1 minute read

AKTIWITEIT 4.5

Next Article
AKTIWITEIT 4.6

AKTIWITEIT 4.6

AKTIWITEIT 4.4

Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.

Beantwoord die vrae.

4.4.1 Gebruik koerante, tydskrifte en die internet en soek drie prente van verskillende soorte hernubare energiebronne. Skryf ’n kort beskrywing van elk van jou voorbeelde.

1.4.6 Werkloosheid

DEFINIEER

Arbeidsmag: Alle mense in die land tussen die ouderdom van 15 en 64 wat bereid is en in staat is om te werk Werkloosheid: Wanneer ’n persoon nie werk het nie, maar wil werk en wel werk soek Werkloosheidsyfer: Die persentasie van die totale arbeidsmag wat werkloos is en wat werk soek

Werkloosheid beteken dat ’n persoon bereid en in staat is om te werk, maar nie ’n werk kan kry nie en dus ook geen inkomste verdien nie. Dit kan om verskeie redes gebeur: • Die persoon is afgedank of afgelê en soek nog werk. • Die persoon het klaar studeer maar soek nog werk. • Die persoon het geen kwalifikasies nie of is ongeletterd en sukkel om werk te kry. • Daar is nie werksgeleenthede in die gebied waar die persoon woon nie.

Suid-Afrika het ongelukkig ’n hoë werkloosheidsvlak wat deur die werkloosheidsyfer gemeet word. Die werkloosheidsyfer is die persentasie van die arbeidsmag wat werkloos is. Dit word soos volg bereken:

Werkloosheidsyfer= Aantalwerklosemense Arbeidsmag 100 1

Werkskepping is een van die sleutelelemente van ons land se ekonomie. Ondernemings asook die regering is verantwoordelik daarvoor om soveel moontlik werksgeleenthede vir die land se inwoners te skep.

Aangesien werkloosheid so ’n groot probleem vir die ekonomie skep, moet die regering poog om dit reg te stel.

This article is from: