1 minute read

AKTIWITEIT 1.1

Next Article
AKTIWITEIT 4.5

AKTIWITEIT 4.5

Die entrepreneur

’n Entrepreneur is ’n persoon wat ’n winsgewende idee in ’n besigheid omskep. ’n Entrepreneur moet bereid en in staat wees om risiko’s te loop, mislukkings te aanvaar en nuwe en innoverende idees uit te dink. Hulle is aanhoudend besig om nuwe maniere te vind om produkte te verbeter, koste te verminder en winste te vermeerder.

Sommige eienskappe van ’n entrepreneur sluit die volgende in: • Innoverend/kreatief • Bereid om risiko’s te loop • Geesdriftig • Selfversekerd • Toegewyd • Duidelike visie • Volhardend • Buigsaam • Mededingend

1.1.3 Finansiële geletterdheid

Rekeningkundige begrippe

• Kapitaal: Geld wat ’n persoon gebruik om hul eie besigheid mee te begin. • Bates: ’n Besigheid se waardevolle besittings waaruit die besigheid voordeel trek deur ’n inkomste te genereer, soos masjinerie en geboue. • Laste: Geld wat ’n besigheid aan ’n persoon of ander besigheid skuld. • Inkomste: Geld wat jy ontvang vir goedere wat jy verkoop of dienste wat jy lewer. • Uitgawes: Al die geld wat ’n besigheid spandeer om skuld te betaal of om sy onkoste te dek • Wins: Die verskil tussen geld verdien en geld uitgegee wanneer inkomste meer as uitgawes is. Dit is al die inkomste van ’n besigheid minus al sy uitgawes. ’n Wins word gemaak wanneer ’n besigheid se bates en/of eienaarsbelang sy laste oorskry. • Verlies: Wanneer ’n besigheid se inkomste minder as sy uitgawes is. • Begroting: Die beraamde inkomste en uitgawes vir ’n sekere tydperk. • Besparing: ’n Gedeelte van die geld wat jy verdien en wat jy wegsit om later weer te gebruik of in rykdom te omskep. • Bankwese: ’n Bank is ’n finansiële instelling wat kliënte se deposito’s gebruik om beleggings te maak of te spaar, wat lenings toestaan, en buitelandse valuta wissel. ’n

Bank vra geld vir dienste gelewer. • Finansiële rekords: Formele dokumente waarin die transaksies van ’n onderneming of individu weerspieël word. Finansiële rekords sluit inkomste-en-uitgawestate, belastingopgawes, ens. in. • Transaksie: Enige aktiwiteit waarby geld betrokke is.

This article is from: