1 minute read

AKTIWITEIT 4.4

Next Article
AKTIWITEIT 4.3

AKTIWITEIT 4.3

1.4.5 Die impak van ontwikkeling op die omgewing

DEFINIEER

Volhoubaarheid: Die verantwoordelike gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne om te verseker dat toekomstige generasies steeds voordeel uit hierdie hulpbronne kan trek

Wanneer ’n land ontwikkel, bevoordeel dit landsburgers, stedelike gebiede en die ekonomie. Alhoewel ontwikkeling baie voordele inhou, kan dit ’n baie nadelige uitwerking op die omgewing hê.

Natuurlike hulpbronne, soos water, steenkool, goud, bome, plante en diere word in stedelike gemeenskappe in die produksie van ander hulpbronne en produkte gebruik. Baie besighede gebruik natuurlike hulpbronne om goedere te produseer. Hulle poog om soveel wins moontlik te maak deur soveel moontlik produkte so vinnig moontlik te produseer en te verkoop.

Die aanhoudende gebruik van beperkte natuurlike hulpbronne sal uiteindelik daartoe lei dat die hulpbronne ten volle uitgeput word. Om te voorkom dat dit gebeur, moet verbruikers, besighede en die regering saamwerk om te verseker dat hulpbronne op ’n volhoubare manier gebruik word.

Die breinkaart wys die negatiewe impak wat menslike aktiwiteite op die omgewing het:

Verergering van die kweekhuiseffek Bome word afgekap en woude word verwoes

Menslike aktiwiteite Diere word uitgewis, bv. renosters

Uitputting van natuurlike hulpbronne soos steenkool Grond, water en lug word besoedel

This article is from: