
3 minute read
AKTIWITEIT 3.2
AKTIWITEIT 3.1
Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.
Beantwoord die vrae.
3.1.1 Waar kry die regering geld om te spandeer? 3.1.2 Wie is daarvoor verantwoordelik om die nasionale begroting op te stel? 3.1.3 Noem en bespreek enige twee soorte direkte en indirekte belasting.
1.3.2 Staatsbesteding op dienste
DEFINIEER
Heffings: Addisionele belasting en fooie wat by die prys van goedere en dienste gevoeg word Uitgawes: Geld wat spandeer word om basiese behoeftes te bevredig
Nadat die nasionale begroting opgestel is en geld aan die verskillende departemente geallokeer is, moet die geld op só ’n wyse aangewend word om soveel as moontlik van die land se behoeftes te bevredig.
Geld uit die begroting word hoofsaaklik aan die volgende spandeer: • Gesondheidsorg: hospitale, klinieke, ens. • Onderwys en opleiding: om gehalte onderrig en opleiding aan alle Suid-Afrikaners te verskaf • Beskermingsdienste: polisie, weermag, ens. • Water- en sanitasiedienste • Vervoernetwerke: paaie, spoorweë, ens. • Behuising • Maatskaplike toelaes: pensioen- en kindertoelaes
Die diagram illustreer hoe die regering geld aan die verskillende regeringsvlakke toeken. Nasionale begroting
Nasionale vlak
• Polisie en weermag • Howe en tronke • Maatskaplike toelae
Provinsiale vlak
• Onderwys • Gesondheid • Paaie en vervoer
Plaaslike vlak
• Water en elektrisiteit • Behuising • Vullisverwydering
AKTIWITEIT 3.2
Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.
Beantwoord die vrae.
3.2.1 Maak ’n lys van vyf goedere en dienste waarop die regering geld spandeer. 3.2.2 Gebruik koerante, tydskrifte en die internet en soek enige drie prente van basiese behoeftes wat die regering moet bevredig deur geld uit die nasionale begroting te spandeer.
Die nasionale begroting en regeringsbesteding het ’n groot invloed (direk en indirek) op mekaar. Die volgende kringloop wys waarom albei belangrik is:
Nasionale begroting
Die regering kry 'n groter inkomste deur meer belasting in te vorder
Mense wat werk betaal belasting Besteding aan onderwys
Mense ontwikkel vaardighede
Besighede ontwikkel en skep werksgeleenthede Mense begin hul eie besighede
1.3.3 Die invloed van die nasionale begroting op ekonomiese groei en die regstelling van ekonomiese ongelykhede
DEFINIEER
Apartheid: Die politieke beleid wat van 1948 tot 1994 in Suid-Afrika ingestel is, waarvolgens skeiding en afsonderlike ontwikkeling van verskillende rasgroepe aan die orde van die dag was
Voordat Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 gehou is, was daar talle sosio-ekonomiese ongelykhede in die land wat die onderwys, werksgeleenthede, ens., betref. Om ongelykheid in Suid-Afrika uit te wis, moet die regering op die armes en voorheen benadeelde rassegroepe fokus. Dit beteken dat laasgenoemde groepe en gemeenskappe toegang tot basiese dienste moet hê en deur werksgeleenthede bemagtig moet word.
Vandag poog die regering om die ongelykhede van die verlede reg te stel deur sekere programme in te stel en wette uit te vaardig. Die volgende is voorbeelde van wette en strategieë wat geïmplementeer is om bogenoemde ongelykhede reg te stel: • Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging: ’n Strategie wat geïmplementeer is om voorheen benadeelde mense se deelname aan die ekonomie te verseker • Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Skills Development Act): Hierdie wet moet verseker dat voorheen benadeeldes die nodige vaardighede aanleer, soos om te leer lees en skryf. Indiensopleiding maak ook ’n belangrike deel van hierdie wet uit. • Wet op Gelyke Indiensneming (Employment Equity Act): ’n Wet wat uitgevaardig is om diskriminasie en onbillikheid in die werksplek uit te skakel en te verhoed
Die Suid-Afrikaanse regering het baie geld vir onderwys en vaardigheidsontwikkeling toegewys. Sekere programme is ingestel om ongelykheid en onreg in onderwys te beveg. Die programme sluit in: • Die bou van nuwe skole. • Die skep van vervoernetwerke om leerders na skole te vervoer. • Fokus op die ontwikkleing van kennis en vaardighede in vakke soos wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde. • Subsidies wat leerders in staat stel om gratis onderwys te ontvang.
Omrede Suid-Afrikaners baie behoeftes het en Suid-Afrika ’n ontwikkelende land is, is dit ’n reusetaak om in al hierdie behoeftes te voorsien. Daarom bestaan baie van die probleme wat deur apartheid geskep is vandag nog en sukkel die regering om dit reg te stel.
Les 4: Die ekonomie: Lewenstandaard
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet jy: • tussen selfonderhoudende, moderne en landelike gemeenskappe kan onderskei. • die impak van ontwikkeling op die omgewing verstaan. • werkloosheid verstaan. • die produktiewe gebruik van hulpbronne om ’n gesonde omgewing te bevorder, verstaan.