
4 minute read
AKTIWITEIT 2.2
’n Regering is ’n organisasie wat ’n land moet bestuur en beheer. ’n Regering moet wet en orde handhaaf en verseker dat infrastruktuur en dienste aan landsburgers voorsien word. Die regering se leiers word deur ’n demokratiese verkiesingstelsel verkies. Daar is elke vyf jaar ’n nasionale verkiesing in Suid-Afrika waarin landsburgers stem vir die leiers wat hulle aan bewind wil hê.
Dit is ’n baie groot taak om ’n land en sy burgers te bestuur. Die regering se verantwoordelikhede sluit in: • Die bestuur en beheer van landsburgers deur wetgewing en die toepassing van hierdie wette. • Die voorsiening van dienste en infrastruktuur wat nodig is vir ekonomiese groei. • Om staatsinkomste te genereer (belastinginvordering) en dit op só ’n manier te spandeer (nasionale begroting) dat ekonomiese en sosiale doelwitte bereik kan word. • Om landsburgers te beskerm.
Alhoewel die regering baie ander verantwoordelikhede het, word die bogenoemde verantwoordelikhede as die belangrikste geag.
AKTIWITEIT 2.1
Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.
Beantwoord die vrae.
2.1.1 Lys tien vrae wat jy graag vir die president van Suid-Afrika sou wil vra. 2.1.2 Sal jy president wil wees? Gee twee redes vir jou antwoord.
1.2.2 Die verskillende regeringsvlakke
Aangesien dit is ’n enorme taak is om ’n land te regeer, word die regering in verskillende vlakke opgedeel, naamlik: • Nasionale regering • Provinsiale regering • Plaaslike regering
Die volgende diagram illustreer hoe Suid-Afrika se drie regeringsvlakke inmekaarpas en funksioneer.
Nasionale regering
Verantwoordelik vir die algemene bestuur van die land
Provinsiale regering
Suid-Afrika het nege provinsies, elk met hul eie doelwitte om die provinsie, en sodoende die land, te verbeter
Plaaslike regering
Hanteer kwessies wat op plaaslike vlak in dorpe en stede hanteer moet word
Die regering het hoofsaaklik drie take om te verrig, naamlik: • Wetgewend: Maak en implementeer wette. • Uitvoerend: Pas die wette toe wat deur die wetgewende been gemaak is. • Regterlik: Verseker dat reg en geregtigheid geskied.
Al drie regeringsvlakke speel ’n belangrike rol in die verrigting van hierdie take.
Byvoorbeeld, wette word op nasionale vlak gemaak, maar op provinsiale en plaaslike vlak geïmplementeer en toegepas
AKTIWITEIT 2.2
Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.
Beantwoord die vrae.
2.2.1 Noem die drie regeringsvlakke. 2.2.2 Noem en bespreek die drie belangrikste take van die regering. 2.2.3 Noem en bespreek elke regeringsvlak en sy funksie.
1.2.3 Die rolle van verskillende regeringsvlakke met betrekking tot huishoudings in die gebruik van hulpbronne en dienste
Een van die regering se verantwoordelikhede is om basiese dienste aan landsburgers te verskaf. Elke regeringsvlak speel ’n rol met betrekking tot tot huishoudings. Die regering benodig egter geld om basiese behoeftes, soos gesondheidsorg, water, elektrisiteit, behuising en polisiedienste, te bevredig. Die regering genereer ’n inkomste van besighede en huishoudings. Kom ons kyk na die manier waarop die regering geld maak.
Die besteding van plaaslike, provinsiale en nasionale regerings het geldvloei in die ekonomie tot gevolg. Die regering verskaf werksgeleenthede aan huishoudings op dieselfde manier as wat besighede doen en betaal lone en salarisse aan werknemers. Die regering is dus ook ’n verbruiker van die arbeid wat huishoudings bied.
Verskeie goedere en dienste wat aan huishoudings verskaf word, word gratis voorsien, bv. polisiedienste. Huishoudings moet egter vir ander dienste betaal soos water, elektrisiteit en vullisverwydering. Die regering verskaf ook subsidies en toelaes aan sekere huishoudings, soos pensioen- en kindertoelae asook behuisingsubsidies.
Dit is die regering se verantwoordelikheid om hulpbronne aan huishoudings en die land te voorsien, maar huishoudings, besighede, provinsiale en plaaslike regerings het ook ’n verantwoordelikheid om hierdie behoeftes te bevredig.
Huishoudings betaal vir die gebruik van hulpbronne en dienste wat deur die regering verskaf word.
Die nasionale regering allokeer geld aan die provinsiale en plaaslike regering om dienste aan huishoudings te lewer. Huishoudings voorsien arbeid aan besighede en die regering en ontvang lone of salarisse as vergoeding.
Huishoudings betaal 'n gedeelte van die inkomste wat hulle verdien aan die regering. Dit word belasting genoem.
1.2.4 Die rolle van verskillende regeringsvlakke met betrekking tot besighede in die gebruik van hulpbronne en dienste
Infrastruktuur is noodsaaklik vir ondernemings om effektief te kan funksioneer en bedryf te word en sluit in noodsaaklike wette en regulasies wat sekere beleide en raamwerke in plek stel waarvolgens besighede bedryf moet word, bv. die indiensnemingsbeleid van 'n onderneming.
Die regering koop hulpbronne van besighede aan wat hulle nodig het om dienste aan die land en sy burgers te verskaf.
Les 3: Die ekonomie: Nasionale begroting
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet jy: • die betekenis en doel van die nasionale begroting verstaan. • die verskil tussen direkte en indirekte belasting kan identifiseer. • regeringsbesteding op dienste verstaan. • die invloed van die nasionale begroting op die ekonomie en die regstelling van ekonomiese ongelykhede verstaan.
Die nasionale begroting verwys na die land se verwagte inkomste en uitgawes. Die nasionale begroting word deur die kantoor van die Minister van Finansies opgestel, hersien en geïmplementeer. Die Minister besluit hoe die geld wat die Suid-Afrikaanse regering as belasting, heffings en skuld ontvang, spandeer sal word.
Die begroting moet op ’n doeltreffende manier opgestel word en geld moet effektief spandeer word om die land se ekonomiese doelwitte te bereik.
Suid-Afrika se ekonomiese doelwitte sluit in: • Werksgeleenthede vir alle landsburgers (geen werkloosheid) • Ekonomiese groei • Wisselkoersstabiliteit • Prysstabiliteit (veg teen inflasie) • Gelykheid
Gelykheid poog om te verseker dat die rykdom van die land regverdig onder landsburgers verdeel word sodat almal hul basiese behoeftes kan bevredig.