wat vir baie jare, stil-stil deel is van ondermeer die De Widt-Nuus, Die De Wildt Boerevereniging, die De Wildt Buurtwag van vroeëre jare, die De Wildt Boerevereniging-Nuus asook boerderybedrywighede en bestuur van hul
plaas, reël van Nampo-uitstappies na Bothaville, deel is van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy, deel was van talle aksies en organisasie wat te veel is om hier op te noem, is ‘n vrou wat op haar stil dog ferme manier haar stempel duidelik afgedruk het op De Wildt en sy inwoners. Hanna Scribante is ’n duidelike voorbeeld van die stille krag en vasberade vrou wat haar man en haar gemeenskap se belange op die hart dra. Op haar stil manier is sy maar net altyd daar. Geen groot fanfare van menings en sienings nie, maar ‘n krag wat duidelik haar doelwitte gestel het en daarby bly. Haar minsame dog ferme manier van hantering van dinge is soms misgekyk. Min mense sien haar regtig raak, min besef haar groot aandeel wat sy het en uitleef in De Wildt en sy gemeenskap. Hanna, miskien sien min mense jou raak, min weet van alles wat jy doen en min weet wat jy gedoen het sonder om daaroor ‘n dankie te verwag. Hiermee vir jou ‘n reuse bos Dankie-sê-blomme! Dankie vir al jou harde werk, jou omgee, jou ondersteuning, jou raadgee en jou Hanna wees. Dit word waardeer. BAIE DANKIE! - van ’n Hanna “Fan”
6
De Wildt Nuus
R1 000 R2 000
R3 000
Junie 2021
Junie 2021
De Wildt Nuus
GPF-lede trek vermeende inbrekers vas Redaksie
Parate lede van die De Wildt Mmakau gemeenskapspolisiëringsforum het Donderdagaand, 6 Mei, gesorg dat twee verdagtes, wat vermoedelik huisbrake beplan het, deur die polisie in hegtenis geneem is. GPF-lede was die aand op patrollie toe hulle ‘n motor laatnag op die R513 langs die pad naby Silkaatsnek Estate gesien het. “Die bestuurder het vertel dat hy wag vir sy broer om brandstof te bring. ‘n Ruk later het die patrollielede ‘n ent verder gestop by ‘n vrou en kinders wie se motor ‘n pap band gehad het. Toe hulle uitklim, het hulle gehoor hoe ‘n persoon in die bosse langs die pad weghardloop,” het Elanie van der Merwe, woordvoerder vir die GPF, gesê. Na die lede die vrou gehelp het, het hulle verder gepatrolleer en toe hulle weer by die plek verby ry waar die vrou met ‘n pap band gestaan het, was dieselfde motor ‘sonder brandstof’ van vroeër daar geparkeer. “Twee mans was op die toneel. Hulle kon nie ‘n geldige rede gee waarom hulle daardie tyd van die nag daar was nie en die polisie is ontbied. Huisbraakgereedskap is later in hul besit gevind en hulle is in hegtenis geneem.” “Ons bedank ons GPF-lede wat saans hul tyd en brandstof opoffer om die gemeenskap op die plase in die gebied te beveilig,” het Van der Merwe gesê.
7
8
Junie 2021
De Wildt Nuus
Inwoners dankbaar vir staatsveearts-inentings Die 2021 hondsdolheid-inentingsveldtog vir diere in die De Wildt omgewing het weer op Donderdag 27 en Vrydag 28 Mei 2021 by die Jopie Fourie-terrein plaasgevind. Hierdie veldtog is ekslusief vir die honde en katte van inwoners van De Wildt. Ons hartlike dank aan die Gautengse Veeartsenydienste wat hierdie veldtog dryf, en ook baie dankie aan Elize Meyer wat dit weer vir ons moontlik gemaak het. - DWHM
Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
Junie 2021
9
De Wildt Nuus
Wat is ’n Boer?
Dankbaarheid
-
-
-
voedselsekerheid -
Om te boer is dus ’n leefwyse.
De Wildt Boereverenigingvergadering 25 Mei 2021
Hier is enkele punte wat belangrik is.
-
-
De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 17 Augustus 2021 te de Wildt 4x4 om 19:00 vir 19:30.
10
De Wildt Nuus
Junie 2021
QUALITY COMPOST @ R 490.00 PER m³ OR IN 30dm³ BAGS @ R 24.50 PER BAG
OR PHONE US 079 896 0032
Junie 2021
De Wildt Nuus
11
BYBELSTUDIE 2021
BETAAL JOU GELOFTES (3) Manie Lemmer
Lees Hosea 4 (klem op vers 6) Waarom behartig ek hierdie tweemaandelikse rubriek? Voor Christus na die hemel opgevaar het, het Hy sy dissipels wat soos Hy dit self gestel het, “getuies van hierdie dinge” is, belowe dat Hy “die belofte van my Vader” op hulle sou stuur. Dit lees ons in Lukas 24: 16 – 53. Ook in Mattheus 28: 16 – 20 lees ons feitlik dieselfde opdrag, nl dat hulle dissipels van al die nasies moes maak. Ek poog om ook met ons kontreiblad Sy opdrag na die beste van my vermoë uit te voer. Hoekom voer ons die opdrag, nl om te verkondig, uit? Om uit dankbaarheid vir ons eie verlossing wyd en syd die Boodskap van Verlossing bekend te maak, en juis ook omdat die Verlosser self ons daartoe opgeroep het. Hoe kan ons dié opdrag uitvoer? Slegs as ons die verlossing aanvaar het en in Christus se kruisdood en opstanding glo, kan ons dit aan ander oordra. Hoe kom ons self by die Verlosser en die Verlossingsboodskap uit? Deur sy Woord te bestudeer en Hom al hoe beter te leer ken. As ek die kennis van “die dinge” waarvan hierbo gepraat word, het, kan ek dit aan andere wat Hom nie ken nie, oordra.
Ons lewe en dade moet ook van ons verlossing getuig wanneer ons andere in hierdie Boodskap wil laat glo. Kan ek dit in myself en in eie vermoë doen? Nee, gelukkig is ons om as verloste sondaars die Heilige Gees altyd by ons te hê om ons te lei. In ons tekste in Hosea wat ons hierbo vir leesstof aanbeveel het, word gesê dat die volk ten gronde gaan weens gebrek aan kennis. As ons onsself sover kry om daagliks hierdie Woord te bestudeer en ons weekliks deur ons leraars in die Woord te laat “onderrig”, sal ons aan die einde van elke jaar kan getuig dat ons in kennis gegroei het en nog beter toegerus is om met medemense wat nog nie die Boodskap ken of aanvaar nie, te praat. God het sy Seun gegee om ons geleentheid tot redding te gee en Hy is getrou en regverdig om Sy beloftes te hou. Hoeveel keer het jy as leser ook reeds belowe (minstens dwaal jy maklik af? Lees die aanbevole gedeeltes uit die Woord en moenie nalaat om soms ’n bietjie selfondersoek te doen nie.
12
De Wildt Nuus
Junie 2021
TLU SA vind wapenvoorstelle absurd Mediaverklaring TLU SA vind die voorgestelde veranderinge aan die Wapenwet nie net absurd nie, maar ook teenstrydig met die Suid-Afrikaanse grondwet. Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal in die Handves van Menseregte dat elke persoon die reg tot ‘n veilige omgewing het. Aangesien die regering klaaglik daarin faal om Suid-Afrikaners se veiligheid te waarborg, moet elke persoon die reg hê om daardie beskerming self oor te neem. “Suid-Afrikaners is soos dinge staan, reeds soos voëls op ‘n tak wat links en regs moet koes vir skote wat afgevuur
Sommige polisielede is deel van die korrupsie wat die diens verswak. Die minister van polisie, Bheki Cele is die hoofoorsaak dat die land sit met ‘n agterstand in die verwerking van DNS-monsters en vuurwapenaansoeke. “Hoekom spandeer die regering nie eerder tyd, geld en hulpbronne daaraan om eers die onwettige wapens in die hande van bendelede en ander misdadigers te verwyder
die president van TLU SA. “Solank as wat misdaad in die land hoogty vier en die regering nie die veiligheid van elke Suid-Afrikaner kan waarborg nie, is die voorstel dat vuurwapens nie vir selfverdediging gebruik mag word nie belaglik. “Om te verwag dat boere, wat verafgeleë en afgesonderd
TLU SA sal in die geval waar sulke voorstelle deurgevo-
Die nuutste misdaadstatistiek toon ‘n styging in aanvalle en moord met plaasaanvalle op 103 en plaasmoorde op 16 net vanjaar. Dit is algemene kennis dat die polisie nie genoeg werkende voertuie, uniforms of selfs toerusting het om hulle werk na behore uit te voer nie. Sommige polisiekantore se telefone word eenvoudig nie geantwoord nie.
daartoe lei dat vuurwapeneienaars oor die gebruik van vuurwapens lieg of die proses heeltemal systap deur wap-
vra mnr. Geldenhuys. “Hoekom word daar nie tyd en geld spandeer aan sigbare polisiëring, hulpbronbestuur en die
aanspreeklik gehou word vir enige uitgawes wat spruit uit ‘n geweldsmisdaad indien die slagoffers of naasbestaandes nie in selfverdediging kon optree nie. “Hierdie voorstelle sal geensins die misdaadprobleem in
TLU SA het intussen reeds na verteenwoordigende organisasies wat dieselfde uitkoms nastreef uitgereik om oor hierdie kwessies te vergader.
Media release Act absurd and contradictory to the South African constitution. The Bill of Rights in the Constitution of South Africa states that every person has the right to a safe environment. Since the government miserably fails to guarantee the safety of South Africans, every person should have the right to take their protection onto themselves. “South Africans are already like birds on a branch trying
will be ridiculous as long as crime in the country is out of control and the government cannot guarantee the safety of “To expect that farmers, who are remote and isolated, The latest crime statistics show an increase in attacks and murders with 103 farm attacks and 16 farm murders just this year. It is common knowledge that the police do not have enough vehicles, uniforms, or even equipment to do their jobs properly. The telephones at some police stations
don’t work. Some police members are part of the corruption. The minister of police, Bheki Cele, is the main reason for the country’s backlog in processing DNA samples and “Why don’t the government rather spend time, money and asks Mr Geldenhuys. “Why don’t they spend time and money on visible policing, resource management and the If the government approves the suggested amendments, TLU SA will demand that the government be held liable for any expenses incurred from crimes where the victim could not act in self-defence. “These suggestions will not solve the crime problem in TLU SA already reached out to organisations with the same objectives about a meeting to discuss the various issues on the table.
Junie 2021
13
De Wildt Nuus
HULDEBLYKE
De Wildt-inwoners
JOHANNES VAN ZYL *21 Junie 1953 †4 Mei 2021 Johan van Zyl se dryfkrag was om De Wildt ‘n beter plek te maak. Dit was sy groot droom en ideaal. Sy kennis van die gebied se kraglyne was in baie gevalle beter as die tegnici self. Sy rol as direkteur van DWHM tot einde 2015, het baie eerstes daargestel. By die BBV het hy met ‘n handjievol helpers snags brand geslaan terwyl hulp min was. Daar is op hom geskiet as hy in die nag foute gesoek het op die kraglyne met kragonderbrekings. Die Deltas was sy breinkind en veiligheid en sekuriteit was baie belangrik en ‘n erns vir hom. Sy teenwoordigheid en stem is nou nie meer daar nie. Sy soms ongeërgdheid en stoets antwoorde is nou vir altyd stil. Vriende sal hom mis en sy teenstanders sal erken dat Johan wel ‘n verskil gemaak het in De Wildt. Miskien was hy nie ‘n held nie, maar wel ‘n mens met ‘n liefde vir sy omgewing, die natuur en ook sy mense. Ons sien jou spore deur De Wildt, my vriend, ons sien jou harde hartseer en pyn. Ons as gemeenskap sê vir jou dankie. Dankie vir jou onbaatsugtige hulp en harde werk. Dankie vir jou spore hier deur De Wildt. Dit was ‘n duidelike spoor van omgee, hulp en kennis. Rus in vrede, ou vriend. Ons mis jou reeds.
ROMMEL EN ROWERS, BOSSE EN BOEWE Manie Lemmer As ’n mens so deur ons De Wildt-gebied ry, val dit op dat sommige kleinhoewes en/of plase se voorheinings tesame met die padreserwes netjies skoongesny of skoongemaak is en dit laat jou dadelik dink dat die res van die betrokke eiendom ook sonder onnodige rommel en bosse is. Dit gebeur telkens dat rowers in die nag drade oopknip en toegang tot eiendomme verkry en jou dan besteel. Hierdie mense kan werklik in sommige eiendomme indring sonder dat iemand hulle sal sien. Dit is waar rommel van voor die heining saam met boskasies in die padreserwes dit so maklik maak, want hulle kan agter bosse en rommel wegkruip as hulle dalk gewaar word. As hulle ook nie goed waargeneem kan word vanaf jou woning nie, besteel hulle jou sonder enige probleem. Daarom is dit elkeen se plig om te sorg dat jou uitsig oor jou eiendom redelik skoon en onbelemmerd is, sodat jy van jou woning af op die voorheining en ook die ander heinings waar moontlik kan sien. By sommige plekke is die bosse so ruig dat die eiendom selfs oordag betree en besteel kan word. Dit verg heelwat moeite, maar dis die moeite werd om jou plek skoon en netjies te hou. Ons merk ook heelwat voorhekke wat dag in en dag uit oopstaan. Leer maar gerus die gewoonte aan om toe te maak en te sluit. So staan ons saam om ons teen rowers en boewe te beskerm.
Manie Lemmer verhuis, maar bly betrokke by De Wildt Manie Lemmer Ek het op 26 April verhuis. My nuwe woonplek is wooneenheid 181, Bougainvilla-aftreeoord, Montana. Die rede vir my verskuiwing was die ruimte. Waar ek tevore by Sandstone slegs ’n woonkamer plus badkamer en stoep gehad het, beskik ek nou oor ’n tweeslaapkamer wooneenheid met ’n eet- en sitkamer, kombuis, badkamers en motorhuis asook braaigeriewe op die voorstoep. Ek kan steeds my woonplek by Sandstone aanbeveel, want die geriewe en behandeling was baie goed. Met al my kantoorbedrywighede kon ek nou by die nuwe woning een slaapkamer as studeerkamer/ kantoor inrig en hoef ek nie voortdurend na dokumente te soek nie. In ’n volgende uitgawe sal ek meer oor my ervaringe alhier skryf.
14
De Wildt Nuus
Junie 2021
Ann van Dyk, the ‘mother of cheetah’ gone, but never forgotten
The pioneer of cheetah conservation, Ann van Dyk, founder of the Ann van Dyk Cheetah Centre, passed away at the age of 90 on Thursday, 25 February 2021. Ann was a remarkable woman who dedicated her life to saving the cheetah. Through her ground-breaking work in cheetah conservation, the Ann van Dyk Cheetah Centre has received international recognition for bringing the cheetah back from the edge of extinction. It was largely due to their efforts that the cheetah was removed from the endangered species list in 1986. Ann had still been at the helm of the cheetah centre until four years ago, when she handed running of the centre over to her nephew, Eric van Dyk. “She was a remarkable woman who lived her life doing what she loved. She inspired us all and everyone she came in contact with. We will miss her dearly, but the centre will always be the symbol of her love and dedication to our wonderful animals,” said Petro van Eeden, manager of the centre. Her passion and dedication to cheetah was acknowledged worldwide and her groundbreaking work in this Ann founded the centre in 1971 on the family farm in De Wildt after she and her brother, Godfrey, rescued two cheetah cubs in the 1960s. Because they did not have the necessary permits, the cubs were taken to the National Zoological Gardens of South Africa in
Pretoria. At the time, the Zoo was establishing a captive breeding programme, and when further expansion was needed, Ann offered the use of their farm for the breeding programme. Over the years various other endangered species have been bred at the Centre and these include African wild cat, Suni, Blue and Red Duiker, Riverine Rabbit and vultures, including the very rare Egyptian Vulture. The small antelope and Riverine rabbit projects were handed over to other institutions such as the Karoo and the Kruger National Parks, once successfully underway. Ann received a gold medal award from the South African Nature Foundation for her contribution in 1988. More than 80 research publications have been written and undertaken through the facility and this research contributes to the well-being and survival of the species. Her outreach education programme has reached over 100 000 learners. Ann also introduced the Wild Cheetah Management Programme that successfully captured wild “problem” cheetahs and relocated them into protected areas. The Ann van Dyk Cheetah Centre celebrates its 50th birthday this year and it will continue to be a testimony to her extraordinary conservation work. Ann’s legacy lives on in the Ann van Dyk Cheetah Centre.
Junie 2021
De Wildt Nuus
15
16
Junie 2021
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
STAATMAKERS BY DIE KONFERENSIE Dit was ’n groot eer dat Lida van Niekerk, die Jakaranda-streekvoorsitter, ons tak kom besoek het om spesiale toekennings te oorhandig. Joan Jonker en Hester Killian het hul 50 jaar-knopies ontvang, en Toy Coetzer haar 20 jaar-knopie. Elma Human ontvang die trofee vir Prosa en Carlien Retief ontvang die trofee vir die Gebak-afdeling. KOM SLUIT AAN EN WORD ’N WENNER!
Carlien Retief en Lida van Niekerk
Hester Killian en Joan Jonker
Lida van Niekerk en Elma Human
De Wildt-tak se eie inligtingsoggend met Almarie vd Berg Almarie bring vir ons voorbeelde van al die kompetisieartikels en verduidelik die riglyne en bepalings vir 2021 se kompetisies. Sy motiveer die dames om op takvlak deel te neem en spoor ons aan om dit as ’n leerskool te sien. Slegs artikels van uitstaande gehalte behoort deur te dring na die konferensie en later na die kongres. Martie Marx, ons tak se kompetisie-sameroepster, sê dankie met ‘n vrugteslaaiboompie.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Almarie vd Berg en Martie Marx
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
Junie 2021
De Wildt Nuus
17
Elma Human - Skakelbeampte
VROUE IN STAAL Daleen Paulsen neem ons op ‘n toer deur Sheet and Metal Engineering, ‘n fabriek wat staalprodukte vervaardig. Hulle ontwerp en bou hoofsaaklik laboratoriumkaste van staal vir die mediese industrie. Winkels bv Mr Price ens, wat selfone verkoop, maak ook gebruik van hulle self-ontwerpte selfoonkluise, wat op ‘n unieke manier selfoonsekuriteit verseker deur ’n kluis wat amper soos poshokkies lyk en elektronies beheer word. Hulle bou oa ook batterykaste vir solarbatterye. Daleen is een van 6 aandeelhouers in die maatskappy en werk reeds van 2001 af daar. soneelaangeleenthede en produksiebestuur val ook onder haar. Daleen sê dat sy alles in die fabriek kan doen… ontwerp, sketse teken, ”grind”, “powder coating” verfwerk doen, suurbaddens en masjiene hanteer wat staal buig! Sy hou nie baie van sweis en bevredigend en sy voel feitlik geen antagonisme teenoor haar, as vrou in ’n sogenaamde “manswêreld” nie. Sy is voorwaar ’n YSTERVROU!
Daleen Paulsen by selfoonkluise vir winkels
Clarissa Stoltz, Mary du Preez, Daleen Paulsen, Elma Human, Carlien Retief, Tysie Coetzee en haar gade.
’n Ornamentele by met die lasersnyer uit staal gesny
Adverteer in u eie gemeenskapsblad
18
Junie 2021
De Wildt Nuus
LANDBOUSAKE
DIE WERF: GROENTETUIN EN OM DIE HUIS
In verskeie vorige artikels is daar geskryf oor die grond, weiding, bemesting, veelekke en voeding van vee en wild. In hierdie artikel gaan aandag gegee word aan die tuin, blombeddings en grasperke om dit netjies te maak om die huis en ook om lekker vars groente te kweek. GROND wat geen beperkende lae soos ondeurdringbare klip, klei of chemiese beperkings soos te suur (lae pH) of te alkalies met natrium (Na) brakgrond - (te hoë pH) met ‘n gemiddelde klei-inhoud 15 – 35 % klei. Hoë klei-inhoud, 45 %+ kan swak dreineer en neig om te versuip. Alles wat al gepubliseer is oor grondvrugbaarheid, grondregstelling, gewas- en voerproduksie geld ook vir die tuingrond. Om pragtige blomme, groente en grasperke te kry, benodig ook grond met die regte pH (suurheid of alkaliniteit), voldoende voedingselemente soos fosfaat (P), kalium (K), kalsium (Ca), magnesium (Mg), swael (S), koolstof (C) en die mikro-elemente in die regte verhouding. Uit ‘n grondontleding wat ongeveer R250 gaan kos wat versamel is om die huis, tuin, blombeddings en grasperke kan presies bepaal word wat die voedingstofstatus is en watter soort bemesting en hoeveel bemes moet word. BEMESTING Sonder ‘n grondontleding is die beste, veiligste en volledigste bemesting dieremis en kompos. Dieremis bevat omtrent al die voedingselemente wat benodig word vir die tuin en meeste groentes. Party groentes gebruik net meer stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) as ander. TABEL 1: VOEDINGSWAARDE VAN DIEREMIS EN KOMPOS TIPE BEMESTING N P K Hoendermis: Lêhen 4.0 % 2.0 % 3.0 % Hoendermis: Braaikuiken 2.0 % 1.0 % 1.5 % Bees- en skaapmis 3.0 % 1.5 % 1.5 % Kompos 1.0 % 0.5 % 0.75 % Ons kan dus dubbel soveel braaikuikenmis toedien as lêhenmis. Pasop vir onkruid en grassaad en bees- en skaapmis. In dieremis kom al die ander voedingselemente wat gewoonlik nie bemes word nie voor soos kalsium (Ca), magnesium (Mg), natrium (Na) wat eintlik nadelig is, swael (S), koolstof (C), en klein hoeveelhede van al die mikro-elemente soos sink (Zn), koper (Cu), mangaan (Mn), yster (Fe), boor (B), molibdeen (Mo), ens. Mikro-elemente is gewoonlik voldoende in die grond (veral die leem- en kleigronde) Dit kan neig om gebrekkig te wees in sandgrond. Kompos vul dit mooi aan.
Leon Weber - landboukonsultant
TABEL 2: HOEVEELHEID BEMESTING BENODIG PER HEKTAAR GROENTE Gewas N P K Pampoene 60 ton/ha 150 50 200 Wortels 60 ton/ha 240 35 200 Slaai 30 ton/ha 200 40 230 Groenbone 20 ton/ha 130 45 120 Beet 50 ton/ha 150 30 180 Tamaties 60 ton/ha 220 50 300 Kool 80 ton/ha 230 40 270 Spinasie 20 ton/ha 100 35 120 Bogenoemde bemesting in tabel 2 is vir top oeste in goeie grond. Dit kan as riglyn gebruik word. Uit tabel 2 is dit duidelik dat groente baie stikstof (N) en kalium (K) gebruik en minder fosfaat (P). Met die gebruik van mis moet dan in aanmerking geneem word dat 5 ton/ha lêhenmis alreeds te veel fosfaat (P) sal toedien. Te veel fosfaat veroorsaak ‘n wanbalans in die grond wat die opname van ander elemente soos sink kan benadeel. In die meeste gevalle, afhangend van die fosfaatstatus van die grond, sal 2 ton/ ha al voldoende fosfaat toedien en dit word dan aangevul met gewone kusmis wat stikstof bevat (ureum, KAN 28 % of ammoniumsulfaat) en kalium (K) bevattende kunsmis soos kaliumchloried). KOMPOS Omdat kompos baie min voedingselemente bevat, kan baie (5 ton/ha) toegedien word. Dit sal so ‘n klein bietjie voedingstowwe voorsien, maar baie koolstof (C) (Alle Suid-Afrikaanse gronde het ‘n gebrek aan koolstof). Kompos maak die grond ook mooi los vir goeie dreinering en ook lug en suurstofvoorsiening in die grond. Dit help ook vog bewaar. ’N PAAR NOTAS Mis moet nie voor geelwortels toegedien word nie - net chemiese kunsmis vir geelwortels. Mis, veral vars mis, laat die wortels vurk. Die stikstof in al die dieremisse word stadig vrygestel oor langer tydperke (2 tot 3 jaar). Vars chemiese stikstof is gevolglik altyd nodig om vroeg in die plant se lewe, beskikbaar te wees. Vir die huistuin kan ons nie tonne mis toedien nie. Met so ‘n bietjie rekeningkunde werk dit uit dat ongeveer 2 kg mis per 20 vierkante meter toegedien gelykstaande is aan 2 ton mis per hektaar. Daar is so baie inligting oor groenteverbouing dat hierdie artikel slegs ‘n aanduiding gee hoe te werk gegaan moet word om goeie opbrengste te produseer.
Ek het die saai- en veeboere uitgenooi om te skakel vir hulp asook my dienste aangebied by die boerevereniging sonder veel reaksie. Kom ons kyk of ons groenteboere en tuiniers dalk hulp en raad sal gebruik. U is welkom om my te skakel in dié verband. Ek hoor graag ook oor die behoefte van die lesers oor gewas-verbouingsaspekte, grond, weiding en veeboerdery. LEON WEBER - B Sc (Agric), B Inst (Agrar) Hons - 083-3267181
Junie 2021
19
De Wildt Nuus
CARE CENTRE SORGSENTRUM
SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511
Dr MC Boshoff (BVSc) 083 227 5562 Dr Sune Pretorius (BVSc) 084 880 9434
* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek ons
Sandstone Sorgsentrum
Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500
20
Junie 2021
De Wildt Nuus
Smoor verkoue en griep in die kiem met dié boererate Jou neus is aan die hardloop en jou keel brand elke keer wat jy sluk. Is dit verkoue of griep? Dis soms moeilik om te weet watter een dit is wat jou nou so olik laat voel, maar hoe gouer jy ’n diagnose kan maak, hoe gouer kan jy die regte stappe doen om weer blitsvinnig op die been te wees. Hier is ’n paar wenke oor wat om te maak wanneer jy siekerig begin voel.
Dis griep as… …dit jou absoluut uit nêrens uit tref! Griepsimptome is beslis erger as verkouesimptome en oorval ’n mens onverwags. ’n Seer keel, hoofpyn, koors en ’n seer lyf is kenmerkend aan griep. Gewoonlik voel ’n mens ook ’n drukking om die bors en kan ’n hoes ook ontwikkel. Die heel beste medisyne vir griep is ongetwyfeld rus. Dis ook baie belangrik om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem om dehidrasie te voorkom. As jy vinnig spring en by ’n dokter uitkom kan hy moontlik antivirale medisyne voorskryf. Dié tipe medisyne sal help dat jy baie vinniger gesond word en kan ook help om longontsteking te voorkom. Maar – dis belangrik dat jy dit binne 48 uur vandat jy begin siek word drink, anders sal dit nie effektief wees nie. Gelukkig het die boere raat om te help met griep. Daar is baie verskillende maniere om dié warm medisynedrankie te maak – maar almal stem saam dat dit werk! Gewoonlik word dit gemaak met ’n basis van hardehout – iets donker soos whisky, brandewyn of rum. Meng kokende water en heuning, of in party gevalle suiker, daar in. Vir ’n ekstra dosis Suid-Afrikaanse gesondheid kan jy dit met rooibostee ook maak. Party mense voeg dan ook suurlemoensap en speserye (enige iets van naeltjies tot kaneel of gemmer) by. Drink die drankie so warm as moontlik en klim dadelik in ’n snoesige bed. As die warm medisynedrankie sy ding doen, behoort jy oornag heelwat van die lam-en-tamheid uit jou beendere uit te sweet. Drink dit elke aand voor bedtyd tot jy weer
Februarie/February 2021
perdfris en gesond voel.
Dis verkoue as… …die simptome meestal bo jou skouers is. ’n Loperige neus, hoes, oë wat heeltyd water, ’n seer keel en ’n geniesery is duidelike tekens van ’n verkoue. Die simptome bou gewoonlik oor ’n paar dae op. Verkoues is aansteeklik vir die eerste twee tot drie dae wat jy siek is, so dis belangrik om dan by die huis te bly en baie te rus. Jou liggaam se eie immuunstelsel is meestal al wat nodig is om jou weer binne ’n paar dae op die been te bring. Indien jou verkoue nie beter is na omtrent ’n week nie, moet jy liefs dokter toe gaan. Meeste medisynes wat beskikbaar is sal slegs help om simptome te verlig. Weereens is die beste raad om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem en rus. Vitamiene C is ’n gedugte verkoue-vegter, en gelukkig is verkouetyd ook sitrustyd! Nartjies, lemoene, pomelo’s, minneolas – daar is ’n wye verskeidenheid heerlike sitrusvrugte om van te kies. Knoffel word ook voorgehou as ’n wonderkuur om jou immuunsisteem ’n hupstoot te gee. Voeg dit by jou kos – of as jy desperaat raak en braaf is kan jy selfs ’n knoffeltee brou. Daar is nie veel te sê vir die smaak nie, maar dit behoort jou beter te laat voel. Nog ’n ou boereraat wat behoort te help met verkouesimptome, en aansienlik lekkerder proe, is gemmertee. Soos met meeste eertydse doepas is daar ’n hele klomp verskillende maniere om dit te maak, so ontwikkel gerus jou eie resep! Die hoofbestanddele is gemmer en heuning, maar baie mense voeg ook suurlemoensap of selfs ’n stukkie suurlemoenskil by. Drink die tee terwyl dit nog baie warm is en probeer van die stoom deur jou neus inasem. Die suurlemoenwalms behoort veral te help met ’n toe neus en die gemmer en heuning sal jou keel streel. As jou hoes begin erger raak, werk ’n mengsel van borrie en heuning baie goed. Meng dieselfde hoeveelhede van elkeen saam in ’n klein houertjie met ’n deksel. Neem elke paar uur omtrent ’n teelepeltjie vol en jou hoes sal binnekort vergete wees! (Bron: verseker.co.za)
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Scribante-plaas, Silkaatsnek
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R950.00 R 665.00 R385.00 R290.00 R200.00
Junie 2021
21
De Wildt Nuus
Alternatiewe behandeling (17)
IMMUNITEIT Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)
Die immuunstelsel is die wonderlikste stelsel in die menslike liggaam – net so ingewikkeld en effektief soos die brein. Dit het veral twee belangrike funksies: 1. Dit reageer teenoor vreemde organismes deur die vervaardiging van teenliggaampies en stimuleer spesiale selle wat die vreemde organismes vernietig of hulle giftige reaksies neutraliseer. So word die mens beskerm teen kieme, virusse, swamme, ensovoorts. 2. Dit hou wag oor die liggaam se selle om seker te maak dat dit nie abnormaal is of degenereer nie. Probleme wat kan voorkom is die volgende: invallers; vrees, stres en angs; invallers en mutasies van selle nie meer herken word nie; eie selle as vyande sien en dit aanval (outo-immuun siektes). Die krag van die immuunstelsel hang ten nouste saam met die gesondheid van die hele liggaam. Om dit te versterk, doen die volgende: -
-
otika), siemryke kos te eet en ensiem-aanvullings te neem; die programmering van die immuunstelsel;
te versterk byvoorbeeld borrie en helderkleurige groente en vrugte; nie te laag is met te veel suur in die stelsel nie; hulle verrig wondere; ’n kwartier per dag in die helder sonskyn met soveel oop vel as moontlik verskaf gratis vitamine D; sit sink as mineraal daarby en jy het ’n wenresep; stryders soos knoffel, uie, gemmer, appelasyn, habenero jou herstel.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za
Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners.
Scribante-plaas, Silkaatsnek
082 879 6969
-
BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD
We deliver
Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte
JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com
Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station) c/o R566 & Private Rd, 6 km from De Wildt complex on R566 towards Brits
22
Junie 2021
De Wildt Nuus
Vleis en Vleis verwerking Item No Beskrywing
Verpak
Prys / Kg
Varkvleis 1
Heel of halwe Vark (gesny in snitte, en verpak)
R50 / kg Beesvleis
2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Maer maal vleis (90 / 10) Maal vleis (80 / 20) Boerewors Perske Boerewors Kassegriller (Kaas wors, gerook) Rookworsies (Cabbanossie) Minute Steak Rump Steak Beeskook (Brisket) Bees patties Beestong (0p bestellings) Beesstert (ox tail)
500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 500gr of meer 6 in pak per kg per kg
R85 / kg R85 / kg R95 / kg R100 / kg R130 / kg R135 / kg R110 / kg R125 / kg R85 / kg R60.00 R90 / kg R120 / kg
14
Heel of halwe skaap (gesnit en verpak)
R120 / kg
15 16 17 18 19 20
Groente (Alle groente is gaar en reg om warm te maak, en eet) Spinasie (Room en kaas spinasie - Heat 'n eat) 500gr Butternut pampoen (Botter en gesout) 500gr Patats (Botter en gesout) 500gr Groenboontjies met aartappels en uie (geroom en gesout) 500gr Wortel en Aartappel mash (gebotter en gesout) 500gr Tamatie en uie smoor (kerrie, en speserye) 500gr
R25.00 R17.00 R20.00 R25.00 R17.00 R17.00
Skaapvleis
Junie 2021
23
De Wildt Nuus
FRIK VOS SURVEY EQUIPMENT
Agents for new and used land surveying instruments and equipment. Specialises in the repair, service and calibration of land surveying instruments as well as survey work. Merle Street Plot 72B Winternest Akasia Pretoria
082 466 8174 082 451 2217
E-mail: frik@surveyinstruments.net
24
De Wildt Nuus
Junie 2021
Besoek afrit 119 op die 5de Junie 2021 en ondersteun ons plaaslike entrepeneurs by die 10de Kroons Fly-In mark!