1 minute read

AKTIWITEIT 4.6

Next Article
AKTIWITEIT 4.4

AKTIWITEIT 4.4

Die regering streef daarna om die werkloosheidsprobleem deur die volgende op te los: • Verskaf gehalte-opleiding en -onderrig aan almal. • Moedig entrepreneurs aan om hul eie ondernemings te begin. • Skep nuwe infrastruktuur. • Bevorder en ondersteun bestaande ondernemings.

Werkloosheid beïnvloed nie net die persoon wat nie werk nie, maar ook sy familie en ander afhanklikes wat hy mag hê. Dit kan tot ander sosio-ekonomiese probleme lei, soos ’n hoë misdaadsyfer en dwelmmisbruik, wat verdere negatiewe implikasies vir die ekonomie inhou.

AKTIWITEIT 4.5

Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.

Lees die artikel en beantwoord die vrae.

Werkloosheid vererger in SA

Johannesburg – Suid-Afrika se skokkende hoë werkloosheidsyfer is, volgens die onlangse sensusuitslae, aansienlik hoër as wat kenners aanvanklik gedink het, berig Business Report.

Volgens die sensus staan die bevolking nou op 51,8 miljoen, wat 8,2% hoër is as in 2007. Byna 80% hiervan is swart, 9% is bruin, 9% is wit, terwyl 2,5% hulself as Asiër beskryf het.

Die sensus wys ook dat die amptelike werkloosheidsyfer 29,8% is, wat amper ses persentasie punte hoër is as die 23,9% wat ’n ander opname aangedui het.

Luidens die berig is die amptelike werkloosheidsyfer die hoogste – 35,6% – onder swart mense, in vergelyking met bruin mense (22,3%), Asiërs (11,7%) en blankes (5,9%).

4.5.1 Definieer die begrip “werkloosheid”. 4.5.2 Watter persentasie van die bevolking is werkloos en hoeveel hoër is dit as in 2007? 4.5.3 Onder watter ras is die werkloosheidsyfer die hoogste volgens die artikel?

This article is from: