Junie 2021
De Wildt Nuus
11
BYBELSTUDIE 2021
BETAAL JOU GELOFTES (3) Manie Lemmer
Lees Hosea 4 (klem op vers 6) Waarom behartig ek hierdie tweemaandelikse rubriek? Voor Christus na die hemel opgevaar het, het Hy sy dissipels wat soos Hy dit self gestel het, “getuies van hierdie dinge” is, belowe dat Hy “die belofte van my Vader” op hulle sou stuur. Dit lees ons in Lukas 24: 16 – 53. Ook in Mattheus 28: 16 – 20 lees ons feitlik dieselfde opdrag, nl dat hulle dissipels van al die nasies moes maak. Ek poog om ook met ons kontreiblad Sy opdrag na die beste van my vermoë uit te voer. Hoekom voer ons die opdrag, nl om te verkondig, uit? Om uit dankbaarheid vir ons eie verlossing wyd en syd die Boodskap van Verlossing bekend te maak, en juis ook omdat die Verlosser self ons daartoe opgeroep het. Hoe kan ons dié opdrag uitvoer? Slegs as ons die verlossing aanvaar het en in Christus se kruisdood en opstanding glo, kan ons dit aan ander oordra. Hoe kom ons self by die Verlosser en die Verlossingsboodskap uit? Deur sy Woord te bestudeer en Hom al hoe beter te leer ken. As ek die kennis van “die dinge” waarvan hierbo gepraat word, het, kan ek dit aan andere wat Hom nie ken nie, oordra.
Ons lewe en dade moet ook van ons verlossing getuig wanneer ons andere in hierdie Boodskap wil laat glo. Kan ek dit in myself en in eie vermoë doen? Nee, gelukkig is ons om as verloste sondaars die Heilige Gees altyd by ons te hê om ons te lei. In ons tekste in Hosea wat ons hierbo vir leesstof aanbeveel het, word gesê dat die volk ten gronde gaan weens gebrek aan kennis. As ons onsself sover kry om daagliks hierdie Woord te bestudeer en ons weekliks deur ons leraars in die Woord te laat “onderrig”, sal ons aan die einde van elke jaar kan getuig dat ons in kennis gegroei het en nog beter toegerus is om met medemense wat nog nie die Boodskap ken of aanvaar nie, te praat. God het sy Seun gegee om ons geleentheid tot redding te gee en Hy is getrou en regverdig om Sy beloftes te hou. Hoeveel keer het jy as leser ook reeds belowe (minstens dwaal jy maklik af? Lees die aanbevole gedeeltes uit die Woord en moenie nalaat om soms ’n bietjie selfondersoek te doen nie.