Afkondiging 15 Februarie 2015

Page 1

9:00 Erediens Ds. Werner Schroeder

15 Februarie 2015

09h00 LOFTJOKKERS 09h00

10h15

Besoekers en nuwe intrekkers Baie welkom! Ons wil graag met jou in verbinding tree. Vul asb. die intrekkersboek in die voorportaal in of kry in die rakkies by die ingange lidmaatregistrasievorms, ook op ons webwerf www.albertonsuid.com wat jy na voltooiing by die kerkkantoor kan inhandig of faks dit vir ons na 086 243 5887 in die kerkkantoor. Vergaderings Sentrale Kerkraadsvergadering 16 Februarie 2015 om 19h00 in die Raadsaal. Gemeentevergadering 22 Maart 2015 na die diens Sentrale Kerkraadsvergadering 16 Maart 2015 om 19h00. Gesamentlike Kerkraadsvergadering: 23 Maart 19h00 in die kerk. Lydenstyd 2015 Lydenstyd begin vandag (1ste Lydensondag) met Aswoensdag op Woensdag 18 Februarie. Dan hou ons ’n gewyde byeenkoms om 19h00 tot 19h30 in die kerk. Goeie Vrydag val op 3 April en Paassondag is dan op 5 April. Die week vooraf word Groot Lydensweek genoem en dan hou ons van Maandag tot Donderdagaand elke aand om 19h00 tot 19h30 ’n byeenkoms in die kerk. Teken asb. hierdie datums aan sodat jy kan beplan om hieraan mee te doen.


'n Telefoon-oproep kan 'n verskil maak Baie mense in Alberton bly alleen en sommige het nie 'n ondersteuningsbasis nie. Ons wil graag met 'n daaglikse telefoonoproep seker maak dat hierdie mense veilig is. Sommige is bejaardes en ander verkies dit om nie te sosialiseer nie. Geen inbreuk sal op privaatheid gemaak word nie. Kontak Trix Willemse by 082 360 1025 of stuur 'n e-pos aan milwil@mweb.co.za Belangrike Jahwe Rapha nuus! Jahwe Rapha (beteken "God genees") is 'n Art. 21 maatskappy wat die Kerkraad in die lewe geroep het om ons Beradingsentrum te ondersteun met logistiek en om die nodige fondse te bekom. Na onderhandelinge tussen die kerkraad en die direksie van Jahwe Rapha word ons gemeenskapsaksies nou ook onder Jahwe Rapha se sambreel ingeskuif met die oog op beter fondswerwing en groter samewerking. Hierdie nuwe verwikkeling vra egter dat ons die Art 21 maatskappy se ledetal uitbrei. Die lede vergader jaarliks om verslag te kry oor die maatskappy se doen en late, die aanwending van die fondse en om die direksie van die maatskappy te verkies. Diegene vir wie die beradingsentrum en ons gemeente se uitreikaksies naby aan die hart lê, word uitgenooi om lede te word en ’n eerste vergadering by te woon op Maandagaand 23 Februarie om 19h00 by die kerk. Lidmaatskap is gratis. Laat weet asb. die kerkkantoor telefonies of per e-pos van jou voorneme om lid te word. By voorbaat dankie vir almal se ondersteuning.

Lidmaatskap Bevestigings – Artikel 1 van die Kerkorde Slegs ingeskrewe lidmate kan deelneem aan die stemproses oor die wysiging van Artikel 1 van die NG Kerk se Kerkorde. Lyste van ingeskrewe lidmate is by die deure beskikbaar. Indien jou besonderhede korrek op die lys is, sal die kerkkantoor ’n sertifikaat in dié verband aan jou uitreik. Op stemdag (22 Maart) sal jy ’n stembrief ontvang in ruil vir die sertifikaat. Indien jou lidmaatskap nog nie aangeteken is nie sal Amanda jou help om dit aan te vra. By voorbaat dankie vir almal se samewerking!

Graad 1 Ouers Alle ouers van gr.1’s by Lofland word opgeroep na ’n ontmoeting met ds. Corneil du Plessis op Sondag 22 Februarie net na die erediens in die Koffiekamer. Hierdie ontmoeting, wat gaan oor ’n baie belangrike faset in ’n gr.1 kind se ontwikkeling, sal nie langer as 20 minute duur nie. Alberton Tuiste vir Bejaardes is 40jr oud! Om dit te vier word ’n groot basaar op 28 Februarie gehou. Alberton-Suid gaan sorg vir ’n boerewors stalletjie. As jy kan kom help braai of verkoop of ’n donasie gee, kontak asb. vir Christo Otto by 082 903 8445.

Maak ’n bydrae met SnapScan!


Datum 16 Februarie Maandag 17 Februarie Dinsdag 18 Februarie Woensdag 19 Februarie Donderdag

22 Februarie Sondag

Tyd

Gebeurtenis

19:00

Kerkraadsvergadering

19:00

Doopkursus

19:00

Volwasse Belydenis van geloof Kursus

10:00 10:00

Senior Selgroep Biduur Tuiste vir bejaardes – Ds. Piet Botha

08:00 09:00 09:00 09:00 10:00

Gebedsgroep (Gebedskamer) Nagmaal - Ds. Werner Schroeder Lofland Loftjokkers Teeskink – Kobus en Maureen de la Rey

Susan van Zyl 011 869 1787, Tommie Dijzel 011 907-4009, Lynette Harman 082 544 0980, Rina Süpra 083 528 1789, Christine Coetzer 011 864-6077, Ria Nel 072 822 9140 Karretjie Verster 072 350 8766, Chris Stadler 082 597 5926.      

Erich Vosloo wag nog vir die infeksie om op te klaar sodat die pasaangeër ingesit kan word. Tel No.: 073 232 1562 Tannie Hannetjie Snyman sê baie dankie vir al die oproepe en belangstelling asook al die gebede. Dit gaan goed met haar. Tel No.: 072 287 2643 Oom Cas Badenhorst is steeds in die hospitaal en sterk stadig aan. Bid maar asb. vir oom Cas. Ria Nel – Dit gaan swaar met Ria. Sy sien Maandag en Woensdag die dokters om uit te vind van uitslae en behandeling. Tel No.: 082 579 7124 Flip Smith – Ons is saam met hom baie bly dat daar positiewe uitslag was en daar geen verdere kwaadaardigheid gevind was nie. Tel No.: 082 413 3958 Brian-Jean Blignaut was Sondag in vir 'n nood blindederm operasie. Dit het goed afgeloop en hy sterk aan by die huis.

Tannie Anna Snyman – Sy is baie ernstig siek in Intensief. Tel No.: 083 263 1613

Tannie Joey Otto – Gaan volgende week om drade van haar pasaangeër te laat verwyder. Sy is al 86 – 'n klein operasie word nou 'n groot operasie. Dink aan haar.


15 Februarie

Jessica Allen, Martie Oosthuizen, Sonja Williams.

Sondag 16 Februarie Maandag 17 Februarie Dinsdag 18 Februarie

Jessica Hefer, Ida hinds, Bernie Koch, Elizma Labuschagne, Chris Smit, Andrew Swanepoel. Jorrie Bezuidenhout, Maria de Bruin, Rudi Geldenhuis, Antoinette Kruger, Leon Mentz. Peniel Marx, Pieter-Ben Pienaar, Karen van Zyl, Jeane Visagie.

Woensdag 19 Februarie Donderdag 20 Februarie Vrydag 21 Februarie Saterdag

Leanie Appelgryn, Tarine de Ridder, Michele Nettie Lotter, DC Pretorius, Telana Schoeman, Marisna van Dyk. Esther Blankestijn, Gerrie Coetzee, Caylee Cramer, Andre de Klerk, Wendy Dooge, Mariette Erasmus, Dick Pretorius, Phillip Retief, Henriette Viljoen. Jan Barnard, Elandi Bekker, Zane Harper, Nadia Le Roux, Jacinda van Zyl.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.