5 minute read

EENHEID 1

Next Article
AKTIWITEIT 4.5

AKTIWITEIT 4.5

EENHEID

1

2

3

4

Jaarplan

LES

1 Hersiening 2 Die ekonomie: Regering 3 Die ekonomie: Nasionale begroting 4 Die ekonomie: Lewenstandaard

5

6

Finansiële geletterdheid:

Rekeningkundige begrippe

Finansiële geletterdheid:

Brondokumente 7 Hersiening

8

9

10

Finansiële geletterdheid:

Rekeningkundige kringloop

Finansiële geletterdheid:

Rekeningkundige vergelyking

Finansiële geletterdheid:

Kontantontvangstejoernaal 11 Entrepreneurskap: Produksiefaktore 12 Die ekonomie: Markte

13 Hersieningstoets 14 Hersiening

15

16

17

18

Finansiële geletterdheid:

Rekeningkundige vergelyking

Finansiële geletterdheid:

Kontantontvangstejoernaal

Finansiële geletterdheid:

Kontantbetalingsjoernaal

Entrepreneurskap:

Ondernemingsvorme 19 Hersiening

20

Finansiële geletterdheid:

Algemene Grootboek en Proefbalans 21 Entrepreneurskap: Vlakke en funksies van bestuur 22 Hersieningstoets

DATUM BEGIN DATUM VOLTOOI

Les 1: Hersiening

STUDEER/HERSIENING

Die volgende les sal jou geheue verfris oor wat in graad 7 in Ekonomiese en Bestuurswetenskappe behandel is.

1.1.1 Die ekonomie

Die geskiedenis van geld

Duisende jare gelede het mense in hul eie behoeftes voorsien. Hierdie gemeenskappe was selfonderhoudend en onafhanklik van enigiemand anders. Die eerste ekonomiese stelsel was ’n bestaansekonomie, wat beteken het dat mense slegs genoeg van dít wat hulle nodig gehad het, geproduseer het. Hulle het byvoorbeeld mielies vir mieliemeel geplant en beeste vir melk aangehou.

Mense het goedere vir ander goedere verruil en nie geld gebruik nie, maar eerder handel gedryf met niebederfbare artikels, soos skulpe, sout, kleiskywe en lewende hawe. Dit het as ruilhandel bekend gestaan. Ruilhandel het egter sekere probleme laat ontstaan: • Goedere het geen vasgestelde waarde gehad nie, omdat verskillende gemeenskappe verskillende waardes aan items geheg het. • Voordat ruilhandel suksesvol kon plaasvind, moes die twee partye betrokke by die proses elk gehad het wat die ander party wou hê. • Sommige goedere was slegs op sekere tye van die jaar beskikbaar en kon nie geberg word nie, bv. bederfbare kos.

Geld is uitgevind om ruilhandel te vervang. Die belangrikste rol van geld is dat dit vir goedere en dienste geruil kan word, wat die ruilhandelproses uitskakel. Geld as ruilmiddel het die beperkinge van ruilhandel oorkom, naamlik om ’n party te vind wat dit wat jy wil hê, beskikbaar het en dit wil hê wat jy beskikbaar het.

Geld verwys na enigiets van waarde wat algemeen as betaalmetode vir goedere en dienste aanvaar word, maar dit is gewoonlik in die vorm van muntstukke en banknote. Sedert geld se vroeë ontstaan as effektiewe plaasvervanger vir ruilhandel het dit só verweef geraak in die moderne samelewing dat ons ons nie ’n wêreld daarsonder kan voorstel nie.

Behoeftes en begeertes

Behoeftes en begeertes beïnvloed die manier waarop individue, families/gesinne, gemeenskappe en lande leef, werk en geld spandeer. Mense se behoeftes en begeertes is onbeperk, maar die hulpbronne wat nodig is om hierdie behoeftes en begeertes te bevredig, is beperk.

’n Behoefte verwys na iets wat noodsaaklik is vir ons om te oorleef. Om hierdie rede noem ons dit primêre behoeftes. Voorbeelde van primêre behoeftes is kos, water, skuiling, ens.

’n Begeerte verwys na iets wat ons graag wil hê, maar nie nodig het om te oorleef nie. Om hierdie rede noem ons dit sekondêre behoeftes. Voorbeelde van sekondêre behoeftes (begeertes) is selfone, luukse-motors, juweliersware, ens.

Voorbeelde van die verskillende behoeftes: 1. Fisiologiese behoeftes: kos, water, suurstof, skuiling, ens. 2. Behoeftes aan veiligheid en sekuriteit: persoonlike, emosionele en finansiële sekuriteit, asook gesondheid. 3. Sosiale behoeftes: geselskap, liefde en vriendskap. 4. Agtingsbehoeftes: erkenning, respek, aanvaarding en sukses. 5. Selfverwesenlikingsbehoeftes: selfontwikkeling, kreatiwiteit en spiritualiteit.

Goedere en dienste

Wanneer jy iets koop of verkoop, is jy deel van die kringloop van goedere, dienste en geld in die ekonomie. Goedere verwys na goed wat ons kan sien, ruik, voel of proe, wat ons in winkels kan koop.

Dienste verwys na dade wat verrig word om behoeftes te bevredig. ’n Persoon wat ’n diens lewer, “verkoop” sy kennis en vaardighede aan die persoon wat wil hê die diens moet gelewer word, bv. ’n dokter of ’n loodgieter.

Dit is onmoontlik om almal se behoeftes en begeertes te bevredig. Daarom moet goedere en dienste op effektiewe en doeltreffende maniere gebruik word.

Ongelykheid en armoede

Ongelykheid verwys na verskille in mense se omstandighede, waar een persoon of groep ’n hoër inkomste verdien en beter fasiliteite, meer geleenthede en toegang tot gehaltedienste het as ’n ander persoon of groep.

Armoede beteken dat mense nie geld het om hul basiese behoeftes te bevredig nie. Faktore wat bydra tot armoede is: • Ongelykhede van die verlede. • Ongeletterdheid en 'n gebrek aan onderwys en opleiding. • Die heersende ekonomiese toestand in die land.

Die produksieproses

Produksie is die proses waartydens natuurlike hulpbronne gebruik word om bruikbare produkte vir verbruikers te skep ten einde hul behoeftes of begeertes te bevredig. Sekere insette is nodig om hierdie proses moontlik te maak. Hierdie insette staan as produksiefaktore bekend.

’n Entrepreneur beskik oor die vermoë om al die produksiefaktore saam te voeg om ’n suksesvolle onderneming te bestuur. Die vier belangrikste produksiefaktore is natuurlike hulpbronne, kapitaal, arbeid en entrepreneurskap.

1.1.2 Entrepreneurskap

Besighede

’n Besigheid is ’n winkel of maatskappy wat goedere of dienste vir geld verruil.

’n Formele onderneming dryf handel in die formele sektor, is by die regering geregistreer en betaal belasting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Formele ondernemings is onderhewig aan wetgewing soos deur die Departement van Arbeid gereguleer. Voorbeelde van formele ondernemings is maatskappye soos Checkers, Pick n Pay, Makro, ens.

In teenstelling met formele ondernemings dryf informele ondernemings handel in die informele sektor, is nie by die regering geregistreer nie en betaal nie belasting nie. Werkers in sulke ondernemings word ook nie deur die Departement van Arbeid beskerm nie. Voorbeelde van informele ondernemings is straatsmouse, karwagte, vlooimarkte, ens.

Daar is drie verskillende soorte besighede: • Produsente en vervaardigers

Dit is die ondernemings wat goed verbou of maak. Hulle gebruik natuurlike hulpbronne of grondstowwe om goedere te produseer of te vervaardig. Hulle verkoop dan hierdie goedere aan kleinhandelaars wat dit op hul beurt aan verbruikers verkoop. • Handelsondernemings

Dit is ondernemings soos kleinhandelaars wat goedere by produsente of vervaardigers koop en dit teen ’n wins aan verbruikers verkoop. • Diensondernemings

Diensondernemings “verkoop” hul kennis en vaardighede aan verbruikers wat wil hê die diens moet gelewer word, bv. ’n dokter of ’n loodgieter.

Formele en informele besighede kan beide produsente en verbruikers in die ekonomie wees.

This article is from: