
1 minute read
AKTIWITEIT 4.1
Nie almal handhaaf dieselfde leefstyl en lewenstandaarde nie. Mense wat bevoorreg genoeg is om toegang tot geld te hê, kan goedere en dienste bekostig ten einde ’n hoë lewenstandaard te handhaaf. Hul leefstyle verskil drasties van mense wat minder/geen geld verdien en nie basiese goedere en dienste kan bekostig nie.
In hierdie les gaan ons kyk hoe mense se leefstyle verskil en watter impak dit op gemeenskappe het.
1.4.1 Leefstyle
DEFINIEER
Leefstyl: Die wyse waarop mense of gemeenskappe lewe en hulself uitleef Lewenstandaard: Die mate van toegang wat mense en gemeenskappe tot goedere, dienste en welvaart het en wat hul lewens vergemaklik
Leefstyl verwys na hoe jy en jou gesin in jou gemeenskap leef en funksioneer, en ook hoe julle geld op verskillende goedere en dienste spandeer. As gevolg van Suid-Afrika se sosio-ekonomiese ongelykhede, handhaaf alle landsburgers nie dieselfde leefstyl nie.
Hier is twee vrae wat jy jouself kan vra om jou soort leefstyl te bepaal: • Gebruik jy en jou ouers openbare vervoer of besit jou gesin ’n motor? • Eet jou gesin gereeld uit of gaan julle elke jaar op vakansie?
Hier is twee vrae wat jy jouself kan vra om jou lewenstandaard te bepaal: • Bly jy in ’n gemeenskap waar die mense in huise of informele strukture bly? • Het jou gemeenskap toegang tot lopende water en elektrisiteit?
Leefstyle verskil van persoon tot persoon, geslag tot geslag, rasgroepe, ouderdomsgroepe en gesinne.
Jy moet die verskil tussen lewenstandaard en lewenstyl ken. Al blyk dit om dieselfde te wees, is daar ’n onderskeid tussen die twee begrippe.