Afkondigings 19 Januarie 2014

Page 2

Leesrooster 2014 Bestellings Leesroosters is beskikbaar by kerkkantoor per bestelling @ R70.. Aan die hand van hierdie boekie kan jy en jou gesin verder in diepte delf in die tekste waaroor elke Sondag gepreek word. Familietuisblad – Teken in gratis! Die Familietuisblad is riglyne op een A4 bladsy om jou en jou gesin te help om gedurende die week vir Jesus al beter te volg na aanleiding van die week se fokusteks waaroor op Sondag gepreek is. Kry jou kopie in die voorportaal, of nog beter, teken in en kry dit weekliks in jou e-pos. Stuur ’n e-pos aan corneil@albertonsuid.com met “Familie Tuisblad” in die opskriflyn.

Inskrywings vir 2014 Tienerbediening Inskrywings vir die Tienerbediening vir 2014 vind na afloop van vanoggend se erediens in die DAK plaas. Inskrywings vir 2014 Lofland Sondag 26 Januarie sal daar voor kerk en na kerk geleentheid wees vir inskrywings vir Lofland. Ons benodig ouers om te help met die fasilitering van die kleiner groepe. Veral by die laer grade (Gr.1-3). Kontak Ds. Werner sou jy belangstel. 082 688 1562. Pille raai kompetisie Ons het ’n groot bottel pille wat ’n lidmaat vir ons gegee het vir fondsinsameling Jy kan skat hoeveel pille is in die bottel. Een poging kos R5. KOM MAAK JOU RAAI in die kerkkantoor.

Naskoolsentrum by kerk Een van ons lidmate begin 'n klein naskoolsentrum by die kerk vir Laerskool kinders. Tye 14h00 tot 17h30. Kontak Brenda 079 984 4011. Werksgeleentheid Blanke 52 jarige man(lidmaat) soek dringend werk. Ondervinding in soldeerwerk, loodgieter en algemene instandhouding. Kontak Andre 073 624 0721 Nuwejaarsuitreik: Neem asseblief kennis dat die gebruiklike “Maaltyd vir die Feestyd” uitreik gedurende die Kersseinsoen vervang is met die Nuwejaarsuitreik op Saterdag 1 Februarie 2014. ’n Lysie met die inhoud van die kruidenierssak en ook ander voorbereidings is apart (in Groen) beskikbaar. Plak die lysie teen jou yskasdeur om jou te herinner. Sakke plus die kontant koevertjies asook die handgemaakte kruisies en tekskaartjies kan nou reeds by die kerkkantoor afgegee word. By voorbaat baie danke vir almal se ondersteuning! Dooopvoorbereiding: Neem asseblief kennis dat daar van alle ouers wat ’n eersteling wil laat doop verwag word om ’n Doopvoorbereidingkursus by te woon, verkieslik voor die doopgeleentheid. Die kursus strek oor vier sessies wat op Dinsdagaande gehou sal word. Datums sal in oorleg met voornemende kursusgangers vasgestel word. Kontak asseblief die kerkkantoor om aan te meld.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.