
1 minute read
AKTIWITEIT 2.1
AKTIWITEIT 1.1
Voltooi hierdie aktiwiteit in jou skrif.
Is die stellings waar of onwaar?
1.1.1 Voor die ontstaan van geld, het mense ruilhandel toegepas. 1.1.2 Die drie produksiefaktore is: kapitaal, arbeid en natuurlike hulpbronne. 1.1.3 ’n Formele besigheid moet by die regering geregistreer wees. 1.1.4 Besparing is wanneer jy ’n gedeelte van die geld wat jy verdien wegsit om later weer te gebruik of in rykdom te omskep. 1.1.5 ’n Begroting is die beraamde inkomste en uitgawes vir ’n sekere tydperk. 1.1.6 ’n Entrepreneur is ’n persoon wat ’n winsgewende idee in ’n besigheid omskep. 1.1.7 ’n Entrepreneur is altyd suksesvol. 1.1.8 ’n Handelsonderneming koop en verkoop goedere en dienste. 1.1.9 Die primêre sektor ontgin grondstowwe. 1.1.10 Formele en informele besighede kan beide produsente en verbruikers in die ekonomie wees.
Les 2: Die ekonomie: Regering
LEERDOELWITTE
Aan die einde van hierdie les moet jy: • die betekenis van regering verstaan. • die verskillende regeringsvlakke asook die rolle van elke vlak ken. • die rolle van verskillende regeringsvlakke met betrekking tot huishoudings en besighede in die gebruik van hulpbronne en dienste ken.
In hierdie les gaan ons leer oor die regering, die doel van die regering, verskillende regeringsvlakke en die werking daarvan.
1.2.1 Betekenis van regering
DEFINIEER
Demokrasie: ’n Regeringsvorm waar die land se leiers en verteenwoordigers deur die land se bevolking verkies word Infrastruktuur: Fisiese fasiliteite soos paaie, brûe en geboue wat die land se ekonomie benodig om te funksioneer en te groei; kan ook dienste soos elektrisiteit, water en riooldienste insluit