16
Junie 2021
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
STAATMAKERS BY DIE KONFERENSIE Dit was ’n groot eer dat Lida van Niekerk, die Jakaranda-streekvoorsitter, ons tak kom besoek het om spesiale toekennings te oorhandig. Joan Jonker en Hester Killian het hul 50 jaar-knopies ontvang, en Toy Coetzer haar 20 jaar-knopie. Elma Human ontvang die trofee vir Prosa en Carlien Retief ontvang die trofee vir die Gebak-afdeling. KOM SLUIT AAN EN WORD ’N WENNER!
Carlien Retief en Lida van Niekerk
Hester Killian en Joan Jonker
Lida van Niekerk en Elma Human
De Wildt-tak se eie inligtingsoggend met Almarie vd Berg Almarie bring vir ons voorbeelde van al die kompetisieartikels en verduidelik die riglyne en bepalings vir 2021 se kompetisies. Sy motiveer die dames om op takvlak deel te neem en spoor ons aan om dit as ’n leerskool te sien. Slegs artikels van uitstaande gehalte behoort deur te dring na die konferensie en later na die kongres. Martie Marx, ons tak se kompetisie-sameroepster, sê dankie met ‘n vrugteslaaiboompie.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Almarie vd Berg en Martie Marx
Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00