
1 minute read
AKTIWITEIT 4.2
AKTIWITEIT 4.1
Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.
Dui die verskille tussen die leefstyle van die twee gesinne in die prente aan.
Gesin A Gesin B
Figuur 4.1 Figuur 4.2

1.4.2 Selfonderhoudende gemeenskappe
DEFINIEER
Selfonderhoudende gemeenskap: ’n Gemeenskap wat sonder hulp van buite die gemeenskap hulself kan onderhou en oorleef
Selfonderhoudende gemeenskappe is gemeenskappe waar die inwoners self in hul basiese behoeftes voorsien deur die hulpbronne tot hul beskikking te gebruik. Landbouprodukte en -aktiwiteite is dikwels die belangrikste elemente in hierdie gemeenskappe. Mense wat in selfonderhoudende gemeenskappe en gebiede woon handhaaf gewoonlik ’n lae lewenstandaard.
