1 minute read

GPF trek vermeende huisbrekers vas

Next Article
Rate en wenke

Rate en wenke

De Wildt Nuus

GPF-lede trek vermeende inbrekers vas

Advertisement

Redaksie Parate lede van die De Wildt Mmakau gemeenskaps- polisiëringsforum het Donderdagaand, 6 Mei, gesorg dat twee verdagtes, wat vermoedelik huisbrake beplan het, deur die polisie in hegtenis geneem is. GPF-lede was die aand op patrollie toe hulle ‘n motor laatnag op die R513 langs die pad naby Silkaatsnek Estate gesien het. “Die bestuurder het vertel dat hy wag vir sy broer om brandstof te bring. ‘n Ruk later het die patrollielede ‘n ent verder gestop by ‘n vrou en kinders wie se motor ‘n pap band gehad het. Toe hulle uitklim, het hulle gehoor hoe ‘n persoon in die bosse langs die pad weghardloop,” het Elanie van der Merwe, woordvoerder vir die GPF, gesê. Na die lede die vrou gehelp het, het hulle verder gepatrol- leer en toe hulle weer by die plek verby ry waar die vrou met ‘n pap band gestaan het, was dieselfde motor ‘sonder brandstof’ van vroeër daar geparkeer. “Twee mans was op die toneel. Hulle kon nie ‘n geldige rede gee waarom hulle daardie tyd van die nag daar was nie en die polisie is ontbied. Huisbraakgereedskap is later in hul besit gevind en hulle is in hegtenis geneem.” “Ons bedank ons GPF-lede wat saans hul tyd en brandstof opoffer om die gemeenskap op die plase in die gebied te beveilig,” het Van der Merwe gesê.

This article is from: